Niemand wen uit hierdie situasie nie. Die koste van goedere en dienste styg, omdat onproduktiewe swart passasiers die koste van sake in Suid-Afrika verhoog. Die passasiers wat vir dekoratiewe doeleindes aangestel word, doen self geen regte werk nie en verwerf geen bemarkbare ervaring nie. Hulle wéét hoekom hulle aangestel is en daarom moet hul selfvertroue noodwendig hieronder ly. Broodnodige internasionale beleggings in Suid-Afrika word ontmoedig omdat oorsese maatskappye geen doel daarin kan sien om groot bedrae geld aan mense te oorhandig wat nie ’n bydrae lewer nie. Suid-Afrika se ekonomie word minder mededingend en almal is uiteindelik slegter daaraan toe.
Dit is egter veral op sportgebied waar die beleid van transformasie toenemend omstrede en absurd raak. Daar is geweldige druk op tradisioneel blanke sportsoorte soos rugby om te transformeer. In die praktyk beteken dit dat minder talentvolle swart spelers bo ander spelers verkies word, bloot omdat hulle swart is. Daar is ’n groot uittog van blanke spelers na Europa, weliswaar omdat die besoldiging daar beter is, maar ook omdat blankes besef dat hul toekomsvooruitsigte beperk is, omdat dikwels minderwaardige swart spelers bo hulle verkies gaan word. Sodoende verlaag die standaard van rugby in Suid-Afrika. Die oorblywende spelers speel dan in kompetisies waar ras eerder as talent die bepalende faktor is. Die standaard van rugby word toenemend onmededingend teen lande waar die regerings nie so ’n obsessie met ras het nie en dit benadeel onder andere die swart spelers.
Spankeuses word verwring deur die perverse gevolge van transformasie, tot die regstreekse nadeel van die sportsoort. As gevolg van fisieke verskille tussen rasse, is daar heelwat meer swart of gekleurde vleuels as wat daar swart slotte is. Dit lei tot die belaglike situasie dat die Springbokke Wêreldbeker toe gaan met ’n oorvloed van vleuels in hul groep, omdat die regime se obsessie met ras die keurders dwing om soveel as moontlik swart spelers in te sluit. Daar is egter ’n groot probleem op losskakel in die Springbokspan, maar losskakels soos die Vrystaat se Willem de Waal word oor die hoof gesien, want hy is ’n blanke. Sterkte aan die Springbokke wat nie noodwendig pale toe kan skop of wie se klein, derderangse vleueltjies nie die All Blacks se venynige agterste driehoek kan stuit nie. Ons kan ons kennelik daaraan troos dat die span minstens getransformeerd is, en dis wat uiteindelik tel in die Orwelliaanse nagmerrie van die Nuwe Suid-Afrika, of hoe?
Die Proteas is na die Wes-Indiese eilande toe met swart spelers wat kwalik speelkans gekry het soos byvoorbeeld Loots Bosman, maar sonder ’n erkende draaibalbouler. Of, meer akkuraat, die gekleurde Robin Petersen is kwansuis ingesluit as ’n draaibalbouler, maar Graeme Smith, ’n kolwer, het so min vertroue in Petersen gehad dat Smith eerder self geboul het. Waarom was Bosman en Petersen daar, buiten vir die doeleindes van versiering om die politici gelukkig te hou? Waar het mens al ooit gehoor van ’n ander land wat nie in ’n Wêreldbeker gaan speel om te probeer wen nie, maar om een of ander politieke punt te maak?
In ’n besluit wat egter nuwe dieptes van die absurde peil, het die bestuur van Netbal Suid-Afrika besluit om getransformeerde spanne ’n voorgee te bied. As die verhouding van swart en blanke spelers in ’n netbalspan polities “reg” is, kry die getransformeerde span ’n voorgee van ses doele. By die aanhoor van hierdie belaglikheid moes ek eers seker maak dat die datum nie 1 April was nie, maar die netbalbestuur is klaarblyklik ernstig. Die redenasie agter die besluit is verbysterend, want dit is so goed as om te erken dat swart spelers nie op ’n gelyke voet met blankes kán meeding nie. Dis asof die bestuur van netbal diegene wat aanvoer dat swartes inherent minderwaardig aan blankes is, gelyk gegee het. (Die hoof van Netbal SA is terloops self ’n swart vrou.) Die vraag is dan of hierdie minderwaardigheid slegs tot netbal beperk is. Gaan ons in die toekoms ’n situasie sien waar swartes op alle gebiede ’n voorgee kry in die naam van transformasie?
Ek kan my maklik indink hoe swart mediese studente in die toekoms 40% in ’n eksamen gaan kry bloot omdat hulle opdaag en swart is, maar hul blanke eweknieë moet met nul begin. Sou Minister Tshabalala-Msimang toelaat dat ’n voorgeedokter haar leweroorplanting uitvoer, vra ek myself af? Sou ’n voorgee-advokaat vir Zuma verdedig? Gaan swart krieketspanne ’n voorgee van 100 lopies kry?
Een ding is duidelik. Die lande waarmee Suid-Afrika internasionaal moet meeding, of dit nou op sport-, akademiese of sakegebied is, het reeds ’n voorgee bó Suid-Afrika. Die voorgee wat ander lande geweldig bevoordeel en ’n albatros om Suid-Afrika se nek verteenwoordig, is die ANC-regime en sy waansinnige beleid van rassistiese transformasie.
