Immigrante uit Noord-Afrika maak moles

Image

St. Dizier brand

Die Franse polisie het vanoggend nege jeugdiges gearresteer, waaronder sewe minderjariges. Dit volg op die geweld wat vroeër hierdie maand in Saint-Dizier uitgebreek het. Drie van hierdie jeugdiges is jonger as sestien, het die vise-prokureur van Chaumont gesê.

Daar is nou in totaal al 25 jong mans, almal immigrante uit Afrika, gearresteer. Drie brandweermanne en een polisieman is gedurende die gewelddadige insidente van 4 Oktober beseer. Die gemaskerde vandale het daardie aand 41 motors aan die brand gesteek, drie woonstelblokke probeer afbrand en ook ’n bushalte verwoes.

Sowat ’n week voor die geweld uitgebreek het, het ’n groep van tien immigrant-jeugdiges by die Saint-Dizier-polisiestasie ingestorm en stoele en ’n lessenaar begin rondgooi. Hulle wou sodoende beswaar aanteken omdat ’n polisiepatrollie een van hulle vriende gestop en ondervra het. Die polisiemanne het egter opdrag van hulle owerhede ontvang om niks oor die voorval te sê nie.

Buiten die insident in die polisiekantoor was daar geen ander gebeure wat die uitbreek van die geweld op 4 Oktober kon verklaar nie. Dit wou voorkom of die jong mans bloot wou kyk hoeveel skade hulle kon aanrig.

дитячи велосипедилобановский александр игоревич

Demokrate op soek na blanke mans

In die aanloop tot die volgende Amerikaanse presidentsverkiesing het ’n debat losgebars rondom die Demokratiese Party se onvermoë om blanke mans as kiesers te trek. Slegs 38% van blanke Amerikaanse mans stem vir dié party.

Die meerderheid van Demokratiese kiesers bestaan uit vroue en sogenaamde “etniese minderhede” soos swartes en Spaanssprekendes. Nie minder nie as 89% van alle Amerikaanse swartes stem vir die Demokratiese Party terwyl 69% van Spaanssprekendes insgelyks dié party ondersteun.

Goeie nuus vir die Demokratiese Party en slegte nuus vir die Republikeine is dat swartes en Spaanssprekendes se getalle styg terwyl die blanke Amerikaanse bevolking besig is om te daal. Teen 2050 gaan die aantal swartes toeneem vanaf die huidige 13% van die bevolking tot 16% en die aantal Spaanssprekendes vanaf 14% tans tot 23%. In sommige state soos Kalifornië verkeer blankes reeds effens in die minderheid. Weens die lae bevolkingsaanwas van blankes in Kalifornië is slegs een uit elke vyf kinders op laerskool blank wat ’n duidelike blik op die toekomstige demografie van dié deelstaat bied.

Die meerderheid van Amerikaanse vroue is deesdae ongetroud. 66% van sulke enkellopende vroue stem Demokraties en volgens meningspeilings huldig hulle “progressiewe sienings oor maatskaplike kwessies, die ekonomie en buitelandse beleid”.

Sedert 1965 toe die nuwe Immigrasiewet in die VSA die voorkeur vir blanke immigrante uitgeskakel het, het die aandeel van blankes in die Amerikaanse bevolking gedaal vanaf 90% tot die huidige 70%. Sommige ontleders voorspel dat blankes weens hul lae bevolkingsaanwas en min immigrante teen 2050 in die minderheid gaan wees.

Indien huidige etniese stempatrone voortduur, is die Demokratiese Party dus van ’n blink toekoms verseker. Maar intussen regeer daar nog ’n Republikeinse president wat deur blanke mans en getroude blanke vroue verkies is. Volgens Demokratiese ontleders moet hul party hom op “tradisionele manlikheid” beroep en sodoende meer blanke mans as kiesers lok. Luidens een so ’n ontleder, David Paul Kuhn, “word die steun wat presidente verdien direk deur hul persoonlike manlikheid beïnvloed”.

Hoewel blanke mans ’n minderheid (33-36%) van Amerikaanse kiesers uitmaak, meen Kuhn steeds dat hul steun “die meeste saak maak”. Alle aanduidings is egter dat blanke mans hul rug op die Amerikaanse liberalisme gekeer het. Daarom beplan die Demokratiese Party om in sy verkiesingsveldtogte minder klem te plaas op feminisme en regstellende aksie.

Wat dienende politici betref, lyk dinge egter nog rooskleurig vir blanke mans. Minder as 17% van die kongres bestaan uit vroue en sedert die Amerikaanse Burgeroorlog was daar nog net drie swart senators. In die Amerikaanse geskiedenis was daar insgelyks nog net ses Spaanssprekende en vyf Asiese senators waarvan nie een ’n vrou was nie.

best online casinoФильчаков

Brittanje kan maar wegbly

Image

Kgalema Motlanthe

Die Britse regering is welkom om weg te bly van die beraad tussen die Afrika-unie en die Europese Unie wat in Desember vanjaar plaasvind, meen Kgalema Motlanthe, sekretaris-generaal van die ANC. Hy het dié mening uitgespreek in verlede Vrydag se ANC Today-nuusbrief.

Indien sommige lande besluit om “weg te bly van hierdie krities belangrike dialoog omdat hulle te heilig is, beskik ons seker – hoe jammer dit ook is – oor die reg om soos The Economist te sê ‘so be it’,” aldus Motlanthe.

Gordon Brown, Britse eerste minister, het naamlik gesê dat hy nie die beraad sal bywoon indien Robert Mugabe toegelaat word om ook te gaan nie. “Ek glo president Mugabe se teenwoordigheid sal die beraad ondermyn en die aandag aflei van belangrike kwessies wat opgelos moet word. In hierdie konteks sal my teenwoordigheid nie van pas wees nie,’ het Brown Saterdag teenoor The Independant herhaal.

Motlanthe meen egter die beraad moet aangaan, soos aanvanklik beplan, ongeag of Brittanje daar gaan wees of nie. Hy het gewaarsku dat die beraad nie “gevange geneem en verlam moet word deur gevaarlike en vernietigende neo-koloniale ambisies nie.” Hy het verder gesê dat die ANC met opset stilbly oor hulle bemiddeling in Zimbabwe, aangesien hulle glo dat dit tot ’n vinniger oplossing van die land se probleme sal lei.

Tydens die Desember-beraad sal EU-hulp aan Nepad, die opbou van die Afrika-unie en “ware respek vir die onafhanklikheid van Afrika” onder andere bespreek word.детский крем ушастый няньпрокурор Фильчаков

Brittanje vereer weer eens ANC

Terwyl Suid-Afrika in misdaad verswelg en die regering weinig doen om die situasie om te keer, is die Britte steeds besig om die ANC te op te hemel. Thabo Mbeki se vrou het Woensdag ‘n nuwe bronsbeeld van Oliver Tambo in die noorde van Londen onthul. Tambo het 30 jaar in Groot Brittanje gewoon as uitgewekene.

Zanele Mbeki het saam met die sekretaris van Justisie, Jack Straw, en ander eregaste die onthulling van die borsbeeld in ‘n park in Muswell Hill bygewoon. ‘n Bronsplaat is ook voor sy huis aangebring. Die beeld is deur beeldhouer Ian Walter, wat ook verantwoordelik was vir die standbeeld van Nelson Mandela, geskep. Die yslike standbeeld van Mandela staan oorkant die Britse parlement.

Tambo is in 1993 oorlede. Straw het by die geleentheid gesê dat sy nalatenskap nie net in die skepping van ‘n "vooruitstrewende en vry Suid-Afrika" was nie, maar ook dat hy "hoop gebring het regoor die wêreld vir mense wat teen onderdrukkende diktatorskap stry". Gordon Brown het in ‘n boodskap ook hulde gebring aan Tambo se demokratiese en nie-rassige visie wat as inspirasie dien vir miljoene mense in die wêreld.

Mandela het in ‘n verklaring gesê dat sy grootste vriend en "comrade" ook ‘n "onbetwiste leier" was gedurende die land se moeilike jare. Die borsbeeld in Haringey het ook ‘n ander verwantskap met Suid-Afrika. Die skool in Wattville waar Tambo gewoon het, is aangewys as die skool in Haringey se tweelinginstelling.

воронеж автосканерытопкарго

Terugslag vir Ho?rskool Ermelo

Image

Die einde?

Gister se beslissing in die Pretoria hoër hof is ’n groot terugslag vir Hoërskool Ermelo se pogings om alleenlik in Afrikaans te bly onderrig. Regter-president Bernard Ngoepe, regter Willie Seriti en waarnemende regter Natvarial Ranchod het die skool se beswaar teen ’n besluit wat hulle dwing om Engelssprekende leerlinge toe te laat en sodoende ’n parallelmediumskool te word, met koste verwerp.

 
Die Mpumalanga-onderwysdepartement het vroeër die besluit van die skoolbeheerraad om self oor taalaangeleenthede te besluit, verwerp en ’n komitee van hulle keuse aangestel, om die skool te dwing om Engelssprekende leerlinge toe te laat.

Johan Ernst, voorsitter van Hoërskool Ermelo se beheerraad, het gister aan die media gesê dat hulle eers die hofbesluit deeglik moet bestudeer, maar dat hulle waarskynlik appèl gaan aanteken.

Die regters was baie krities oor die wyse waarop die aantal Engelssprekende leerlinge wat wel tot die skool toegelaat is, tot dusver behandel is. “Dit is duidelik dat die houding van die aansoekers is dat leerlinge wat in Engels onderrig wil ontvang maar by enige ander plek geholpe kan raak, solank hulle net nie hulle voete by hierdie skool sit nie.

Dit is ’n hardvogtige houding teenoor die onderwysbelange van leerlinge van ander dele van die gemeenskap. Verder herinner dit aan die pre-demokratiese era, toe die onderwysregte van wit leerlinge meer aandag geniet het as dié van leerlinge van ’n ander kleur. Ingevolge die huidige grondwet het alle leerlinge dieselfde reg op staatsfasiliteite, ongeag hulle taal of kleur. Slim regsargumente, selfs in die naam van die grondwet gevoer, sal dit nie verander nie.”

Die regters het na ’n soortgelyke uitspraak verwys en gesê dat die reg op ’n enkelmedium openbare onderwysfasiliteit (en die reg op ’n uitgebreide leerplan) duidelik ondergeskik is aan die reg van elke Suid-Afrikaner op onderwys. “Die vertrekpunt kan nie wees dat daar ’n staatskool of openbare area is wat nie oop is vir die ander amptelike tale nie.”

купить боди для новорожденной на выпискуАлександр Фильчаков Васильевич

Vigs-pasi?nte voltooi nie behandeling nie

Slegs sowat 60% van Afrikane wat MIV/vigs onder lede het, neem twee jaar nadat hulle met behandeling begin het nog hul medisyne. Teen daardie tyd is 40% van hierdie groep mense al dood en die res daag eenvoudig nie meer by klinieke op om hulle medisyne te kom haal en doktersafsprake na te kom nie.

Hierdie resultate is Maandag in die Public Library of Science Medicine Journal gepubliseer. In teëstelling met die resultate in Afrika, reken die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dat sowat 80% van pasiënte in Westerse lande nog ná twee jaar steeds getrou vir behandeling gaan. Die WGO het aanvanklik gehoop om teen die einde van 2005 drie miljoen Afrikane van antiretrovirale middels te kon voorsien. Slegs 1.3 miljoen mense kon egter bereik word. ’n Verdere 4.8 miljoen pasiënte benodig nog medisyne. Sowat 25 miljoen mense in Afrika het tans die virus onder lede.

Prof Sydney Rosen van die Boston-universiteit het heelwat navorsing vir hierdie artikel in Afrika suid van die Sahara gedoen – veral in Suid-Afrika, wat die wêreld se meeste vigs-pasiënte het. In Afrika, het Rosen en sy kollegas uitgevind, begin mense eers op ’n gevorderde stadium van die siekte met antiretrovirale middels in vergelyking met Westerlinge, wat met ander woorde die hoë sterftesyfer in Afrika verklaar.

Meer en kleiner gesondheidsklinieke moet opgerig word, volgens die organisasie Dokters sonder Grense. Dikwels wil mense nie ure toustaan nie en kry hulle gevolglik nie hulle medisyne nie. Sommige is ook te siek en verswak om kliniek toe te stap en vervoer is nie altyd beskikbaar nie.  

Vroeër vanjaar het navorsing bewys dat manlike besnydenis die risiko van MIV-besmetting met tot 60% kan verminder. Dit kan moontlik die aantal vigs-pasiënte uiteindelik verminder. So nie, gaan gesondheidswerkers nie kan voorbly om almal te behandel nie.

top online games no downloadданильченко юрій броніславович

Brittanje se “trotse Moslems”

ImageSedert 8 Oktober word daar ’n reklameveldtog op busse en in die Londense moltrein gevoer met die tema: “Islam is vrede.” Honderde plakkate is aangebring met slagspreuke soos: “Ek is trots om ’n Britse Moslem te wees.” Op een plakkaat verskyn daar selfs ’n Britse polisievrou wat ’n sluier dra en sê: “Ek dink dis my plig om my land te beskerm, my mede-onderdane en om ons buurt ’n veiliger plek vir almal te maak.” Op ’n ander advertensie veskyn Michael Barry, ’n voormalige TV-aanbieder van kookprogramme met ’n tamatieslaai en ’n pepermeul in die hand. Hy is insgelyks trots daarop om ’n “Britse Moslem” te wees. Hul gesigte is in ’n wa van die Londense moltrein te siene.
 

Image

‘n Londense bus dra die boodskap uit

 

Die doel van die veldtog is om “wanpersepsies van Britse Moslems en Islam” uit die weg te ruim en om sodoende ’n meer verdraagsame en inklusiewe samelewing te skep. In Julie vanjaar is volbladkoerantadvertensies in die vernaamste Britse koerante geplaas onder met die slagspreuk “Moslems verenig” waarin die Moslemgemeenskap duidelik hul afkeer van terreurdade uitspreek. Die huidige reklameveldtog in die moltrein, stasies en lughawens beklemtoon die diversiteit en positiewe bydrae van Britse Moslems en die integrale deel wat hulle in die alledaagse lewe in Brittanje speel.

Skeptici, veral op die internet, was egter gou om hierdie geïdealiseerde beeld van Britse Moslems te jukstaponeer met plakkate wat deur regte Britse Moslems tydens die vele anti-Westerse betogings in Brittanje gedra word waarin die ondubbelsinnige boodskap uitgedra word dat Moslems verenig is in hul haat teenoor die Weste en ’n Derde Wêreldoorlog op Europa wil afroep.

ImageImageImage

casino free bonusалександр лобановский класс

Taalkwessie by rugbyw?reldbeker

Die bekende Franse rugbyspeler, Sébastien Chabal, het geweier om ‘n vraag van ‘n joernalis in Engels aan te hoor. Op hierdie kort video kan duidelik gehoor word hoe Chabal op Engels sê: "Nee, ons is in Frankryk. Ons praat Frans."

Engels is besig om die de facto rugbytaal te raak, want sowel Jake White as die meeste Springbokke praat net Engels in die openbaar al bestaan die meerderheid van die Suid-Afrikaanse rugbyspan uit Afrikaners. Maar duidelik is Chabal en ander Franse spelers nie gediend met dié situasie nie en maak hulle ‘n punt daarvan om net Frans te praat al verstaan hulle duidelik Engels.

подвесной светильник egloФильчаков прокуратура харьков

Min hoop vir laaste wit boere in Zim

Image

Zim-boer by tuiste

Elf van Zimbabwe se laaste wit boere gaan tereg moet staan op ’n aanklag dat hulle die regering se uitsettingsbevele verontagsaam het. Hulle aansoek om op hulle plase aan te bly terwyl hulle hul hofsaak voorberei, is verlede Donderdag geweier.

’n Magistraat in Chegutu, noordwes van Harare, het bepaal dat die boere nou al lank genoeg “die regsproses misbruik het” en dat hulle hul plase summier moet verlaat. Die boere is almal van Masjonaland afkomstig. Volgens wetgewing ontvang boere ultimatums om hulle eiendom te ontruim indien die grond bestem is vir swart boere en kan hulle twee jaar in die tronk beland as hulle weier om dit te doen.

Die groep se prokureurs het beswaar aangeteken en wil nou die Hoër Hof nader. Hulle meen hulle kliënte se eiendomsreg en reg op vergoeding word nie in ag geneem nie. Een van die boere, wat die hof kopskuddend verlaat het, meen die magistraat se uitspraak van verlede week was “polities.” Hy was egter te bang om sy naam aan die media te verskaf.

Hordes mense, insluitende die boere se families en swartes wat reeds van hulle buurplase besit geneem het, het die hofsaak bygewoon. Die boere het Vrydag ’n saak aanhangig gemaak by die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap se hof om die beplande uitsettingsbevele te laat nietig verklaar.

Ten minste 4000 eiendomme is reeds deur die Zimbabwiese regering gekonfiskeer sedert die vlaag plaasbesettings in 2000 begin het. Minder as 400 wit boere is nog steeds op hulle plase woonagtig. Baie van die nuwe swart plaaseienaars bewerk die grond glad nie, maar hou die plase bloot vir prestigewaarde, terwyl ander hul nuwe plase in partytjiesentrums omskep het. Volgens die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram benodig ten minste ’n derde van die bevolking dringende voedselhulp.

lucky bellsлобановский александр отзывы

Lessing beskryf eerste plaasmoord

Image

Doris Lessing by haar woning

Doris Lessing (1919 – ), pas aangewys as die Nobelpryswenner vir letterkunde, was op ‘n inkopietog in Londen waar sy woon, toe die aankondiging gemaak is. Lessing is in Iran gebore, maar het lank in die eertydse Rhodesië gewoon.

 
Haar bekendste roman, Die Singende Gras [The Grass is Singing] wat in 1950 gepubliseer is, speel tewens in Rhodesië op ‘n plaas af. Die hoofkarakter Mary word uiteindelik deur die swart plaaswerker Moses met ‘n kapmes vermoor, nadat die Mary toenadering tot Moses soek. Mary se moord word egter aan haar wit man se vooroordele teenoor swartes  gekoppel deur kritici.
 
Harold Bloom, Yale professor en literêre kritikus, het aan Associated Press gesê dat , “Al het Me. Lessing aan die begin van haar skryfloopbaan ‘n paar bewonderenswaardige kwaliteite geopenbaar, vind ek haar werk van die afgelope 15 jaar onleesbaar.” Hy meen dit is om politiek korrek te wees dat die prys aan haar toegeken is.
 
Lessing het in 1992 in ‘n onderhoud nietemin die term "politiek korrek" verbind aan ‘n reaksionêre impuls en bygevoeg dat sosiale realisme nie die onderbou van letterkunde kan wees nie.

Elfriede Jelinek, Oostenrykse skrywer wat die prys in 2004 gewen het, het gesê dat sy onder die indruk was dat Lessing "reeds die prys verower het". Die toekenning kom glo as ‘n verrassing vir haar. Lessing se werk was nie onlangs in die nuus nie. Jelinek het verklaar dat sy weer die nuwe wenner se boeke gaan lees om "op te vang".

Vir Umberto Eco is die prys toegeken aan iemand wat dit "absoluut verdien". Hy het bygevoeg dat hy baie bly is, maar "nie so bly soos sy nie".  Dit is nogtans ongewoon, glo hy, dat die prys weer aan ‘n Brit gaan. In 2005 het Harold Pinter die Nobelprys vir letterkunde verower. Eco was vanjaar op die kortlys om die prys te ontvang.

Lessing het haar prestasie as ‘n "Royal Flush" beskryf. Sy het reeds talle toekennings vir haar skryfwerk ontvang.

настенно потолочные светильники стеклоданильченко юрій броніславович компромат