Steve en Kallie voer verkeerde stryd

ImageAs daar oor die afgelope paar maande een aanduiding was van presies hóé ’n groot leuen die mitiese reënboognasie is, moet dit die debakel rondom die ANC se Vryheidspark wees.

Die ANC-vryheidspark verteenwoordig ’n skandalig uitspattige en groteske vermorsing van belastingbetalersgeld in Pretoria, wat deur die ANC regime opgerig is ter nagedagtenis aan “helde” van die “vryheidstryd”. Oor die soort gespuis wat die ANC vir helde aansien hoef ek nie uit te wei nie – Tony Yengeni en Robert McBride is twee pragvoorbeelde.

Daar is uiteraard ook ’n fundamentele konflik tussen die konsep vryheid en dít waarvoor diegene wat in die Vryheidspark vereer word, baklei het. Díé wat tans in die park vereer word, het geveg en gesterf in die naam van kommunisme. Hulle het hulself beywer vir ’n nagmerrievisie van Stalinistiese onderdrukking wat tans besig is om in die Nuwe Suid-Afrika te realiseer.

Die voorsitter van die ANC-vryheidspark, Wally Serote, het dit verlede jaar onomwonde gestel dat blanke soldate wat aan die grens en elders in die stryd teen kommunisme gesneuwel het, se name onwelkom is by die monument, terwyl Kubaanse soldate wel vereer sal word. Daarmee is ek dit met hom roerend eens. As ’n voormalige dienspligtige beskou ek steeds diegene wat in die park vereer word, asook Serote en die regime as my vyande, en beskou ek dit as my plig om my en my volk te bevry van die onderdrukking wat ons aan die hand van die Marxistiese regime en vreemde volke ervaar.

Ek is baie dankbaar dat my mede-krygers van destyds se name nie aan die ANC se skandmuur verskyn nie, want ek wíl nie met lafhartige bomplanters en kriminele skuim vereenselwig word nie. Ek is dit voorts eens met die implikasies van Serote se uitlatings, dat daar geen gemene grond is tussen my volk en diegene wat die ANC verteenwoordig nie, en is eintlik baie dankbaar dat Serote dit op so ’n treffende wyse te kenne gegee het dat die gevoel wedersyds is.

Na my mening is beide Steve Hofmeyr en Kallie Kriel van Afriforum egter besig om hulself en ander Afrikaners te verneder deur daarop aan te dring dat ons soldate by die park ingesluit word, in die aangesig van die feit dat hulle en ander lede van hul volk duidelik onwelkom is.

Menere Hofmeyr en Kriel se mooi praatjies oor inklusiwiteit en nasiebou is totaal misplaas, en spreek van beide ’n ontkenning van die realiteit asook ’n soort kruiperige politieke korrektheid. Hulle ignoreer naamlik die onomwonde boodskap wat konstant uit die mond van die regime vloei, by monde van spreekbuise soos onder andere Serote. Daardie boodskap is dat die sogenaamde Nuwe Suid-Afrikaanse reënboog eenvormig swart is; dat daar geen plek is vir die Afrikanervolk nie; dat hy, sy geskiedenis, kultuur en taal eenvoudig onwelkom is in die mislukte piesangrepubliek wat die Nuwe Suid-Afrika is.

As ’n trotse lid van die Afrikanervolk doen ek ’n beroep op Steve Hofmeyr en Afriforum om op te hou om hulself te verneder, om op te hou om hulself neer te buig voor die vreemde volkere wat Afrikaners op ’n vyandige wyse onderdruk, om op te hou aandring om ingesluit te word dáár waar hulle nie welkom is nie. Menere Hofmeyr en Kriel: u tree waarskynlik met goeie bedoelings op, maar is besig om die verkeerde stryd te stry. Dit sou veel beter wees om kennis te neem van die skrif aan die muur. Die reënboognasie is dood. Dit was van meet af aan onwerkbaar en fundamenteel tot mislukking gedoem. U en ek as Afrikaners sal nooit in die swart reënboog welkom wees nie.

Mag ek voorstel dat u eerder u energie en invloed gebruik om ’n vreedsame oorgang na vryheid vir die Afrikaners te help bewerkstellig?

{mos_mb_discuss:13}

поильник для детейлобановский александр фото