Lang stryd lê voor met geskorste kommissaris

Daar lê glo ‘n “lang stryd” vir die geskorste nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste voor, het Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van dié department gesê.

Mapisa-Nqakula het vir lede van die departement se portefeuljekomitee gesê dat ‘n dissiplinêre verhoor teen Xoliswa Sibeko tot einde November uitgestel is.

Sibeko word daarvan beskuldig dat hy eiendommme gehuur het wat die belastingbetaler sowat R35 000 ‘n maand gekos het.

“Die rede vir die vertraging is weens die onvermoë om die nasionale kommissaris se regsverteenwoordigers en lede van die dissiplinêre verhoor bymekaar te bring,” het Mapisa-Nqakula gesê.

“Dit blyk dat daar ‘n lang stryd voor ons lê met die regsspan wat haar gaan verteenwoordig.”

Sibelo is in Julie vanjaar geskors.

 

передвижной компрессорАлександр Фильчаков прокурор