Zim-boer van sy grond verdryf

Zimbawiese plaasbesetters het Dolf du Toit (66), sy vrou, Alida (61), en hul seun, Rudolph (38), Donderdagaand van hulle plaas in die Nyazura-distrik, tussen Harare en Mutari, in die oostelike hooglande, verdryf.

Hulle het verlede Saterdagoggend by die plaas opgedaag en geëis dat brigadier Innocent Chiganze van die Zimbabwiese lugmag, die “ware” eienaar, sy intrek neem.

Die egpaar is vroeër hierdie maand deur van die plaasbesetters aangerand.

Du Toit het aan Beeld gesê hulle was dorp toe. “Toe ons terugkom, het ek my voorman raakgeloop. Hy het geskree ek moet ‘ry, ry, ry!’, want die plaasbesetters was by die plaashuis en Rudolph daarin vasgekeer.”

Die polisie is dadelik ontbied, maar wou nie help nie.

Die besettings kom slegs enkele weke nadat Suid-Afrika en Zimbabwe ’n handelsooreenkoms onderteken het wat Suid-Afrikaanse boere die reg tot vergoeding waarborg as hul grond onwettig beset word.

Charles Taffs, visepresident van die Zimbabwiese Commercial Farmers’ Union (CFU), het vroeër in ’n verklaring gesê 152 van die oorblywende 300 kommersiële plase in die land word tans geteiken.

фишер прайс купитьданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae