Dít volg nadat die polisie aanvanklik bespiegel het dat Rudy Eugene, wat naak langs sy slagoffer op ‘n besige hoofweg aangetref was, dalk ten tyde van die voorval onder die invloed van ‘n sintetiese dwelm bekend as “bath salts” was.
Nadat toetse op Eugene gedoen is, kon slegs spore van dagga gevind word.
Die laboratorium het sy bloed vir ander dwelms getoets, maar geen alkohol of voorgeskrewe medikasie is gevind nie.
Die polisie het die 31-jarige Eugene doodgeskiet nadat hy herhaaldelik versuim het om op bevele van die polisie te reageer en voortgegaan het om die 65-jarige man, Ronald Poppo, aan te val.
Poppo is steeds in ‘n hospitaal in Miami en is tydelik blind.
Volgens dokters, wat hom behandel, het hy kritieke beserings aan die helfte van sy gesig opgedoen.
