Suid-Afrika ly tans onder wydverspreide ontevredenheid oor swak dienslewering. Op byna ‘n daaglikse basis word paaie versper of buitebande aan die brand gesteek in protes teen die regime se onvermoë om die mees basiese dienste aan die bevolking te verskaf. Die oorsake hiervan is legio. Politieke boeties van die ANC word byvoorbeeld op grond van verbintenisse met die regime asook velkleur in poste aangestel wat ver bokant hul vuurmaakplek is. Nes baie van die ander lede van die ANC-regime blameer president Mbeki egter telkens apartheid of kolonialisme vir die bewind se eie onbekwaamheid. Só byvoorbeeld het hy weer die pas afgelope naweek apartheid geblameer vir agterstande in dienslewering.
Een van die syfers wat Mbeki telkens opper in sy pogings om welverdiende kritiek af te weer, is die sogenaamde 350 jaar van kolonialisme. Bostaande syfer word ook telkens in die pers aangehaal, en is vermoedelik afkomstig van die jaar van Van Riebeeck se aankoms in die Kaap, 1652. Die syfer van 350 jaar word bykans altyd in die konteks van veral swartmense se sogenaamde onderdrukking aangehaal. Ek wonder tog hoekom die redaksie van die hoofstroompers skynbaar te bang is om kritiese denke aan die dag te lê oor sienings soos bogaande. Hoekom skryf Tim du Plessis nie vir ‘n slag ‘n redaksionele stuk wat uitwys hoe foutief bostaande redenasie is nie?
Jan van Riebeeck het weliswaar 350 jaar gelede aan die Kaap geland, maar van 350 jaar van koloniale onderdrukking van spesifiek swartmense kan daar geen sprake wees, as mens historiese realiteite in ag neem nie. Let op dat dit veral swartmense is wat glo so geknel is deur "350 jaar" van kolonialisme en apartheid. Bruinmense, alhoewel hulle glo ook “voorheen benadeel” was, suig dikwels aan die agterspeen in die huidige bestel. Xhosas word byvoorbeeld bo bruines verkies wanneer dit by behuising kom, al woon die bruines baie langer as Xhosas in die buurt. Die kolonie aan die Kaap was eerstens aanvanklik klein en grootliks beperk tot die Kaapse Skiereiland, met latere uitbreiding na die Kaapse binneland en Suidkaapse kusstreek.
Tweedens was die plaaslike Khoikhoi, die Strandlopers en Hottentotte (let wel, nie swartmense nie), beide relatief laag in getalle asook ongeneë om handearbeid te verrig, wat die setlaars genoop het om arbeid uit plekke soos Maleisië in te voer. Enige "onderdrukking" van die plaaslike bevolking moes derhalwe van ‘n beperkte omvang gewees het. Of daar sprake kan wees van die grootskaalse onteiening van nomadiese mense soos die Strandlopers se grond, is debatteerbaar. Het ‘n Strandloper (let op die nomadiese strekking van die naam) ooit lank genoeg op ‘n bepaalde plek gebly om op eiendomsreg aanspraak te kan maak?
Daar was veral in die vroeë jare van die Kolonie min of geen impak op swartmense nie. Die Karoo het ‘n natuurlike grens gevorm wat verdere uitbreiding na die noorde en ooste beperk het. Dit het ook swartmense verhoed om die Weskaap binne te gaan. Tot relatief onlangs was daar eenvoudig min of geen swartmense in die Weskaap nie, en was die eerste kontak tussen die setlaars en swartmense dié met die Xhosas op die Oosgrens, sowat 800km van die oorspronklike nedersetting in Kaapstad. Die kontak het ook nie onmiddellik oorgegaan in die sogenaamde onderdrukking van swartmense nie, aangesien daar ‘n uitgerekte fase van konflik tussen die Xhosas en die setlaars was, ‘n soort skaakmatsituasie waartydens die Oosgrens aan die Visrivier redelik staties gebly het. Tot so laat as die twintigste eeu is die Xhosas in die Ooskaap in relatiewe vrede gelaat, met die totstandkoming van die Transkei- en Ciskeituislande. Die agterlikheid van bogenoemde gebiede, selfs vandag nog, spreek natuurlik boekdele oor hoe kolonialisme nie vir swart armoede geblameer kan word nie.
Die grootskaalse kolonisering van die binneland en kontak met swartmense het eers waarskynlik met die Groot Trek begin, wat nie 350 jaar gelede nie maar sowat 170 jaar gelede ’n aanvang geneem het, rondom 1835. Selfs die Groot Trek was egter iets wat vandag nie veel aandag sou trek nie. Daar is skattings dat die Groot Trek slegs 12000 deelnemers ingesluit het, oftewel soveel mense as wat in ‘n kleinerige dorpie soos Ventersburg woon. Ventersburg is ‘n dorpie waardeur mens binne een minuut kan ry op pad Kaapstad toe. Watter impak in terme van grootskeepse "onderdrukking" van die plaaslike bevolking twaalf duisend mense op ‘n gebied van driemiljoen vierkante kilometer (Suidelike Afrika) kon maak, is ook debatteerbaar.
Die prentjie wat egter deesdae voorgehou word van trekboere wat die plaaslike bevolking voor die voet uitgemoor het en brutaal hul grond by hulle afgeneem het, is eenvoudig onwaar. Die Voortrekkers het inteendeel dikwels grond bekom deur middel van onderhandelinge met die plaaslike bevolking. Piet Retief is byvoorbeeld vermoor juis tydens ‘n proses van onderhandeling met Dingaan oor grond. Die verhouding tussen die Voortrekkers was ook geensins altyd dié van verdrukker teenoor verdrukte nie. In Hermann Gilliomee se boek oor die Afrikaners, word daar selfs vertel van Voortrekkers wat verkies het om eerder onder die heerskappy van ‘n swart koning, Moshoeshoe, as onder die Britse vorstehuis te leef.
Daar was voorts dikwels geen plaaslike bevolking om mee te onderhandel oor grond nie – daar was met ander woorde groot gebiede wat bykans geen menslike bevolking gehad het nie. Die Hoëveldstreek was byvoorbeeld yl bevolk as gevolg van die volksmoord onder swartes bekend as die Mfekane, iets wat liefs deur die ANC verswyg word as synde die moorddadige uitwissing van swartes deur ander swartes. Volgens ANC-propaganda is swartes altyd die slagoffers en blankes die boosaards, maar die geskiedenis van die Mfekane vertel ‘n heel ander verhaal. Waar daar wel kontak was tussen Trekkers en die plaaslike bevolking, is die Trekkers se grond óf deur onderhandelinge óf deur ‘n gewapende stryd bekom, maar weer eens was gewapende konflik beperk tot ‘n handjievol insidente.
Die voor-die-handliggende vraag is egter wat sou gebeur het, was dit nie vir die kolonisering van die binneland nie. Wat die onbevoegde Mbeki en sy ewe onbevoegde kamerade in sy regime gerieflik ignoreer, is die realiteit van die beskawingspeil van die swartmense wat die Voortrekkers en ander setlaars teëgekom het . Daar is amper ‘n ongeskrewe aanvaarding van ‘n "feit" vanuit die Mbeki-koor, naamlik dat swartmense voor 1835 in een of ander idilliese toestand geleef het. As dit nie vir kolonialisme was nie sou hierdie mense vandag, nes die Suid-Koreane, ‘n internasionale mag wees om mee rekening te hou, lui hierdie drogredenasie. Dit is bloot kolonialisme en apartheid wat hulle “teruggehou” het. Bostaande is natuurlik snert en die teendeel is waar.
Gemeet aan Westerse norme, sou die lot van swartmense vandag sonder kolonialisme uiters haglik gewees het. Die lot van hedendaagse swartmense word dikwels aan Westerse norme gemeet, byvoorbeeld aan die hand van hul toegang tot Westerse uitvindsels soos spoelriolering, iets wat die Romeine reeds in Pompei gehad het. Die mense wat die Voortrekkers egter aangetref het, was grootliks primitiewe trekboere wat geen konsep van die wiel, die skarnier, die geskrewe woord of allopatiese medisyne gehad het nie. Was hierdie mense dus in moderne terme agterlik oftewel "onderdruk", as gevolg van kontak met die Voortrekkers, of ten spyte daarvan? Die antwoord is duidelik laasgenoemde.
In 1900 was daar slegs sowat 3 miljoen swartmense, onder andere omdat trekboerdery en die gebrek aan gesofistikeerde landboutegnieke nie ‘n groter bevolking kon ondersteun nie, en ook omdat ‘n volslae gebrek aan kennis oor effektiewe sanitasie en selfs die mees basiese mediese kennis geheel en al ontbreek het by die swart bevolking. Sonder kolonialisme en die beskawende invloed van kontak met Westerlinge sou hierdie mense vandag steeds in uiterste ellende geleef het, veral gemeet aan Westerse standaarde, bloot omdat hulle vir derduisende jare vóór 1652 geen teken getoon het dat hulle ‘n gevorderde, tegnologiese beskawing kon bou nie. Swartes was voor kontak met blankes uitgelewer aan siektes soos malaria asook onmagtig om hulself teen droogtes te verweer, omdat hulle geen kennis van besproeiing gehad het nie. Was dit nie vir sendelinge en koloniseerders nie, sou Suider-Afrika se swart bevolking waarskynlik vandag nog nie veel meer as drie miljoen gewees het nie. Die impak van beide kolonialisme en apartheid was weliswaar dramaties, maar in ‘n totaal ander sin as wat Mbeki en sy trawante probeer voorgee. Dit was dramaties positief vir die inheemse bevolking. Binne ‘n honderd jaar vanaf 1900 het die "onderdrukte" bevolking ontplof en vertiendubbel, tot op sy huidige vlak van meer as 35 miljoen.
Die ware nalatenskap van kolonialisme en apartheid, anders as wat die ANC-regime wil te kenne gee, was en is ‘n ongekende bevolkingsontploffing en ‘n enorme toename in welvaart vir swartmense, iets wat nooit moontlik sou gewees het sonder die hulp van Westerlinge soos die Voortrekkers nie.
как заполнять мед справкуОлександр Фільчаков прокурор