‘ANC’ reeds deel van spreektaal

07:38:28 In beginsel stem ek saam dat daar na so veel moontlik Afrikaanse woorde gesoek moet word, maar aan die ander kant het die afkorting "ANC" al so deel van die spreektaal geword, dat die skielike verandering effens vreemd op die oor val.  Ons moes dit as't ware jare gelede reeds verander het.

Maar, so van die Hollanders gepraat……dit hinder my dat die Nederlanders en Duitsers na die swartes as "Afrikaners" verwys, en na dinge van Afrika as "Afrikaanse" verwys.

Moet ons nie liewer vir ons 'n nuwe naam uitdink wat minder (of geen) verwarring kan saai nie?
 
Ook die naam "Boer" skep soms verwarring, alhoewel nie soveel as "Afrikaner" nie.

стоматологияДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek

08:43:46 Mnr. Thys Human maak in 'n lesersbrief beswaar teen ons gebruik van die term "Volkskongres" vir die nuwe politieke party wat onder die Engelse naam "Congress of the people" gestig is. Hy meen die woord "volk" kan nie as ekwivalent van "people" gebruik word nie.

Maar die geykte term "people" soos dit in Suid-Afrika gebruik word, het tog duidelik sy oorsprong in die linkse en sosialistiese begrip wat sinoniem met die proletariaat of werkersklas sou wees. Dat die leierskap van die nuwe swart party in die persone van mnre. Shilowa en Lekota allesbehalwe die werkersklas verteenwoordig is nie ter sake nie. Dit gaan tog immers hier om semantiek en die betekenis wat die naamgewers van die party wil oordra, as synde 'n party met 'n breë appèl op die swart massa oftewel die "people".

Wat anders is die "people" as "die volk"? Vroeër jare is daar in Afrikaans ook van "werksvolk" gepraat wanneer na plaaswerkers verwys word. Die woord leen hom dus teen meer as betekenis of nuanse in Afrikaans.

Al die jare praat ons in Afrikaans boonop van die "Volksrepubliek van China", waarmee kommunistiese China – teenoor die nasionalistiese "Republiek van China" – bedoel word.

Ook in Nederlands word die term "volksrepubliek" vry algmeen gebruik om 'n sosialistiese of kommunistiese land aan te dui. Volgens die Nederlandse Wikipedia: "Een volksrepubliek of volksdemocratie (andere namen Socialistische Republiek, Socialistische Volksrepubliek of Democratische Volksrepubliek) is een term waarmee communistische staten worden aangeduid of zichzelf aanduiden." Ook in 'n ander verwante taal, Duits, word die term "Volksrepublik" op presies dieselfde wyse gebruik.

Ons kan dus min fout vind met die term "Volkskongres" wat dieselfde linkse en kommunistiese konnotasies van "volksrepubliek" getrou weergee.

Die verskynsel dat daar geen Afrikaanse ekwivalente vir sekere politieke partye gebruik word nie, is onses insiens kommerwekkend. Indien ons na die nuwe party slegs op sy Engelse naam behoort te verwys, moet ons dan insgelyks van die "Democratic Alliance" begin praat? Immers beskik die DA ook oor 'n Engelse leier of leidster en bedien die party hom meesal in die parlement van Engels, wat sekerlik 'n argument daarvoor skep dat die DA se naam ook nie "vertaal" behoort te word nie.

En wat van buitelandse politieke bewegings? Is ons veronderstel om na mnr. Barack Obama van die "Democratic Party" te verwys en na sy opposisie as die "Republicans"? Sou Gordon Brown in die VK se party voortaan in Afrikaans die "Labour Party" heet, pleks van die Arbeidersparty?

Wat die ANC en die SAKP betref, heers 'n volslae anomalie. Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty – wat sonder twyfel 'n "Volksrepubliek van Suid-Afrika" nastreef – beskik oor 'n Afrikaanse naam, terwyl sy alliansievennoot, die ANC, slegs 'n Engelse naam het.

Praag het reeds by tye die term ANK, as afkorting van "Afrika-Nasionale Kongres", op ons webblad gebruik. Sommige van ons rubriekskrywers het ook daarvan gehou en wend dit konsekwent in hul kommentaarstukke aan.

Benewens die verlies van feitlik alle kulturele en opvoedkundige instellings – veral universiteite – heers daar vandag feitlik 'n monopolie sover dit die gedrukte Afrikaanse media betref wat deur een, nogal linkse, mediagroep beheer word. Vir alle praktiese doeleindes beheer Nasionale Pers Afrikaans. Omdat Naspers se koerante besluit het dat daar op Engels na die nuwe Volkskongres verwys moet word, is ons veronderstel om hul voorbeeld te volg.

Die Akademie en die Taalkommissie beskik oor weinig invloed oor sulke sake en bemoei hom nie amptelik met "taalpolitiek" nie, volgens navrae wat ons reeds in dié verband aan die Taalkommissie gerig het.

Praag se standpunt is eenvoudig: Ons taal is nie 'n allegaartjie van Engels soos Nederlands waar daar gecomputer en gedownload en gemail word nie. Die sukses van Afrikaans sedert die Patriotbeweging was juis dat ons op soveel terreine skeppend te werk gegaan het en 'n skatkis van eie vakkundige terme geproduseer het. Die gedagte dat Afrikaans nie in staat is om die party van mnre. Lekota en Shilowa te benoem nie, is eenvoudig absurd.

In dié verband behoort die term "Volkskongres" deur die alternatiewe media gepropageer te word, as Afrikaanse ekwivalent vir die Engelse leenwoord wat deur Naspers in ons kele afgedruk word.

Laat ons ontkom aan die taalkundige volksrepubliek wat reeds heers en waar Engels, die staatstaal en taal van die ANK, die SAKP en hul splintergroepe, as de rigueur aan ons voorgehou word. Kom ons gebruik Afrikaanse name en politieke terme, selfs vir die heersende ANK.

Immers toon dié taalkundige rebellie dat ons nie gediend is met alles wat die ANK en die polities korrekte media aan ons opdis nie.

Wat dink u? Gee vir ons u mening by briewe@praag.co.za. Stem ook in ons meningspeiling oor watter naam vir die nuwe swart party gebruik behoort te word (hiernaas aan die regterkant).mobile casino freeлобановский александр компромат

Ruil Pretoria en ‘Tshwane’ om

Pretoria is ons Thermoypylae, deur Gustav Venter verwys. "Die suksesvolle generaal is een wat die terrein van die naderende veldslag kies. Laat Pretoria dit vir ons wees."

Dis te laat om die terrein te kies.

Vir die veldslag teen die Afrikaner se ou kultuur, het die ANC Pretoria klaar  gekies. Die land word reeds geteister deur nasionale Tswhane-indoktrinasie. Die kersie op die ANC se puik propagandakoek is die "behoud" van die naam Pretoria, slegs vir die pikswart stadsentrum. Dis geniaal gedoen.  Ons moet ook so slim wees.

 

Swart leiers is propaganda-polities gesien meer intelligent as Afrikanerakedemici met minder instink. Hulle weet: Johannesburg is 'n stad, Pretoria is 'n simbool. 

 

Simbole van die Afrikaner se geskiedenis en staat word gehaat, want die orde, dissipline en beskawing daarvan vorm 'n skrille kontras met die nuwe kultuur en sy skrikwekkende kriminaliteit. Daarom moet die veel veiliger ou orde vergeet word. Op Wikipedia staan die ANC se proses van vergeet bekend as "Damnatio Memoriae".

 

Engelse Afrikane se eindpaal is om Pretoria vir ewig uit hul geheue met die parlement se rubberstempel uitgevee te kry. Wikipedia Tswhane toon die tegniese detail van die politieke proses:

 

"On the 26 May 2005 the South African Geographical Names Council unanimously approved a recommendation by the Tshwane Metro Council that the name Pretoria be changed to Tshwane.

The legal process involved is as follows:

  1. Recommendation to the Geographical Names Council.
  2. Council approves / rejects recommendation (Approved – 26 May 2005).
  3. Council gives its recommendation to Arts and Culture Minister Pallo Jordan.
  4. Minister approves / rejects recommendation.
  5. Approved / rejected name is published in the Government Gazette.
  6. Any person or body unhappy with the name change can complain within 1 month of above.
  7. The minister can consult the Geographical Names Council with concerns raised.
  8. The minister's decision, along with the reasons for it, are published
  9. The minister will then take the matter before parliament where the central government will decide on whether to change the name or not based on the information before it.

Some controversial groups have attached themselves to the Pretoria name-change issue, including the trade union Solidarity [8]]. Solidarity and the Pretoria Civil Action Committee have threatened legal action should the name change be recommended by the minister.

As of November 2007 the name change has not yet been approved or rejected by the minister (step 4 above).

Early August 2007, it was reported in the press that the Municipality, after consulting with the Gauteng provincial government had withdrawn the application to change the name, …."

'n Afrikanerleier kan dus nou kies: wil hy op die Pretoria-terrein sy volksveldslag voer of nie? 

 

Van kardinale belang: kan hy die Minister van Kultuur tot aksie motiveer, en in 'n lokval lei? Dis wat 'n jong Andries Pretoria in 1838 gedwing was om te doen, maar meer daaroor onder.

 

Die bepalende vraag is: kan 'n Praagaksie die naam Pretoria tot 'n internasionale oorwinning lei?

 

Indien nie – dan mag geen Praagpolitiek oor Pretoria gepleeg word nie. Slegs 'n veldslag wat gewen kan word, mag gevoer word. 'n Slag wat nie gewen kan word nie, mag nie gekies word nie, anders word geld en energie verspil, en die moraal van die volk vernietig.

 

Indien 'n oorwinning wel moontlik is, moet die gereedskap getoon, en mense van die meriete oortuig word. 'n Werkbare Pretoriaplan behoort in besonderhede gepubliseer word. Byvoorbeeld die tydskaal:

 

Tydens 2010 vind die Wereldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika plaas. Dis die beste tyd om Pretoria in die openbaar te adverteer.

 

Die nasionale simbool van Pretoria is die Voortrekkermonument. Die Voortrekkermonument is 'n internasionale toeriste-aantreklikheid. Die Voortrekkermonument is die 8ste Wonder van die moderne Wereld.

 

Internasionale toeriste behoort tydens die 2010 Sokkertoernooi in Pretoria verwelkom word met die woorde: 8th Wonder of the World – Welcome to Pretoria. So 'n reuse bemarkingsbanier moet so sigbaar soos die Voortrekermonument self wees. As 'n seksie dame op die senotaaf gefotografeer kan word, dan moet dit moontlik wees om met Generaal Opperman en die Vriende van die VTM se toestemming, die VTM tydelik as 'n aktuele advertensiebord vir Andries Pretoria te gebruik, ter bevordering van internasionale toerisme na Suid-Afrika deur die bemarking van die beroemde monument en sy man: Andries Pretoria.

 

Sonder Andries Pretoria sou daar geen Gelofte gewees het nie. Geen Gelofte, geen VTM nie.

 

Hierdie vier gaan saam en vorm een groter geheel: Pretoria, Andries Pretoria, die Gelofte, en die VTM as sigbare simbool van Pretoria.

 

'n Geintegreerde propagandaplan is dus gepas. Elektroniese Praagartikels in Engels is nodig om die verband tussen die VTM en Andries Pretoria sigbaar aan te toon.

 

Fotoverhale op die internet moet illustreer hoe Andries Pretoria met Prins Mpande saamgewerk het om Dingaan se mag te verminder. So het Andries Pretoria die Zoeloekoningshuis in Kwazulu van seker uitwissing gered, tot vandag toe.

 

Andries Pretoria en die Zoeloeheld Generaal-Indoena Ndlela se persoonlike samewerking op 16 Desember 1838, het die einde van Dingaan se tirannieke diktatorskap oor die vrye volke van Suid-Afrika, en die vooruitgang van Suider-Afrika self verseker. So 'n aktuele artikel deur Dan Roodt sal beide wit ens swart geskiedskrywers met meer rede en rasionaliteit oor Andries Pretoria se geniale Gelofte laat besin.  

 

Andries Pretoria se hele lewe en strewe was vir die ontwikkelling van Afrika, teen bose Britse Kolonialisme en parasitiese Engelse Imperialisme, en is internasionaal nastrewingswaardig. 

 

Om die stad wat na Andries Pretoria vernoem is se naam nou te probeer verander is 'n misdaad teen die mensdom, 'n ANC-aanslag teen die vreedsame naasbestaan van alle Afrikavolkere en hul onderlinge samewerking tot die ontwikkelling van Afrika en al sy inheemse mense, -Afrikane en Afrikaners.  

 

Andries Pretoria was 'n Praetorpionier: 'n Afrikanerleier vir Afrika, wat met Prins Mpanda en Generaal-Indoena Ndlela saamgewerk het om Afrika te bevry van korrupte sentralistiese regering.

 

Dis gepas dat die Hoofstad van Afrika na hom vernoem is, want God seen Afrika, deur Andries Pretoria.

 

Op Andries Pretoria se geniale Geloftedag, skyn die son op die sarkofaag om God se belofte te verlig: ONS vir jou Suid-Afrika.

 

Praag, Afriforum, en die FAK saam kan nog ander Afrikanerorganisasies beinvloed, en moet by monde van Danie Goosen van die FAK 'n akkomoderende wen-wen-skrywe aan die Geografiese Naamraad rig, waarin voorgestel word dat die name Pretoria en Tswhane net eenvoudig omgeruil word.  

 

Dus Pretoria, die sentrale middestadgedeelte moet eerder Tswhane genoem word, en die groter stad Tswhane weer Pretoria. Dan sal Andries Pretoria en die VTM as internasionaal bekende toeristebestemming weer in Pretoria staan, waar hulle hoort. Dit sal die staat en dus die belastingbetaler astronomiese verskuiwingsonkostes spaar. Dis veel goedkoper om Oom Paul na Pretoria te verskuif, en dan in sy plek en in die middel van Tswhane 'n standbeeld vir hoofman Tswhane op te rig.

 

'n Openbare beroep kan dan direk en bo-oor die antikultuurkop van Pallo Jordan op Jacob Zuma gedoen word om die verdelende Pretoriaspanning permanent te ontlont voor die komende algemende verkiesing.

 

Indien Zuma nie sy mening wil lug nie, moet President Kgalema Motlanthe in Zuma se plek versoek word om te reageer voor die 2010-Sokkertoernooi en al sy internasionale toeriste wat Pretoria as die stad van die Voortrekkermonument ken.  

 

Intussen moet die geskiedenis van Andries Pretoria, Prins Mpande, Generaal-Indoena Ndlela en die oorlewende Zoeloekoningshuis behoorlik bestudeer en in die openbaar gedebatteer word. Geloftedag val nie maar net uit die lug uit nie. Andries Pretoria self het sy Gelofte alreeds 'n week voor die strategiese laertrek langs die Ncomerivier voorgestel, maar hoe het hy so seker geweet dat Generaal Ndlela hom gaan help op die komende Sondag van 16 Desember 1838?

 

Het Andries Pretoria toe reeds 'n politieke alliansie saam met Prins Mpande gehad? Hoe kon Andries Pretoria die spesifieke terrein gekies het, as hy nie seker was dat sy alliansievennoot Prins Mpande se beskermheer en lewensgetroue vriend, Generaal-Indoena Ndlela, daar ook saam met hom gaan werk deur geko-ordineerd en tydsberekend "aan te val" nie?

 

In die Heldesaal van die Voortrekkermonument sit Andries Pretoria en Prins Mpande vreedsaam saam. Maar moet die grootste held op 16 Desember en Geloftedag in die Voortrekkermonument van Pretoria, nie God se eie Generaal: Indoena Ndlela kaSompisi wees nie?

 

Geen swartmens of witmens, Afrikaner of Afrikaan, het die goddelike reg om die verstaanbare geskiedenis van God te ontken of te verander nie. Ook nie die gepaardgaande plekname ter nagedagtenis van sy unieke diensknegte en voortrekkers vir Afrika, soos Generaal-Indoena Ndlela en Andries Pretoria nie. Hulle historiese lewe, regstellende strewe en titaniese stryd teen die moordenaar Dingaan moet gerespekteer word, en nie die mensgemaakte mites van vandag se moderne mislukkings nie.

 

Viva Pretoria en Afrika!

uniel линейныетопкарго отзывы

Sogenaamde ‘Volkskongres’

06:49:24 Ek sien u vertaal die nuwe swart party se Congress of People-naam met "Volkskongres" – hoofletter ook nogal!

Vir 'n pro-Afrikanerpublikasie is dit darem 'n treurige en betreurenswaardige vertaling. Die woord "people" het in Engels en ook by die ANC nog nooit in der ewigheid die begrip "volk" omsluit nie. Hulle bedoel eerder daarmee "mense" of die "bevolking".

Die begrip "volk" – veral soos dit verwys na die Afrikanervolk – is vir hule 'n vloekwoord.

Gebruik dan maar liewers die Engelse benaming in u berigte.

нужна медицинская справкаФильчаков Харьков

Naspers se verraad duur voort

Naspers se Afrikanerverraad is oor die afgelope paar weke met nuwe skokkende voorbeelde gedemonstreer. Bo en behalwe die normale Afrikanerverguising en ontkenning van die krisis waarin ons volk verkeer, het veral twee voorbeelde my getref.

Die eerste is Tim du Plessis se rubriek waarin hy beweer dat daar geen verband tussen plaasmoorde en ras bestaan nie. Du Plessis staar hom blind teen die feite dat plaasmoorde teen die agtergrond van 'n regimebeleid van plaasonteienings plaasvind. Daarby kom nog die konstante opsweping van die massas met beloftes van grond en dan natuurlik ook die gereelde uiting van die slagspreuk "Kill a Boer, Kill a farmer".

Die feite is egter selfs meer spesifiek, want die oorlewendes getuig dikwels van die rassistiese opmerkings wat die swart geweldenaars jeens hulle gemaak het. Asof dit nog nie vir Tim oortuig nie, is daar ook die ekstreme en obsene geweld en marteling waaraan die slagoffers blootgestel word. Die militêre presisie van die aanvalle getuig ook van 'n moontlike georkestreerde veldtog. Voeg daarby die werklikheid dat die aanvallers altyd swart is en die slagoffers bykans altyd blank.

Tim is egter so blind vir die keiser se naaktheid dat hy geen van hierdie strak werklikhede raaksien nie. Die groot sonde is eerder 'n satiriese video wat deur Kovsie-koshuisstudente gemaak is. Du Plessis se flagrante miskenning van die milieu waarin plaasmoorde plaasvind maak dit maklik vir hom om te ontken dat plaasmoorde in wese politiek geïnspireerde haatmisdaad is. Hy kyk anderpad en die gevolg is 'n sluier van leuens wat oor die makabere, rassistiese verskynsel van plaasmoorde getrek word. Een van die eienskappe van volksmoord, aldus Genocide Watch, is die ontkenning dat dit plaasvind. Is die deelname van 'n vername koerantbaas aan hierdie ontkenning nie krimineel nie?

Die tweede geval van erge verdraaiing is die wyse waarop Naspers die 'Mbeki-brief' gerapporteer het. Die brief wat in die geheel met groot vaardigheid vertaal is, het baie "toevallig" Mbeki se stelling dat die ANC moet voorkom dat die nuwe swart heersersklas met die blanke heersersklasse saamwerk, uitgelaat. Vroeër in die vertaling is ook 'n gedeelte uitgelaat, maar daardie gedeelte maak geen rassistiese stellings nie. Interessant genoeg gee die koerant dan gehoor aan etiese joernalistiek deur te verklaar dat die betrokke stuk weggelaat is. Hierdeur word die wanindruk geskep dat enige weglatings uit die brief vermeld sal word. Tog, wanneer dit by Mbeki se anti-wit rassistiese stellings kom, word die betrokke weglating bloot verswyg. Hierdeur mislei Naspers doelbewus sy lesers.

Terug by Tim du Plessis se gehate stelling: Gelukkig het heelwat lesers met groot verontwaarding op Tim du Plessis se ontkenning oor die werklike aard van plaasmoorde gereageer. Uit die "blog"-reaksies is dit ook duidelik dat Tim onder 'n groeiende getal lesers baie ongewild is, om dit sagkens te stel. Ten minste twee  deelnemers op Tim se blog spreek die hoop uit dat hy ook 'n slagoffer van misdaad sal raak. Wie kan hulle blameer, gegewe hoe emosioneel die meeste mense nou al oor hierdie traumatiese stand van die land voel?

Dit is duidelik dat Afrikaners geen erg aan Naspers se konstante linkse propaganda het nie. Tog hou Naspers onverbiddelik daarmee aan. Miskien is dit tyd dat mense daadwerklike openbare aksie teen Naspers begin neem.

сварочные полуавтоматыДанильченко Юрий Брониславович

Historiese oorsprong van Luke Watson se ‘Dutchman’

10:21:12 Die skeldnaam “Dirty Dutch” kom van Eerste Britse Besetting, 1795-1803. Toe die Bataafse Republiek die Kaap die Goeie Hoop in 1803 by die Britse besetters oorneem, het die kommissaris-generaal, adv. J.A. de Mist, ’n verslag oor die verhouding tussen die Hottentot-korps en die toe reeds Afrikaanssprekende vryburgers laat opstel.

Kapt. Le Sueur, die bevelvoerder van die korps, het die verslag opgestel en op 8 Augustus 1803 ingedien. Daarin vermeld hy dat die korps ’n minagtende houding jeens die vryburgers het en hulle disrespekvol as “Dutsman” of selfs “Dêm Dutsman” aanspreek. (Die woord “Dietsman” is ’n variasie hiervan.)

Le Seuer skryf hierdie houding van die bruin en Khoi-soldate toe aan anti-Afrikaanse indoktrinasie deur die Britte.

Die omstrede rugbyspeler Luke Watson se onlangse skeldnaam vir Afrikaners, “Dutchman”, dateer ongetwyfeld uit die tydperk van die Eerste Britse Besetting, wat van 1795 tot 1803 geduur het.

In 1795 het die Afrikaanse Vryburgers hul onafhanklikheid, en dus hul vryheid, deur die verraad van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederland aan die venynige en rassistiese Britse Empire verloor.

Dié venyn, haat en rassisme van die Britte jeens Afrikaners is 107 jaar later beklemtoon deur lord Alfred Milner toe hy in 1902, pas ná die Vrede van Vereeniging – wat die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) beëindig het – gesê het: “It is no longer a war with bullets, but it is war still. We must knock the bottom out of the Afrikaner nation for ever and ever. Amen.”

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die Britse soldate na die Boere verwys as “Dirty Dutchman” weens hul kenmerkende “kommando-geur”. In die veld was daar nie wasgeriewe of seep nie.

Soos die Engelse spreekwoord lui: “Old habits die hard”.

фальшкаминАлександр Фильчаков Васильевич

Watson-uitslag lagwekkend

Radio 702 berig sopas (12:30 op die 11de November) dat Luke Watson glo kwytgeskeld is deur SARU se dissiplinêre komitee.

Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, en toe ek laas gekyk het, was dit nie 1 April nie. Daar is geen detail bekend van die uitslag nie.

Laat ons hierdie ding dus verstaan, met die beperkte inligting op die tafel: dis aanvaarbaar vir iemand om die mees blatante haatspraak teenoor Afrikaners te besig, en hy kom klaarblyklik skotvry daarvan af.

'n Imaginêre "rassistiese" insident word egter by Ellispark teen 'n swart vrou "gepleeg" (sic), en SARU raak ballisties. Hulle vaardig 'n beloning uit. Spelers moet boodskappe teen rassisme op hulle truie dra.

Nou ja toe. Ons bly voorwaar in 'n ewewigtige, regverdige land, waar almal so konsekwent oor dieselfde kam geskeer word.

справка 026 уАлександр Фильчаков прокурор

Obama se keuses

Dat Obama groot steun geniet onder Afrikane, in Afrika sowel as in die VSA, is gewis. Ook in Europa het sy bewonderaars gegroei. Alle aanduidings is dat hy vandag geskiedenis gaan maak as Amerika se eerste verkose swart president. Die verwagtinge van wat Barack Obama kan vermag, is kennelik besonder hoog.

'n Nigeriër swymel vanoggend tydens 'n onderhoud op RSG dat Afrika nou meer as ooit hulp uit Amerika sal sien vloei om armoede op die swart kontinent op te los. In Kenia volg algar die verkiesing met gespanne aandag. Selfs in die suide van Irak, wat gebuk gaan onder sektariese geweld sedert die Amerikaanse inval, sien die nasate van slawe reikhalsend uit na Obama se oorwinning.

Maar Barack Obama het 'n paar moeilike besluite wat voorlê, waarvan die ekonomie en die VSA se sending na Irak nie die geringste is nie. En dan is daar die kwessie van Iran wat effens uit die openbare oog verdwyn het, maar steeds iewers op 'n agterplaat prut.

Die nuwe swart president mag dalk besluit om Iran binne te val om sodoende hulle kernprogram te stuit. Dis in elk geval waaroor 'n paar ingeligte bronne ná aan die Withuis spekuleer.

Die Bipartisan Policy Center, in Washington, sê in 'n verslag dat die volgende administrasie "minder tyd en minder opsies gaan hê om met die bedreiging [uit Iran] te handel". Dit sluit vanselfsprekend nie 'n militêre aanval op Iran uit nie en 'n aantal gesaghebbende meningsvormers is dit eens.

Van die opstellers van die verslag is Dennis Ross, die top Midde-Oosterse adviseur vir Obama, en vorige Senator Dan Coats, 'n McCain adviseur. Aanvanklik, aan die begin van sy veldtog, het Obama gesê hy wil met Iran se leiers onderhandel, maar sedertdien het hy die uitspraak herhaaldelik gekwalifiseer.

Ross sê daar is basies net twee opsies, 'n Amerikaanse militêre inval in Iran of aanvaarding dat Iran 'n kernmoondheid is. En Iran sal teen 2010 genoeg kernbrandstof produseer om 'n kernwapen aanmekaar te kan sit.

Dit gaan Amerika se eerste swart president voor 'n dwingende keuse plaas.

освещение магазинов обувиФильчаков прокурор харьков

Is Shilowa se oproep aan blankes geloofwaardig?

09:32:45 Dis sekerlik ironies dat Sam Shilowa, een van die leiers van die wegbreekfaksie uit die ANC hom nou tot blanke kiesers rig. Tot nou die dag was Shilowa, asook Lekota, deel van van die ANC waar hulle lustig rassewetgewing uitgevaardig het om blankes uit die staats- en munisipale administrasies te weer, die opvoedingskanse van blanke studente te benadeel, grondhervorming toe te pas en rassetransformasie in die algemeen te bevorder.

Tans verlang Shilowa dat dieselfde verguisde, onderdrukte blankes hom by die stembus moet steun. Sekerlik bestaan daar blankes wat deurtrek is van wit skuld en in die nuwe wegbreekparty 'n opportunistiese moontlikheid sien om mag te bekom. Sodanige blankes mag dalk vir die nuwe party stem.

Aan die ander kant verteenwoordig hierdie oproep aan "die blankes" om hul party te steun 'n erkenning deur Shilowa en Lekota dat hul steun onder die breë swart bevolking beperk is. Zuma, die populistiese swart leier, se greep op die gewone swart kieser is waarskynlik sterker as dié van Shilowa en die ander wegbrekers. Shilowa en kie. behoort hoofsaaklik tot die Mbeki-faksie. Tot en met die paleisrevolusie deur Zuma, het Shilowa-hulle nader aan die mag gestaan en het hulself heerlik uit die staatskas, staatstenders en SEB-transaksies verryk.

In elk geval bestaan daar geen solidêre blanke groep in die land meer nie. 'n Gedeelte van die Engelssprekendes is steeds besig met 'n stryd teen die Afrikaner en die huidige stelsel is vir hulle daarom 'n bron van leedvermaak. Die minder anti-Afrikaanse deel van die Engelse blankes is verward en wag op een of ander inisiatief wat uit Afrikanergeledere moet kom.

Onder Afrikaners is daar die aanhangers van die oorgawekultuur van die vorige NNP en Nasionale Pers wat meen dat ons geen politieke rol meer in die land te speel het nie en bloot transformasie as "skuldige blankes" behoort te ondergaan. In terme van dié blankeskuldidee is Shilowa se oproep 'n contradictio in terminis, want blankes mag geen rol meer speel nie.

'n Verdere teenstrydigheid is natuurlik dat Shilowa se oproep aan blankes die amptelike "nie-rassigheid" van die grondwet weerspreek. Ook die media en veral Nasionale Pers se koerante en TV-kanale voer lankal reeds 'n veldtog om die publiek te oortuig dat die begrip "blanke" eintlik 'n illusie is en dat almal van ons "biologiese Afrikane" is wat van die Australopeticus afstam.

Waarskynlik stel Shilowa nie veel in die Afrikanerstem belang nie, anders sou hy 'n beroep op Afrikanersteun, pleks van blanke steun, gedoen het.

Die ANC mag reg wees in dié sin dat Shilowa en Lekota hulself eerder gaan posisioneer om stemme van die opposisie af te rokkel, as van die ANC self. Pleks van 'n tweede ANC, gaan ons moontlik met 'n tweede DA sit wat homself as nie-rassig voorhou maar kort-kort 'n beroep op blankes doen om hom te ondersteun.

Die opposisiekieser gaan dus een van die dae dalk, soos die Amerikaanse Demokrate, moet kies tussen 'n blanke (Engelssprekende) vrou en 'n swart man. Indien die Amerikaanse neiging ook hier gaan geld, sal die liberale opposisiekieser dalk eerder vir 'n swart man stem as 'n blanke vrou.

Gegewe die kwynende blanke demografie, ook vanweë emigrasie, gaan 'n party wat hom, anders as die ANC, nie regstreeks op swart rassenasionalisme beroep nie, maar bedroë daarvan afkom.

game slotsФільчаков Олександр Васильович

Nog ‘n slag vir demokrasie in Afrika

15:44:58 Die oorlog wat weereens in die Demokratiese Republiek van die Kongo uitgebreek het, is in talle opsigte van belang. Nie alleen verteenwoordig dit 'n voortslepende oorlog wat nou al meer lewens as enige ander sedert die Tweede Wêreldoorlog geëis het nie, maar ook 'n slag vir die Weste wat bly klou aan die idee om demokrasie in Afrika te vestig.

'n Paar miljoen lewens was reeds opgeoffer in dié land voor die vredesooreenkoms wat in 2003 beslag gekry het. Om nie te praat van die reusebedrae wat bewillig is vir vrede nie. Intussen het die VN se vredesmagte, hulle grootste mag tans in enige land, verhoed dat etlike smeulende konflikte handuit ruk en 'n nasionale kwessie word. Maar hulle teenwoordigheid het nie verhoed dat grusaamhede deurlopend gepleeg is nie.

Die berigte dat Rwanda dalk betrokke mag wees om die rebelle van generaal Laurent Nkunda by te staan, bevat al die ontstellende aanduidings dat die huidige konflik op die patroon van die voriges geskoei is, met buurlande wat deelneem sodat die olievlek van vyandigheid stadig maar seker besig is om oor die streek te versprei.

Etniese Toetsierebelle span saam met Rwanda – die teater van 'n afgryslike volksmoord waarmee die vorige eeu afgesluit is – om Goma te verower. Goma is die hoofbasis van die VN-mag in die DRK. Kongolese troepe het klaarblyklik reeds die hasepad gekies en Kinshasa het 'n dringende beroep op Angola gedoen om toe te tree tot die stryd teen die naderende rebelle.

Volgens berigte is Goma en Rutshuru en moontlik ander dorpe in die rebelle se visier. Wat die VN se taak nog moeiliker maak, is dat die inwoners woedend is omdat die vredesmagte onder geweldige druk verkeer om die situasie onder beheer te bring en gebelgd reageer omdat die VN hulle nie kan beskerm nie. Meer as 'n miljoen inwoners is tans voortvlugtend en sonder enige hulp. 'n Woordvoerder vir Monuc, die vredesmag, Alan Doss, het aan die media gesê dat toestande op die grond elke uur verander en gewaarsku dat hulle met moeite byhou.


Brittanje en die VSA, Rwanda se bondgenote, bevind hul in 'n onbenydenswaardige posisie. As die VN-mag nie staande kan bly teen Nkunda nie en Kinsasha word die volgende teiken met Rwanda wat openlik toetree, sal Rwanda se Angelsaksiese vriende standpunt daaroor moet inneem. Indien nie, sal die mislukking van demokrasie in Sentraal-Afrika op hulle rekening geplaas word. Op die oomblik is Nkunda se teenwoordigheid gegrond op die feit dat gewapende Hoetoes ryk Toetsies in die ooste van die Kongo, 'n minderheid, bedreig. Al die bestanddele vir nog 'n volksmoord is dus teenwoordig.


Daarbenewens gaan 'n mislukking in Sentraal-Afrika by die onlangse inval van Georgië in Suid-Ossettië gevoeg word, wat vir die evangeliese ywer van die Weste om demokrasie te verkoop 'n swaarderwordende las gaan raak.Marktтопкарго отзыв

Moenie verdeel nie, snoer saam

Johann Wingard beskryf ‘n baie boeiende standpunt oor minderheidsvolke se soewereiniteit en die gepaardgaande regte. Ek wil ‘n enkele paragraaf van nader beskou.  Hy skryf: “Die dilemma vir Afrikaners is egter die mate (van erkenning?) wat sy volkskap onderling tussen lede van daardie gemeenskap geniet.  By die Boerevolkgedeelte is die getalle klein met ‘n intense gevoel van solidariteit, maar onder Afrikaners, oftewel wit Afrikaanssprekendes, bestaan twyfel oor ‘n gemeenskaplike kultuuridentiteit, ‘n identiteit wat baie van hulle met ander Afrikaanspraters wil deel.”

Myns insiens is daar egter nie soveel te spreek van ‘n heterogene gemeenskap, as van strydige strategieë  (sonder ‘n duidelike wenner) nie.

Sedert 1994 is daar hoofsaaklik drie soorte toekomsdenke deur Afrikanerleiers gepropageer.  Ten eerste was daar diegene wat die liberale Grondwet met sy menseregte as ‘n bevrydende wonderwerk beskou het.  Hulle het die streng dissipline, werksetiek en protestantse waardes van die vorige bedeling as onderdrukkend ervaar en die 1994 oorname in ‘n gees van “change is as good as a holiday” aangegryp.  Hulle het hoofsaaklik bestaan uit kunstenaars en ander kreatiewe denkers wat op die periferie van die hoofstroom hul kunste beoefen het, maar skielik in veranderde omstandighede hulself in die middel van die kalklig gevind het, en deeglik van die geleentheid gebruik gemaak  het om hul menings te versprei in ‘n mate wat ver bokant die verhouding staan wat hul getalle sou regverdig.

Ten tweede was daar diegene wat in die ANC-gedomineerde Suid-Afrika ‘n ernstige fisiese bedreiging vir Afrikaners waargeneem het.  Hoewel hulle vertrekpunt dieselfde was, het hulle hierop gereageer met twee uiteenlopende strategieë.  Die eerste strategie is gepropageer deur die leiersfigure wat die swaarste gedra het aan gevestigde belange.  Hulle het bestaan uit leiers uit die ou NP, sakepersone soos die AHI, hoogwaardigheidsbekleërs van staatsinstellings en akademici aan staatsgefundeerde universiteite.  Hulle was afhanklik van die nuwe maghebbers om hulle gevestigde belange te beskerm, en weet dat enige iets wat ruik na rassisme homself vinnig tussen die aambeeld en die hamer sal vind.  Hulle het daarom in hul poging om “aanvaarbaar” voor te kom terwyl hulle vir Afrikaans se behoud wil werk, begin met ‘n proses om die verskillende kleurlinggemeenskappe op ‘n paternalistiese wyse by die Afrikaner-laer betrokke te kry deur die “Afrikaanses” beweging op die been te probeer bring.

Die derde groepering, wat soos die tweede groepering die Nuwe Suid-Afrika se bedreigings vir ‘n Afrikaner-toekoms ernstig bejeën, vind min bemoediging in die skamele 3 miljoen wat die kleurlingbevolking by Afrikaners se getallevermoëns sou voeg, terwyl hulle voel dat die selfverraad wat ‘n stap van samesmelting met die kleurlinge vereis, die kool die sous  nie werd is nie.  Hulle verteenwoordig grootliks die leierskorps wat nie in die eerste twee kategorieë opgegaan het nie, hoewel hulle tot op hede nie met ‘n strategie vorendag kon kom wat inslag by die voetvolk van die Afrikaners kon vind nie.  Hierdie groepering word as “regs” afgemaak deur die eerste twee groeperinge en in reaksie het sommige begin om na hulself te verwys as Boere, eerder as Afrikaners.

Dit is duidelik dat ons onder omstandighede leef wat baie verwarrend vir die meeste Afrikaners is.  Daar het ook heelwat apatie by die Afrikaner-voetvolk ontstaan jeens leierskap as gevolg van die mislukkings van die verlede.  Verder word die stryd tussen die drie Afrikanergroeperinge bemoeilik omdat daar nie ‘n forum is waarop die leiers van die groeperinge dit as ‘n Afrikaner-aangeleentheid vir Afrikaners kan voorlê, en waarby die Afrikaners dan ‘n keuse kan maak vir die een of die ander nie.  Indien daar so ‘n forum sou ontstaan is dit ook baie waarskynlik dat die verloorders van die stryd onder huidige omstandighede eerder die forum se geloofwaardigheid in twyfel sou trek as om hulle by die uitslag daarvan te berus.

Hoe dit ook al sy, daar moet deurentyd deur die leiers gepoog word om die harte en gedagtes van ons volk te wen en te mobiliseer.  Dit is immers die eerste plig van ‘n leier.  Pogings om die volk te verdeel in Afrikaners (dié wat ons nie ondersteun nie) en Boere (dié wat ons ondersteun) as alternatief, spreek baie van die frustrasie van daardie leiers, maar dit laat nogal vrae ontstaan oor die vermoëns en vaardighede van hul leierskap, want dit lyk asof hulle opgee.

lagoon gameОлександр Васильович Фільчаков

Kies die regte terrein

Die militêre geskiedkundige, Theodore Ayrault Dodge, het die volgende oor die Slag van Cannae geskryf: “Min veldslae van die antieke era word deur groter vermoëns gekenmerk… as die Slag van Cannae.  Die ligging was van so ‘n aard dat alles in Hannibal se guns was.  Die wyse waarop die ver van perfekte Spaanse en Galliese voetsoldate in ‘n esjelonwig vorentoe beweeg het… om hul posisie te hou en toe tree vir tree terug te val totdat hulle die teenoorgestelde posisie bereik het, is ‘n eenvoudige meesterstuk van militêre taktiek.  Die opmars by die mees geleë oomblik van die Afrika-infanterie met sy regs- en linksomkeer op die flanke van die toe-onordelike en saamgepersde Romeinse legioene, is ver bo prys.  Die hele veldslag, vanuit die Kartaagse perspektief, is ‘n volkome kunswerk met geen meerdere en min gelyke voorbeelde in die geskiedenis van oorlog.”

Generaal Hannibal Barca was die aanvoerder van die Kartaagse leër tydens die Tweede Puniese Oorlog wat teen die magtige Romeine gestry is en hy word gesien as een van die beste veggeneraals van die antieke era.  Slegs Alexander die Grote en Scipio Africanus word saam met hom gereken.

Hannibal se belangrikste eienskap was sy vermoë om die regte terrein te kies.  By die Slag van Cannae slaag hy daarin om met 54 000 tweederangse soldate, 84 600 van die wêreld se voorste troepe te verslaan.  By die slag is 76 000 Romeinse soldate gedood en om en by 11 000 is gevangene geneem.  Slegs 6 000 Kartagers het gesterf terwyl 10 000 gewond is.

Tog was die ligging en terrein van die groter prentjie téén die Kartagers.  Hannibal se taktiese briljantheid kon nie ‘n gedoemde strategie wat deur sy politieke meesters opgestel is, red nie.

Die Romeine het in der waarheid die beter strateeg gehad.  Fabius Maximus, die Roomse Konsul tydens die oorlog het die naam “Skild van Rome” verwerf.  Aanvanklik het sy vertragingsaksies kritiek uitgelok, maar uiteindelik skryf die digter Quintis Ennius van hom: “één man het deur te vertraag, die Staat aan ons terug besorg ”.

In 154 VC het ‘n Roomse vloot ‘n weermag na Afrika gebring, die Kartagers is verslaan, hul roemryke stad Kartago is tot op die grond afgebrand, al die inwoners vermoor of weggevoer en volgens oorlewering is as laaste daad die aarde waarop Kartago gestaan het met sout besaai sodat daar nie weer iets sou groei nie.

Die getalle-oorwig van die Romeine, hul onverbiddelikheid in hul vervolging van bedreigings en hul bereidwilligheid om eers te vertraag wanneer nodig sodat hulle hul staat terug kon wen, het die grondslag gevorm vir Rome se oorwinning oor Kartago, en so is die Fenisiese beskawing (die eerste staatkundige beskawing om ‘n alfabet te gebruik) tot haar einde gebring.

Vandag kan Afrikaners nie ‘n weermag monster wat ons aan ons eie veggeneraal kan toevertrou om oor ons poorte te waak nie, want ons weet nie eens waar óns poorte is nie.  Hoe ons in hierdie situasie beland het, is uiters betreurenswaardig.  ‘n Honderd-en-tien jaar gelede het pres. Paul Kruger gesê: “Vat ons goud, maar los ons Vryheid.”  Drie jaar later moes Generaal De la Rey pleit: “Vat nou maar ons Vryheid, maar laat ons Volk net leef.”  Vandag sukkel ek om tot begrepe te kom met pres. FW de Klerk se: “Vat ons Vryheid, maar los ons goud” nie, want goud kan nie behou word sonder die vryheid wat daarvoor vereis word nie, maar ons kan nie bekostig om te stry vir ons goud waar vryheid afhanklik is van die goeie guns van die meerderheid, en ons daardeur die risiko loop om ons Volk se lewe verloor, nie.

In Afrika word mag nie gekoop nie, dit word met getalleoorwig gewring van die hande van die houers daarvan, soos die welvarende Kartagers en alle koloniste sedertdien uitgevind het.

Dit is waar dat die meerderheid Afrikaners en ons goud vandag in Pretoria lê, maar die getalleoorwig van die Afrikaniste is dáár so téén ons, dat ons die stryd om ons pleknaam verloor het, dertig jaar voordat dit begin het.

‘n Volk, soos ‘n individu, kan geld en invloed gebruik om sy lewe te verbeter, maar hy kan nie daarmee sy lewe terugkry nadat hy dood is nie.

Prof. Lawrence Schlemmer het by die onlangse FAK-konferensie statisties getoon dat 50% van Afrikaner-mans vandag selfwerksaam is met ‘n eie bedryf.  My raad aan Afrikaners is om jul huise in Pretoria te verkoop terwyl daar nog ‘n mark voor is, sodat julle julself met relatiewe luuksheid in Orania kan kom hervestig, waar óns deur volkseie arbeid steeds daardie ontwykende voordeel van getalleoorwig kán bekom, sodat ons in staat gestel kan word om onsself te laat geld.  Vir die huidige geslag en die komende.

 Laat die Derde Afrikaner opstaan en begin bou aan ons Afrikanerstad wat moet kom.  Dan sal ons vry wees om onsself te wees.

mobile deposit chaseФильчаков прокурор харькова

Westerse bates word herverdeel

CS Lewis het opgemerk dat die Bybel rentes verbied en dat die suksesvolste beskawings so gemaak het.

Daarenteen word  baie onbegyplike dinge kwytgeraak deur slim geleerde ekonome en nog meer onbegryplikhede deur die Amerikaanse Demokrate se Obama oor die kapitalistiese vrye mark.

Ons gewone sterflinge verstaan dat banke geld uitleen aan armes en belê in rykes veral op die aandelebeurse.

Banke leen geld – dit is hulle besigheid. Die aandelebeurs is vir ryk mense om te belê in ander ryk mense se welvaart.

Maar die banke leen ook geld uit om te spekuleer op die aandelebeurs, wat tans bitter min verskil van dobbel met die lotto of kasino of perdewedrenne. En wanneer iets verkoop word wat nie bestaan nie, is dit ‘n onwettige sogenaamde piramideskema.

Nou weet ons as ek my skuld van R100 000 nie kan betaal nie dan is ek in die moeilikheid. Maar as ek my skuld van R100 000 000 nie kan betaal nie, dan is die bank in die moeilikheid – wat sopas wêreldwyd gebeur het.

Dus is die krisis hoofsaaklik die redding van die arme huisbewoners in Amerika. Te veel skuld aan armes word nou deur die staat oorgeneem met belastingbetalers se geld. Te veel spekulasie op armsalige markte van agtergeblewenes en onderontwikkeldes en rehabilitasie van terroristehole. Wat anders is dit as die herverdeling van Westerse bates en welvaart? Sorros en Buffet belê, maar die dollardorstige Olie-Ooste doen niks van die aard om aalmoese aan die armes uit te deel nie.

Die Westerse probleem is dus die absolute roekeloosheid waarmee geld uitgeleen word sonder enige sekuriteit. Geleende geld om te verkwis soos wat die lener goeddunk. Spekuleer, dobbel of belê, is goed genoeg, solank iemand tog net nie spaar nie.

Ken ons nie die bodemlose putte van Afrika nie?

Terwyl die skrif aan die muur is: Net nadat Manuel sy rooskleurige begrotingsrede gelewer het en die Skerpioene ontbind is en die Randwaarde  30% tuimel, kry ek vandag ‘n depositostrokie van R30000 vanaf Sanlam synde 'n aanbod om dit te leen. 'n Ongevraagde en onnodige aanbod.

Wonder ek of ek die enigste ou is wat absoluut niks verstaan van ons ellende nie.

 

безмасляный купитьданильченко юрій броніславович

ANC soek na konfrontasie in Pretoria

Die ANC wil etniese konflik in Suid-Afrika hê. 'n Mens kan tot geen ander gevolgtrekking kom as jy die party se optrede rondom die straatnaamkwessie in Pretoria beskou nie. Gisteraand het geweld uitgebreek tussen Afrikaners wat teen straatnaamveranderings gekant is, aan die een kant, en lede van die ANC/SAKP en die metropolisie aan die ander kant.

Die metropolisie het openlik kant gekies in hierdie etniese konfrontasie waar een groep poog om die geskiedenis en kultuur van 'n ander uit te wis. Dit was die laaste spyker in die doodskis van Suid-Afrikaanse demokrasie. Want demokrasie in die normale sin kan net bestaan waar die staat en veral die polisie onpartydig optree om orde tussen mededingende etniese of belangegroepe te handhaaf. Waar die polisie in kultureel bevooroordeelde gedrag begin verval, verloor hulle alle legimiteit en begin as 'n soort proregeringsmilisie optree soos mens in soveel Afrikalande aantref.

Eintlik is die onlangse wending skokkend. Mens het nog altyd gedink dat Pretoria met sy groot Afrikanerbevolking 'n potensiële territoriale strydperk tussen Afrikaners en die Xhosa- en Zoeloe-oorheersde ANC sou word. Gedurende die Kemptonparkse onderhandelinge in die vroeë negentigerjare het die ANC sy bes gedoen om Pretoria as opposisiegebied lam te lê. In die aanloop tot die munisipale verkiesings in 2000, het die ANC se dr. Michael Sutcliffe die grense so getrek dat die groot aantal Afrikanerkiesers in die gebied geneutraliseer is en verhoed word om enige invloed uit te oefen.

Hoewel ons by Praag reeds 'n aantal jare gelede Pretoria as 'n moontlike konflikgebied uitgesonder het, kon ons nie die huidige situasie voorsien wat so vinnig besig is om in 'n klassieke etniese konflik van die Afrika-tipe te verval nie – baie soortgelyk aan die DRK, Oeganda of die Ivoorkus waar een groep 'n ander probeer uitstoot en alle spore van sy vorige bestaan uitwis.

Eintlik is dit 'n wonderwerk, gegewe die vyandigheid op voetsoolvlak, dat veel meer geweld nie reeds uitgebreek het nie. As mens die internasionale modelle van etniese wrywing toepas, het Pretoria reeds van geel na rooi oorgeslaan.

Dat verdere konflik in Pretoria op pad is, is seker. Sosiale onrus, onluste of erger is binne die volgende ses maande onafwendbaar. Afrikaners sal móét saamstaan om dit te hanteer.

купить детскую качелюлобановский александр игоревич