Nog ’n jong ma, 29, van ’n 18 maande oue seuntjie het gister gesê sy is nie meer ’n mens nie, nadat ’n polisieman haar na bewering verkrag het terwyl sy by die Rustenburg-polisiekantoor aangehou is, berig Beeld.
Sy is in die selle toegesluit maar wou badkamer toe gaan. ’n Polisieman het haar vergesel. In die badkamer het hy haar glo met ’n dik swart rubberpyp oor die rug geslaan en daarna verkrag.
