Nuwe rasseherrie rondom Obama se velkleur

obama en hillaryEen van die vername leiers van die Amerikaanse Demokratiese Party en meerderheidsleier in die senaat, Harry Reid, het verskoning aangeteken vir ‘n opmerking oor president Barack Obama se velkleur en taalgebruik. Ook oudpresident Bill Clinton het glo oor Obama gesê dat “dié vent ‘n paar jaar gelede nog vir ons koffie sou gebring het”.

Volgens die skrywers Mark Halperin en John Heilemann in hul book “Game Change”, het Reid in 2008 oor Obama gesê “…hy is ‘n Afro-Amerikaner met ‘n ligte vel sonder ‘n Negerdialek tensy hy daarmee wíl praat”, wat deur die kiesers omhels sou word.

Ná intense aanvalle en kritiek in die media, het Reid nou persoonlik vir Barack Obama om verskoning gevra deur in ‘n verklarng te sê: “Dit spyt my innig dat my woordkeuse so swak was. Ek vra opreg om verskoning dat ek met my onbehoorlike kommentaar aanstoot aan enige of alle Amerikaners gegee het. Ek was ‘n trotse en geesdriftige ondersteuner van Barack Obama gedurende sy veldtog en het so hard as ek kan gewerk om president Obama se wetgewingsprogram te ondersteun.”

In ‘n geskrewe verklaring wat Saterdag uitgereik is, het Obama laat weet dat hy Reid se verskoning “sonder huiwering aanvaar want ek ken hom reeds jare lank, ek het gesien watter hartstogtelike leierskap hy oor maatskaplike geregtigheidskwessies getoon het en ek weet wat in sy hart is. Wat my betref, is die saak afgehandel.”

Die koerant The Atlantic wat uittreksels met Reid se “aanstootlike woorde” oor die velkleur en aksent van die president geplaas het, het ander aanhalings gepubliseer waarin Bill Clinton teenoor senator Ted Kennedy opgemerk het: “‘n Paar jaar gelede sou dié vent vir ons koffie gebring het.”

Clinton se vrou Hillary wou aanvanklik Obama se vorige dwelmgebruik aan die groot klok hang, maar haar raadgewers het dit sterk teengestaan en uiteindelik het sy ook haar eie standpunt daaroor verander.

Senator Harry Reid se gewildheid was reeds besig om sy tuisstaat, Nevada, te taan vóór sy gewraakte verwysing na Obama se velkleur en hy veg nou om sy politieke lewe. Volgens Reid se woordvoerder, Jim Manley, het Reid intussen “uitgereik” na ander Demokratiese en swart leiers, waaronder eerwaarde Al Sharpton, die voorsitter van die NAACP (National Association for the Advancement of Colored People) Julian Bond en ander.

“Hulle was in totaal omtrent ‘n dosyn,” het Manley gesê.

In Washington het Reid ondersteuning ontvang van die meerderheidsweep in die kongres, James Clyburn, ‘n swarte van Suid-Carolina en in sy tuisstaat Nevada van Steven Horsford, wat die meerderheidsleier in die deelstaat se senaat is.

Reid het dit ook benadruk dat hy “gedurende sy hele loopbaan hard gewerk het om kwessies te bevorder, van die integrasie van die Las Vegas-strook en die dobbelnywerheid tot my teenkanting teen radikale regters en die bevordering van diversiteit in die senaat”.

Постельное бельеЛобановский

Togo-premier vra sy span om terug te keer

Die premier van Togo, Gilbert Houngbo, het Sondag sy land se nasionale sokkerspan aangeraai om dadelik terug te keer huis toe uit Angola ná ‘n dodelike aanval op sy span in die aanloop tot die Afrikabekertoernooi.

“As daar ‘n span of spelers onder die naam van Togo by die opening van die Afrikabeker-toernooi teenwoordig is, sal dit valse verteenwoordiging wees. Die span moet vandag nog terugkeer,” het hy aan verslaggewers gesê.

“Ons verstaan die gevoel van spelers wat op die een of ander manier hul kollegas se dood wil wreek, maar dit sal onverantwoordelik van Togo se owerhede wees om hulle toe te laat om voort te gaan,” het hy bygevoeg.

“Die span moet huis toe kom. Die regering se besluit bly onveranderd.”

Dié stap volg nadat spelers in Togo se span besluit het om wel aan die Afrikabekertoernooi deel te neem ter nagedagtenis aan hulle afgestorwe kollegas.

Gewapende mans het vroeër op die span se busse begin vuur toe hulle deur die Angolese provinsie Kabinda gereis het, en die assistent-afrigter en die span se woordvoerder is dood in die aanval.

‘n Faksie van die Kabinda Bevrydingsfront (FLEC-PM) het verantwoordelikheid aanvaar vir die voorval. Dié groep beywer hom vir die onafhanklikheid van die olieryke Kabindastreek.

 

uk casino gamesОлександр Фільчаков прокурор

Bejaarde wreed vermoor

Die bejaarde Kitty Botha (83), van Lyttleton, is Vrydagaand wreedaardig in haar huis vermoor. Sy was glo alleen tuis toe verdagtes haar huis binnegedring het en daarna aan die brand gesteek het.

Volgens haar kleinseun het haar bure rook uit die huis sien borrel en met behulp van tuinslange probeer om die vlamme te blus.

Hulle het ook dadelik die nooddienste ontbied.

Volgens Nuus24 is Botha se lyk later in die gang van haar huis gevind by dié van haar troeteldier.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

 

брюки джинсовые для девочекданильченко юрій броніславович

Maleisië: Aanvalle op Christelike kerke

Pas het nog twee Christenkerke in Maleisië onder brandbomme deurgeloop en nog een met swart verf betakel, as deel van ‘n vlaag geweld in dié Moslemland sedert die Maleisiese hoogste hof op 31 Desember verlede jaar beslis het nie-Moslems mag ook die woord Allah gebruik wanneer hulle tot God bid.

Allah is die Arabiese woord vir “god” en daarom gebruik die Maltese, Rooms-Katolieke wat ‘n taal verwant aan Arabies praat, ook die term.

Dit word egter ook deur Christene in talle ander lande gebruik, hoofsaaklik Arabiese lande, maar ook in Indonesië.

In Maleisië gebruik Christene (sowat 9 persent van die bevolking) wat hul godsdiens in tale soos Engels, Tamil en Chinees aanbid, nie die term “Allah” nie, en die gebruik is hoofsaaklik tot die sprekers van afgeleë landelike tale beperk. Die hofaansoek om die gebruik goed te keur, is deur die Rooms-Katolieke kerk in Maleisië gebring, wat die woord in ‘n Maleisiese publikasie gebruik.

Moslems wat oor die hofbeslissing ongelukkig is – die regering het daarteen appèl aangeteken – meen die gebruik van die term “Allah” in die Christelike godsdiens kan verwarring veroorsaak en mense mislei om hulle tot die Christendom te bekeer.

Regeringsleiers het die aanvalle veroordeel, en ‘n bedrag van amper ‘n R1 miljoen staatsfondse is bewillig om een van die kerke te herbou.

 

принцесса диснеялобановский александр биография

Zim-boer van sy grond verdryf

Zimbawiese plaasbesetters het Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), Donderdagaand van hulle plaas in die Nyazura-distrik, tussen Harare en Mutari, in die oostelike hooglande, verdryf.

Hulle het verlede Saterdagoggend by die plaas opgedaag en geëis dat brigadier Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag, die “ware” eienaar, sy intrek neem.

Die egpaar is vroeër hierdie maand deur van die plaasbesetters aangerand.

Du Toit het aan Beeld gesê hulle was dorp toe. “Toe ons terugkom, het ek my voorman raakgeloop. Hy het geskree ek moet ‘ry, ry, ry!’, want die plaasbesetters was by die plaashuis en Rudolph daarin vasgekeer.”

Die polisie is dadelik ontbied, maar wou nie help nie.

Die besettings kom slegs enkele weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg tot vergoeding waarborg as hul grond onwettig beset word.

Charles Taffs, visepresident van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU), het vroeër in ’n verklaring gesê 152 van die oorblywende 300 kommersiële plase in die land word tans geteiken.

фишер прайс купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Man in selle verkrag

‘n 37-jarige man is na bewering deur drie mans in die polisieselle in Graaff-Reinet verkrag, volgens die polisie.

Insp. Mornay Van Eck het gesê die verkragting het glo Donderdagoggend plaasgevind, kort nadat vier mans in hegtenis geneem is omdat hulle dronk was in die openbaar.

“Hulle was al vier saam in die sel waar die verkragting plaasgevind het toe polisielede die slagoffer gevind het.”

Van Eck het gesê die man is uit die sel verwyder en die ander drie mans is steeds in aanhouding.

“Die slagoffer is nie na die hospitaal geneem nie,” het van Eck gesê.

‘n Ondersoek na die verkragting duur voort.

 

какое пуско зарядное устройство выбратьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Godsdiensspanning lei tot skietery voor kerk

‘n Skare Christene in die suide van Egipte het met die polisie gebots na ‘n skietery buite ‘n Christelike Koptiese Kerk ses tieners en een polisieman se lewens geëis het.

Die skare het buite die hospitaal se lykhuis geprotesteer omdat van die slagoffers se begrafnis vertraag is.

Die lyke is uiteindelik oorgehandig en begrawe waarna die betogers bedaar het.

Die skietery wat aanleiding gegee het tot dié protesoptog het Woensdagaand buite ‘n Koptiese Kerk in Nagaa Hamadi plaasgevind.

Ses Koptiese tieners en een polisieman, wat die kerk bewaak het, is doodgeskiet toe die gemeente met middernag uit die kerk gestap gekom het.

Koptiese Christene vier Kersfees op 7 Januarie.

Gemeentelede het blykbaar dreigemente ontvang die aand voor die skietery en polisie is gevra om die kerk te bewaak.

Verhoudinge tussen die verskillende godsdiensgroepe verkeer onder geweldige druk sedert Moslems ‘n protesoptog gehou het nadat ‘n Moslemvrou glo deur ‘n Christenman verkrag is.

 

silver earringstopcargo отзывы

Koperdiewe by myn gewond

Twee vermeende koperdiewe is tydens ’n skietery by die Lonmin myn, waar platinum vervaardig word, in Middelkraal, Noordwes gewond.

Die gewondes en nog vier verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem, het Supt. Kebaakae Junior Metsi in ‘n verklaring gesê.

“Personeellede en sekuriteitswagte van die myn het in een van die verlate skagte ingegaan nadat hulle voetspore opgemerk het en rook geruik het.

“Hulle het op ‘n groep mans afgekom.

“Die verdagtes het reeds ‘n groot hoeveelheid koperdraad gestroop.”

“Toe die verdagtes die personeellede sien, het hulle begin skiet,” het Supt Metsi gesê.

Die sekuriteitswagte het teruggeskiet en twee van die verdagtes is gewond.

 

форма 063данильченко юрий брониславович прокурор

Eerste plaasmoord vanjaar?

Die Christen-Demokratiese Alliansie CDA het die arrestasie van ‘n verdagte in verband met die jongste plaasmoorde verwelkom, en die polisie geluk gewens.

“Ons pleit by die regering om die probleem van plaasmoorde as iets buitengewoons vierkantig in die oë te kyk en deurgaans skerp te veroordeel. “

So vra die leier van die Christen-Demokratiese party (CDP) en waarnemende voorsitter van die CDA, ds. Theunis Botha.

Hy het gereageer op waarskynlik vanjaar se eerste plaasmoord in Suid-Afrika, dié op ‘n ouerige egpaar op hul Vrystaatse plaas. Hulle was die sieklike 63-jarige mnr. Koos van Zyl en sy 66-jarige vrou, Retha.

“Die toneel is deur paramedici as ‘n slagting beskryf,” sê Botha.

“Hoeveel sulke gevalle nóg voor die regering sy plig nakom en die boodskap duidelik maak dat so iets nie in orde is nie?

“Daar is niks normaal aan as die moordsyfer onder boere en hul gesinslede bykans drie keer die Suid-Afrikaanse moordnorm is, wat reeds onder die hoogste ter wêreld tel nie, en persentasiegewys vergelykbaar is met ongevalle in Chinese steenkoolmyne en meer as Britse ongevalle in die oorlog in Afganistan is nie.

“Ons spreek ons innige medelye teenoor die naasbestaandes uit.”

 

в банеданильченко юрий брониславович прокурор

Plaasmoord ‘bloedbad’

In ’n toneel wat deur paramedici as ’n “bloedbad” beskryf is, is ‘n egpaar dood op hul plaas in die Vrystaat aangetref.

“Paramedici het op ‘n bloedbad afgekom toe hulle gisteraand na ‘n plaas ontbied is,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

Botha het gesê dit blyk dat die moord op die plaas, Plaas Poortje, wat tussen Senekal en Steynsrus geleë is, laat Dinsdagaand plaagevind het.

“Die man, 65, en sy 60-jarige vrou is as gevolg van ernstige trauma dood.”

Sers. Majang Mosupa het gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Mosupa het gesê die kragopwekker van die plaas het gaan staan en die vrou het gaan ondersoek instel, waarna sy met ‘n mes gesteek is.

Die vrou én haar man is geskiet.

Mosupo het gesê ‘n Chevrolet wat aan die vermoorde egpaar se dogter behoort het, is vroeër op die plaas gesteel.

 

турецкая баня чтоФильчаков Харьков