Verskeie Adjunk-ministers het ook bedank.
Die aandelebeurs het gedaal met 3% en die rand het dadelik van R7,98 na R8,06 verswak toe die nuus bekend geword het.
Die presidensie het die aankondiging gemaak.
Byna die hele kabinet het vandag bedank. Trevor Manuel, minister van finansies, is deel van die elf wat loop.
Foto's hier.
Verskeie Adjunk-ministers het ook bedank.
Die aandelebeurs het gedaal met 3% en die rand het dadelik van R7,98 na R8,06 verswak toe die nuus bekend geword het.
Die presidensie het die aankondiging gemaak.
Indië is nie meer die gekoloniseerde mag nie, maar die koloniale mag om mee rekening te hou. Deesdae oefen Indiese vlootsoldate hoe om 'n ander land se vaartuie op see te beset en is Ghandi se gedagte van geweldloosheid iets van die verlede. 'n Defensiewe militêre doktrine het plek gemaak vir 'n meer uitwaartse blik.
Hulle het onlangs enorme C-130J vragvliegtuie en lugbrandstofhervullers aangekoop. Indië het sy eerste moderne militêre lugbasis buite die land op vreemde grongebied in Tajikistan onlangs voltooi. Dié land lê baie strategies tussen Afghanistan en China.
Kennelik wil die land die Indiese Oseaan domineer vanaf Afrika se kus tot dié van Australië en verder suid tot by Antarktika. met die soort wapentuig wat hulle aankoop Die Carnegie Endowment for International Peace in Washington meen dat Indië die watergebied se veiligheid sal verseker. Hulle kan met die VSA saamwerk om die Arabiese Golfgebied asook Sentraal-Asië te beskerm, sê 'n navorser van die CEIP.
Die dae toe die land moes toekyk dat Indiërs elders bedreig word, is verby. In 2006 het vier Indiese oorlogskepe inderhaas na die Meditereense See vertrek toe die konflik in Lebanon tussen Hizbollah en Israel Indiese inwoners in die spervuur geplaas het. Tydens die Tsumani het die Indiese vloot 16 000 troepe, 32 oorlogskepe, 41 vliegtuie en 'n hospitaalboot na die geteisterde gebied gestuur.
Terwyl China nog geen openbare aanduiding gegee het dat die militêre opbou in Indië vir hulle 'n bekommernis inhou nie, is Pakistan nie so onbesorg nie. Om olieroetes tussen Indië en Iran, Irak, Libië, Rusland, Soedan, Syrië en Viëtnam te beveilig, mag een rede wees waarom Indië daarin belangstel om mag te projekteer, maar dit is sekerlik nie belangrikste nie. China se indrukwekkende militêre opbou is 'n kopseer vir die Indiërs. Hulle bestee sewe keer meer aan wapens as hulle Indiese bure.
Bo en behalwe die Chinese se kwistige wapenbesteding is hulle bande met Gwadar, Pakistan, Chittagong, Bangladesh en Myanmar nog 'n verdere rede tot kommer.
Wallstraat se swaargewigte hoop Japan gaan tot hulle redding kom met 'n wankelende dollar en die jongste olieprysstyging. Die Federale Reserwe het intussen sy kluisdeure oopgegooi sodat sukkelende Amerikaanse banke kapitaal kan bekom.
Beleggers vrees dat die Amerikaanse regering se reddingsplan van 700 miljard dollar nie genoeg gaan wees om die kredietkrisis die hoof te bied nie. Aandelemarkte in Amerika en Londen is af maar kommoditeite het opwaarts gedruk.
President George W. Bush het 'n beroep op die Kongres gedoen om "die reddingsplan gefokus te hou om die finansiële krisis op te los". Senuweeagtige kritici meen die plan vorder nie vinnig genoeg nie.
Kenners sê die spoed waarmee Morgan Stanley na Asië gesnel het vir hulp bewys dat die wêreld se rykdom besig is om baie vinnig uit die VSA te vloei.
President Hugo Chavez van Venezuela is nog steeds besig om vriende en bondgenote te besoek. Hy noem die reis wat hy tans onderneem van "groot strategiese belang". Hy sal volgende in China, Rusland, Kuba, Belarus, Portugal en Frankryk aandoen om sy land se "potensiaal" en internasionale verhoudinge uit te bou.
Verlede week het Russiese supersoniese Tu-160's lugoefeninge oor die Karibiese See, wat tradisioneel as deel van die VSA se invloedsfeer beskou word, gehou. Hulle beplan om volgende maand gesamentlike vlootoefeninge te hou. Volgens die president is dit noodsaaklik om vriendskapsbande met Rusland te versterk om die VSA uit Suid-Amerika te hou.
Daarna sal Chavez Belarus en Frankryk besoek waar hy sy "vriend" President Nicolas Sarkozy sal ontmoet. In Portugal wil Chavez ooreenkomste wat voorafvervaardigde behuising en rekenaartegnologie behels, onderteken. Portugal sal 50 000 voorafvervaardigde huise aan Venezuela lewer en is ook 'n vennoot in gasprojekte in Venezuela.
Chavez het onlangs 'n groot olietransaksie in Suid-Afrika beklink om ru-olie aan PetroSA teen 'n afslagprys te lewer.
Kgalema Motlanthe is vir vele 'n onbekende faktor. Alhoewel hy hy 'n groot aanhang het onder die ANC se provinsiale sekretarisseen die armes, hou die sakemense ook van hom vanweë die rustige indruk wat hy maak.
Hy ontken byvoorbeeld dat hy getroud is omdat hy glo nie sy privaatsake wil openbaar nie, terwyl hy 'n vrou en drie kinders het.
Hy is Zuma se arms gedryf deur Mbeki se regterhand, Joel Netshitenzhe, wat verantwoordelik was vir die pogings om Motlanthe en Zuma te diskrediteer. Motlanthe glo vas dat die e-posse om hulle swart te smeer, werklik deur Mbeki versoek is.
Drie mans is gister geskiet toe 'n ANC-vergadering in Lusikisiki in geweld ontaard het.
Die klipgooiery is glo met geweerskote beantwoord. 'n Veertigjarige man is in die kop gewond en die ander twee in die bene.
Die man met die kopwond verkeer in 'n kritieke toestand in die hospitaal, maar die ander twee is reeds ontslaan.
Alhoewel die polisie die saak ondersoek kon hulle nog geeneen vastrek in verband met die voorval nie.
President Mbeki het Maandag met ’n dringende aansoek om appèl in die konstitusionele hof gebring teen die hofuitspraak in Pietermaritzburg wat in Zuma se guns beslis is. Daarmee het die afgedankte president sy voornemens om Jacob Zuma die stryd aan te sê, duidelik gemaak.
Mbeki hoop om met die appèl regter Chris Nicholson se kommentaar oor sy ondersteuners se politieke en onbehoorlike inmenging in regspleging tersyde te laat stel. Nicholson het sy verbasing in sy uitspraak te kenne gegee dat Bulelani Ngcuka, voormalige nasionale direkteur van die nasionale vervolgingsgesag, openlik vir Penuell Maduna by 'n perskonferensie vir sy ondersteuning kon bedank, terwyl die instansie veronderstel is om onafhanklik te funksioneer.
16:27:51 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die plaaslike ANC totaal geisoleerd is in sy pogings om 27 histories belangrike straatname in Pretoria te
verander. Volgens die VF Plus bestaan daar breë konsensus dat straatname met historiese waarde behoue moet bly.
Dit kom nadat die Inkatha Vryheidsparty (IVP), asook 40 Afrikaanse organisasies, hul teenkanting teen die beplande naamveranderings uitgespreek het. Die 40 Afrikaanse organisasies sluit in Afriforum, die FAK, die ATKV, TLU SA en die Afrikanerbond.
Die IVP se Pretoria-streeksbestuur het gesê dat die beplande naamveranderings nie in die belang van Pretoria se inwoners is nie. Die IVP het bygevoeg dat strate soos Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat spesiale historiese waarde het vir ‘n groot deel van Pretoria se inwoners.
Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus- raadslid en lid van die Tshwane Metroraad se plek-en-straatnamekomitee, is dit verblydend om van die IVP se standpunt te verneem. Beyers sê dit bevestig dat dit nie slegs “wit” groeperinge is wat die naamsveranderinge teenstaan nie.
Die VF Plus het tegelykertyd die DA veroordeel vir sy flou en ambivalente standpunte rakende die straatnaamveranderinge en het die DA daarvan beskuldig dat hy die naamveranderings in beginsel ondersteun.
“Die VF Plus stem saam met TLU SA se standpunt dat die naamsveranderinge op kulturele onteiening neerkom. Net soos wat die kontroversiële onteieningswet gekelder is vanweë kragtige openbare teenkanting, kan hierdie nuwe kulturele onteieningsplan ook sneuwel,” het Beyers bygevoeg.
12:27:13 Die adjunk-leier van die regerende ANC, Kgalema Motlanthe, sal volgens partybronne vandag as president aangewys word.
Frankryk het dié naweek die VSA soos Brittanje gesteun met 'n nuwe oproep om verdere sanksies teen Iran in te stel. Aan die ander kant was Rusland, China en Duitsland onwillig om die VSA te volg en het gesê hulle verkies onderhandeling.
Ná afloop van die vergadering het die VSA nietemin 'n verklaring uitgereik wat lui dat "al ses lande betrokke [die vyf permanente Veiligheidsraadlidlande en Duitsland] die moontlikheid van verdere sanksies sal ondersoek".
Die vergadering wat Vrydag plaasgevind het was daarop gemik om die weg vir die komende byeenkoms tussen die betrokke staatshoofde voor te berei.
Die IAEA in Wene het aangedui dat Iran nie hulle uraanverrykingsaktiwiteite gestaak het soos die VN versoek het nie. Die IAEA beweer dat Teheran in die verlede planne op die tafel gehad het om 'n kernkop te vervaardig.
Drie stelle VN-sanksies is reeds van krag op Iran omdat hulle nie verryking gestaak het nie. Die IAEA het oor die naweek dokumente en foto's aan hul lede gewys om Iran se beoogde aanpassing van hulle Sjahab-3 missiel om kernkoppe te dra, aan te toon.
Iran beweer dat die dokumente en foto's vervals is om Iran in 'n slegte lig te plaas en om hulle te dwing om staatsgeheime bekend te maak.
Die Franse eerste minister François Fillon was die naweek 'n gas van die Russe in Sotsji en het aan die einde van sy kuier gesê die Franse en Russe is op mekaar aangewese. Hy het gesê daar is geen alternatief as goeie verhoudinge tussen die twee lande nie.