Zimbabwe: binnekort in ‘n woonbuurt naby jou…

ImageZimbabwe is ‘n bron van nimmereindige spekulasie onder bekommerde Suid-Afrikaners. Wanneer gaan die ineenstorting sy finale stadium bereik? Hoekom weier Thabo Mbeki om effektiewe druk toe te pas? Hoe kry die Zanu PF dit reg om enige kiesers hoegenaamd oor te haal om vir hom te stem? Gaan die Zimbabwiese dollar aan die rand gekoppel word en Suid-Afrika se ekonomie ook oor die afgrond meesleur?

Uiteraard kan mens slegs spekuleer oor die ANC-regime se misterieuse ondersteuning vir die Mugabe regime, iets wat sekerlik ‘n enorme internasionale verleentheid vir die Suid-Afrikaanse owerhede moet wees. Daar is moontlik heelwat fasette hieraan. Een is dat enige kritiek op ‘n swart regering, al is dit ‘n despoot s’n, Thabo Mbeki se Afrosentrisme dwars in die krop steek. Moontlik is die onverklaarbare ondersteuning vir ‘n kranksinnige ou man, ten koste van sy eie ekonomie, verwant aan Mbeki se weiering om die skakel tussen MIV en vigs te erken. Kan dit wees dat Mbeki enige Westerse kritiek op ‘n swart staatshoof, al is laasgenoemde ‘n brutale diktator, as rassisme sien, nes hy enige sprake van vigs as rassistiese kritiek teen dierlike swart seksuele gewoontes ervaar?

Hoe dit ook al sy, sit die ANC met ‘n geweldige tamelêtjie sover dit Zimbabwe betref. Dit sou bitter maklik wees om Mugabe uit die kussings te lig. Mbeki hoef slegs ‘n foonoproep na Megawatt Park te maak om Zimbabwe se elektrisiteit af te sny, en dan is dit   ‘n kwessie van tyd. Sodoende sal Mbeki egter teen ‘n ou bondgenoot draai, en die Weste gelyk gee oor iets wat Mbeki self, as ‘n intelligente man, reeds lankal besef het: Afrika se regerings en staatshoofde is fundamenteel geneig tot magsbeheptheid, wanbestuur en anargie.

Dit is reeds so dat miljoene Zimbabwiese burgers onwettig in Suid-Afrika is. Dat blanke belastingbetalers lank reeds as onvrywillige maar vrygewige gasheer vir gratis opvoeding aan derduisende Zimbabwiese skoolkinders optree, en goedgunstiglik vir swanger Zimbabwiese vrouens se bevallings betaal, is ‘n feit soos ‘n Nguni-koei. Wat blanke Suid-Afrikaners egter meer moet bekommer, is die nagevolge van die onvermydelike finale ineenstorting van Zimbabwe, iets wat sekerlik slegs ‘n paar maande weg is.

Die een en enigste ding wat Mugabe steeds aan bewind hou, is ‘n lojale polisie- en weermag. Mugabe se regime sorg eerstens vir sy veiligheidsmagte. Dis húlle wat die belaglike edik namens Mugabe afdwing, waarvolgens alle winkels hul pryse moes halveer.  Selfs ‘n tienjarige kan voorspel wat sal gebeur as handelaars gedwing word om goedere onder kosprys te verkoop. Oorweeg egter vir ‘n oomblik die situasie teen Kersfees 2007, wanneer die ekonomie in Zimbabwe finaal ineengestort het. Mugabe kan nie meer sy veiligheidsmagte betaal nie. Hulle is egter gewoond aan ‘n lewenspeil wat ver bo die normale Zimbabwiër s’n verhewe is. Skielik sit hulle in dieselfde bootjie as hul ellendige mede-landsburgers. Wat gaan hierdie goed-bewapende en opgeleide soldate en polisielede doen?

Reg geraai: hulle gaan wettelose entrepreneurs word. Dit help natuurlik nie om onwettige "sakebedrywighede" in ‘n land met ‘n vernietigde ekonomie te bedryf nie, want alles is reeds daar geplunder. Anders as in Waterkloof en Bryanston. As ons gedink het die misdaadgolf van 2006/7 was erg, hoe gaan 2007/8 s’n lyk, wanneer derduisende desperate Zimbabwiese weermag- en polisielede met AK-47’s in die hand die poreuse Limpopogrens oorsteek?

летняя одежда для мальчиков интернет магазинданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae