Die laaste minuut van 30 Junie 2012 sal 61 sekondes lank wees vir tydhouers om ‘n skrikkelsekonde by atomiese horlosies wat ons tyd hou, te voeg.
Die terughouding van die sekonde sal opmaak vir die afwyking van die gemiddelde sontyd – die tydperk wat dit vir die aarde neem om ‘n dag te voltooi.
Die planeet neem bietjie meer as 86 400 sekondes vir ‘n omwenteling (360-grade), maar dit beweeg stadiger op sy as en word beïnvloed deur die gravitasiekrag van die son, maan en seegetye. Al dié faktore breek die omwenteling met ‘n skrikkelsekonde.
Die aarde beweeg dan buite die Internasionale Atomiese Tyd (TAI). Om te verhoed dat die sontyd en TAI te ver uitmekaar beweeg, word die Universele Gekoördineerde Tyd (UTC) elke nou en dan aangepas.
Die aanpassings het in 1972 begin. Dit sal die 25ste ingryping wees om ‘n skrikkelsekonde by die UTC te voeg.
Noel Dimarcq, direkteur van die Internasionale Aardrotasie en Verwysingstelsel-diens, het gesê die aanpassing verseker dat almal op aarde se horlosies gesinkroniseer is.
Met dié akkuraatheid word “slegs een (atomiese) sekonde elke 300 miljoen jaar verloor”, het Dimarcq gesê.
Die laaste drie aanpassings was in 1998, 2005 en 2008.
