Gaan ‘n bestraffende kostebevel ‘n ommekeer bring?

‘n Onverkwiklike sage wat skynbaar nooit einde kry nie, is die kwessie van lede van belastingbetalersverenigings wie se elektrisiteit afgesny word.

Die munisipaliteite wend hulle tot hierdie optrede as strafmaatreël omdat ander munisipale fondse – en spesifiek erfbelasting – na dispuutverklarings in trust gehou word, en dikwels noodsaaklike munisipale dienslewering uit hierdie fondse verrig word.

Kortom, die fondse in trust is buite die bereik van munisipaliteite om op sake soos oorsese reise, partytjies en ander onvaspaste aktiwiteite te spandeer.

Die afsny van krag het al verskeie kere in die hof gaan draai. Hoekom munisipaliteite voortgaan om hierdie lede se krag af te sny, bly ‘n raaisel.

Nou het die verhoorlanddros in Heilbron gelas dat die munisipale en ander munisipale rolspelers redes moet aanvoer oor hoekom ‘n bestraffende kostebevel nie teen hulle persoonlik gemaak moet word nie.

Die regskostes beloop reeds ‘n astronomiese bedrag.

Die regering het reeds sy kommer uitgespreek oor vlakke van dienslewering, en in die provinsiale Skoor’e word die afvaardigings van die munisipaliteite gereeld erg die kop gewas, net om ‘n jaar later dieselfde gesigte, maar geen verbetering nie, te sien.

Afvaardigings van belastingbetalersverenigings het reeds hul saak op die hoogste moontlike regeringsvlak gestel, en selfs ‘n betreklike simpatieke oor ontvang.

Maar dit lyk doodgewoon of die kop en die voete nie in kommunikasie met mekaar is nie.

Die landdros moet nog ‘n bestraffende kostebevel toestaan, maar die vraag is of so ‘n bevel selfgekoesterde munisipale ampsbekleërs tot nugterheid gaan skud – dat behoorlike munisipale dienslewering nie onderhandelbaar is nie.

Hierdie saak het ook ‘n groot simboliese betekenis, aangesien die hoofdorp van hierdie munisipaliteit, Parys, ook die tuisdorp van die Vrystaatse premier. Ace Magashule is.

 

круглые светодиодные панелиДанильченео

Vreemdelinghaat vlam weer op

Die jongste gebeure by De Doorns in die Wes-Kaap, waar geweld teen vreemdelinge uitgebreek het, is simptomaties van ‘n sweer vlak onder die oppervlak.

Met Suid-Afrika se werkloosheidskoers, gevoed deur hemelhoë verwagtinge danksy verkiesingsbeloftes, verwag die breë gemeenskap vooruitgang en beter salarisse. Nie om te sien hoe buitelanders bereid is om vir die minimum lone baie hard te werk nie.

Dit is dan ook van die buitelanders se belangrikste verwere: hulle sę Suid-Afrikaners verstaan nie werksetiek nie, en die spaza-bedryf teen wie baie meeding, verstaan nie die konsep van groter wins uit hoër omset nie. Suid-Afrikaners wil glo vinnig ryk word deur maksimale wins per item deur onderlinge prysvaspennings. Dit kom neer op die uitbuiting van die publiek.

Baie buitelanders, veral die Somali’s op die Kaapse Vlakte, leer baie gou Afrikaans aan, anders as die aankomelinge uit die ou Trans- en Ciskei, en doen daarom makliker sake met die honderde duisende Afrikaanssprekendes daar.

Die reaksie van Suid-Afrikaners is dikwels nie om selfondersoek te doen nie, maar om die bakhand- en uitbuitingsindroom te wil verskans – met geweld indien nodig.

Die verdere ironie is dat baie van die vlugtelinge in die land is weens die een of ander vorm van versuim van die regering. By De Doorns is baie van die vlugtelinge Zimbabwiërs, ‘n tragiese gevolg van Suid-Afrika se versuim om in dié rampspoedige potensieel skatryk buurland in te gryp.

Die 3 500 buitelanders in ‘n klein dorpie soos De Doorns het na bewering almal werkspermitte – hoe hulle dit reggekry het, is duister.

Talle het in die land gekom deur uiters gebrekkige grensbeveiliging wat hoegenaamd nie tred hou met die omvang van die bedreiging daarvan nie.

Dit is ook nie net vlugtelinge wat die land inkom nie. Uiters gewelddadige Pakistanse misdaadsindikate, Nigeriese dwelm- en prostitusiebase, en vele meer haal gereeld die nuus.

Dit is moeilik om te bepaal hoeveel mense die land onwettig binnegekom het. Selfoonverkoopsyfers dui aan dat heelwat meer selfone besit en gebruik word as die aantal mense wat amptelik in die land woon en normaalweg toegang daartoe behoort te hę. Syfers van etlike miljoen instromelinge word gereeld genoem, heelwat meer as die amptelike werkloosheidskoers.

Ervaring in die verlede leer dat geweld in een gemeenskap dikwels ‘n domino-effek deur die land het. Die land hou nou asem op.

Om bloot vir die bevolking te preek om nie vreemdelinge te haat nie, beteken dadels. Selfs protesoptredes teen ander sake soos swak dienslewering wat in geweld ontaard, is potensieel gevaarlik vir buitelanders in die omgewing. Hulle word in redelose woede geteiken.

Die vraag is, wanneer gaan witmense ook die teiken van daardie geweld word. Ten minste is dit broers wat uit Zimbabwe kom – baie nader familie as wit Afrikaanssprekendes wat nou nog die skuld kry vir alles wat verkeerd gaan. Politici se uitlatings, beleid soos regstellende aksie, verandering van name, miskenning van Afrikaans… al die dinge maak van ons vreemdelinge in ons eie land. Hoe lank gaan dit wees voor die visier van vreemdelingehaat na witmense draai?

Dit is net die regering wat die kultuur kan verander.

5 pound freeФильчаков прокурор отзывы

As Semenya wit was…

As Semenya ‘n blanke meisie was, van enige land in die wêreld, sou daar geen geld, goud en titel gewees het nie.

Sy sou vervolg word vir bedrog en geskors word van atletiek.

Daar sou geen simpatie wees nie en niemand sou glo dat sy nie geweet het dat haar fisiologie afwyk van die van ‘n normale vrou nie!

En die nasionale en internasionale media sou haar geen privaatheid gun of dokter pasient vertroulikheid ge-eer het nie.

Die argument sou wees dat sy haarself in die openbare oog en toneel geplaas het en dat haar doene en late dus van algemene en publieke belang is.

Maar wat bereik die liberaliste en swartes met hierdie dubbele standaarde en opperste skynheilige pro-swart rassisme?

Hulle skiet hulself in die voet!

Want Semenya word voorgehou as ‘n universiteit student wat in een of ander sport rigting studeer. (Sport wat sekerlik vakke insluit soos kinisologie en fisologie?)

Maw wat al hierdie pro-Semanya idiote sê is dat ‘n Suid Afrikaanse universiteit student, met belangstelling in, studies in en hopelik kennis van die menslike liggaam, weet niks van die menslike liggaam nie! Sy weet so min dat sy nie haar eie liggaam of afwykings verstaan nie of selfs nie weet dat sy afwyk van die normaal nie!

Maw hulle bevestig dat swart SA universiteitstudente idiote is wat grade as regstellende aksie troospryse ontvang!

Verder sê die idiote ook dat nie die spandokter of bestuur weet waar die lyn tussen normaal en abnormaal is nie, of alternatiewelik dat hul deurtrapte skelms is wat nie eens skroom om die internasionale gemeenskap te belieg en bedrieg nie.

Verder toon hierdie Suid-Afrikaanse sportorganisasie, ondersteun deur die SA sportdepartement, met sy optrede nadat die waarheid aan die lig gekom het, dat hul selfs sulke gemene en deurtrapte skurke is, dat die swart ampsdraers, elkeen wat hul uitgevang het of daaroor berig het, as “rassiste” sal uitkryt.

Dit alles in ‘n poging om hul verneukspul te verdoesel deur waarheidsoekers regdeur die wêreld af te dreig met die hede se mees gevreesde ettiket naamlik: rassis!

En hoe meer die swartes probeer toesmeer, hoe meer bewys hul aan elkeen met gesonde verstand, wat ‘n klomp deurtrapte en beroulose bedrieers en gebore skurke hulle is.

Het dit nie tyd geword dat die media en sy rugraatlose joernaliste en redakteurs uitgewys word vir hul slaafse en kruipende benadering en beriggewing oor swart vergrype en gebrekkige moraliteit nie?

саунаФильчаков прокурор отзывы

Afrikaners is slawe van DA-propaganda

Gister was daar, waar ek woon, ‘n munisipale tussenverkiesing. Deur die moderne toepassing van die wetenskaplike metode te gebruik, kon ek waarneem, ‘n teorie vorm en die teorie bewys deur veronderstellings.

Die demografie in die wyk is seker 70% blanke Afrikaanssprekendes, 25% blanke Engelsprekendes en 5% swart Sothosprekendes. 3 Partye het deelgeneem: die ANC, die DA en die VF+. Die uitslag is nog nie bekend nie.

Die ANC het ‘n paar lamppale versier. Die DA het baie lamppale versier, uit Kaapstad gebel en op Engels gevra of hulle op my kan staatmaak en ‘n pamflet versprei oor hoe sleg die VF+ is. Die VF+ het vir die eerste keer in mense heugenis groot moeite gedoen om steun te verwerf. Daar was ‘n vergadering waar Pieter Mulder en Jaco Mulder ‘n klein groepie toegespreek het, daar was elke dag SMS-boodskappe in Afrikaans, daar was pamflette oor onbehoorlikhede in die DA beheerde stadsraad en daar was baie versierde lamppale.

Ek hoor toe van blanke Afrikaanssprekendes wat sê dat hulle DA stem want almal wat hulle ken, stem DA. ‘n Skolier (leerder) meen die VF+ is rassiste.

Hieruit kan ons nou aflei dat die moderne Afrikaanssprekende blanke:

(a) nie vir homself kan dink nie,

(b) te lui is om self inligting te bekom,

(c) ‘n gewillige slaaf van propaganda is.

Ons kan ook aflei dat enigeen wat ‘n boodskap aan hierdie moderne blanke Afrikaanssprekende wil oorbring:

(a) ‘n sterk plaaslike struktuur moet oprig,

(b) die boodskap deur tot deur moet oordra,

(c) dalk ‘n dop-en-tjop-geleentheid moet reël met Casper de Vries en Joost van der Westhuizen as gaskustenaars.

Een ding wat ek nog nie kon uitvind nie is: waarvoor staan DA nou eintlik? Is dit vir Dom Astrant, Destroy Afrikaners of het dit te doen met die “da” wat een van die Staal Burger-karakters altyd gebruik het.

99spravokФильчаков прокуратура харьков

Kitsdoodstraf

Dit sal ‘n skrikwekkende gedagte wees dat iemand wat net ‘n basiese opleiding agter die rug het en geleer skiet het, die mag gegee word om te besluit oor lewe en dood. Maar is dit nie wat gebeur nie?

Die koerante is die afgelope paar dae volgeskryf oor die polisie wat deur politici en bevelhebbers aangepraat word om te skiet om dood te skiet. Vir ‘n misdaadvoos publiek is dit moontlik welkome woorde – vir die eerste keer word daar hard gepraat teen misdaad en dit lyk ook of daar hard opgetree word.

Daar is waarskynlik maar min mense wat lang trane huil oor die 17 transito-rowers wat die laaste twee maande doodgeskiet is in drie verskillende voorvalle. Die meeste van hulle was geharde misdadigers wat self nie sou stuit om ‘n lewe te neem nie.

Na die ongelukkige voorval waarin ‘n drie-jarige seuntjie per ongeluk doodgeskiet is en die uitlating van die onverantwoordelike adjunk-minister van polisie, Fikile Mbalula, dat onskuldige mense in die kruisvuur gaan sterf, was die polisie gou om daarop te wys dat geen lid van die publiek in die transito voorvalle gewond is nie.

Van die 17 rowers was minstens 15 uit op borgtog en verhoorafwagtend en almal het ‘n misdaadgeskiedenis gehad. ‘n Paar was op die polisie se soeklys.

Die nasionale woordvoerder van die polisie, senior superintendent Lindela Mashigo het gesê die polisie is trots op sy lede wat die booswigte platgeskiet het, want hulle bedreig ons vryheid en veiligheid.

Verseker het almal wat hulleself agter hoë tralieheinings wegsluit, rede om saam te juig, want minstens is daar ‘n paar minder geweldenaars op straat. Maar maak dit ons meer vry en veilig?

Die hele prentjie moet in oënskou geneem word. Hierdie misdadigers wat geskiet is, moes nooit op straat gewees het nie. Waarom was hulle uit op borgtog? Hoe kan dit wees dat ‘n groep van hulle vantevore in die hof onskuldig bevind is? Was dit ‘n geval dat die sake nie goed voorberei was nie? Is dit die oorvol tronke wat maak dat geregtigheid nie seëvier nie? En die belangrike vraag: Hoeveel transitorooftogte moet ‘n persoon pleeg voor ‘n konstabel hom in die visier kry en besluit dat ‘n kits doodsvonnis die beste oplossing is?

Natuurlik gun ons elke polisieman om homself te verdedig net soos ons dit aan elke lid van die publiek gun, maar om met die houding na ‘n toneel te gaan dat jy maar mag skiet om dood te skiet, gaan nie die gebreke in die totale regstelsel toeverf nie.

Regters wat in howe die doodsvonnis uitspreek het jare lank studeer, moet baie ondervinding hê en kan rustig al die kante van die saak aanhoor voor hulle ‘n beslissing gee en nog steeds het Radio Pretoria twyfel oor die vermoë van die regbank om in ons skeefgetrekte ideologiese bestel werklik die Bybelse opdrag uit te voer.

Soveel te meer twyfel ons aan die onderskeidingsvermoë wat iemand wat maar enkele maande lank opgelei is. Ons het al dikwels berig oor byvoorbeeld metro-polisielede wat mense wat vir ‘n vermeende verkeersoortreding afgetrek word, aanrand en rassisties beledig. Wie gaan die streep trek om te sê hulle mag nie ook sommer skiet nie?

 

ukladka-parketaАлександр Фильчаков Васильевич

Hou ons taal só lewendig

As ek mag sou ek graag die n voorstel wou maak dat daar erens, weekliks of tweeweekliks ‘n ruimtetjie afgestaan word vir ‘n gedig of prosa met ‘n kort resensie uit ons baie ryk amper vergete bron van digters en skrywers.

Hierdeur kan ons ons Afrikanertaal en -kultuur lewendig hou.

My kleinkinders word so dikwels as wat ek kan blootgestel aan bv liedjies uit die F.A.K-bundel. Dan druk ek dit uit en as ons op die strand gaan loop, sing almal saam (ook kroonprinsie wat nog nie veel begrip het van lees nie en net sing – baie hard – die woorde wat hy kan onthou) – tot almal se vermaak.

Vir my is dit baie belangrik dat juis hierdie geslag van mense en kinders bedag gemaak word op ons geskiedenis en kultuur – want sou ons nalaat om dit te doen, gaan ons geskiedenis verlore wees vir daaropvolgende geslagte.
My liefde vir A.G Visser se gedigte en Langenhoven se ontuitputlike bron van mensweesplesier – is deur my pa se lees en vertelling in my hart neergelê – amper meer as dít wat ek op skool geleer het.

подъемникидвухстоечные данильченко юрий брониславович прокурор

Eugene Terre’Blanche: ‘n ‘cowboy’ wat kan terugkeer

Dan Roodt sit hierdie keer die pot mis en maak ‘n strategiese fout met sy kommentaar oor Eugene Terre’blanche in sy rubriek: Antjie Krog – Beroepsafrikaner en nar.

Roodt skaar homself nou by Harald Pakendorf wat jaarliks by die Aardklop-kunstefees met die “Diskoers”-bespreking vir die gehoor aankondig Eugene Tere’blanche het van ‘n perd afgeval. (Ek plaas “Diskoers” in aanhalingstekens want al die deelnemers vertel altyd vir mekaar hoe goed dit in die nuwe SA gaan.)

Die storie van Eugene Tere’blanche se perd afval, die groen onderbroek, ens., het die uitlaatklep geword vir mense wat diep gefrustreerd is met hul eie mislukkings enof die mislukkings van die politieke bedeling waarvoor hulle gestem het. Dit is dus onnodig dat Roodt homself in hierdie groep plaas.

Ek is of was nooit ‘n AWB-ondersteuner of aanhanger van Eugene Terre’blanche nie, maar wil ‘n paar punte vir oorweging stel voor daar weer met ‘n moddergooiery teen Terre’blanche begin word:

  1. Terre’blanche het waarskynlik in twee onderhoude op RSG meer Afrikaners bereik en op een of ander manier geraak as wat Praag in sy bestaan gedoen het. Daarmee bedoel ek nie Praag het nie ‘n rol om te vervul nie.
  2. Meer mense luister na Steve Hofmeyer as na Helen Zille en Pieter Mulder saam. Laasgenoemde het die afgelope 15 jaar,met of sonder Constand Viljoen, niks uitgerig nie. Helen Zille het nog nie agtergekom, soos Van Zyl Slabbert reeds 20 jaar terug, dat sy besig is met ‘n oefening in futiliteit nie.
  3. Meer mense lees een uitgawe van Die Huisgenoot as die boek van R.W. Johnstone “South Africa’s Brave New World” waar hy die ineenstorting van die nuwe Suid-Afrika beskryf.
  4. Eugene Tere’blanche het in een onderhoud op RSG ‘n kristalhelder beeld opgeroep van sy visie vir die Boerevolk. Ná 15 jaar weet ek nog nie eintlik wat die Vryheidsfront Plus, Solidariteit, Afriforum, die FAK, ens. wil bereik nie. (Ek vermoed hulle weet self ook nie.)

Hoekom kan Eugene Terre’blanche weer ‘n suksesvolle terugkeer maak?

  1. Die Western “Destry rides again” van Max Brand is die verhaal van ‘n cowboy wat onskuldig in die tronk geplaas is vir ‘n daad wat hy nie gepleeg het nie. Hy kom dan terug uit die tronk om met sy vyande af te reken, nadat hulle hom reeds afgeskryf het. Hierdie boek was die inspirasie van ‘n hele genre Hollywood-films die afgelope 70 jaar. Die sogenaamde “comeback kid” het ‘n rolmodel vir Amerikaanse politici geword, waaronder Bill Clinton. Die “comeback kid” kry gewoonlik geweldige simpatie by die publiek.
  2. Die liberale Afrikaanse establishment het ‘n onsettende probleem indien Terre’blanche suksesvol sou terugkom, want ons het hier ‘n groot kommunikeerder. Wat die situasie so interessant, selfs gevaarlik, kan maak is dat Terre’blanche ou geraamtes uit die klerekas kan begin haal oor die oorgang en “wonderwerk” van 1994.

Die liberale Afrikaanse establishment het twee riskante opsies indien Terre’blanche te suksesvol raak:

  1. Smeer hom deur die media soos in die verlede.
  2. Verwyder hom permanent uit die samelewing soos Verwoerd en Robert Smit.

Die probeem met die eerste opsie is: hoe smeer jy ‘n man wat in die modder lê en wil opstaan sonder ‘n publieke teenreaksie? Die probleem met die tweede opsie is: gaan jy daarmee wegkom as jy nie die land meer regeer nie?

Daar is tans ‘n sosiopolitieke vakuum by die Afrikaner wat nie deur die partypolitieke stelsel gevul word nie.

Om op te som:

  1. Eugene Terre’blanche kan nie nou meer skade aanrig aan die Boeresaak as 15 jaar terug nie. Inderwaarheid kan hy nou ‘n positiewe bydrae maak.
  2. Antjie Krog is besig met ‘n reusetaak om die verligte Afrikaner se beeld as naïef, verward en bespotlik te maak. Sy moet maksimum mediablootstelling hierin kry.

Bogenoemde twee faktore, tesame met ‘n verwarde en onseker Afrikanerestablishment, kan onderhandelinge vir die Boeresaak van selfregering sterk bevoordeel.

палатки киевФильчаков Александр Васильевич

Wat is Dan Roodt se punt met Nkosi…?

Ek wil nou rerigwaar met trane in my oë weet wat Dan Roodt se punt was met die artikel Nkosi, seen ons met apartheid?! Jy het my al met die tweede paragraaf verloor; is jy nou vir apartheid of teen dit? Ek stem totaal saam Gert van der Westhuizen van Beeld het blykbaar totaal kontak met die werklikheid verloor, maar ek wil my nou amper verbeel jy is nie veel beter nie?

Ek is hartlik gatvol vir “praag” wat in my keel afgedruk word in die sykolomme van g-mail. Wat was dit nou weer “moroniese gesanik”? Dit gaan altwee kante toe. Ek probeer, soos die meeste mense, net aangaan met my lewe en die beste maak van ‘n slegte situasie.

Dié tipe rubriek maak mens net moedeloos en kwaad. En vir wat? Al wat dié tipe ding aanspoor, is mense wat sê: “Wel, wat help dit ek gehoorsaam die wet/betaal my TV-lisensie ensovoorts, niemand anders doen dit nie?” Ek is so gatvol vir mense wat kwaad is vir die situasie en terug verlang na apartheid. Dis bloot omdat dit vir wit, Afrikaanse mense meer gemaklik was. Dit was nog steeds nie reg nie, net soos wat nou aangaan nie reg is nie.

Apartheid sou ook nie die verval van waardes in moderne tye kon teësit nie; dis hoe siklusse loop. Dis net baie voordelig dat dit plaasvind met ‘n ander bewind.

Probeer eerder ‘n verskil maak as net op elke liewe negatiewe ding konsentreer. Dit sal van veel meer waarde wees en my dalk weer trots maak om Afrikaans te wees…

3д рентген зубовлобановский александр жена

Eishkom

Jippie! Jacob Maroga is uit. Nee, hy’s in. Nee, hy is weer uit. Maar Bobby Godsell is definitief uit. Maar sal hy terugkom as Maroga uit is?

Die vrae en gerugte en stories oor wie nou eintlik aan die stuur van sake staan by Eskom, het gister die nuustoneel oorheers. Van onverwagse oorde het daar ook vreemde uitsprake gekom – soos die swart vakbonde wat vir ‘n verandering meen rassisme het niks met die ding te doen nie.

Daar is ANC-ministers wat bang is vir die invloed wat die gebeure op buitelandse beleggings kan hê. En dan is daar ‘n direksie wat skielik uit ‘n diep slaap ontwaak en agterkom dat die bestuurder wat hulle aangestel het ‘n verslag waarin die kragkrisis voorspel word, van die tafel gevee het, omdat die vrou wat dit opgestel het, wit is. Daar word ook ernstige debatte gevoer oor die nodigheid van regeringsingryping en die fyn lyn tussen bestuur en politieke inmenging.

Die hele geveg oor wie die trein dryf, is besig om die aandag van die werklike krisis af te lei en dit is dat die spoor reeds oor die afgrond verdwyn het.

Natuurlik is dit belangrik dat mense pa moet staan vir die besluite wat hulle geneem het en is dit ook belangrik wie aan die stuur van sake staan. Maar terwyl dit alles aan die gang is, praat niemand meer oor die Eskom-aansoek om kragpryse dramaties te verhoog nie. Die regering wil ingryp in die bestuur van Eskom, maar wil nog steeds hê dat die belastingbetalers die rekening moet betaal.

Mense vergeet ook dat die regering nog glad nie ‘n plan vir alternatiewe energiebronne het nie en dat die druk op ons natuurlike hulpbronne om aan stygende kragvereistes te voldoen, besig is om die land te verwoes.

Ons land se kragnetwerk was ‘n reuse bate toe die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie die land oorgeneem het.

Dit was nog ‘n geskenkie wat in die skoot van hierdie mense geval het, net soos al die ander stelsels en strukture wat op Eerste Wêreld-standaard opgerig is.

Daar word nou oral laslappieplakwerk gedoen om net die dinge aanmekaar te hou, veral met die oog op volgende jaar se sokkertoernooi.

As dit verby is wat gaan dan word van die ambisieuse projekte soos die Gautrein, bouwerk aan stadions en die instandhouding van paaie? Gaan alles dan maar net weer verder verval en sal ons maar voortleef met ewige beurtkrag?

Dit was die politieke klimaat en politieke beleid wat veroorsaak het dat instansies soos Eskom hulle trots en trotse werkerskorps verloor het. Dit sal eers weer regkom as die politieke bestel verander. Daar kan maar hoeveel Bobby Godsell’s in direksies sit – as hy gedwing word om die regering se beleid van swart bemagtiging en affirmative action toe te pas, gaan hy sukkel om iemand te kry wat weet waarom daar ‘n blou, groen en bruin draadjie in ‘n prop moet wees…

 

прожектор светодиодный ip65Фильчаков прокурор

Die ongeluk kom in drieë

Ek raak toenemend oortuig daarvan dat die kurwe van ons afdraende verskerp het. Verskeie gebeure oor die afgelope paar maande sedert “Msholozi” met sy drie amptelike Eerste Dames beheer oor ons oorgeneem het, stem my onrustig. Dink maar self, dis voorbladnuus, onophoudelik.

Vandag het ek egter toevallig die geleentheid gehad om deur my daaglikse skedule radio te luister, nuus op die internet te lees, en so pas nuus op die E-news-kanaal te kyk, en drie dinge het my opgeval. Omdat die eerste van die drie vir my die mees ontstellende was, hanteer ek hulle in ‘n omgekeerde rangorde.

In die derde plek

E-news dra ‘n berig oor die vordering wat die regering maak met die beloofde vyfhonderdduisend nuwe werksgeleenthede. Daar word deur die spesifieke woordvoerder verklaar dat hulle “well on track (is) to meet the deadline of 31 December, and that 270 000 new jobs have been created thus far”.

Daar word vervolgens gewys na wat sommige van hierdie 270 000 werksgeleenthede behels – drie mense geklee in refleksiebaadjies, elk toegerus met ‘n handradio, wat een of ander berghang of koppie iewers patrolleer. Hulle werksbeskrywing? Om die bobbejane wat in hierdie berghang/koppie woonagtig is uit die nabygeleë woonbuurt te hou. Vergoeding? R100 per dag. (Belastingvry natuurlik, want dis minder as R 64 000 per jaar – maar raai wie betaal die drie wagte, liewe getroue SARS-kliënt?)

Geen melding word in die berig gemaak oor die verlore werksgeleenthede in Suid-Afrika oor die afgelope 10 maande nie. (As ek reg onthou, is die totaal hiervan al oor die 250 000.)

Anglo Gold alleen het 11 000 mense al laat loop – sien Finweek van 5 November, p 15. Die afgelegdes was mense met ‘n regte werk. Dit is egter geen probleem nie, die netto werkloosheidssyfer is nie geaffekteer nie want ‘n aantal bobbejaanwagte is aangestel om hul plek te help vervang. Die verskil is bloot – die mynwerkers het bygedra tot die Bruto Binnelandse Produk – die bobbejaanwagters is nog ‘n las op u, geagte SARS-kliënt.

In die tweede plek

Teenstrydig met almal se verwagtinge – en mooi lynreg teen Beeld se spotprent van 9 November 2009 – is Jacob Maroga vanaand ‘n man wat nié deel van die werkloosheidstatistiek is nie. Die Black Managers Forum, of wat de hel hul naam ook al is, tesame met Julius en sy brigade klink vir seker vanaand ‘n paar glasies op hul oorwinning. Afrikanisme het weereens daarin geslaag om onbevoegdheid te bevorder onder die strydkreet: “Rassisme!” Die arme (wit) Godsell, voorsitter, het vandag bedank en, haai raai wat? ‘n Nuwe voorsitter vir die Eksdom-raad is klaar aangekondig – ene Mokoena (as ek nou raak geluister het).

Dit alles, liewe elektrisiteitsverbruiker, het binne minder as ‘n dag gebeur – en dít in die korporatiewe wereld – met sy korporatiewe reëls.

In die eerste plek

Ek lees vandag eers die berig oor die skietery in Pietersburg. (Dis nou “Polokwane” as jy polities korrek is.)

Die feite lyk vir my kortliks so, afgelei uit die NaarPers-berigte: Die militêre vleuel van die ANC-regering se weergawe van GESTAPO / NKWD / STASI / KGB (ook bekend as “Die Polisie”), het inligting bekom oor ‘n voorgenome rooftog en het dadelik voorbereidings begin tref vir wat lyk na ‘n klassieke hinderlaag.

Soos wat ek die berig lees, is geen poging tot arrestasies aangewend nie, en al sewe voorgenome rowers het hul verdiende loon gekry in ‘n see van vuur afgelewer deur “swaargewapende taakmaglede”.

Maak geen fout nie, ek het geen simpatie met gewapende rowers nie, maar ek is nog die heeltyd onder die indruk dat die Nuwe Suid-Afrika ‘n regstaat is?

‘n Verbod is geplaas op die plaaslike peleton van die Gewapende Vleuel van die ANC (“die polisie”), om enige inligting oor die voorval aan die pers bekend te maak. Dis nou in ooreenstemming met die ANC se interpretasie van die term: “Regstaat”.

Nou ‘n vraag: Hoekom skiet “die polisie” SEWE rowers dood – VOOR hulle ‘n roof pleeg – MET die nodige intelligensie om hulle in hegtenis te neem voor die misdryf gepleeg word? Met die tipe inligting wat “die polisie” volgens die pers tot hulle beskikking gehad het, sou ek reken dat al die verdagtes in hegtenis geneem kon word voor die misdryf? Indien die verdagtes weerstand gebied het, is ek seker ek sou dalk gelees het: “Drie dood, vier in hegtenis ná gepoogde rooftog”? Sien, tussen die sewe dooie rowers is slegs drie handwapens gevind. Handwapens. “Nine mils”. Nie “AK’s” nie. Wil jy vir my sê sewe rowers met slegs drie handwapens sit so ‘n geveg op teen “swaargewapende taakmaglede” op dat laasgenoemde genoop is om al sewe dood te skiet? Geen gewondes nie? Ek glo nie.

Die vraag ontstaan seker by u, liewe wetsgetroue burger, waarom hierdie laaste voorbeeld my die meeste ontstel? Laat ek verduidelik.

In die ou dae, toe die polisie militêre range gehad het en nie ‘n “diens” was nie, het hulle akkedisse gevang en gemoer tot die akkedisse erken het hulle is eintlik krokodille. Ná 1994 is weg beweeg van hierdie brutaliteit, bloot omdat die ANC se kaders aan die ontvangkant daarvan was. Vandag is die ANC in totale mag, hulle is (amper) klaar gesuiwer van die gematigde linkses in hulle geledere en raak toenemend geïrriteerd met die kritici, die pers, en die klaende publiek in ooreenstemming met die karakter van ‘n totalitêre staat. Hul houding van onverdraagsaamheid teenoor enige teenkanting word daagliks al hoe sterker. Die “polisiediens” moet nou nie meer ‘n diens wees nie, maar weer ‘n “mag”. Hoekom? Sodat die Maghebber dit kan gebruik teen die “vyand”, presies soos wat die NP destyds gedoen het.

U sal dalk vra – wat het dit nou te doen met sewe dooie voornemende rowers? Die antwoord is maklik. Die “regstaat” het vir daardie sewe kriminele nie gewerk nie. Minimum geweld om arrestasies te bewerkstellig vir VOORNEMENDE rowers het nie gebeur nie – hulle is à la Wilde Weste afgemaai.

Nou – die volgende skets:

U reis in ‘n afgeleë plattelandse gebied op pad na u vakansiebestemming. U handhaaf ‘n spoed van 80 kilometer per uur – daar is geen haas nie – en u geniet die ontspanne, laggende gesprekke met u geliefdes. Julle is op ‘n welverdiende vakansie ná ‘n harde jaar.

U word afgetrek deur ‘n driemanskap van “die polisie”. U word vriendelik versoek om uit u motor te klim, en word dan beskuldig van allerlei oortredings. (As u al in Mosambiek was sal u verstaan waarvan ek praat.)

Daar word subtiel aan u deur een van die “beamptes” gesuggereer dat u verder kan reis sonder probleme, indien u ‘n fooitjie betaal. U is onmiddellik vies omdat u weet dat u geen wette of padregulasies oortree het nie, en in daardie oomblik snou u een van die “beamptes” iets snedigs toe. Die “beampte”, siende dat hy ‘n paar honderd rand kwyt is omdat u hom nie gaan omkoop nie, begin dreigend optree en u verset uself – hy lig u in dat u onder arres is vir verset teen arrestasie – u bloeddruk klim nog ‘n bietjie.

Die “beampte” gryp u aan die boarm en probeer u boei – u ruk weg. Die volgende oomblik hoor u ‘n slag, en voel iets soos ‘n hamerhou teen u borskas. U gryp na u bors en voel iets warms deur u vingers sypel terwyl u bene ingee… U vrou en kinders gil uit die kar uit, maar u hoor dit nie regtig nie, want ‘n sagte duisternis daal stadig oor u neer. Die laasste ding wat u sien is die “beampte” wat blinkwit teen die agtergrond van sy donker gesig leedvermakerig vir u glimlag. Net voor dit stikdonker raak, nadat u begryp wat gebeur het, bid u vir oulaas dat u geliefdes tog net gespaar sal word.

Drie ure later skryf die drie “beamptes” elk ‘n eedsverklaring oor hoe die oorledene hulle met rassistiese opmerkings getart het en toe probeer het om die arresterende “beampte” se vuurwapen af te neem.

Drie dae later huil u vrou en kinders by u graf.

Vergesog? Dalk. Kom ons kyk maar. Nou weet u hoekom die sewe dooie rowers in Pietersburg my die bangste maak.

ремонт компрессоровФильчаков прокурор отзывы