Gewillige koper/verkoper laat vaar

Die beginsel van gewillige koper en verkoper is van die baan. Die staat moet toegelaat word om geskikte grond teen vergoeding te bekom, soos uiteengesit in die Grondwet, het president Jacob Zuma gesê.

“Grondhervorming moet ‘n radikale skuif verteenwoordig … breek met die verlede sonder om landbouproduksie en voedselsekuriteit te ontwrig,” het Zuma gesê aan die ANC-afgevaardigdes by die afsluiting van die party se beleidskonferensie.

“Die konferensie het ook bevestig dat die voorstel van gewillige koper, gewillige verkoper onmiddellik vervang sal word met die regverdige en billike beginsels in die Grondwet – waar die staat grond vir grondhervorming doeleindes wil verkry.”

Minister van landbou Tina Joemat-Pettersson het gesê onteiening sonder vergoeding sal slegs gebeur met grond wat onwettig verkry is.

“Die onteiening wat ons tans het is ongrondwetlik en die Wet moet in ooreenstemming met die Grondwet gebring word,” het sy aan verslaggewers gesê by ANC-konferensie in Midrand.

“Ons hoef nie die Grondwet te verander hiervoor nie. Onteiening sonder vergoeding sal net gebeur wanneer grond onwettig verkry is. Slegs die hof sal bepaal of die grond onwettig verkry is, so daar sal geen arbitrêre onteiening wees nie.”

Sy het gesê die kongres het besluit dat die “gewillige koper, gewillige verkoper” benadering tot die herstel van grondregte laat vaar sal word.

In plaas daarvan sal grondonteiening gedoen word in terme van die “regverdige en billike” vereiste van Artikel 25 van die Grondwet.

Joemat-Pettersson het gesê die artikel is ‘n eiendomsklousule wat “ons in staat sal stel om te doen presies wat ons wil met grond”.

Sy het gesê die konferensie het nie enige doelwitte vir onteiening gestel nie, maar sal eerder wag vir die grond-oudit aan die einde van die jaar om voltooi te word.

Zuma het ook gesê die ANC het voorgestel dat grondeienaarskap aan vroue versnel word. “Dit is gemik op die regstelling van die grondvraag om armoede aan te spreek,” het Zuma gesê.

Hy het gesê die vroue is die grootste groep wat geraak word deur armoede en ongelykheid.

Фильчаков прокурор

ANC se beleidsvoorstelle uitgespel

Donderdagnag was die ANC nog aan die werk om die aanbevelings wat uit die verskillende beleidkommissies gekom het hierdie week in Midrand, te deurtrap.

Hulle moes ‘n stortvloed van inligting wat vrygestel is, verwerk. ‘n Paar van die besluite is egter reeds in beton gegiet, alhoewel sommiges heeltemal onuitvoerbaar bly.

Terwyl kaderontplooiing volgehou sal word, sal die aard van daardie kaders verander. Die nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal verminder word van 80 na 60 lede, die grootte wat dit was voor die Polokwane-konferensie.

Nuwe lede sal ses maande van politieke opvoeding moet ondergaan en diens in die gemeenskap doen voor hulle aansoeke sal oorweeg word. Veterane sal gebruik word in die ANC se politieke skole

Die ANC druk ook vir regulasies oor die befondsing van politieke partye, en lede sal moet geld skenk aan die party, wat dit minder afhanklik sal maak van ander bronne van inkomste.

Wat sosiale transformasie betref, het die party aanbeveel dat sekere kulturele praktyke vir die skending van menseregte en moontlik kriminalisering moet ondersoek word. Ukuthwalwa, die ontvoering van bruide – ‘n hoofsaaklik Sotho-gebruik – moet glo ondersoek word.

Die party wil ook twee jaar van “verpligte”, onverpligte nasionale diensplig vir jong mense implementeer. Dié teenstrydigheid het niemand gepla by die werksessie nie.

Ander resolusies sluit in dat sportkwotas gehandhaaf word, en ‘n loonsubsidie ​betaal word, nie aan die jeug nie, maar om die vaardighede van die jeug en werkloses te verbeter.

Plaaslike inhoud vir die TV is geopper, en die Poskantoor moet sy dienste uitbrei, en e-pos aan elke Suid-Afrikaner lewer.

Die ANC wil ‘n vredemaker op die vasteland van Afrika wees, sowel as ‘n belangrike speler wanneer dit kom by internasionale organisasies en hul “transformasie”.

Al die voorstelle moet natuurlik bekragtig word deur Mangaung se elektiewe konferensie voor dit partybeleid word.

Buite die gebou by Gallagher Estate was enige iets wat ‘n ANC-handelsmerk dra – die gesig van Nelson Mandela of vorige leiers, of die woorde van die Vryheidshandves – te koop .

In die parkeerterrein uit die bagasiebakke van luukse motors was die smouse bedrywig. Daar was egter nie T-hemde met die gesigte van Zuma of Motlanthe nie. Rassesolidariteit was die wagwoord buite en geen faksievoortrekkery nie.

CD’s met Dubul ‘ibhunu, muurhorlosies gevorm soos die Afrika-kontinent, jasse en serpe en ander winterkleding, en ‘n groot verskeidenheid van revolusionêre hoede is uitgestal.

топкарго отзыв

Rassisme is erger as ‘n geborgde onderbroek

Rusland se duur Euro 2012-kampioenskap het Donderdag duurder geraak toe die sokkerfederasie ‘n boete van €30 000 ($ 37 260) vir die rassistiese gedrag van sommige van sy ondersteuners in die Groep A-wedstryd teen die Tsjeggiese Republiek opgelê is.

Die boete is opgelê vir rassistiese opmerkings teen die Tsjeggiese verdediger Theodor Gebre Selassie, van Ethiopiese oorsprong. Rusland se totale boetes vir die toernooi staan al op €225 000.

UEFA het ook ‘n €20 000-boete aan die Spaanse Federasie vir sy ondersteuners se rassistiese krete oor Italië se Mario Balotelli tydens die Groep C-botsing opgelê.

Spanje het ‘n dag om te appelleer, terwyl Rusland drie gegee is.

Die boetes is lig in vergelyking met die Kroatiese Sokkerfederasie s’n, wat ‘n heftige bedrag van €80 000 ($100 000) vroeër in die toernooi moes opdok na ‘n UEFA-gesteunde anti-rassismegroep gesê het tot 500 ondersteuners het op grond van ras vir Balotelli gekoggel tydens die lande se wedstryd op 14 Junie.

Die grootte van die boete op Kroasië is gekritiseer, omdat dit was minder was as die €100 000 boete en een wedstrydskorsing aan Denemarke se Nicklas Bendtner. Hy het ‘n geborgde lyfband op sy onderbroek geflits tydens ‘n doelviering.

прокурор харьковской области

DA, Afriforum hou witkruisoptog by plaasmoordbegrafnis

Gert Ehlers, oudpresident van TLU SA, het by die begrafnis van die vermoorde boer van Baltimore gesê die egpaar het ‘n hoë prys betaal “sodat die internasionale gemeenskap hopelik kan sien wat in Suid-Afrika gebeur”.

Die plaas Cosmopolite, 11km buite Baltimore, waar Johan van Rensburg vermoor is, is “boergrond wat nou treurgrond geword het”, het Ehlers gesê.

Van Rensburg en sy vrou, Gloudien (65), is Woensdag in hul bed geskiet. Gloudien veg steeds om haar lewe in die Mediclinic Limpopo. Sy sal waarskynlik nooit weer kan loop indien sy herstel nie.

“Die letsel wat die tragedie op die Bosveld gelaat het, gaan nie gou weggaan nie,” het Ehlers gesê.

‘n Vierde swart verdagte in die moord is ook intussen in hegtenis geneem.

Die drie ander het in die Tom Burke-landdroshof om regshulp aansoek gedoen.

Hulle is verlede Woensdag in Steilloop in hegtenis geneem en sal op 19 Julie weer in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

‘n Witkruisoptog wat deur die DA en Afriforum gereël is, en waaraan swart plaaswerkers van die gesin deelgeneem het, is vir die slagoffers gehou na afloop van die begrafnis.

топкарго

ANC steun volke van Swaziland, Palestina

Die ANC het besluit om aan te hou om hul solidariteit teenoor die sukkelende volk van Swaziland te betoon, het Lindiwe Zulu, lid van die Internasionale Betrekkinge-Komitee, Donderdag gesê.

“Ons ondersteun die demokratisering van Swaziland,” het Zulu aan verslaggewers gesê by die ANC se nasionale konferensie in Midrand, Johannesburg.

Die besluit is ‘n uitvloeisel van die ANC se beleidsamesprekings oor internasionale betrekkinge.

Zulu het gesê die kongres het besluit hulle moet “vorentoe beweeg” met die ontbanning van politieke partye in Swaziland.

Sy het gesê die Suid-Afrikaanse regering wag nog vir Swaziland om ‘n Memorandum van Verstandhouding (MOU) met betrekking tot ‘n lening te teken.

“Die MOU doen ‘n oproep vir die demokratisering en ontbanning van politieke partye,” het sy gesê.

“Swaziland het ingestem om die MOU te onderteken sonder die verwydering van voorwaardes.

Suid-Afrika sal net aan Swaziland die geld leen indien dit tot die voorwaardes ingestem het.”

Die ANC sal saam met sy alliansie-vennoot, Cosatu, aan Swaziland hulp verleen.

Zulu het gesê die ANC het ook erken dat hulle bande met Zanu-PF in Zimbabwe het en gesê hulle sal voortgaan om ‘n verhouding met die land te hê.

Maar hulle sal neutraal bly wanneer dit kom by die hantering van Zimbabwe se verskillende politieke partye.

Zulu het gesê die ANC sal voortgaan om Palestina te ondersteun en gevra vir ‘n wyer boikot teen Israeliese produkte.

Ekonomiese diplomasie is ook bespreek.

“Ons moet verseker ons ekonomie groei, nie net in Suid-Afrika nie, maar in al die SAOG-lande,” het sy gesê.

Oor die Internasionale Strafhof, het Zulu gesê, voel die ANC dat die hof moet ophou om net na Afrika-lande se oortredings te kyk.

“Ons is nie teen die ISH nie, maar die ANC sê daar moet ‘n balans wees,” het Zulu gesê.

Die ANC het ook voortgegaan om lande soos Madagaskar, Soedan, Suid-Soedan en Somalië te ondersteun, maar sal nie troepe na Somalië stuur nie.

Фильчаков прокурор

Swart kannibaal onder invloed van dagga

‘n Swartman wat deur die polisie doodgeskiet is terwyl hy besig was om stukke van ‘n hawelose man se gesig af te byt, het aleen spore van dagga in sy sisteem gehad en geen ander dwelms nie, het owerhede Woensdag verklaar.

Dít volg nadat die polisie aanvanklik bespiegel het dat Rudy Eugene, wat naak langs sy slagoffer op ‘n besige hoofweg aangetref was, dalk ten tyde van die voorval onder die invloed van ‘n sintetiese dwelm bekend as “bath salts” was.

Nadat toetse op Eugene gedoen is, kon slegs spore van dagga gevind word.

Die laboratorium het sy bloed vir ander dwelms getoets, maar geen alkohol of voorgeskrewe medikasie is gevind nie.

Die polisie het die 31-jarige Eugene doodgeskiet nadat hy herhaaldelik versuim het om op bevele van die polisie te reageer en voortgegaan het om die 65-jarige man, Ronald Poppo, aan te val.

Poppo is steeds in ‘n hospitaal in Miami en is tydelik blind.

Volgens dokters, wat hom behandel, het hy kritieke beserings aan die helfte van sy gesig opgedoen.

Фильчаков прокурор харькова

Tyd sal Saterdag stilstaan

Horoloë regoor die wêreld sal Saterdag een van die eienaardigste dinge van hul beroep doen – hulle sal tyd laat stilstaan.

Die laaste minuut van 30 Junie 2012 sal 61 sekondes lank wees vir tydhouers om ‘n skrikkelsekonde by atomiese horlosies wat ons tyd hou, te voeg.

Die terughouding van die sekonde sal opmaak vir die afwyking van die gemiddelde sontyd – die tydperk wat dit vir die aarde neem om ‘n dag te voltooi.

Die planeet neem bietjie meer as 86 400 sekondes vir ‘n omwenteling (360-grade), maar dit beweeg stadiger op sy as en word beïnvloed deur die gravitasiekrag van die son, maan en seegetye. Al dié faktore breek die omwenteling met ‘n skrikkelsekonde.

Die aarde beweeg dan buite die Internasionale Atomiese Tyd (TAI). Om te verhoed dat die sontyd en TAI te ver uitmekaar beweeg, word die Universele Gekoördineerde Tyd (UTC) elke nou en dan aangepas.

Die aanpassings het in 1972 begin. Dit sal die 25ste ingryping wees om ‘n skrikkelsekonde by die UTC te voeg.

Noel Dimarcq, direkteur van die Internasionale Aardrotasie en Verwysingstelsel-diens, het gesê die aanpassing verseker dat almal op aarde se horlosies gesinkroniseer is.

Met dié akkuraatheid word “slegs een (atomiese) sekonde elke 300 miljoen jaar verloor”, het Dimarcq gesê.

Die laaste drie aanpassings was in 1998, 2005 en 2008.

александр лобановский харьков

Landbouminister teen ‘pandemonium oor grondgryp’

Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, het gesê die ANC moenie pandemonium veroorsaak onder die sakesektor en die publiek oor grondhervorming nie.

Joemat-Petterson het gesê Artikel 25 van die grondwet laat die regering toe om grond met vergoeding te onteien.

Sy het voorts gesê met die verkiesingskonferensie in Polokwane is destyds besluit dat die grond-oudit teen die einde van vanjaar afgehandel moet wees en sy is daarvan oortuig dat dit teen die spertyd afgehandel sal wees.

Die Vryheidsfront Plus het intussen die ANC se kommissie oor grondhervorming se besluit verwelkom om nie grond te nasionaliseer nie en dat Artikel 25 van die grondwet nie gewysig sal word nie.

Фільчаков прокурор

Anglikane, DA erg bekommerd oor die eenheidstaat

Reg-denkende en morele Suid-Afrikaners moet waaksaam wees teen onheilspellende bedreigings vir die grondwet, het die voormalige aartsbiskop van Kaapstad, Njongonkulu Ndungane, Donderdag in navolging van die DA gesê.

Mmusi Maimane, nasionale DA-woordvoerder, het vroeër oor dieselfde onderwerp gesê: “Ons leef in ‘n land waar die ANC nie net die Grondwet vergeet nie, maar ook van (oudpres.) Nelson Mandela self.”

Die DA-jeug se jongste plakkaat dra tewens die woorde “In ONS toekoms sal die Grondwet heers” met ‘n foto van die Grondwet in vlamme.

“Toe Zimbabwe die pad byster geraak het, is die eerste ding wat hulle gedoen het om die land se grondwet te verander.

Die voormalige aartsbiskop sê die land se grondwetlike demokrasie word bedreig deur “onheilspellende tekens”, insluitend voorgestelde wetgewing.

“Hierdie bedreigings sluit in wetgewing soos die sogenaamde inligtingswet, die wysigingswet op die polisie, die wetsontwerp op die regspraktyk en die wetsontwerp op tradisionele howe. Hulle beval almal elemente wat nie in pas is met ons grondwet nie.”

Hy het egter nie die ANC se gewilde grondgrypoproepe gekritiseer nie, maar wel die klem wat die ANC op afsonderlike gemeenskappe plaas.

Ndungane het by die Universiteit van die Witwatersrand gepraat.

лобановский александр фото

Vrystaatse naamsveranderinge vir magsvertoon

Die voorneme van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning om die volgende name eersdaags te verander is vir die Vryheidsfront Plus totaal onaanvaarbaar:

Kroonstad: Maokeng

Pertus Steyn: Mamafubedu

Universitas Hospitaal: Albertina Sisulu Akademiese Hospitaal

Bloemfontein Internasionale lughawe: Braam Fischer Internasionale lughawe

Trompsburg Hospitaal: Albert Nzuka Hospitaal

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat nie een van bogenoemde name aanstoot gee nie en daarom nie verander behoort te word nie.

Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse Leier van die VF Plus, het vandag gesê dat hierdie naamsverandering niks anders is as magsvertoon deur die ANC nie. Die ANC doen dit net om Afrikaners te boelie en mag te wys. Dit is nie bevorderlik vir goeie verhoudinge nie.

Sedert 1998 was daar ‘n informele ooreenkoms dat die 25 munisipaliteite (20 plaaslike en 5 distriks- munisipaliteite) in die Vrystaat almal Sesotho-name kry maar dat die dorpe binne die munisipaliteite hulle oorspronklike name sal behou. Vir meer as 12 jaar het die Vrystaat hiermee ‘n voorbeeld aan ander provinsies gestel. Die ANC bewys met hierdie naamsverandering weereens dat hulle woord niks werd is nie en dat hulle met niks vertrou kan word nie.

Die VF Plus in die Vrystaat doen ‘n beroep op die sake -gemeenskap van Kroonstad om ‘n koste-eis vir enige koste wat die naamsverandering op hulle besighede mag hê teen die Munisipaliteit en die Departement in te dien. Die VF Plus is bereid om so ‘n aksie van die sakegemeenskap van Kroonstad te koördineer en die sakegemeenskap met regsadvies te bedien waar nodig. Dit sal hopelik die ANC laat herbesin oor verdere naamsveranderinge.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор