Noord-Korea se kernmissielprojek dalk onsuksesvol

Kim Tae-Young, voorsitter van die Krygsraad, het aan wetgewers in sy land gesê dat Noord-Korea 'n klein kernkop ontwikkel wat op 'n missiel gelaai sal kan word. Kim het bygevoeg dat hy nie weet of hulle sukses bereik het met die projek nie.

автоинструмент купитьтопкарго отзывы

Lyftaal praat!

McCain is toenemend op die verdediging en moet al hoe meer aanval. Dit het hom nie gehelp gedurende die debat nie. Hy steek ook die feit dat hy nie van sy teenstander hou nie, baie moeilik weg.

Kiesers het gevoel McCain is te aggressief terwyl Obama koel en kalm gebly het. McCain het dikwels sy vinger na sy opponent opgesteek sonder om na hom te kyk. Obama het weer detail vermy.

Die twee het op stoele gesit en sodoende meer van hulleself gewys. Obama het ontspanne rondgestap op die verhoog terwyl McCain doelgerig sy treë afgetel het. Obama het stilgesit terwyl McCain het aanmekaar notas geneem het. Die ouderdomsverskil was ook meer sigbaar, 47 teenoor 72.

Obama het op 'n stadium gesê hy verstaan nie waarom 'n land wat absoluut niks met 9/11 te make gehad het nie, Irak, binnegeval moes word nie, in 'n duidelike poging om 'n groeiende aantal skeptici ter wille te wees.

укладка ламината на паркетданильченко юрій броніславович компромат

Poetin is g’n sissie nie

Die Russiese president is die houer van 'n swart gordel in judo en hy het pas 'n opleidingsvideo gemaak oor dié Oosterse gevegskuns. Die video is gister in St. Petersburg, sy tuisstad, vrygestel met die titel "Kom ons leer judo met Wladimir Poetin." 'n Uitreksel daaruit is hier te siene. 

Dit was ook die president die 56ste verjaarsdag gister. Die video is deel van 'n reeks mediageleenthede wat Poetin se manlikheid benadruk, alhoewel daar geen kameras naby was om sy geveg met die sabeltandtier te verewig nie. Behalwe die getuienis van die dankbare en beangsde joernaliste, is daar geen filmmateriaal oor die insident nie. Wat die  judovideo aanbetref  het hy by die perskonferensie gesê dit is suiwer vir die doel van bemarking gemaak.

In die judovideo wys die Russiese swartgordel sy slag met onder andere Yasuhiro Yamashita, 'n voormalige wêreldkampioen. Dit sal te koop wees by alle Oosterse gevegskunsskole regdeur die land en moontlik ook as 'n reeks op TV aangebied word later.

Op die video vertel 'n swartgeklede Poetin dat die grondbeginsel van die sport is om die grootste resultaat met die minste moeite te verkry. Hy sê kompromieë en konsessies word toegelaat solank dit lei tot 'n oorwinning. Poetin is 'n ywerige voorstander van sport in Rusland en sedert hy aan bewind gekom het, het die land iets van 'n sportoplewing gehad.

"Sonder sport," het hy Dinsdag gesê, "kan 'n mens nie praat van 'n gesonde leefstyl of die gesondheid van 'n volk nie."

оборудование для пескоструйной обработки металлатопкарго отзыв

Europese krisis versnel

Britse minister van Finansies Alistair Darling gaan vandag waarskynlik aankondig dat £50 miljard van belastingbetalers se geld in die land se grootste banke ingestoot gaan word. Dit sluit Barclays, Lloyds TSB en die Royal Bank of Scotland in. Uitvoerende beamptes het aan die begin van die week met Darling ontmoet om hom te vra om vinnig te beweeg om die krisis te probeer afweer.

'n Politieke ekonoom by die London School of Economics sê daar is nie meer so 'n ding soos 'n veilige bank nie. Banke is net so veilig soos wat hulle regerings hulle kan maak. Bankaandele het skerp gedaal gister.

Bank of Scotland se aandeelprys het met 39% gedaal omdat beleggers meen dat die kapitaalinspuiting die bestaande aandeelhouding kan verminder. Daarbenewens was handelaars bekommerd oor die afgradering van Standard & Poor vir die Bank of Scotland omdat die bank sukkel om fondse in die hande te kry.

Die idee agter die Britse plan is om kapitaal te verhoog om banke 'n kussing teen verliese te gee. Kenners sê dit is te laat want die kombinasie van 'n resessie en korttermynlikiditeit is te groot om positief op 'n kapitaalinspuiting te reageer.

In Spanje, waar die tuimelende huismark die banke besonder hard tref, het eerste minister Zapatero 'n 30 miljard euro hulppakket aangekondig. Hy het belowe dat net "gesonde" bates ondersteun sal word en nie toksiese bates nie om kritiek teen sy plan af te weer. Sommige kenners is bekommerd dat banke wat opgesaal is met subprimalenings nie daarby gaan baat nie.

In Luxemburg het Europese leiers ooreengekom om bankreëls vir boekhouding te verslap om die groeiende krisis te besweer. Dit is die eerste keer dat al 27 EU-lidlande 'n gemeenskaplike pad vorentoe inslaan met die ondertekening van die ooreenkoms.

авто диагностический инструментДанильченко Харьков

Student deur groep verkrag by Rhodes Universiteit

Grahamstad se polisiesegspersoon, inspekteur Milanda Coetzer sê die insident het Saterdag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Coetzer sê die vrou is deur drie mans genader wat haar na Queenstraat toe geforseer het waar hulle haar verkrag het. Sy het om hulp geroep en is daarna in die regter skouer gesteek, waarna hulle haar verskeie kere verkrag het.

Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting, maar sover is geen arrestasies gemaak nie.

In ‘n verklaring aan die Rhodesgemeenskap het Universiteits-segsman Guy White gesê dat die student onderweg was na haar woning toe. Sy het baie laat gewerk by een van die rekenaarlaboratoriums.

Sowat twee weke gelede is twee damestudente wat by die drama epartement gewerk het met messe aangehou deur twee jeugdiges en beroof van beursies, selfone en ‘n iPod.

White sê dat die kampus Maandag 24 uur lank deur patrollies gefynkam was. Verder is daar heelwat meer ligte aangebring en paniekknoppies is by sleutelpunte aangebring. Daar is ook veilige roetes opgestel wat 24 uur per dag gepatrolleer word.

Wagte is ook beskikbaar gestel om personeel en studente na hulle motors en kampus residensies te begelei op enige tyd wat hulle onveilig voel.

White sê dat hulle dit gereeld aan personeel en studente benadruk om bewus te wees van hulle eie veiligheid. Hy is van mening dat een insident een te veel is en sê hulle kyk konstant na metodes om mense se veiligheid te verbeter.

Een van die studente wat die jaar die slagoffer van misdaad was is Zethu Mtshemla, wat vroeër vanjaar amper deur ‘n man wat haar op straat ontmoet het verkrag is. Na ‘n struweling tussen haar en die verdagte het sy ontsnap en om hulp kon roep. ‘n Saak van poging tot verkragting is aangemeld, maar daar is tot nou geen arrestasies in die saak gemaak nie.

headbandsАлександр Фильчаков Васильевич

Mbeki moet stemme werf met volgende verkiesing, se ANC

Die SABC berig dat die ANC-president, Jacob Zuma, gesê het Mbeki sal onder die senior leiers wees wat ontplooi gaan word om stemme te werf.

ANC Jeugligaleier Julius Malema het ook gesê die party moet Mbeki intrek om vir die ANC in die verkiesing te werk.

Zuma het hulde gebring aan Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe en ondersteun sy voortgesette werk om die twee Zimbabwe-faksies bymekaar te bring.    

погремушкиФільчаков прокурор

Oud-Springbok se niggie dalk aan Kongokoors oorlede

Sy is op 14 September in die Morningside Medi-kliniek oorlede nadat sy uit Zambië op haar vlug na Suid-Afrika vergesel deur 'n Zambiër wat intussen ook oorlede is aan die virussiekte. Die verpleegster wat Van Deventer by die kliniek versorg het, is eergister dood.

Die hoof van die departement se afdeling vir aansteeklike siektes Dr Frew Benson, sê die pasiënt het 'n bosluisbytmerk gehad, maar hulle wag nog vir die uitslag.

Die Gautengse departement van Gesondheid het reisigers wat die afgelope maand in Zambië was, gevra om dadelik hospitaal toe te gaan as hulle griepsimptome ondervind.

Die publiek kan ook vir dr. Chika Asomugha van die Gautengse departement van gesondheid kontak by 082 330 1490.

детски игрылобановский александр жена

Rou riool besmet rivier

Woordvoerder Sizwe Khupelo sê die rivier voorsien meer as 12 dorpe in die Mqanduli-gebied van water.

Die span is deel van 'n gesamentlike operasie tussen Oos Kaap se gesondheidsdepartement, die OR Thambo distriksmunisipaliteit en die departement van waterwese.

Die span wat uit gesondheids- en omgewingsbeamptes en gesondheidspromoters bestaan, monitor die situasie en sal deur die week tot Vrydag watergehalte-toetse uitvoer.

Die munisipaliteit sal watertenks en chloor voorsien aan die dorpe wat moontlik besmet is. Daar was geen berigte van siekte weens die storting nie maar die ontplooiing van die span is 'n voorsorgmaatreël. Khupelo het inwoners van die dorpe en die Mqanduli-gebied versoek om nie rivierwater te drink nie.    

для хамамаЛобановский Харьков

MDC spyt oor magsdelingsooreenkoms

Nelson Chamisa het vandag gesê dat die teken van ‘n ooreenkoms op 15 September, voordat al die besonderhede uitgeklaar was, ‘n baie groot fout was.

Daar was baie hoop vir ‘n einde aan Zimbabwe se politieke en ekonomiese probleme toe president Mugabe ingestem het om die magsverdelingsooreenkoms te teken saam met sy eertydse vyand, Morgan Tsvangirai. Die ooreenkoms is deur voormalige president Mbeki tussen die partye saamgestel. 

Volgens die ooreenkoms bly Mugabe die President met verminderde magte terwyl Tsvangirai die pos van eerste minister kry

Drie weke later is daar verhoogde vrese dat die ooreenkoms kan ontrafel omdat Zanu-PF en die MDC nie kan ooreenkom oor die toekenning van die ministersposte nie.

Volgens die ooreenkoms sou Zanu-PF 15 ministersposte kry Tsvangirai se MDC 13 poste en ‘n wegbreek aksie van die MDC wat deur Arthur Matambura gelei word 3 poste in die kabinet wat uit 31 poste sou bestaan.

Ten spyte van bewerings dat die partye voor die ondertekening oreengekom het dat die MDC sekere sleutelposte sou kry, soos die ministeries van Binnelandse Sake (wat die polisie beheer) en finansies, en dat Zanu-PF onder andere die ministerie van Verdediging sou behou, sê die MDC dat daar nooit so ooreenkoms was nie. 

Vroeg verlede week het Mugabe gesê dat die regering gefinaliseer sal wees teen die einde van die week, en dat slegs vier poste nog onder bespreking was. Later in die week het dit bekend geraak dat gesprekke tussen Mugabe en Tsvangirai weer op ‘n dooiepunt geëindig het.

Die MDC het Zanu-PF beskuldig dat hulle vasklou aan mag en het die meningsverskil weer na Mbeki, die SAOG bemiddelaar toe verwys.

Chamisa sê dit is duidelik dat daar geen vooruitgang met die saak gemaak word nie.

 

Chamisa sê Zanu-PF is besig met ‘n propaganda veldtog, vals inligting wat versprei word en misleiding van die publiek.

 

Sedert die ooreenkoms geteken is, is Mbeki deur die heersende ANC uit die kussings gelig en vervang.

 

SAOG lidlande het Mbeki as mediator in Zimbabwe ondersteun, maar hy het nog nie weer terug gegaan na Zimbabwe toe om die ooreenkoms daar te probeer red nie. Die ooreenkoms is van groot belang vir Zimbabwe se sinkende ekonomie.

 

Westerse regerings is reg om miljoene dollars in hulp en investering in Zimbabwe in te pomp, maar slegs op die een belangrike voorwaarde,  dat die regering deur die MDC oorheers en gelei word.    

цены украинаФильчаков прокурор отзывы

Skrywer krities oor Obama in Kenia aangehou

Jerome Corsi, skrywer van "The Obama Nation: Leftist Politics and the Cult of Personality," word in Nairobi aangehou, nadat die polisie hom by sy hotel in hegtenis geneem het. Carlos Maluta, die senior beampte, het aan die media gesê hulle weet nog nie wat hulle met hom wil doen nie. Hy het aan AP gesê Corsi moet 'n tydelike werkpermit hê om in Kenia sake te doen.

Obama is geweldig gewild in Kenia. Sy vader was 'n Keniaan. Corsi beweer in sy boek dat Obama gevaarlik is en dat hy radikaal is. Hy skryf dat hy deurtrek is van "swart woede". Op Obama se webwerf, FightTheSmears.com, probeer die kandidaat se veldtogbestuur die beweringe in Corsi se boek as onware gerugte afmaak.

Corsi is na Kenia uitgenooi deur 'n groep Christelike sendelinge wat bekommerd is oor die opkoms van Islam. Hy wou glo daagliks verslag doen oor sy besoek, maar deur sy aanhouding het niks daarvan gekom nie.

Obama se oom wat in Kenia woon, weet nie van die aanhouding nie

для дівчаток ігриФильчаков прокуратура харьков