Vrystaatse naamsveranderinge vir magsvertoon

Die voorneme van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning om die volgende name eersdaags te verander is vir die Vryheidsfront Plus totaal onaanvaarbaar:

Kroonstad: Maokeng

Pertus Steyn: Mamafubedu

Universitas Hospitaal: Albertina Sisulu Akademiese Hospitaal

Bloemfontein Internasionale lughawe: Braam Fischer Internasionale lughawe

Trompsburg Hospitaal: Albert Nzuka Hospitaal

Die Vryheidsfront Plus is van oordeel dat nie een van bogenoemde name aanstoot gee nie en daarom nie verander behoort te word nie.

Abrie Oosthuizen, LPW en Vrystaatse Leier van die VF Plus, het vandag gesê dat hierdie naamsverandering niks anders is as magsvertoon deur die ANC nie. Die ANC doen dit net om Afrikaners te boelie en mag te wys. Dit is nie bevorderlik vir goeie verhoudinge nie.

Sedert 1998 was daar ‘n informele ooreenkoms dat die 25 munisipaliteite (20 plaaslike en 5 distriks- munisipaliteite) in die Vrystaat almal Sesotho-name kry maar dat die dorpe binne die munisipaliteite hulle oorspronklike name sal behou. Vir meer as 12 jaar het die Vrystaat hiermee ‘n voorbeeld aan ander provinsies gestel. Die ANC bewys met hierdie naamsverandering weereens dat hulle woord niks werd is nie en dat hulle met niks vertrou kan word nie.

Die VF Plus in die Vrystaat doen ‘n beroep op die sake -gemeenskap van Kroonstad om ‘n koste-eis vir enige koste wat die naamsverandering op hulle besighede mag hê teen die Munisipaliteit en die Departement in te dien. Die VF Plus is bereid om so ‘n aksie van die sakegemeenskap van Kroonstad te koördineer en die sakegemeenskap met regsadvies te bedien waar nodig. Dit sal hopelik die ANC laat herbesin oor verdere naamsveranderinge.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae