Maleisië: Aanvalle op Christelike kerke

Pas het nog twee Christenkerke in Maleisië onder brandbomme deurgeloop en nog een met swart verf betakel, as deel van ‘n vlaag geweld in dié Moslemland sedert die Maleisiese hoogste hof op 31 Desember verlede jaar beslis het nie-Moslems mag ook die woord Allah gebruik wanneer hulle tot God bid.

Allah is die Arabiese woord vir “god” en daarom gebruik die Maltese, Rooms-Katolieke wat ‘n taal verwant aan Arabies praat, ook die term.

Dit word egter ook deur Christene in talle ander lande gebruik, hoofsaaklik Arabiese lande, maar ook in Indonesië.

In Maleisië gebruik Christene (sowat 9 persent van die bevolking) wat hul godsdiens in tale soos Engels, Tamil en Chinees aanbid, nie die term “Allah” nie, en die gebruik is hoofsaaklik tot die sprekers van afgeleë landelike tale beperk. Die hofaansoek om die gebruik goed te keur, is deur die Rooms-Katolieke kerk in Maleisië gebring, wat die woord in ‘n Maleisiese publikasie gebruik.

Moslems wat oor die hofbeslissing ongelukkig is – die regering het daarteen appèl aangeteken – meen die gebruik van die term “Allah” in die Christelike godsdiens kan verwarring veroorsaak en mense mislei om hulle tot die Christendom te bekeer.

Regeringsleiers het die aanvalle veroordeel, en ‘n bedrag van amper ‘n R1 miljoen staatsfondse is bewillig om een van die kerke te herbou.

 

принцесса диснеялобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae