Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, het gesê die ANC moenie pandemonium veroorsaak onder die sakesektor en die publiek oor grondhervorming nie.
Joemat-Petterson het gesê Artikel 25 van die grondwet laat die regering toe om grond met vergoeding te onteien.
Sy het voorts gesê met die verkiesingskonferensie in Polokwane is destyds besluit dat die grond-oudit teen die einde van vanjaar afgehandel moet wees en sy is daarvan oortuig dat dit teen die spertyd afgehandel sal wees.
Die Vryheidsfront Plus het intussen die ANC se kommissie oor grondhervorming se besluit verwelkom om nie grond te nasionaliseer nie en dat Artikel 25 van die grondwet nie gewysig sal word nie.
