Hoewel ons vandag ‘n vergete kortverhaal deur Jan Rabie, Swart Kersfees publiseer, wens ons dit beslis nie aan ons lesers toe nie! Mag môre se feesdag, wat saamval met die geboorte van Christus, maar ook die Europese heidense feeste wat ons voorouers tydens die wintersonstilstand in die noordelike halfrond gevier het, vir u almal heerlik en geseënd wees.
En as u môre vir die Kersmaal aansit, weet dat feitlik alles op die tafel, van die groente, vleis en nagereg tot by die vrugte en wyn, deur óns boere in óns land verbou is.
Op 7 September 1972 het Arnoldus Pannevis, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners, ‘n brief in die Zuid-Afrikaan geskryf waarin hy ‘n Bybelvertaling in Afrikaans bepleit. Sedertdien ís die Bybel al herhaalde male in Afrikaans vertaal en kan ons voorwaar sê dat Kersfees as Christusfees ook in ons taal verwesenlik is.
By gebrek aan ‘n wit Kersfees, vier Kersdag gerus in Afrikaans!
