Mulder se opmerking ‘belangriker as ooit’

André Fourie, oud-minister en die VF+ se woordvoerder oor internasionale aangeleenthede, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, se toespraak oor die grondkwessie belangriker as ooit genoem in die lig van die onlangse EU-verklaring oor plaasmoorde.

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse regering behoort ernstig kennis te neem van die verklaring oor party-grense heen in die Europese Parlement waarin protes aangeteken is teen die onaanvaarbare golf van plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind.

‘n Verklaring onderteken deur 48 Europese Parlementslede vanuit 19 lidlande verteenwoordigend van 7 verskillende politieke formasies – sosialiste, liberales, Christen demokrate, ander formasies en selfs een uit kommunistiese geledere, is ‘n bewys van hoe ernstig Europa hierdie veragtelike en haglike situasie in Suid-Afrika ervaar, volgens Fourie.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika hierdie Europese parlementslede erkenning skuld vir hul uitgesproke kritiek oor ‘n situasie in ons land wat niemand meer langer kan duld nie.

Fourie het benadruk dat Suid-Afrika met kommer moet kennis neem van die sogenaamde tweede transformasie voorgehou deur die ANC vir hul komende beleidskongres waarin die grondkwessie voorop gestel word.

 

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae