Ek het bogenoemde statistieke gekombineer en gekyk na die misdaadpatrone relatief tot die bevolking per provinsie. Mens kan nie sonder meer die misdaadsyfers tussen provinsies vergelyk nie, aangesien die bevolkings van provinsies heelwat in grootte verskil. Ek het dus die misdaadsyfers vir moord, verkragtings en huisbraak per capita bereken, deur die aantal voorvalle van verskillende soorte misdaad deur die bevolkingstalle van elke provinsie te deel.
As daar ’n sterk verband tussen armoede en misdaad was, sou ’n logiese verwagting wees dat die armer provinsies (Limpopo, Oos- en Noordkaap) se per capita-misdaadkoers hoër sou wees as die ryker provinsies s’n (Gauteng, Weskaap). Soos die tabel hieronder egter aantoon, geld hierdie verband klaarblyklik nie. Die armste provinsie in Suid-Afrika, Limpopo, het die laagste moord-, verkragting- en inbraakkoers! Dit lyk dus nie of misdaad sonder meer op armoede geblameer kan word nie. Die Ooskaap, ’n arm provinsie, is weliswaar bo-aan die lys van moorde per capita, maar dit word gevolg in die tweede plek deur die Weskaap, die tweede rykste provinsie.
Tabel 1: Misdaad- en bevolkingstatistieke per provinsie, 2006
|
Provinsie |
Moor- de |
Verkrag -tings |
Huis- brake |
Be- volking (mil- joen) |
Moord 1000 mense |
Verkrag -ting per 1000 mense |
Huis- braak per 1000 mense |
|
Ooskaap |
3732 |
8960 |
33508 |
6.9 |
0.54000 |
1.29855 |
4.85623 |
|
Vrystaat |
872 |
3709 |
17507 |
2.9 |
0.30000 |
1.27897 |
6.03690 |
|
Noordwes |
959 |
5007 |
18756 |
3.4 |
0.28000 |
1.47265 |
5.51647 |
|
Gauteng |
3434 |
11562 |
72146 |
9.5 |
0.36000 |
1.21705 |
7.59432 |
|
Weskaap |
2750 |
6145 |
41000 |
4.7 |
0.53000 |
1.30745 |
8.72340 |
|
Noordkaap |
374 |
1405 |
5715 |
1.0 |
0.37400 |
1.40500 |
5.71500 |
|
KwaZulu-Natal |
4847 |
9731 |
40470 |
9.9 |
0.49000 |
0.98293 |
4.08788 |
|
Mpumalanga |
876 |
3991 |
20109 |
3.5 |
0.25000 |
1.14029 |
5.74543 |
|
Limpopo |
701 |
4406 |
13324 |
5.6 |
0.12500 |
0.78679 |
2.3792 |
Ek het gesoek na korrelasies tussen misdaad en demografiese veranderlikes, byvoorbeeld die persentasies van elke rasgroep van die gebied teenoor die koerse van misdaad. ’n Baie interessante verskynsel is dat die persentasie swartmense in ’n provinsie en misdaad ’n omgekeerde korrelasie toon. Met ander woorde, hoe meer homogeen swart ’n provinsie is, hoe laer is die per capita misdaadkoers. Om te sê misdaad is endemies aan swart samelewings, is waarskynlik dus nie altyd akkuraat nie.
Dit lyk inteendeel of die vermenging van rasgroepe die probleem is. Hoe meer heterogeen die bevolking in terme van ras is (Oos- en Weskaap met heelwat kleurlinge, blankes en swartes), hoe hoër blyk die misdaadkoers te wees. Kan dit wees dat die tradisionele stam- en hoofmanstrukture van swart gemeenskappe soos dikwels nog in die Limpopoprovinsie aangetref word, ’n sterk beletsel teen misdaad is? Was die tuislandbeleid van die vorige regering, wat juis tradisionele leierskap en gebiede aangemoedig het, uit ’n oogpunt van misdaad gesien, dus nie miskien ’n baie beter een as die Nuwe Suid-Afrikaanse smeltkroes nie?
Misdaad het drie elemente nodig: ’n motief, ’n oortreder en ’n geleentheid. Daar is ’n goeie aanbod van die eersgenoemde twee faktore in menige samelewing, maar die geleentheidsfaktor blyk die deurslag te gee waar dit by misdaad teen eiendom kom. Die per capita huisbraakkoerse in die twee rykste provinsies, Gauteng en die Weskaap, is die hoogstes in die land, met die Weskaap die voorste provinsie in terme van huisbraak. Weer eens is die Limpopoprovinsie by verre die een met die laagste per capita koers. Daar is kennelik ’n element van verstedeliking hierby betrokke, waar armes uit landelike gebiede na ryker gebiede stroom, maar as die cliché dat mense steel omdat hulle arm is, waar was, moes Limpopo as die armste provinsie noodwendig die voorste provinsie gewees het in terme van misdaad teen eiendom.
Bostaande verklaar dan terloops ook pragtig die misterie hoekom lande noord van Suid-Afrika se grense se misdaadkoers laer as Suid-Afrika s’n is. Die geleentheid of dan versoeking om misdaad te pleeg, soos vergestalt in ander mense se welvaart, skyn die deurslaggewende factor te wees. Baie Afrikalande het ná die einde van kolonialisme ’n regressie getoon terug na ’n bestaansekonomie, waar mense net-net oorleef en slegs enkeles in die samelewing enige noemenswaardige bates besit. Zimbabwe is so ’n land. Dit sou baie interessant wees om te sien wat het gebeur met Zimbabwe se per capita misdaadkoers sedert 1980, want Zimbabwe is vinnig besig om tot ’n pre-koloniale toestand te verval.
Die tendens is duidelik: dit is dikwels ander se welvaart, en nie armoede nie, wat tot misdaad lei. Koppel hieraan die spreekwoordelike kultuur van materialisme wat onder sekere dele van die bevolking sedert 1994 posgevat het, en die simplistiese verklaring dat armoede tot misdaad lei, lyk toenemend verdag.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.