“Dit was nie net Cosatu nie … Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,” het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich aan Sapa gesê nadat optoggangers verdaag het.
“Die 20 000 mense wat gekom het, was een van die grootste bywonings in ‘n lang tyd,” het hy gesê.
Die Stad Kaapstad het gesê betogers was nie ontwrigtend nie en het hulself goed gedra.
Die Kaapse Kamer van Koophandel het ook kennis geneem van die ordelike en vreedsame protes.
Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers in Johannesburg aangesluit.
Sapa berig dat Malema se aankoms die groep, wat ses blokke ver gestaan het, meer energiek gemaak het.
Die betogers was op pad na die Gautengse premier se Johannesburgse kantoor.
Beamptes kon nie die betogers onder beheer hou toe Malema opgedaag het nie. Die betogers het na Malema gestorm en sy troetelnaam, “Juju, Juju”, gegil.
Malema het die toneel kort daarna in sy swart Mercedes verlaat.
Cosatu se landwye protes het skole in Polokwane Woensdag nadelig geraak, het die Limpopo onderwysdepartement gesê.
Swak bywoning van beide onderwysers en leerlinge is aangeteken in die meeste landelike gebiede en lokasieskole in die Polokwane-en Burgersfortgebied, het woordvoerder Pat Kgomo gesê.
“Ek dink die onderwysers se vakbonde weet baie goed dat die beleid van geen werk en geen betaling van toepassing sal wees.”
Maar, die provinsiale regeringswoordvoerder Tebatso Mabetselo het gesê geen regeringdiens is ontwrig deur die Cosatu-opmars nie.
“Die lewering van dienste gaan soos normaal voort sedert vanoggend, en diegene wat weggebly het, moet verwag dat die prosedures ten opsigte van geen werk, geen betaling van toepassing sal wees.”
Dié voorval het Woensdagoggend kort voor die landwye protesoptog wat deur Cosatu gelei word, gebeur.
“Daar was mense wat probeer het om vervoer na skole te keer,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.
Kgasago sê die groep het verdaag toe die polisie opgedaag het.
Die kinders is skool toe en niemand is in die voorval beseer nie.
Metrorail het in ‘n verklaring gesê die land se treindienste het normaal verloop, behalwe vir sommige ontwrigtings in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.
“Ons het kommerwekkende verslae van intimidasie en aanranding van pendelaars deur betogers… ontvang. Voorvalle is by Elandsfontein, Kemptonpark, Leralla en Kaalfontein aangemeld,” lui die verklaring.
Sapa het berig dat die optog teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel om 10:00 vanaf die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad begin het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.