2009 groet met ‘n sleureffek op die toekoms

Dit is nie net die nuuswaardighede van 2009 wat groot of prominente nuus was, wat ‘n invloed op 2010 gaan hê nie.

Sommige groot nuusgebeure soos die 2009-verkiesing en die optrede van Angus Buchan het wél ‘n momentum met ‘n sleureffek. Sommige van hierdie sleureffekte is positief, ander kan baie afbrekend wees soos die buitelandse verleentheid wat pres. Jacob Zuma se nuwe vrouvattery vir die land inhou.

Daar is egter net soveel, of selfs meer gebeure wat ‘n beduidende sleureffek in die nuwe jaar gaan indra, maar wat hier te lande te lig bevind is om aandag, of dan die aandag wat dit verdien, in die hoofstroommedia te geniet.

Buite die openbare oog het ‘n meningspeiling in die VSA vanjaar daarop gedui dat die meeste Amerikaners vir die eerste keer sedert dit gemeet word, teen aborsie op aanvraag gekant is. Hierdie kwessie het hom ook in die komplekse bepalings van pres. Barack Obama se worstelstryd in die Kongres met ‘n nuwe gesondheidsorgstelsel afgespeel.

Ook buite die openbare oog was die groter outonomie wat die inwoners van Groenland van Denemarke gekry het. Die groter mate van outonomie is minstens deels te danke aan die groter mate van ekonomiese selfstandigheid wat klimaatsverwarming vir die Groenlanders inhou.

Presies hoe die gevorderde demokrasieë die demokrasie en die belangrike meeloper, persvryheid, beskou, het in verskeie nuusgebeure neerslag gevind. Nederland het sy eie klein Watergate beleef met ‘n hofsaak waar die veiligheidsdienste die kous oor die kop gekry het weens die meeluistering van ‘n joernalis, en België se Hlope-weergawe het nie net ‘n regter se kop geëis nie, maar die premier het dit as ‘n baie groot bedreiging vir demokrasie beskryf.

Die Baskiese afskeidingsgroep, ETA, het sy 50ste bestaansjaar bloedig gevier, die Tamils in Sri Lanka is militêr verslaan, die Koerde in Turkye maar veral Irak het belangrike minderheidsregte verwerf, en nog ‘n etniese groep in Indië gaan hul eie deelstaat kry.

Met die Kopenhagenberaad het die klem so na die politici verskuif, dat dit wat die tegnokrate doen bykans ongesiens verbygegaan het. Die Anaconda-tegnologie om hernubare elektrisiteit uit golfwerking op te wek , het bykans ongesiens verbygegaan. So ook die meer ekonomiese haalbare spesiale komberse wat Chinese ontwikkel het om die natuurlike elektrisiteit wat in sommige plantsoorte opgesluit lê te kan tap en benut.

Sake wat selde die nuus haal, soos die immer-verswakkende magnetiese veld om die aarde, die skerp toename in gevalle van outisme asook nuwe verwikkelinge met stamselbehandeling se impak is waarskynlik veel groter op 2010 en daarnaas as die verkiesing van pres. Barack Obama of nog ‘n Israels-Palestynse skermutseling.

In verskeie lande was daar oproepe dat 2009 as die jaar van geestelike higiëne moet dien met die fokus op groter moraliteit onder die politici en ook die media. Die besef van die noodsaak vir groter moraliteit het sy eie dryfkrag beleef, soos onder meer gedemonstreer deur die viering van Calvyn se 500ste geboorteherdenking in Nederland waar die premier een van die hoofrolspelers was.

Dit was egter die genadelose inhaligheid van banke en ander instellings se grootbase wat die moraliteitstorm tot groot hoogtes aangevuur het – base wie se instellings skaars staatshulp gekry het om die instansies se voortbestaan te beredder, of bonusse van miljoene rande word aan die base toegeken. Die gevolg was onder meer dat die ekonomiese herstelplanne van verskeie state, soos België, baie ruimte aan die moraliteitsaspek afstaan. In Nederland is selfs probeer om wetgewing deur te voer wat bankbase persoonlik aanspreeklik kan hou vir die gevolge van inhalige besluite, terwyl voorstelle om tronkstraf hiervoor moontlik te maak, nie veel minder aftrek gekry het nie.

Of groter prominensie hiervan daartoe sou bydra dat ‘n paar ministers, LUR’e of burgemeesters hier te lande minder luukse rygoed sou aanskaf is ‘n ope vraag.

Suid-Afrika, en die wêreld, het nie net een jaar van morele higiëne nodig nie.

Dit is ‘n proses wat momentum moet kry, en elke individu kan ‘n groot rol speel.

 

продажа компрессоров воздушныхдепутат лобановский

Loop die staatskoffers leeg?

Nou ja, daar het ons dit nou! Jacob Zuma, die president van Suid Afrika, trou met sy vyfde vrou op Nuwejaar.

Die 5000 genooide bruilofgaste en die inwoners van die Nxamalalastamgebied waar mnr Zuma woon, is tradisioneel ook welkom by die geleentheid.

Die bruilof gaan vermoedelik ‘n astronomiese bedrag kos, vir die rekening van die belasting betaler natuurlik.

Vyf presidentsvroue wat kwalifiseer vir toelae benewens al die ander voordele wat ‘n presidentsvrou mag opeis, soos pensioenvoordele en derglike! Dit is ongetwyfeld ‘n aardige bedraggie.

Hoeveel van ons gewone burgers besef dat ons nog die hele de Klerk-kader verraaiers ook onderhou met ons belastinggeld?

Kan dit wees dat die staat se geldkoffers besig is om leeg te raak en dat die ANC-regime vroegtydig voorsorg begin tref?

 

купить детский арбалетлобановский класс

‘n Ope brief aan Max du Preez

Aangesien jou nuwe boek Dwars eersdaags weer al jou aanhangers gaande gaan hê oor jou briljante joernalistiek, sal ek graag die volgende onder jou aandag wil bring. Ek is van die ou soort wat nog glo aan die audi alterem partem -reël – jy weet seker ‘n ander ou het ook die reg op sy kant van die saak – glo jy sal wat wil gee om my ervaring te beleef het. Hou net in gedagte dat ek nie n “embedded” joernalis is nie.

Ek ‘n egte oudlid van die ou Veiligheidstak van die Suid-Afrikaanse Polisie.

Vir 20 jaar het ek koverte operasies beleef en saam met die bestes van die bestes gewerk. Tog moet ek jou eers vertel van die regte mense wat hierdie deel van die polisie bedryf het. Hulle was afkomstig uit die uniform- en speurtakke van die Polisie en was gekeur weens hulle vermoë om misdaad te bestry – soos jy weet was ‘n oortreding van die veiligheidswetgewing ook ‘n misdaad – al is dit deur baie bevraagteken. Ons het die wette toegepas en nie geskryf nie.

My eerste kennismaking met hierdie lede was die hoogtepunt in my lewe. Ek was verbaas om mense te ontmoet wat terroriste en kommuniste moes hokslaan en wat net sowel predikante of onderwysers kon gewees het. Hulle was opgevoed, gedissiplineerd en akademies goed onderrig. Die tannie wat my die adminstelsel van die adminafdeling moes touwys maak, was kwaaier as al die offisiere. So het ek oor die jare al die lede van die provinsies leer ken en met wie ek geskakel het. My ongeveer agt bevelvoerders onder wie ek daarna gewerk het, was van dieselfde stofasie – en ek was geëerd om onder hulle te kon werk en te leer – ek salueer hulle. Soos wat ek met die jare gevorder het en al meer met die senior offisiere van die mag te doen gekry het, het ek dieselfde respek vir hulle integriteit, eerlikheid en professionalisme gekry. Jy is welkom om saam met my op hulle spore te gaan loop.

My ervaring met koverte operasies het gestrek van meeluistering; onder-skepping van pos – hierdie operasies is altyd uitgevoer met magtiging en nakoming van die wet. Ek het verskeie “lessenaars“ bedryf, informante hanteer en gekweek. Baie van die operasies is bedryf met N.I.-lede wat betrokke was – so was ek ook betrokke by Weermagondersoeke. Hier het ek weereens van die mees professionele manne ontmoet waaraan jy kan dink. Ja, ná 20 jaar behoort ek seker te weet of die lede van die veiligheidstak goed of sleg was. Ek praat nou van die paar duisend lede wat verbonde aan die tak was, nie die paar ongelukkiges waarmee jy te doen gekry het nie. Hulle moes mos opgeoffer word om “sekeres” te laat goed lyk, of nié. Moet ook nie dié wat daar ”geplant” was, vergelyk met die werklike veiligheidstakmanne nie.

Ou Max , dink net hoe het hierdie ouens gewerk om van die kommunistiese literatuur wat ons land oorspoel het te onderskep, die bomplantende ANC-terroriste te beheer en die burgers van hierdie land te beskerm. Dink net hoe het hulle 7 dae per week gewerk om te sien hoe word miljoene rande se skole en staatsgeboue afgebrand en hoe die swart skares hulle eie mense “ge – necklace” het.

Wat weet jy om sáám met swart kollegas te kon gewerk het, biduurdienste sáám bygewoon het  en teen terreuraanslae en kommunistiese propaganda sáám die stryd gevoer het. Waar wit en swart kollegas respek vir mekaar se kultuur gehad het. Het jy ooit saam met Askari’s gewerk wat hul rûe op kommunisme gedraai het omdat hulle geskok was oor wat hulle in die buiteland in die sogenaamde kampe moes deurmaak – ek glo nie so nie. Ek het ook Marx, Lenin en Trotski gelees, maar ek hou nie van hulle nie want hulle was verantwoordelik vir miljoene se swaarkry en dood.

Het jy beleef waar ordentlike swart lede van die tak wat van die kerk afgekom het soos honde met AK 47’s afgemaai is? Ek was ‘n draer by van hulle se begrafnis.

Weet jy van swart lede en Askari’s wat offisiersrange in die mag verkry het terwyl baie van die veiligheidstaklede ná 30 en meer jare diens, as gewone sersante en adjudantoffisiere moes aftree met ‘n karige pensioen? Ons het nie daaroor gestaak nie.

Het jy beleef wat in 1976 asook die tagtigerjare se onluste in die swart gebiede gebeur het? Het daar ná 16 jaar enige verbetering ingetree o.a. in swart onderwys, verligting en opheffing van armoede? Noem jy die skande van hophuise ‘n verbetering?

As die swartes vandag marsjeer oor swak dienste, word daar vandag op hulle geskiet. Swart weermagmanne wat voor die publiek verneder word terwyl hul swart kollegas geweld teen hulle gebruik nadat hulle probleme oor en oor aan hulle seniors oorgedra is. Hoeveel persone dood in aanhouding word elke jaar aangemeld?

Het jy mense uit voertuie of geboue gesleep wat aan stukke geskiet is deur ANC-AK-gewere en -bomme – alles op die lafhartigste manier denkbaar. Jy kan seker nie die bom en kleefmynskade aan kragstasies, Wimpy’s en kerke onthou nie – nee, jy was net beskikbaar om deur jou meesters die regte inligting op die regte tyd beskikbaar te stel om ‘n paar ouens op te offer om vir julle plek in die nuwe S.A. te maak – hel, wat ‘n siek held is jy nie!

Ek was my hele loopbaan betrokke by aanhoudings en ondervragings en ek het geen martelings uitgevoer of beleef nie. Ons het gebruik gemaak van ondervragingstegnieke en professionele metodes. As daar was, kan jy nie al die ou veiligheidstaklede verantwoordelik hou nie. Elke ou wat aangehou is, het voorgegee hy is gemartel.

Ek het ook vrywaring gekry by die Lieg- en Biegkommissie – daaroor kan jy maar self lees en jou eie gevolgtekkinge maak. Wat lagwekkend is, is dat die regter wat my vrywaring gegee het, toe met sy dronklyf in ‘n ander ou se muur vasgery het en die grootste rassis anderkant uitgekom het. Ek het nooit rassistiese aanmerkings by die veiligheidstak ervaar of waargeneem nie.

Van die oudswartlede wie se name nie aan die Waarheids- en Versoeningskommissie geopenbaar is nie, doen baie goed in senior range in die nuwe polisiediens. Vind jy fout daarmee?

Max, ons het baie informante gehanteer wat goed betaal is met belastingbetalersgeld – ek glo dit is vandag nog so. Dink net hoe dit sou wees as ons na jou vlak moet daal en vir ons eie ou ego’tjies hulle name moes bekendmaak en soetsappige boeke daaroor moes skryf. Sies man, ons was professioneel – die wêreld van koverte operasies gaan mos steeds aan – dink net aan die laaste paar hofsake hoe van” vyande” ontslae geraak word met afluistering en dies meer. Jy weet, ou Kebble se selfmoord moet ook nog opgelos word. Snaaks jy stel nie in die ANC se moontlike “dirty tricks” belang nie. Jy maak asof die Mossad, die CIA of MI6 of enige ander “diens” nie met hul eie “dirty tricks” besig is nie. Dink net hoeveel mense word elke dag deur sluipmoordaanvalle uitgewis deur “demokratiese regerings” en net omdat hulle oor die mag beskik, word hulle wandade toegesmeer en word hulle operasionele mense beskerm. Jy dra tog kennis van John Pilger se siening oor onregmatige optredes teen burgers van ander lande.

Dalk vertel jy vir John Pilger van ons “dirty tricks”. Vertel hom sommer hoe barbare in hierdie land wit boere op hulle plase en in die stede vermoor – moet nie die detail uitlaat nie. Dit moet lees soos wat jy Vlakplaas se misdade uitgeryg het – met al die bloed en wreedheid wat daarmee gepaardgegaan het. Ek wonder party dae wat sou oom Poetin met ‘n outjie soos jy aangevang het.

Ek wil ‘n voorstel aan jou maak. Ons begin weer ‘n Nie So Vrye Weekblad en ondersoek al die lelike goed van die ANC en hulle kommunistiese kamerade. Ons kan vir dr Dan Roodt kry om jou ‘n bietjie te help met goeie Afrikaans skryf en ‘n bietjie nuwe denke in jou skryfwerk te sit. Dieselfde ou stories raak nou regtig afgesaag. Hel man, netnou brand jy uit – ons kan nie nog ‘n Boetman verloor nie. Ons kan sommer vir Willie en Dirk vra om ons te help met die ondersoeke. Hulle kan sommer hulle staatsvoertuie gebruik om ons te help. Ek het baie ou goed om te verkoop vir fondse.

Ons kan drink en vloek soos in die ou dae. Wat van so ‘n bietjie van die geld wat uit bydraes verdien kan word te gebruik om drank te koop en partytjies vir ons nuwe vriende te hou? Anders kan ons sê ons het dom Afrikanerjoernaliste opgelei om soos jy te dink en te skryf. Die ouens wat ons fondse moet dophou is so korrup, hulle sal saam kom jol.

Ek het tog ‘n versoek om aan jou te rig – is maar die ou speurdermentaliteit, jy weet. Ek sal graag al die bewyse wil sien oor waar jou fondse vir die Vrye Weekblad vandaan gekom het – bankstate en bewyse van al die ou goedjies wat jy verkoop het. Terloops, hoe het jy al die kostes gedra van al daardie eise en so aan. Die aanrandings en bomme wat om jou ontplof het – kla jy of spog jy? Jy moes mos groot lyk in die oë van jou liberale vriende – die pad van jou eie mense uit te verkoop, is mos nie maklik nie.

Ek lees jy reis so baie rond – skryf en gee boeke uit – waar kry jy al die geld of misgis ek my met jou! Siestog van oom Boesak dat hy in die sop moes beland oor ander ouens se geld.

 

Ek het so deur jou nuwe ou boek geblaai by ‘n boekwinkel – lees die sjit sommer staan-staan in die boekwinkel. So dwars na jou kant toe …

–         Ek ken die brigadier na wie jy verwys – hoogs professioneel en duidelik in ‘n ander klas as jy. Hy het meer in sy een pinkie gehad as wat jy in jou hele suurgat lyf het. Onthou jy die liedjie Mull of Kintyre – Robert was maar altyd ‘n netjiese ou en hoogs ervare. Magtig man, dat hy tot ‘n dosent kon word met ‘n regte graad of twee!

 

–         Jy sê jy het hom as bron beskerm? Ek verstaan nie mooi nie – was hy dan ‘n oorloper, dubbelagent of wat?

 

–         Het Horak na jou toe oorgeloop – ek verstaan nie? Jy sê jy het hom ontmasker. Oom Horak sê hy het vir die regering gewerk en sover ek weet, het hy hy geld by hulle gesoek vir sy dienste.

Arme ou Horak – ek wonder of hy al sy geld gekry het by sy baie meesters. Kan ons hom ook nie betrek by ons nuwe Nie So Vrye Weekblad nie. Jy wil seker alleen in al die glorie deel of soek jy nie joernaliste van jou soort, wat dalk jou glorie kan steel nie, of hoe? Oom Horak het ook net vir ‘n salaris gewerk, of twee.

 

–         Jammer oor die feit dat jy nooit gearresteer was nie, gewoonlik was net agente van die regering so gelukkig. As hulle goed was, het ons hulle aangehou om hulle meer statuur in die regte kringe te gee. In jou geval weet ek wragtig nie, miskien is jy nie so hoog aangeslaan nie. Net jy sal weet, of hoe? Ek het tot ander departemente se ouens na die selle gesmokkel om hulle bronne te paai.

 

Volgens jou het julle baie geld van orals gekry en sou die veiligheidstak en NI jou vasgevat het as jy sou jok oor geld. Spot jy nou of lieg jy maar altyd so – weet jy hoe die dienste se geheime fondse gewerk het? Daar is nie ‘n manier hoe die veiligheidstak met ander geheime instellings se geld kon inmeng nie – vra die gewese ouditeur-generaal, hy het self nie altyd geweet waarvoor die geld gebruik word nie en moes maar die topouens glo. As ouens met hulle vingers in die kasregister gevang is, is dit gewoonlik intern gehanteer tensy die base diaboliese bedoelings met so ‘n ou gehad het of politieke punte wou uit die aangeleentheid wou aanteken – jy ken tog die Eugene-geval, hy was toevallig ‘n kollega van my. “Who’s watching the watchers?”

Interessant hoe jy verwys na jou ou gabbas wat die Vrye Weekblad begin het.

Idasa se mense – Braam Viljoen oom Constand se broer, Pauw ens.; dan kom

Pierre Steyn en F.W. de Klerk se name by my op. Die feit dat Niel Barnard nie ten gunste van jou getuig het nie en steeds die ANC/SAKP as die vyand van Suid-Afrika gesien het, sê vir my adv. Pretorius in sy boek Volksverraad was nie ver van die kol af oor wie die rolspelers by die verraad was nie.

Niel Barnard sê op TV dat Pik nie die groot grondboontjie in die pakkie was nie, maar hy. Nou lyk dit vir my of jy ons die demokrasie ingelei het en dat jy die groot grondboon in die pakkie was. Glo jy jouself? Ek weet wat jy gaan sê: “Nooit, ek en watter Weermag nogal?”

Jy wil net nie erken dat jou nuwe regering kleivoete het nie – dit lyk vir my asof jy ‘n groot aandeel het in hierdie gemors wat vandag heers.

Ek lees verder in jou boek… Dr Dan Roodt is ‘n apie wat in ‘n hokkie sit en masturbeer en die mense vermaak. Lees dit weer en ook vir jou gesin. Kyk in die spieël en sê vir jouself jy is die siekste bliksem wat die aarde kan oplewer. As jy dink jy kan Praag of ander Afrikaners wat soos ons dink stop, beter jy vir jou meer kry as jou sotlike aanmerkings oor mense wat oor jou troon soos o.a. Dan Roodt. As veranderingsagent vir wie ookal, sal jy nie mense stop of beinvloed wat in hulle saak glo nie – ons het ‘n reg om ons eie toekoms te bepaal. Ek kan jou verseker ons werk daaraan sonder om geweld aan te wend. Sonder ouens soos jy. Tot die Lakotah-stam in Amerika is bereid om die stryd voort te sit – lees en kyk wat hulle doen en weet daar is mense wat sal aanhou om die stryd vir hulle vryheid voort te sit.

Jy sê jy is n Afrikaner; is dit nou omdat jy ‘n wit vel het of omdat jy ‘n baard dra? Vertel tog, hoe meer ons van jou weet, hoe meer kan ons jou waardeer.

Ek weet nie hoekom is ek so wetsgehoorsaam nie; miskien moes ek ‘n paar opnames huis toe geneem het oor al die ouens wat onder vals vlae gewerk het. Siestog, dit was nie net die veiligheidstak wat so gewerk het nie. Hulle sou my definitief onder die Wet op die beveiliging van inligting aangekla het. Haai, hoe praat ek nou net soos jy, vergewe my asb.

Groetnis,

Robbie Jubber

leagues of fortuneДанильченко

Padslagting

{jathumbnail off}

Die persepsie bestaan dikwels dat padslagtings iets is wat tot die Kers- en Paastydperke beperk is. Sedert die begin van Desember vanjaar is byvoorbeeld reeds meer as 900 mense op die land se paaie dood. Dit lyk asof die sterftesyfer hoër as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar sal wees.

Die perspektief verander egter wanneer die nasionale departement van Vervoer daarop wys dat daar vanjaar reeds meer as 14 000 mense op die land se paaie dood is. Dit is aansienlik meer as gemiddeld ‘n duisend per maand.

Die kommer vergroot as die departement sê 90 % van die sterftes voorkom kon gewees het, en dat faktore soos inhaal teen blinde hoogtes, spoed en dronkbestuur belangrike voorkombare faktore is.

Dit is ook kommerwekkend dat lande met hoër bevolkingsdigthede as Suid-Afrika tot verhouding veel minder ongelukke oplewer. Beter padtoestande en minder onpadwaardige voertuie speel stellig ‘n rol wanneer Suid-Afrika met lande soos België vergelyk word, maar dat ‘n groot deel van die verskil verder aan hoë spoed, gevaarlike bestuurspraktyke en dronkenskap toegeskryf moet word, is ongelukkig ook so. Die meer as 3 000 mense wat sedert begin Desember vir dronkbestuur aangekeer, en meer as 280 000 wat vir spoed gevang is, onderstreep die stelling.

Die Departement van Vervoer wys nou ook tereg daarop dat motoriste moet kennis neem dat die probleem oor die hele jaar strek. Die talle mense wat met vakansie gaan laat noodwendig die gedagte ontstaan dat padsterftes ‘n seisoenale karakter het. Dit word verskerp deur verskerpte bewusmakingsveldtogte soos die Kom Veilig Daar-veldtog, en veldtogte van die bloeddiens om genoeg bloed te bekom. Die bloeddiens se probleem is egter meer een van gereelde skenkers wat weg is met vakansie as ‘n verhoogde aanvraag. Voor elektroniese nuus so vrylik beskikbaar was soos vandag, was gereelde verkeers- en bloedtekort-verslae belangrike krukke om joernaliste aan diens deur die komkommertyd te help.

Suid-Afrikaners is oor die algemeen familievas, maar families bly dikwels ver van mekaar. Wanneer daar ‘n wegbreekkans is, moet dikwels lang afstande afgelê word. Met padwerke, kruiende motoriste wat duidelik nie wettige rybewyse het nie en padvrag wat eintlik op die spoor hoort wat vreet aan kosbare tyd, is ongeduld ‘n immer teenwoordige ongewenste reisgenoot.

Die besluit om te jaag, om gevaarlik verby te steek of besope te bestuur is egter in die finale instansie die keuse van die persoon wat agter die stuurwiel inskuif. As hy dan nie vir sy eie lewe omgee nie, ag minstens die lewe van ander, of die wesies wie se ouers onskuldig in padongelukke sterf.

Die SAPD se misdaadstatistieke toon verder dat daar in sommige provinsies, soos die Vrystaat, Mpumalanga en veral Limpopo ruim ruimte vir verskerpte wetstoepassing vir dronkbestuur is. Dat die land se gemiddelde aankeersyfer vir dronkbestuur 115 per 100 000 per jaar is, maar dié vir Limpopo 31,5 skree luid dat iets nie pluis is nie. Die Vrystaat, ‘n deurryprovinsie, se syfer van 57, klop ook nie met die deurryrers se provinsies van bestemming of herkoms nie – 124,6 in Gauteng, 135,7 in die Oos-Kaap en 242 in die Wes-Kaap. Die provinsies met die lae aankeersyfers se moordsyfers uitgedruk per 100 000 is “toevallig” ook hoër as hul padsterftesyfers – en in baie moordgevalle speel drank juis ‘n rol.

Die ideaal is dat mense se opvoeding en hul respek vir ander lewens groter verantwoordelikheid tot gevolg sal hê, en dat opvoedkundige veldtogte belangrik is.

Tot so iets die gewenste effek het, lyk dit ongelukkig of verskerpte wetstoepassing die enigste opsie is – dwarsdeur die jaar.

 

воронеж технолобановский харьков

2010: Die brekers en die bouers

In elke bedeling is daar die brekers en die bouers.

Gedurende die vorige bedeling was dit ook so – mense wat baie hard gewerk het om die land te laat werk, al het hulle nie met die bedeling, apartheid, saamgestem nie. Maar hulle het gebou.

Dan was daar diegene wat buite die stelsel veranderings teweeg probeer bring het – wat boikotte en sanksies voorgestaan het – en wat selfs die wapen op mede-burgers gerig het waaronder dade soos die plaas van landmyne op plaaspaaie en ‘n skietorgie in ‘n vrouekroeg.

Die brekers van ouds en hul ondersteuners argumenteer dat daar geen ander opsie was nie. Hulle argumenteer voorts dat daar nou ‘n grondwet in plek is wat die breker-optrede ongewens maak.

Tog dui peilings daarop dat polarisasie eskaleer. Daar is duidelik mense wat nog nooit gemeen het die post-1994-bedeling bied voldoende ruimte aan bouers nie, en daar is ook ‘n stroom nuwe bekeerlinge wat na hierdie mening huldig. Hulle sien hoe hul skole, minder word, hoe hul taal grondwet en al verder gemarginaliseer word…

Is daar ruimte vir bouers?

Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika se posisie gemiddeld die afgelope klompie jare op die persvryheidsindeks die kreeftegang gegaan het, is daar steeds ‘n groot mate van persvryheid. Kritiek op die regering se doen en late is volop. Wanneer dié kritiek egter nie tot regstellings lei nie, bou frustrasievlakke op.

Boonop is almal dit ook nie eens dat die knaende foutvindery deel van die boukultuur is nie, en word dit dikwels tot die breekkultuur gereken.

Is die stappe om die staat voor die hof te sleep om die grondwet na te kom opbouend of afbrekend? Of liewer, wie is dan die bouers en die brekers?

Is dit opbouend of afbrekend om die leemtes in die Kemptonparkse onderhandelings uit te lig, en te wys daarop hoe moderne grondwette soos dié van Indië en die Europese Unie juis hierdie leemtes aanspreek?

Is dit afbrekend om met afgryse vervul te wees oor die voorgenome rituele slagtings by 2010 se Fifa-stadions?

Mike Louw, die superspioen wat pas gesterf het, het volgens ‘n eenvoudige waarheid geleef: Jy doen nie die regering ‘n guns deur hom te vertel wat hy wil hoor nie.

Hoe die waarheid ontvang word, hang nie net van die ontvanger af nie, maar die manier waarop dit oorgedra word. Reputasies vestig, en dit sal tyd neem om Julius Malema tot die bouerkultuur toe te voeg na hy hipoteties ‘n nuwe blaadjie sou omslaan.

Almal kan bouers wees deur op ‘n fatsoenlike wyse by die waarheid te bly.

Ekonome wys daarop dat die komende Wêreldbekertoernooi nie op sy eie oor die potensiaal beskik om die land se investering daarin te laat gelyk breek nie.

Daar lê groot werk vir die bouers voor – eerstens om die aanbieding te laat slaag, maar ook om die land so te projekteer dat toerisme en beleggersvertroue na afloop van die toernooi moet floreer.

Die bouers het ‘n keuse – van ‘n leë dop te poleer, of om werklike probleme soos geweldsmisdaad aan te spreek, om werkloosheid en armoede op ‘n volhoubare manier aan te spreek en dus die euforie af te skud van die tydelike aard van die stadionbou-werksgeleenthede – en ‘n kultuur van wetsgehoorsaamheid ten opsigte van aspekte soos rommelstrooi te kweek.

Al staan ‘n mens met die voete vierkantig in die donker wolke geanker, sal die bouer altyd na die silwer randjie reik.

 

zoom 3 отбеливание отзывыДанильченко Юрий Брониславович компромат

Kom ons help bou aan praag.co.za in 2010!

Vanoggend toe ek so deur Rapport, Beeld en Die Burger kyk, merk ek op hoe hierdie Nasperskoerante 360 grade omgeswaai het van beriggewing deur hulle beeld na buite aan te pas om steeds in beheer van die Afrikaner se denke te bly.

Ons moet onthou dat Naspers deur die ANC beheer word met behulp van swart eienaarskap en swart direkteure.

As getroue Praag-ondersteuners het ons as blankes ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself deur bewusmaking van ons Praagkoerant se bestaan so wyd menslik moontlik te versprei – veral deur e-pos en die net.

Vervolgens moet ons verdraagsaamheid toon teenoor andersdenkendes deur met respek vir hulle standpunt te reageer met goeie, eerbare argumente.

Ons het elke blanke Afrikaner nodig om ons selfbeskikking te realiseer en ons gaan dit nie bereik deur besoekers te vervreem met aggressie nie – maar wel deur diesulkes in te trek in gesprek deur logies beredeneerde argumente.

Kom ons help bou aan Praag tot die sterkste Afrikaanse koerant vir die Afrikaner deur Afrikaners in 2010!

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om almal ‘n baie voorspoedige en geseënde Nuwejaar in 2010 toe te wens.

погремушкиФильчаков прокуратура харьков

Geseënde Kersfees aan al ons lesers!

Hoewel ons vandag ‘n vergete kortverhaal deur Jan Rabie, Swart Kersfees publiseer, wens ons dit beslis nie aan ons lesers toe nie! Mag môre se feesdag, wat saamval met die geboorte van Christus, maar ook die Europese heidense feeste wat ons voorouers tydens die wintersonstilstand in die noordelike halfrond gevier het, vir u almal heerlik en geseënd wees.

En as u môre vir die Kersmaal aansit, weet dat feitlik alles op die tafel, van die groente, vleis en nagereg tot by die vrugte en wyn, deur óns boere in óns land verbou is.

Op 7 September 1972 het Arnoldus Pannevis, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners, ‘n brief in die Zuid-Afrikaan geskryf waarin hy ‘n Bybelvertaling in Afrikaans bepleit. Sedertdien ís die Bybel al herhaalde male in Afrikaans vertaal en kan ons voorwaar sê dat Kersfees as Christusfees ook in ons taal verwesenlik is.

By gebrek aan ‘n wit Kersfees, vier Kersdag gerus in Afrikaans!

сауны проектылобановский александр игоревич

Hippies beheer die Weste

{jathumbnail off}

Kopenhagen het gekom en gegaan. Die droom van ‘n wêreldregering met groot mag en geld kon nie nou bereik word nie. Nie as gevolg van Climategate nie, maar as gevolg van ‘n magstryd tussen die Weste (die debiteur) en Sjina (die krediteur). Sjina het gewen.

Climategate is nog besig om die omvang van die leuens en bedrog oop te vlek. Dit vertel die verhaal van wetenskaplikes wat data vervals en manipuleer om aan te pas by hulle teorie dat menslike aktiwiteite die klimaat verander. Dit vertel die verhaal van die media se rol in die propagering hiervan en pogings om die skandaal onder die mat in te vee. Dit vertel die verhaal van ‘n geldspoor wat hierdie wetenskap befonds en groot winste wat daaruit gemaak word. Dit vertel ‘n verhaal van politici wat desperaat probeer om die publiek (kiesers en belastingbetalers) bang te maak. Dit vertel ‘n verhaal van VN-amptenare se betrokkenheid by groot maatskappye. Dit vertel ‘n verhaal van inligting op Wikipedia wat verander word.

Hoeveel ander leuens en bedrog is daar nog om te ontdek? Watter wetenskap gebruik nog die wetenskaplike metode en watter wetenskap gebruik konsensus? Is hierdie hoofsaaklik beperk tot die Westerse beskawing? Wat het die ander groot leuen – dat die wêreldekonomie besig is om te herstel – met dit alles te doen?

Die destydse Hippies – bekend vir vryeliefde, dwelmgebruik en Marxisme – het ouer geword en is in beheer van sake in die Weste.

 

poker no depositДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Hulle stink so lekker want hulle drink so lekker

Volgens die verkeersowerhede is altesaam 2 500 mense reeds sedert die aanvang van Desember landswyd wens beweerde dronkbestuur aangekeer.

Dit is 2 500 mense wat vooraf gewaarsku is om nie agter die stuur in te skuif tensy hulle sober is nie. Dit is twee en ‘n half soveel as wat weens onpadwaardige voertuie voorgekeer is.

‘n Kwart miljoen mense is vir spoed beboet. Meer as seshonderd mense het reeds op die paaie gesterf. Meer as 200 hiervan was voetgangers, en tradisioneel speel alkohol ook ‘n groot rol by baie gevalle waar voetgangers in die Kerstyd voor verkeer beland.

Word na die grootskaalse rommelstrooiery kort voor die 2010 Wêreldsokkerbekertoernooi gekyk, lyk dit nie asof Suid-Afrikaners meer vatbaar is vir opvoedkundige aksies om positiewe gedrag aan te kweek nie. Dit lyk onafwendbaar dat die roede, by wyse van spreke, uit die kas gehaal, afgestof en ingespan moet word om weer aanvaarbare gedragspatrone vas te lê.

In sommige provinsies, soos die Vrystaat en Limpopo, lyk dit uit statistieke asof daar in die reël werklik slap gelê word met wetstoepassing vir dronkbestuur. Die land se gemiddeld per 100 000 aangekeerdes is meer as 115, maar in Limpopo is dit 32 per 100 000, in Mpumalanga 53, die Vrystaat 57, en Noordwes 64. Met die uitsondering van die Wes-Kaap waar alkoholmisbruik ‘n uitsonderlike probleem is wat ook op die moordsyfers veral op die Kaapse Vlakte neerslag vind, is dit darem dik vir ‘n daalder om te verwag dat die publiek moet glo die motoriste in belangrike deurryprovinsies soos die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo is soveel nugterder as in provinsies soos die Wes-Kaap waar 242 mense per 100 000 vir dronkbestuur aangekeer word, Gauteng waar dit 124 is en die Oos-Kaap waar dit 135 is.

Die vreemde is dat die vier provinsies met die laagste syfers vir die aankeer van dronkbestuurders toevallig ook die provinsies is waar die aantal padsterftes per 100 000 van die bevolking hoër is as die aantal moorde per 100 000. Omdat drank by baie moorde ‘n rol speel, maak hierdie syfers maalvleis van argumente dat motoriste in sommige provinsies met besonder droë lippe ry.

Trouens, in sommige van die provinsies lyk dit asof ‘n bestuurder eers ‘n ongeluk moet maak voor sy alkoholvlak getoets word.

Toevallig is hierdie provinsies ook die provinsies waar motoriste met voertuie met die hoogste gemiddelde ouderdom oor die weg kom, en is hulle ook gereeld weens swak padtoestande in die nuus.

Inligting oor die impak wat onpadwaardige voertuie, te vinnig ry en dronkbestuur op ongeluksyfers het is volop, en word nie betwis nie. Voeg hierby die herhalende vakansieverhale van motoriste wat so haastig is dat hulle nie skroom om stadige verkeer teen blinde hoogtes verby te steek nie, en ons het ‘n resep vir ‘n padslagting. Gelukkig is daar baie motoriste, moontlik die meerderheid, wat dit erns het om veilig by hul bestemmings te kom.

пескоструйный станоклобановский александр биография

Dis die demografie, onnosel!

Bill Clinton het gesê: “It is the economy, stupid!”

Die Afrikaner se probleem en oplossing is netso voor die hand liggend: “Dit is die demografie, onnosel!”

Sonder ‘n noemenswaardige getalleoorwig in ‘n streek het die Afrikaner nie ‘n kat se kans om ‘n Volkstaat te bewerkstellig nie.

Na bykans twee dekades het Orania nog nie die 1,000 inwoners getallemerk oorgesteek nie.

Daar bly heelwaarskynlik meer Afrikaners in Silver Lakes as in die hele Noord Kaap.

Kan Silver Lakes, soos een inwoner voorgestel het ’n “volkstaat” word? Ek twyfel, gesetel in die vyandige City of Tswana.

Sal die Silver Lakes Afrikaners ooit na Orania verhuis? Ek twyfel – veel eerder na Perth!

Voel hulle iets vir die Afrikaner saak? Ek twyfel, met hul kinders in privaat Engelse skole en hul politieke tuiste die DA.

Die Afrikaners van Silver Lakes en sootgelyke “veilge” woonbuurte het geld en vaardighede wat hulle wêreldburgers maak.

Daar is egter ‘n baie groot gros Afrikaners wat toenemend in armoede verval en wat in plakkerskampe versamel. By baie van hulle is sosiale probleme maar baie het in die halglike omstandighede verval deur geen fout van hulle eie nie.

Dit is by die groep wat die demografiese oplossing lê. Fasiliteer die migrasie van die ontredderdes om op groot skaal na die Noord Kaap, langs die Orania rivier te migreer.

Orania bied ‘n model maar is nie noodwendig die enigste node vir die Nuwe Trekkers nie.

By sulke gebiede moet streng diisipline heers – een misstap en jy is uit. As model kan die Departement van Waterwese se “suksesresep” wat by Waterwese dorpies en besproeingsskemas ontwikkel is, gebruik word. Huisvesting kan maar karig wees – klem op wek, opbou, groot gesinne.

Ons wat nie self fisies daar bly nie kan finansieel bydrae om dit vir ander moontlik te maak – soos die Jode in die diapora wat Israel ondersteun.

En wie weet, miskien lyk die demografie in die Noord Kaap heel anders oor 20 jaar of so.

 

online games no deposit bonusДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Witman is bedonnerd

Boetman, jy was miskien de bliksem in, maar Witman is sommer bedonnerd!

Na aanleiding van Patricia de Lille se versoek dat blankes om verskoning vra, wil ek as 54-jarige blanke man om verskoning vra.

1.Ek vra nederig om verskoning dat my God se naam so lasterik gebruik word in die meeste TV-programme en flieks, nadat die meerderheid beheer oorgeneem het.

2. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n mooi skoon land aan die meerderheid gegee het.

3. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n eerstewêreldland aan die meerderheid gegee het en ek is jammer dat ons nou ‘n derdwêreld- ontwikkelende land is.

4. Ek vra nederig om verskoning dat ons aan die meerderheid ‘n land gegee het waar die paaie gereeld onderhou is en dat ons nie geweet het wat “slaggate” is nie.

5. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel regeringshospitale van hoogstaande gehalte agtergelaat het, waar die meerderheid verniet mediese sorg kon kry.

6. Ek vra nederig om verskoning omdat ek my belasting pligsgetrou betaal en ek vra verder om verskoning dat ek nie meer kan betaal sodat regeringsamptenare meer in hulle sakke kan steek nie.

7. Ek vra nederig om verskoning omdat ons ‘n baie goeie en gratis onderwysstelsel aan die meerderheid agtergelaat het. Verder vra ek om verskoning dat ons as blankes soveel onderwysers opgelei het en soveel onderwyskolleges gehad het.

8. Ek vra nederig om verskoning dat ons as ‘n handjie vol blankes soveel miljoene mense aan die lewe gehou het.

9. Ek vra nederig om verskoning dat ons ‘n goeie Polisiediens gehad het, wat nie bang was om misdadegers vas te vat nie.

10. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel mooi en wêreldklasstede kon bou.

11. Ek vra nederig om verskoning dat ons onder druk van die meerderheid die doodstraf afgeskaf het.

12. Ek vra nederig om verskoning dat misdaad in die land handuit geruk het.

13. Ek vra nederig om verskoning dat daar elke paar sekondes ‘n vrou of kind verkrag word.

14. Ek vra nederig om verskoning dat dit veiliger in Irak se oorlogsgebied is as wat dit hier in Suid Afrika is.

15. Ek vra nederig om verskoning omdat ek nie opgewonde raak as ministers en staatsdepartemente my geld verkwis op groot onthale en duur motors nie.

16. Ek vra nederig om verskoning dat die land se bestuurlisensiestelsels in chaos gedompel is.

17. Ek vra nederig om verskoning dat meeste van die munisipaliteite in geldelike verknorsing verkeer.

18. Ek vra nederig om verskoning dat ons eens skoon riviere en damme vol riool gepomp word omdat die meerderheid mense nie hulle werk doen nie.

19. Ek vra nederig om verskoning dat ons ongerepte natuurbronne deur gretige amptenare van die meerderheid verkoop word aan geldgierigge ontwikkelaars.

20. Ek vra nederig om verskoning dat die 10 beste munisipaliteite in die land in die Kaap is en deur die DA beheer word.

21. Ek vra nederig om verskoning dat die SAUK in geldelike verknorsing verkeer en dat ons na derderangse gemors moet kyk.

22. Ek vra nederig om verskoning dat ‘n persoon wat 4 jaar gelede nie goed genoeg was om by die SAUK te werk nie, en uit die gebou gehelp moes word, weer by die SAUK as bestuurshoof aangestel is.

23. Ek vra nederig om verskoning dat ESKOM nie genoeg krag aan die land kan voorsien nie en ons nou vir die gelag moet betaal.

24. Ek vra nederig om verskoning dat die meerderheid nie wou luister en die beplanning wou deurvoer wat die blankes by ESKOM vir hulle gelos het nie.

25. Ek vra nederig om verskoning dat ons toegelaat het dat daar soveel plakkerskampe opgerig is, waar die meerderheid vuur kan maak en die lug vol koolsuurgas pomp om aardverwarmimg aan te help.

26. Ek vra nederig om verskoning dat daar twee stelle wette is, een wat die magtige politici beskerm en een vir ons gewone burgers.

27. Ek vra nederig om verskoning dat dat ons toegee het aan SEB, sodat die meeste van ons breinkrag oorsee moes gaan om werk te kry.

28. Ek vra nederig om verskoning omdat daar soveel hoogs gekwalifiseerde wit ingeneurs in ons land bestaan wat nie die RA-poste in minusipaliteite, by ESKOM, Sasol en regeringsdepartemente kan vul nie.

29. Ek vra nederig om verskoning dat ons nou met derderangse breinkrag in die land sit, soos Kubane, Pole en Russe wat nie eers Engels, wat nog te sê Afrikaans, kan praat nie.

30. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie geglo het dat MIV Vigs veroorsaak nie.

31. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie geglo het dat beet, Afrika-aartappels en knoffel Vigs kan genees nie.

32. Ek vra nederig om verskoning dat ons gesondheidstelsel so onregverdig is dat ‘n persoon wat status het voor in die ry kan gaan staan vir ‘n nuwe lewer, en dat mense wat al jare wag op nuwe lewers dit nie kan kry nie.

33. Ek vra nederig om verskoning dat ons soveel jare aan die werkloosheidsfonds betaal het, en as jy dan op pensioen gaan geen voordeel daaruit trek nie.

34. Ek vra nederig om verskoning dat kospakkies aan die armes “’n-stem-vir-my-in-die-volgende-verkiesing-pakkie” geword het.

35. Ek vra nederig om verskoning dat die taxi’s die paaie beheer en kan doen net wat hulle wil, waar hulle wil en wanneer hulle wil.

36. Ek vra nederig om verskoning dat dit slegs blanke boere is wat deur die Landbank gedagvaar gaan word vir agterstallige skuld.

37. Ek vra nederig om verskoning dat daar miljoene rande bestee word aan opkomende boere, en dat hulle nie weet hoe om die geld aan te wend nie.

38. Ek vra nederig om verskoning dat baie produktiewe plase van blankes afgeneem is en aan die massas gegee is en dat al daardie plase so verval het dat geen mens meer daarop kan boer nie.

39. Ek vra nederig om verskoning dat daar soveel korrupsie is die land is, dat jy van ‘n regter tot ‘n verkeerskonstabel kan omkoop.

40. Ek vra nederig om verskoning dat dat die tyd toe die aandklokreël gegeld het, daar nie soveel moord en roof was nie.

41. Ek vra nederig om verskoning dat die mense in die aandklokreël se tyd op hulle stoepe kon sit en kuier en dat mense met oop voordeure en oop vensters sonder diefwering kon leef.

42. Ek vra nederig om verskoning dat ek deesdae duisende rande moet betaal om my huis en ander eiendom te beskerm teen mense wat nie weet wat die verskil tussen reg en verkeerd is nie.

43. Ek vra nederig om verskoning dat mens jare gelede werktrots gehad het en geweet het wat is dienslewering en dat ons nooit ure in ‘n tou moes staan om iets eenvoudigs soos ‘n water-en-ligterekening te betaal nie.

44. Ek vra nederig om verskoning dat dat mense wat mediese parool kry, nie siek is nie.

45. Ek vra nederig om verskoning dat die huidige skoostelsel mense opvoed wat nie eers kan lees, skryf of spel nie, sodat die universiteite traag is om die mense toe te laat.

46. Ek vra nederig om verskoning dat dat die matriekstandaarde so verlaag is om die onderwysdepartemente goed te laat lyk.

47. Ek vra nederig om verskoning dat daar onbevoegde mense in die parlement en in ander poste sit wat nie daarvoor gestudeer het nie en dus nie daar hoort nie.

48. Ek vra nederig om verskoning dat vriende en familie in poste aangestel word met buitensporige salarisse.

49. Ek vra nederig om verskoning dat ons belastingbetalersgeld moet betaal vir regsonkostes van amptenare wat hul posisies misbruik het en gedink het hulle staan bo die wet. Dink net hoeveel huise kon ons met die geld gebou het vir die arm mense.

50. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie helde van die meerderheid vereer en verafgod as hulle in hulle boeke erken dat hulle opdrag gegee het om onskuldige mense, wit en swart, te vermoor nie.

51. Ek vra nederig om verskoning dat ek lief is vir my kinders en nie ontken dat hulle bestaan nie, en hulle glad nie besoek of in hulle belangstel nie.

52. Ek vra nederig om verskoning dat mense wat ver links was, ontnugter is deur die huidige situasie.

53. Ek vra nederig om verskoning dat ek nou bedonnerd is om elke keer jammer te sê vir dinge waarvoor ek nie verantwoordelik is of was nie.

54. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie mense se voete te was om te se ek is ‘n JAMMERGAT AFRIKANER nie.

55. Ek vra nederig om verskoning dat alles wat swart is OK is en alles wat wit is weer sleg.

56. Ek vra nederig om verskoning dat rassiste net wit teen swart is en nie swart teen wit nie.

57. Ek vra nederig om verskoning dat ek nie so onnosel is om oorsese regerings en maatskappye te dagvaar omdat hulle die huidige regering ondersteun nie.

58. Ek vra nederig om verskoning dat ons land se Vigsbesmetting die hoogste ter wêreld is en dat dit ‘n komplot van die wit rassiste is.

59. Ek vra nederig om verskoning dat as ek iets verkeerd doen, ek dit op die vorige regering kan blameer.

60. Ek vra nederig om verskoning dat ons blanke soldate wat ons land lief gehad het en bereid was om ons lewens vir ons land op te offer, nou “wit gemors” is.

61. Ek vra nederig om verskoning dat ‘n sekere jeugleier se bek nie groter is, sodat hy groter verdeeldheid tussen die regerende party en sy vennote kan veroorsaak nie.

62. Ek vra nederig om verskoning dat ek ongelukkig nie genoeg geld het om ook die land te verlaat nie.

advertising cost onАлександр Фильчаков

Joernalis of politieke ideoloog?

Die joernalis Leopoldt Scholtz van Media24 se poging om denke te manipuleer deur goed georgestreerde en subtiele verdraaings van feite deur woordkeuses in die Burger en Rapport, het nie ongesiens verby gegaan nie.

Scholtz trek duidelik paralelle tussen die Nazi’s se moordsuiweringsideologie en apartheid. Laasgenoemde was natuurlik eerder die teenpool van die Nazi-ideaal aangesien swartes se lewensverwagting dramaties gestyg het onder afsonderlike ontwikkeling.

Dit is juis die ANC-regering wat homself skuldig maak aan ongebakerde rassisme en Nazi-moordsuiwering met RA, SEB en Vigsontkenning wat ‘n dalende lewensverwagting vir hul eie mense beteken.

Die Switserse teenstand teen minarette beskou hy as verbreking van die Europese Handves van Menseregte en volg dit op met subtiele dreigement dat die Europese konstitusionele hof waarskynlik die besluit gaan veto.

Daarmee vereenselwig Scholtz hom met die linkse denkstroom, let wel, en nie die hoofstroom in Europa nie. Is die man ‘n verslaggewer of ‘n politieke ideoloog?

Die Franse se openbare gesprek oor nasionalisme wat deur Eric Besson in opdrag van Sarkozy van stapel gestuur is word op neerhalende wyse, na verwys – as nasionale identiteit van die Franse burgers wat dit as n “gegewe” beskou – “soos die son wat elke oggend in die Ooste opkom” en dan volg Scholtz dit op met n verdere – “Die Franse het dit dus as vanselfsprekend beskou dat ieder wat met hulle kultuur in aanraking kom (let op die vervanging van die woord immigrant deur – in aanraking kom) die “meerderwaardigheid daarvan sal erken” n goed gemikte te hou na die blanke Afrikaners. Daar word ook op dieselfde neerhalende wyse na ‘n paar ander lande se reaksie verwys as “Europese vrees”.

Wat Scholtz egter nalaat om uit te wys is dat hierdie immigrante nie bereid is om aan te pas by die land wat hulle aanvaar het as deel van hulle mense nie – en arrogant daarop aandring dat hulle volksvreemde kultuur gelyk – of nog meer – voorkeurreg het. En dit dmv terreur sal afdwing!

Mens kan daarop let dat die hoofstroom van hierdie tipe arrogante vergrype hoofsaaklik gepleeg word deur immigrante van derdewêreld oorsprong.

Dit is dan juis weens hierdie verdringing van volkseie taal en kultuur deur volksvreemde immigrante waarteen die onderskeie Westerse lande in opstand kom en juis vreesloos begin aanspreek.

Hierdie tendens van vernietiging van eerstewêreldstandaarde deur derdewêreld indringers moet gestuit word in hulle eskalerende momentum – want die gevolge sal sonder enige twyfel, katastofiese wees vir die hele wêreld.

 

play free onlineпрокурор Фильчаков

Openbare uitsaaier as openbare uitsaaier

Pas het die minister van Finansies sy voet dwars neergesit om die SABC uit bykomende persoonlike belasting te finansier, of die land aanskou ‘n goeie voorbeeld van hoekom so ‘n stap ongewens sal wees.

Die nuus het gister gebreek dat die minister wat vir die SABC verantwoordelik is, genl. Simphiwe Nyanda, belange het by ‘n maatskappy wat onder tans nog onverklaarbare omstandighede groot tendervoordele van ‘n Transnet-filiaal trek.

Die hoof van hierdie filiaal is eers geskors nadat groot druk uitgeoefen is, terwyl hy oënskynlik vir ‘n nog meer senior amp of pos bestem was.

Op die SABC-TV 2-nuusbulletin haal Nyanada wel die nuus, maar nie oor die omstrede tender nie. Sonder om te meld dat hy ‘n minister is, word berig dat hy as ANC-uitvoerende bestuurslid, voedselhulp aan ‘n arm gemeenskap verleen het.

Die skoen pas egter nie altyd so nie. Dwarsdeur die periode waartydens die TV-dienste polarisasie landswyd aangeblaas het deur verkeerdelik na Pretoria as Tshwane te verwys, het RSG steeds na Pretoria verwys.

Ongelukkig kan die vinger in te veel opsigte na gebreke as openbare uitsaaier verwys. Terwyl sportadministrateurs gereeld deur kabinetslui en ander politici gestriem word omdat hulle nie genoeg kwotaspelers in spanne insluit nie, en volgens hierdie uitsprake te min transformasie plaasvind, kom swart TV-nuusbulletins bitter na daaraan om juis dié sportsoorte wat gestriem word, rugby en krieket, te ignoreer. Selfs wanneer toetse gespeel word, soos die huidige kriekettoets, skitter die gebeure grootliks in hul afwesigheid.

Hoe van sportadministrateurs verwag kan word om hul sportsoorte onder gemeenskappe gewild te kry as die openbare media nie saamspeel nie, is moeilik om te verstaan.

Pas het mnr. Solly Mokoetle, die SABC se bestuurshoof, opposisiepartye se argwaan ontlok deur te verklaar dat hy meen hy moet aan die minister verantwoording doen. Die partye wys daarop dat die bestuurshoof aan die raad, en via die raad aan die parlement verantwoording moet doen.

Met die land se munisipale verkiesings wat naderkruip, sal die oë van politici skerp op die SABC gefokus wees. Elkeen sal sy pond vleis opeis waar van ‘n openbare uitsaaier verwag sal word om op sy taak, die bevordering van gesonde veelparty- en grondwetlike demokrasie te fokus, en nie die bevordering van die regerende party nie.

‘n Belangrike deel hiervan sal wees om saam met die kieserspubliek genadeloos jag te maak op onthullings van korrupsie en vermeende korrupsie, en nie om individue se beuel binne partyverband te blaas nie.

Wanneer ‘n behoorlike kultuur van ‘n ware openbare uitsaaier goed geanker is, en die land dit kan bekostig, sal daar minder lippie getrek word oor hulp uit die fiskus.

 

куртки для девочек фототопкарго отзывы