Die agtste wonder van die w?reld

Image‘n Wêreldwye peiling is onlangs gehou om die sewe wonders van die hedendaagse wêreld te kies. Van die sewe wonders van die antieke wêreld bestaan daar slegs nog een, naamlik die groot piramide by Gizeh.
 
Die ander wonders het ingesluit die hangende tuine van Babel en die lighuis by Alexandrië. Bykans 100 miljoen mense het deelgeneem aan ‘n internasionale stemmery. Die sewe wonders van die moderne wêreld is as volg gekies: die Groot Muur van China, die Taj Mahal in Indië, die Colosseum in Rome, die Christusbeeld in Rio de Janeiro, die Inka’s se stad Machu Picchu in Peru, die ruïnes van Petra in Jordanië en die stad Chichén Itzá in Meksiko.
 
Asië het die verkiesing "gewen" met drie wonders, Europa het slegs ‘n (politiek korrekte?) een gehad, Suid-Amerika twee en Noord-Amerika een. Wat natuurlik skitter in sy afwesigheid is die wêreld se tweede grootste kontinent, Afrika. Afrika het weliswaar ‘n kandidaat gehad: die stad Timboektoe in Mali.
 
Ongelukkig vir Afrika het die deelnemers aan die kiesery waarskynlik besef dat die Islamitiese akademie aldaar bitter min met Afrika en inheemse denke te doen gehad het. Die intellektuele stukrag van die akademie was volledig van Arabiese oorsprong. Van die res van Afrika, en veral die lande buite die Arabiese invloedsfeer, was daar hoegenaamd geen melding gemaak nie.

Ek hoef nie uit te brei oor watter geskiedenislose vakuum en letterlike donkerte Afrika suid van die Sahara verteenwoordig nie. Hierdie was die kontinent wie se inwonders vir eeue na die see gestaar het sonder om daaraan te dink om ‘n skip te bou, die kontinent waar basiese uitvindsels soos die wiel, die geskrewe woord, skarniere, riolering en besproeiing onbekend was, laat staan nog telefone, buskruit of die differensiaalrekenkunde.

 
Vernederend, is dit nie, dat ‘n reusagtige kontinent so arm van gees kon wees dat ‘n blote skiereiland, Europa, nie minder nie as ses nominasies kon ontvang teenoor die embarrasserende een van Afrika nie, een wat boonop onder eksterne invloed opgerig is?

Tog is daar diegene, veral lede van die swart groepe van Amerika en akademici soos Martin Bernal, wat hardnekkig bly ontken dat Afrika ‘n enorme agterstand het. Hierdie mense kwalifiseer vir my as die agtste wonder van die wêreld.

 
Hulle is mense wat teen alle beskikbare getuienis in bly aanspraak maak daarop dat veral Westerse denke en beskawing grootliks hul oorsprong in Afrika gehad het, wat aanhou aanspraak maak daarop dat Afrikane en Inkas se beskawings op ‘n gelyke vlak was.  Daar is selfs ‘n hele beweging wat probeer om hedendaagse geloofwaardigheid of relevansie aan primitiewe gebruike soos toordoktery te verleen onder die naam inheemse kennis ("indigenous knowledge").

Mens hoef egter nie so ver soos Bernal se instansie, Columbia Universiteit, te soek vir só ‘n wandelende wonder nie. Thabo Mbeki se Afrosentrisme steun sterk op werke soos Black Athena. Nader aan die huis het selfs Afrikaners een in eie geledere: Max du Preez. Max bly wonderbaarlik en hardnekkig ontken dat Afrika ‘n agtergeblewe kontinent is.

 
Hy is onbeheerbaar opgewonde oor ‘n sogenaamde metropool wat glo naby Johannesburg in antieke tye bestaan het, en oor enkele goue beeldjies wat in die Noord-Transvaal gevind is. Vreemd dat daar bitter min van Max se "metropool" oor was in 1886 toe goud op die Witwatersrand ontdek is, of hoe? Nee, darem nie regtig vreemd nie.
 
Die sogenaamde metropool was in der waarheid bloot ‘n versameling tydelike skuilings en vuurherde opgerig deur nomadiese trekboere, waarvan slegs enkele, onbeduidende oorblyfsels agtergelaat is. Van ‘n hoë beskawing (in teenstelling met ‘n kultuur) was daar egter geen sprake nie.

Afrosentriste soos Mbeki en Du Preez doen Afrikane kennelik ‘n enorme onreg aan. Dit is eers as mens jou eie probleme eerlik in die gesig kan staar, dat jy daadwerklike vordering kan toon. Asiate soos die inwoners van China en Japan het gesnap dat, hul geskiedenis van hoë beskawing ten spyt, hulle sou moes aanpas om by te hou in die moderne wêreld.

 
Vandag maak Taiwan, Japan en China veel beter en meer koste-effektiewe rekenaarskywe as enige Westerse land. Max du Preez, Martin Bernal en Thabo Mbeki se wonderbaarlike maar halstarrige weiering om die realiteit vierkantig in die oë te staar, gaan Afrikane nog duur te staan kom.

заказать строительство баниданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae