Foltering kan ter sprake kom in Bennett-saak

‘n Regter het gesê dat aantygings dat die hoofgetuie in die Roy Bennett-saak gemartel is, in die saak ter sprake kan kom.

Die regter het ‘n versoek dat die verdediging verbied word om te argumenteer dat ‘n wapenhandelaar, wat die hoofgetuie teen Roy Bennett is, gemartel is totdat hy skuld erken het en ander by die saak ingesleep het.

Die wapensaak teen Bennett, ‘n top assistent van die eerste minister Morgan Tsvangirai, kom van aantygings oor ‘n komplot om president Robert Mugabe omver te werp.

Volgens Tsvangirai het die klagtes nie gronde nie en is dit deel van pogings deur Mugabe se volgelinge om die koalisie wat in Februarie tussen die opponente tot stand gekom het, te ondermyn.

Regter Chinembri Bhunu het ook ‘n versoek deur die verdediging, dat die wapenhandelaar nie getuig nie, van die hand gewys.

 

люстры подвесные интернет магазинtopcargo отзыв

Nuwe dinosourusspesie ontdek

Wetenskaplikes by die Universiteit van die Witwatersrand het Woensdag ‘n nuwe spesie dinosourus aangekondig.

“Dit is een van die groot juwele wat Suid-Afrika het,” het dr. Adam Yates van die Bernard Price instituut vir Paleontologie navorsing gesê.

Aardonyx Celestae word geskat as tussen 183 en 195 miljoen jaar oud en sowat 7m lank.

Volgens Yates was dit ‘n “lewendige fossiel” wat oud sou wees, selfs tussen ander dinosourusse.

“Dit sê vir ons dat die oorgang nie glad was nie en dat die evolusie ingewikkeld was.”

 

настенно потолочные светильники odeonАлександр Фильчаков прокурор

Internasionale Mandela-dag afgekondig

Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag gedurende hul algemene vergadering 18 Julie as die “Internasionale Nelson Mandela-dag” verklaar om erkenning te gee aan sy bydrae tot vrede.

Die 192 lede van die wêreldliggaam het ‘n beroep gedoen op alle lande om vanaf 2010 Mandela se verjaardsdag (18 Julie) te herdenk en sodoende eer te bring aan die wenner van die Nobel-vredesprys en sy bydrae tot die oplossing van konflikte en die bewusmaking van rasseverhoudinge, menseregte en versoening.

Ali Treki, die president van die algemene vergadering, het gesê die internasionale gemeenskap spreek hul waardering vir ‘n “wonderlike man” uit wat vir sy medemens opgestaan het.

Mandela (91) word vandag opgehemel as ‘n internasionale ikoon en is daagliks nog glo gemoeid met menseregte en ander globale kwessies.

Laura Ross, ‘n Amerikaanse diplomaat, het gesê sy glo almal in hierdie wêreld is gelyk en sien ‘n “held en ‘n geesverwante genoot” in Mandela.

 

кукол куколАлександр Фильчаков прокурор

Lang stryd lê voor met geskorste kommissaris

Daar lê glo ‘n “lang stryd” vir die geskorste nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste voor, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van dié department gesê.

Mapisa-Nqakula het vir lede van die departement se portefeuljekomitee gesê dat ‘n dissiplinêre verhoor teen Xoliswa Sibeko tot einde November uitgestel is.

Sibeko word daarvan beskuldig dat hy eiendommme gehuur het wat die belastingbetaler sowat R35 000 ‘n maand gekos het.

“Die rede vir die vertraging is weens die onvermoë om die nasionale kommissaris se regsverteenwoordigers en lede van die dissiplinêre verhoor bymekaar te bring,” het Mapisa-Nqakula gesê.

“Dit blyk dat daar ‘n lang stryd voor ons lê met die regsspan wat haar gaan verteenwoordig.”

Sibelo is in Julie vanjaar geskors.

 

передвижной компрессорАлександр Фильчаков прокурор

Landbank-korrupsie ‘gaan baie groter nagevolge hê’

Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoek-eenheid van die nasionale vervolgingsgesag, het Woensdag gesê dat die ondersoek na korrupsie by die Landbank “baie groter nagevolge” gaan hê as wat aanvanklik gedink is.

Hofmeyr is besig met ’n ondersoek waar daar na bewering meer as R100 miljoen van die Landbank se fondse gebruik is vir die aankope van luukse eiendom en uitspattige geskenke vir sekere individue.

“Soos wat die bankrekeninge en ander dokumente ontleed is, het dit geblyk dat daar meer individue is wat ondersoek moet word. Dit is ook moeilik om die mense te nader as jy nie seker is of hulle ’n getuie of beskuldigde gaan wees nie soos die ondersoek ontvou.”

Aangesien die ondersoek nou wyer strek, is dit duidelik dat die geld deur ’n hele paar bankrekeninge gegaan het. Dit is ’n stadige proses om die bankstate in die hande te kry en dit neem baie tyd. “Die state is in groot databasisse gestoor,” het hy gesê. “Ons wag nog vir state om beskikbaar gestel te word.”

Hofmeyr het gesê gegewe die omvang van die ondersoek is dit belangrik dat alles behoorlik gedoen word. Hy het egter vir geduld gevra weens die tyd wat dit neem. Dit is ondanks die feit dat hy die span wat aan die ondersoek werk vergroot het en dat hulp deur die departement van finansies gebied is om die banke se state vinniger in die hande te kry.

 

построитьtopcargo развод

‘Polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie’

Die dood van ‘n drie-jarige kleuter wat glo deur ‘n skietmal-polisieman doodgeskiet is, was “pure misdaad”, het Bheki Cele, die nasionale polisiekommissaris se woordvoerder luidens ‘n verklaring gesê.

“Mense hoor wat die kommissaris juis nie sê nie,” het Nonkululeko Mbatha gesê.

“Wat (Cele) gesê het, is dat lede van die polisie beslissend en na gelang van die omstandighede moet optree en reageer wanneer hulle lewe bedreig word,” het hy gesê.

“Die polisie kan nie sterf met wapens in hul sakke nie.

“Dit is egter pure misdaad wanneer die polisie op ‘n motor of ‘n drie-jarige kind in die straat skiet. Die kind het nie eens rond gehardloop nie. Waar was die bedreiging?

“Die polisie mag nie op onskuldige mense skiet nie en dié wat wel doen, sal teenoor opgetree word,” het Mbatha gesê.

Atlegang Phalane (3) het Saterdagaand buite ‘n familielid se huis in die noorde van Johannesburg gesterf.

Die polisieman het Phalane doodgeskiet nadat hy ‘n pyp wat die kind in sy hand gehad het, vir ‘n vuurwapen aangesien het.

 

одноразовые слюнявчики купитьлобановский класс харьков

Zuma ‘eerste in die ry vir Vigstoets’

’n Reuse-veldtog word beplan om mense aan te moedig om hulself vrywillig vir MIV/vigs te toets. Pres. Jacob Zuma sal “die eerste een in die ry wees”.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het aangekondig dat Suid-Afrika die wêreld se grootste teenvigsveldtog van stapel wil stuur.

“Lede van die kabinet moet strategiese leierskap toon, en dit moet by die president begin. Wanneer ons by vrywillige toetse kom, sal ek vir hom sê ek wil hom eerste in die ry hê en die aanduiding is dat hy sal instem.”

Die kabinet, kerkleiers en rolmodelle in die musiekbedryf, sakesektor en sportsterre gaan ook gevra word om ’n voorbeeld vir Suid-Afrika te stel.

Hy het gesê die skokkende statistieke is die gevolg van wat Mbeki se regering in die laaste dekade gedoen het.

Standaard-vigstoetse vir swanger vroue sal ook ingestel word. Swanger vroue ondergaan verskeie verpligte toetse vir onder meer diabetes en seksueel oordraagbare siektes tydens swangerskap, maar nie vir vigs nie, het hy gesê.

In 2007 was die totale aantal sterftes in die land 573 408 en in 2008 het dié syfer die hoogte ingeskiet tot 756 062. “Ek het nog nie die syfers vir 2009 nie, maar ek vermoed ons kan reeds 900 000 bereik het. Dit het met meer as 100% gestyg in die laaste 11 jaar.”

Motsoaledi het die donker prentjie wat Zuma verlede week oor vigs geskets het, bevestig.

Suid-Afrika maak slegs 0,7% van die wêreld se bevolking uit, maar die land dra 17% van die MIV/vigs-las. “Wanneer die wêreldprentjie in ag geneem word, is dit 23 keer meer as die wêreldgemiddelde.”

 

печь для бани купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Zuma beste Afrikapresident vir 2009

President Jacob Zuma is vereer met die toekenning vir die beste president van Afrika vir 2009.

Die toekenning is Dinsdagaand gedurende ‘n seremonie in Sandton aan hom oorhandig.

Die toekenning is deur die African Consciousness Media en die Kenneth Kaunda Stigting gestig vir die erkenning van Afrikaleiers.

“Die toekenning is ‘n gepaste manier om hulde te bring en eer te betoon aan die leiers van Afrika wat vir vryheid en onafhanklikheid geveg het en wat ons tot vandag toe inspireer,” het Zuma gesê.

 

игрь длядевочеклобановский александр компромат

Nog ‘n ma deur polisie verkrag

Nog ’n jong ma, 29, van ’n 18 maande oue seuntjie het gister gesê sy is nie meer ’n mens nie, nadat ’n polisieman haar na bewering verkrag het terwyl sy by die Rustenburg-polisiekantoor aangehou is, berig Beeld.

Sy is in die selle toegesluit  maar wou badkamer toe gaan. ’n Polisieman het haar vergesel. In die badkamer het hy haar glo met ’n dik swart rubberpyp oor die rug geslaan en daarna verkrag.

вертолетики на пульте управленияДанильченко Юрий Брониславович

Vredesproses in Midde-Ooste wys tamheid

Amerikaanse pogings om die vredesproses in die Midde-Ooste weer aan die gang te kry, het ‘n terugslag beleef nadat president Barack Obama en Israeli premier Benjamin Netanyahu se ontmoeting tekens van spanning getoon het.

Nadat die twee ‘n uur en 40 minute lank gesels het, wou die Amerikaanse president nie saam met sy Israelse eweknie in die openbaar verskyn nie.

Amerika is gekant teen voortgesette Joodse nedersettings op die Wesoewer. Die Withuis het egter in ‘n verklaring gesê hulle bly verbind tot Israel se veiligheid.

Die twee het ook die kwessie van Iran bespreek. Netanyahu het die besoek as “postief” beskryf. Hy sal ‘n besoek bring aan Frankryk waar hy samesprekinge met Nicolas Sarkozy sal voer.

Hy het na afloop an die gesprek benadruk dat die besoek aan Washington “baie belangrik” was. Die VSA se frustrasie met die Israelse premier se weiering om die aanwas van nedersettings te staak was egter duidelik.

Hillary Clinton het vroeër Netanyahu se aanbod om die aanwas van nedersettings gedeeltelik te staak, geprys as “weergaloos”.

Die Arabiese wêreld het haar verklaring skerp gekritiseer. Die Palestyne sien dit as ‘n stap om hulle hand in toekomstige onderhandelinge met Israel te verswak.

Die Palestyne het gedreig om geweld te laat toeneem indien die aanwas van nedersettings nie dadelik ophou nie.

 

купить липецк пневмоинструментАлександр Фильчаков прокурор