Beleggers vrees dat die Amerikaanse regering se reddingsplan van 700 miljard dollar nie genoeg gaan wees om die kredietkrisis die hoof te bied nie. Aandelemarkte in Amerika en Londen is af maar kommoditeite het opwaarts gedruk.
President George W. Bush het 'n beroep op die Kongres gedoen om "die reddingsplan gefokus te hou om die finansiële krisis op te los". Senuweeagtige kritici meen die plan vorder nie vinnig genoeg nie.
Kenners sê die spoed waarmee Morgan Stanley na Asië gesnel het vir hulp bewys dat die wêreld se rykdom besig is om baie vinnig uit die VSA te vloei.
