Mbeki moet stemme werf met volgende verkiesing, se ANC

Voormalige president Thabo Mbeki gaan gevra word om die ANC by te staan  in sy veldtog vir die algemene verkiesing aanstaande jaar.

Die SABC berig dat die ANC-president, Jacob Zuma, gesê het Mbeki sal onder die senior leiers wees wat ontplooi gaan word om stemme te werf.

ANC Jeugligaleier Julius Malema het ook gesê die party moet Mbeki intrek om vir die ANC in die verkiesing te werk.

Zuma het hulde gebring aan Mbeki se bemiddelingspogings in Zimbabwe en ondersteun sy voortgesette werk om die twee Zimbabwe-faksies bymekaar te bring.    

погремушкиФільчаков прокурор