Die boete is opgelê vir rassistiese opmerkings teen die Tsjeggiese verdediger Theodor Gebre Selassie, van Ethiopiese oorsprong. Rusland se totale boetes vir die toernooi staan al op €225 000.
UEFA het ook ‘n €20 000-boete aan die Spaanse Federasie vir sy ondersteuners se rassistiese krete oor Italië se Mario Balotelli tydens die Groep C-botsing opgelê.
Spanje het ‘n dag om te appelleer, terwyl Rusland drie gegee is.
Die boetes is lig in vergelyking met die Kroatiese Sokkerfederasie s’n, wat ‘n heftige bedrag van €80 000 ($100 000) vroeër in die toernooi moes opdok na ‘n UEFA-gesteunde anti-rassismegroep gesê het tot 500 ondersteuners het op grond van ras vir Balotelli gekoggel tydens die lande se wedstryd op 14 Junie.
Die grootte van die boete op Kroasië is gekritiseer, omdat dit was minder was as die €100 000 boete en een wedstrydskorsing aan Denemarke se Nicklas Bendtner. Hy het ‘n geborgde lyfband op sy onderbroek geflits tydens ‘n doelviering.
