Sommige mense praat van ‘n revolusie begin oor die besluit van AIG om bonusse van $156 miljoen te betaal aan werknemers wat deels verantwoordelik was vir die versekeringsreus se ineenstorting – maar min gaan so ver as senator Charles Grassley, ‘n Republikein van Iowa, wat voorgestel het dat die maatskappy se uitvoerende beamptes behoort te “bedank of selfmoord moet gaan pleeg.”
Terwyl politici en meningsvormers die afgelope paar dae hulle woede helder laat opklink het oor die bonusbetaling, is die mees passievolle stemme – nie verbasend nie – op die internet. Op “blogs” en gespreksforums teken die ontstoke publiek in ongewoon groot getalle hulle weersin aan.
Van Saterdag tot Dinsdagoggend is meer as 7 000 AIG-verwante kommentare op nytimes.com gepos. Die opmerkings dui daarop dat van Republikeine tot Demokrate, Wallstraat, Mainstraat, kapitalistiese gemeenskap in die algemeen of al die bostaande verantwoordelikgehou word vir die krisis.
Die internetboodskappe verteenwoordig ‘n algemene konsensus onder lesers dat die bonusse nooit toegeken moes gewees het nie en beslis nie uitbetaal moet word nie.

Die hulporganisasie Gift of the Givers kan in warm water wees – die keer met die belastinggaarder – as gevolg van sy samewerking met ‘n politieke party.
Michelle Obama, Amerika se eerste dame, het gesê gemeenskapsdiens het president Barack Obama gehelp om te kom waar hy vandag is. Mev. Obama het met jong Amerikaners gepraat wat in Washington is om ‘n huis te bou vir ‘n gesin van Texas wat hulle huis in ‘n orkaan verloor het.
Jong swart volwassenes blyk meer lus te wees om te gaan stem in die opkomende verkiesing as hulle wit, kleurling- en Indiër- landgenote, volgens ‘n ondersoek deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) wat Dinsdag bekendgestel is.
Kinders wat nie meer gedissiplineer word in Oeganda nie, weens ‘n verbod van die regering op lyfstraf, het 92 skole in die land afgebrand, het die polisie beweer.