DA, Afriforum hou witkruisoptog by plaasmoordbegrafnis

Gert Ehlers, oudpresident van TLU SA, het by die begrafnis van die vermoorde boer van Baltimore gesê die egpaar het ‘n hoë prys betaal “sodat die internasionale gemeenskap hopelik kan sien wat in Suid-Afrika gebeur”.

Die plaas Cosmopolite, 11km buite Baltimore, waar Johan van Rensburg vermoor is, is “boergrond wat nou treurgrond geword het”, het Ehlers gesê.

Van Rensburg en sy vrou, Gloudien (65), is Woensdag in hul bed geskiet. Gloudien veg steeds om haar lewe in die Mediclinic Limpopo. Sy sal waarskynlik nooit weer kan loop indien sy herstel nie.

“Die letsel wat die tragedie op die Bosveld gelaat het, gaan nie gou weggaan nie,” het Ehlers gesê.

‘n Vierde swart verdagte in die moord is ook intussen in hegtenis geneem.

Die drie ander het in die Tom Burke-landdroshof om regshulp aansoek gedoen.

Hulle is verlede Woensdag in Steilloop in hegtenis geneem en sal op 19 Julie weer in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

‘n Witkruisoptog wat deur die DA en Afriforum gereël is, en waaraan swart plaaswerkers van die gesin deelgeneem het, is vir die slagoffers gehou na afloop van die begrafnis.

топкарго

Maak 'n opvolg-bydrae