Daarenteen word baie onbegyplike dinge kwytgeraak deur slim geleerde ekonome en nog meer onbegryplikhede deur die Amerikaanse Demokrate se Obama oor die kapitalistiese vrye mark.
Ons gewone sterflinge verstaan dat banke geld uitleen aan armes en belê in rykes veral op die aandelebeurse.
Banke leen geld – dit is hulle besigheid. Die aandelebeurs is vir ryk mense om te belê in ander ryk mense se welvaart.
Maar die banke leen ook geld uit om te spekuleer op die aandelebeurs, wat tans bitter min verskil van dobbel met die lotto of kasino of perdewedrenne. En wanneer iets verkoop word wat nie bestaan nie, is dit ‘n onwettige sogenaamde piramideskema.
Nou weet ons as ek my skuld van R100 000 nie kan betaal nie dan is ek in die moeilikheid. Maar as ek my skuld van R100 000 000 nie kan betaal nie, dan is die bank in die moeilikheid – wat sopas wêreldwyd gebeur het.
Dus is die krisis hoofsaaklik die redding van die arme huisbewoners in Amerika. Te veel skuld aan armes word nou deur die staat oorgeneem met belastingbetalers se geld. Te veel spekulasie op armsalige markte van agtergeblewenes en onderontwikkeldes en rehabilitasie van terroristehole. Wat anders is dit as die herverdeling van Westerse bates en welvaart? Sorros en Buffet belê, maar die dollardorstige Olie-Ooste doen niks van die aard om aalmoese aan die armes uit te deel nie.
Die Westerse probleem is dus die absolute roekeloosheid waarmee geld uitgeleen word sonder enige sekuriteit. Geleende geld om te verkwis soos wat die lener goeddunk. Spekuleer, dobbel of belê, is goed genoeg, solank iemand tog net nie spaar nie.
Ken ons nie die bodemlose putte van Afrika nie?
Terwyl die skrif aan die muur is: Net nadat Manuel sy rooskleurige begrotingsrede gelewer het en die Skerpioene ontbind is en die Randwaarde 30% tuimel, kry ek vandag ‘n depositostrokie van R30000 vanaf Sanlam synde 'n aanbod om dit te leen. 'n Ongevraagde en onnodige aanbod.
Wonder ek of ek die enigste ou is wat absoluut niks verstaan van ons ellende nie.
