Amerikaanse hooggeregshof teen gebruik van ‘rou rassestatistiek’

Die Amerikaanse hooggeregshof het pas besluit dat dit verkeerd was om blanke brandweermanne van 'n bevordering te ontneem bloot omdat geen swart brandweermanne die eksamen vir bevordering kon slaag nie. Die blankes kon wel die eksamen slaag.

Die uitspraak is ook 'n verleentheid vir Obama, aangesien sy keuse van 'n regstellende aksie-regter vir die hooggeregshof, Sonia Sotomayer, een van die regters was wat aanvanklik tot 'n ander gevolgtrekking as die hooggeregshof gekom het.

Die Amerikaanse hoogste hof het Maandag in New Haven, Connecticut, beslis in die saak Ricci v DeStefano, dat die toets wat deur wit en Spaanssprekende brandweermanne in 2003 vir hulle bevordering geskryf is, teen wittes gediskrimineer het.

Die eksamen het 'n politieke kleur verkry nadat geen swartes die toets kon slaag nie. Die hooggeregshof het egter met 5 teen 4 beslis dat New haven se regstellende aksie die 1964 Civil Rights Act oortree.

In sy uitspraak het regter Anthony Kennedy gesê die brandweermanne het teen 'n hoë persoonlike koste geleer en eksamen gaan skryf en dat dit die misbruik van "rou rassestatistiek aan die einde van die proses nog baie ernstiger maak".

Die hof was ook ideologies verdeel oor die saak en regter Kennedy het die beslissende stem verskaf om die uitspraak in die guns van die wit brandweermanne te swaai.

Regter Ruth Bader Ginsburg het in teenstelling gesê die wittes het geen "ingeburgerde reg op bevordering nie" aangesien "minderhede byna nooit in leiersposisies gesien word nie". Ander stede, het sy gesê, se toetse bevoordeel ander rassegroepe sodat wittes nie sonder meer bevorder word nie.

Die uitspraak is verder  'n verleentheid vir Obama omdat Sotomayor voorheen as 'n sentristiese en pragmatiese kandidaat voorgehou is, terwyl sy uit en uit ideologies dink. Sy sal die eerste Spaanssprekende regter in die hooggeregshof wees indien sy die aanstelling kry.

Demokrate is vol vertoue dat sy sal slaag omdat 74% van die publiek onlangs in 'n meningspeiling aangedui het dat hulle graag 'n vrou wil sien in die posisie.

bad wolfтопкарго отзыв

‘Zuma het Cosatu ge?gnoreer’

Cosatu het Maandag by monde van woordvoerder Patrick Craven die negatiewe aanmerkings oor Cosatuleierskap in Moeletsi Mbeki se nuwe boek, Architects of Poverty, skerp veroordeel.

Craven het gesê die aanmerkings is vals en beledigend teenoor die leiers van die vakbond. Die basis van Mbeki se agument is dat Cosatu se grootkoppe oningelig en ongeskoold is.

Moeletsi Mbeki sê in sy boek dat Cosatu "nie die politieke ekonomie van Suid-Afrika verstaan nie" en dat hulle hul leiers in 1994 verloor het.

Mbeki sê voorts dat Cosatu gedink het hulle gaan Zuma gebruik, maar Zuma het hulle geïgnoreer en Vodacom geprivatiseer.

Craven het gesê Mbeki oordryf die gebrek aan invloed wat Cosatu in die ANC het, en gesê die vakbond oefen heelwat invloed uit oor die regering se beleid en besluite en staan hulle ook by in die uitvoering daarvan.

Craven het voortgegaan en Moeletsi Mbeki se onbevangenheid as politieke kommentator bevraagteken aangesien hy nie neutraal was toe sy broer Thabo Mbeki uit die presidentskussings gelig is nie.

"Hy [Moeletsi] kan nie meer as 'n onafhanklike politieke kommentator gereken word nie want hy is iemand met persoonlike wrewel," het Craven gesê.

casino classic mobileДанильченко

Sannieshof-amptenaar antwoord op kritiek

Na aanleiding van vorige beriggewing en kommentaar oor die dispuut tussen die inwoners van Sannieshof en die sogenaamde Tswaing-munisipaliteit, het ons die volgende repliek van 'n amptenaar, mnr. Hennie Breytenbach, ontvang.

Lees ook die volgende artikels elders op die werf:

Hartseer verhaal van Tswaing se Boerbokke

Tswaing – net nog 'n 'modelmunisipaliteit' onder ANC-bestuur

Sannieshoffers wen teen ANC-munisipaliteit in hof

Sannieshof se inwoners geïntimideer

Die NSA verdrink in sy eie riool

Ek is Hennie Breytenbach waaroor julle so negatief berig sonder om seker te maak van feite.

Ek is tans werksaam by Tswaing Munisipaliteit vanaf 5 Mei 2008 as direkteur tegniese dienste.

Die verval van die munisipaliteit se infrastruktuur, was a.g.v. swak bestuur deur die vorige tegniese direkteur wat nie tegnies die sake bymekaar kon hou nie.

Sy vrou is tans die voorsitster van die Ottosdaltak van die SIBU. Die negatiewe stand van sake is direk toe te skryf aan haar man se vorige posisie as direkteur tegniese dienste, waaroor sy saam met die SIBU mildelik klippe gooi na my. Die feit van die saak is dat Mev. Carin Visser openlik “oorlog verklaar” tydens die betredingsaak en alles in die stryd werp deur die media om haar punt te bewys. As sy so bekommerd was oor die stand van sake, wat reeds vyf jaar gelede buite werking was, is dit duidelik dat ek nie die kans gegun word om hulle probleme op te los nie. Ek neem aan dat my indiensneming by die munisipaliteit en oplossing van die probleemarea’s hulle weerstand en rolmodel saak verswak wat nie deur hulle geduld word nie.

Om meer duidelikheid te verkry oor die sake wat u sonder verifiëring plaas die volgende.

Betreding rioolwerke Sannieshof

Mev. Carin Visser is verskeie kere versoek om nie reg in eie hande te neem nie, aangesien ek besig was om sake aan te spreek. Sy was bewus van die sekondêre damwal wat oorvloei het sonder om dit behoorlik te rapporteer of reg te stel (soos sy haar eie reg aanwend). Ek het persoonlik met twee werkers die dag na rapportering op die IDP & begrotingsvergadering die oorvloei gestop binne 10 minute deur net ‘n paar grawe aanliggende grond in die oorvloeiarea te plaas. “Hoe bekommerd kon sy tog wees?” . Mev. C. Visser het eerder foto’s geneem en onkruid laat verwyder op die werke, maar geen poging aangewend om die probleem op te los nie. Sy het wel ‘n vorige oorvloeiing van die rioolwerke gerapporteer in die primêre dam, wat reggestel is.

Sy betree wel munisipale eiendom onwettig en maak wysigings asof sy die eienaar en verantwoordelike persoon is en ook oor alle ingenieurskennis en inligting beskik om konstruksie en die suiweringsprosesse te bedryf.

Daar word geensins ontken dat daar probleme is nie, maar daar word ernstig aandag gegee aan die saak. Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit is die “waterowerheid” en Waterwese is die departement wat kontrole en beheer moet uitoefen.

Die konstruksie van die werke is nie ontwerp met genoegsame vryboordhoogte om oorvloeiing te voorkom nie. Die bedryf, pompe, vryboordhoogtes en slikverwydering word tans deur die tegniese afdeling reggestel.

Vir die 2009/10 finansiële jaar is daar gelde voorsien om ondersoeke te finansier om die rioolwerke op te gradeer (NMMDM Begroting).

Landbougronde

Die gronde is verhuur op ‘n openbareveilingsbasis wat deur ‘n prokureursfirma gehanteer is. 100% binne MFMA-wetgewing.

Henk Joubert-wildplaas: Delareyville

Dié private wildplaas behoort aan die munisipaliteit en word deur my beheer. Die aantal wild en inteling moet bestuur word wat outomaties ook inkomste vir die munisipaliteit daarstel wat vir die bestuur van die plaas gebruik word.

Die departement van natuurbewaring het reeds verskeie kere die plaas besoek en ons verkeer ook in onderhandeling om wildspesies uit te ruil of te vestig. Daar is lede van die wildjagtersvereniging wat hulle as alleen bevoeg beskou om sulke plase te bestuur. Die vraag is wat hulle werklike agenda is.

Daar bestaan ‘n raadsbesluit wat die vermindering van wild, bloedlynvervanging of ruil van wild dek. Daar die jag van wild is geadverteer, permitte  word uitgereik vir die vervoer van die wild en die munisipaliteit beskik oor die wettige permit om die plaas te bedryf. U is welkom om te kom jag deur die nodige afspraak te maak en die betalings te maak vir wild wat gejag word. U sal wel u kwitansie ontvang.

Daar is wel oornag by een geleentheid karkasse (nie afgeslag) in die stadsaal se koelkamer gestoor, aangesien die eienaars hulle nie afgehaal het nie. Daar was geen waterbokke nie. Die amptenaar en SIBU-lid van Delareyville was wel ter plaatse in die koelkamer, op eie reg, sonder enige toestemming. Die amptenaar het ook ‘n SAPD-saak probeer open teen ‘n lid van die publiek wat regmatig op die plaas gejag het. Geen feite kon voorsien word nie aangesien die SAPD direk navraag gedoen het by Mnr. Pelser oor die wettigheid aldan nie. Die SAPD is ingelig en bekend met die jag op die plaas. (Advertensie is beskikbaar met raadsbesluit.)

Rioolpompstasie (Delareyville-hospitaal)

Daar bestaan nie ‘n pompstasie by die Delareyville-hospitaal nie! Daar is wel drie pompstasies wat tans opgegradeer word, wat wel aan die gang is. Die een word gediens deur rioolsuigdienste wat sal geld totdat die nuwe pompe en geboue opgerig is. Die hoofpompstasie se nuwe pompe is reeds geïnstalleer en die twee klein pompstasies word binnekort geïnstalleer. Die werke word deur kontrakteurs onderneem (blank, dus sonder diskriminasie aangestel). Net om nie vêrdere slim, swak ingeligte spekulasie te ontlok nie.

Sannieshofrioolwerke

Tswaing-munisipaliteit het wel van Waterwese ‘n skrywe ontvang, wat deur mev. C. Visser geïnisieer is. Die skrywe is beantwoord en beskikbaar vanaf die departement.

Die rioolstorting is reeds gestop soos hierbo gerapporteer. Gesuiwerde storting sal wel plaasvind onder wetlike voorskrifte soos met enige rioolwerke.

Ongelukkig is dit so dat personeel met eie agendas oningeligte of kwaadwillige (ongetoetste) inligting uitgee of weerhou van bestuur wat die SIBU ondersteun, wat die uitvoering en regstelling asook goeie dienslewering saboteer.

Bykomende inligting vir u kennisname:

Ekonomiese ontwikkeling

Met die onware, swak ingeligte en kwaadwillige publikasies, is dit die ekonomie wat die swaarste onder die berigte deurloop. Die werkloosheid in Tswaing is ongeveer 62% en dit is skandelik om voor te gee daar word omgegee, maar daar word meer afgebreek as gebou of reggestel deur die SIBU.

Tswaing se ekonomie word nie deur die Sannieshof-SIBU bepaal nie, maar sy negatiewe invloed rig wel groot skade aan.

Huishoudelike water

Alle formele dorpe het ‘n "tekort" aan water, a.g.v. die vorige direkteur wat nie die ontwikkeling van grootmaatdienste bygehou het met die ontwikkeling en informele vestiging van mense nie. (Om nou so slim te wees van die kantlyn, kan u self oor besluit.)

Ottosdal word die ergste geraak en daar is reeds ‘n korttermyneksplorasieprogram in plek om die saak reg te stel. Waterwese en die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit is ook direk betrokke.

Mev. Visser sal vertel van een Saterdag in Junie 2009, uniek in die geskiedenis, waar hulle nie water in Sannieshof gehad het nie, maar dit was a.g.v. ‘n hooflynpypbreuk wat herstel moes word (wat onvoorsien was).

Alle tekorte in grootmaatwater van die formele dorpe is voor begroot en die regstelling sal gedurende 2009/10 gefinaliseer word.

Sannieshof het die minste tekorte. Die tekort beteken nie dat die hele dorp/e nie van water voorsien word nie. Slegs hoogliggende areas word beïnvloed en raak slegs Ottosdal (Letsopa).

Rioolnetwerk (dorpe)

Die formele dorp van Delareyville en uitbreiding 7 (X7) (plakkersgebied uitgesluit) beskik oor 'n gravitasierioolnetwerk.

Atamelang beskik oor ‘n gravitasierioolnetwerk.

Agisanang (Sannieshof) beskik oor ‘n gravitasierioolnetwerk. (Uitbreiding 3 se nuwe plakkers uitgesluit).

Sannieshof word deur 'n riooltenkstelsel bedryf wat met rioolsuigtenkwaens verwyder word. Die waens & trekkers was voorheen swak onderhou deur die tegniese departement.

Tans word vervanging en aanvulling van die suigtenkers hanteer vir Sannieshof en Ottosdal.

Die suigtenkdiens word benadeel deur inwoners wat werknemers omkoopgeld betaal vir dienslewering wat problematies is. Die SIBU en publiek was verskeie kere versoek om met feite te kom, maar met sonder resultaat tot dusver. Die suigtenkdienste word ook bemoeilik deur ou toerusting wat onklaar raak en eienaars wat wag totdat die tenk oorloop voordat daar gerapporteer word. Roetinedienste word bemoeilik deur toerusting wat breek.

Die diens sal op standaard bedryf word ná die nuwe tenkwaens gelewer is in die oorspronklike woongebiede van Sannieshof en Ottosdal.

Vr die gedeeltes van Sannieshof en Ottosdal wat nie oor gravitasierioolnetwerke beskik nie word daar in die 2009/10 finansiële jaar voorsien vir die beplanning en ontwerpe.

Die instandhouding van bestaande gravitasierioolnetwerke is ook agter en daar word gewerk om hoëdruk- gespesialiseerde toerusting in te bring om die agterstand uit te wis.

Rioolsuiweringsaanleg

In Delareyville en Ottosdal word nuwe rioolsuiweringsaanlegte tans opgerig teen respektiewelik R26 en R40 miljoen rand.

Die vorige direkteur het reeds te kenne gegee dat ‘n tegnoloog die aanleg sal moet bedryf. Daar sal opgeleide operateurs wees met die nodige opleiding om die aanleg te bedryf.

Die opgradering van Sannieshof se oksidasiedamstelsel na ‘n geaktiveerde slykstelsel se beplanning en ontwerp is begroot vir 2009/10. Waterspec cc. sal monitering doen en bystand verleen waar nodig met die huidige stelsel.

Atamelang se oksidasiedamstelsel sal ook volgens tersaaklike wetgewing deur Waterspec cc gemonitor word.

Daar bestaan nog baie waaroor ek kan uitwei, maar dít vir later.

Binne ‘n enkel jaar is ek trots en oortuig dat ek my bes doen met dít wat tot my beskikking is en voltydse aandag, sewe dae per week.

Ek is nie in die politiek nie, en wil ook nie meeding met mev. C. Visser se strewe na die politiek nie. Dit is net jammer dat publieke ongehoorsaamheid vir eie gewin bevorder word. As daar gekla word nadat jy gelde weerhou, is die vraag: waar moet die fondse vandaan kom om die klagtes mee te finansier en aan te spreek?

Mev. C. Visser is baie oningelig en versprei kwaadwillig foutiewe inligting om haar en haar organisasie te sterk.

Ons hou nie voor dat daar nie probleme is nie, maar gemeet aan die huidige omstandighede wat nie deur my geskep is nie, behoort daar meer positiewe houdings, repek, en verdraagsaamheid te wees vir wettige instansies, persone, personeel en strukture. Publieke ongehoorsaamheid, swak publikasies en “one man bands” sal nie verbetering daarstel nie.

Ek versoek praag.co.za ernstig, dog dringend om inligting te verifieer alvorens ons onwaarhede publiseer. Ek nooi u uit om ons te besoek vir 'n feitesending oor die breë spektrum. Om een poel riool wat gestort het, af te neem en dit as vir die algemene toestand oor 560 vierkante kilometer uit te maak, is absurd.  

Oor die res van die inligting in u berig kan ek nie kommentaar lewer nie aangesien dit buite my departement ressorteer.

no deposit noФильчаков прокурор отзывы

‘Matige vooruitgang’ s? mediese sektor se onderhandelaar

'n Onderhandelaar het Dinsdagoggend laat blyk dat daar "matige vooruitgang" in die onderhandelinge met dokters en ander mediese personeel is. Die gesprek het tot in die vroeë oggendure aangehou en teen 4vm verdaag, het Phophi Ramathuba, 'n onderhandelaar vir die SA Mediese Vereniging, gesê.

Ramathuba het aangedui dat daar in sekere kwessies vooruitgang gemaak is en gesê dat die onderhandelinge weer teen 12 uur Dinsdag sal hervat.

Sommige dokters het weer nie opgedaag vir werk nie in wat beskou word as 'n onwettige staking regoor die land. Mediaberigte het ten minste die dood van een pasiënt aan die staking toegeskryf. Mavis Ncube, 25, is deur verskeie staatshospitale weggewys nadat sy Maandagoggend in Sandown deur 'n motor raakgery is. Sy het aan haar beserings beswyk.

Die ANC het die staking veroordeel en gesê die "rollende massaksie is inkoherent". Die organisasie het gesê die dokters het die vertroue en respek van die bevolking verloor.

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het 'n lys van verhogings voorgestel wat die lae besoldigings in die sektor sal aanspreek.

купить машинку на пульте управленияданильченко юрій Харків

Nederlandse toeris se liggaamsdele vir moetie verkoop

Beeld berig dat 'n deeltydse swart lyksbesorger, Ben Mongadi (35), ’n hand en bors aan ’n swart pastoor in Acornhoek verkoop het. Dit was die liggaamsdele van ’n Nederlandse toeris.

Die vrou is vier weke gelede in ’n ongeluk buite Lydenburg dood. Sy en drie ander Nederlanders het pas vir ’n vakansie in Suid-Afrika aangekom toe 'n trompop-botsing net buite Lydenburg haar eie en twee ander lewens geëis het.

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die vermeende lykskender twee weke gelede aangekeer.

Die lyksbesorger, wat deeltyds by Doves gewerk het, het Donderdag na bewering aan die polisie erken dat hy die liggaamsdele op die ongelukstoneel met ’n tuisgemaakte mes afgesny het.

Hy het glo liggaamsdele aan ’n swart pastoor van Acornhoek verkoop vir die bedrag van R800.

Pastoor Phillemon Baloyi (47), is aangekeer toe hy op sy beurt die liggaamsdele aan ’n toordokter wou verkoop vir R3 500.

Mongadi het gister vlugtig in die hof op Lydenburg verskyn. 

инструмент длялобановский александр фото

Geen anonieme selfoonoproepe meer nie

Van Woensdag sal enige een wat 'n voorafbetaalde SIM-kaart in Suid-Afrika wil koop, 'n wettige straatadres en identiteitsdokument moet vertoon, volgens 'n nuwe wet.

Die wet wat ook afluistering en e-posonderskepping omskryf, sal hierdie week van krag wees

Die wet sal vereis dat huidige voorafbetaalde SIM-kaarteienaars hulle besonderhede aan hulle diensverskaffers gee. Indien hulle weier sal die selnommer getermineer word.

Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van Justisie, het gesê die departement sal more 'n mediakonferensie hou om die Wet ivm die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie en Verskaffing van Kommunikasieverwante Inligting Amendement te verduidelik.

Dit sal fokus op 'n meer uitgebreide en akkurate databasis van inligting van mense wat Suid-Afrika se telekommunikasienetwerk gebruik, het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat dit nie oor die inbreuk op privaatheid handel nie, maar om die huidige wetsinstrumente teen misdaad op te skerp.

Die nuwe wet sal selfoonoperateurs asook die internet en e-posdienste verplig om sms'se, e-posse en stemoproepe in 'n argief te bewaar sodat owerhede toegang daartoe kan hê.

Slegs 'n regter sal voortaan aan veiligheidsagentskappe toestemming kan verleen om toegang tot sulke argiewe te verkry.

casino free slotДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Eerstejaarslaagsyfer vir wiskunde tuimel

Business Day berig dat eerstejaarstudente se wiskundeslaagsyfer met bykans 40% geval het, nadat matriekwiskunde beduidend makliker gemaak is in 2008 agv uitkomsgebaseerde onderrig. Dit is die eerste groep wat met die UGO-metode onderrig is en wat wiskunde tot matriek moes neem.
 
Die neiging is oral te bespeur by universiteite vanaf dié van die Witwatersrand (Wits) regdeur tot Pretoria, Stellenbosch,. Kaapstad, KwaZoeloe-Natal, Noordwes en die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, sê Dr Belinda Huntley van Wits se wiskunde departement.
 
Huntley sê dis normaal om 'n effense swakker vertoning te sien van die matriekeindeksamen na die eerste jaar op universiteit, maar hierdie jaar se verswakking was "drasties" omdat "gekookte matriekuitslae" onredelike verwagtinge geskep het.

Onmisbare dele van wiskunde wat op universiteit behandel word, word nie deur die skoolkurrikulum as verpligte onderdeel aangebied nie.

 
Die dele is uitgehaal sê die onderwysdepartement, omdat die nodige opleiding nie betyds aan onderwysers verskaf kon word nie. Ook was dit nie seker watter departemente watter klem wou gehad het op die verskillende aspekte van die vak nie.

earringsлобановский александр игоревич харьков

Merkel in Washington

Donderdagaand, op die verhoog by die Library of Congress, was daar net een lid van die Huis van Verteenwoordigers – uit 'n moontlike 435 lede – wat opgedaag het om die Duitse kanselier Angela Merkel se toespraak te hoor.

Belangstelling in 'n land soos Duitsland is lankal nie meer 'n manier om 'n loopbaan in Washington te verseker nie. Diegene wat in Amerikaanse buitelandse politiek belangstel, konsentreer op Asië.

Die enigte ander persoon met matige invloed wat die byeenkoms bygewoon het was Alan Greenspan, 83, wat reeds afgetree is. Die ander lede wat in die gehoor was, dra weinig gewig in die huidge Obama-administrasie.

Die bywoning was 'n uitstekende aanduiding van die huidige stand van trans-Atlantiese verhoudinge. Terwyl Duitsland na Amerika kyk vir leierskap, is Amerika se blik elders gerig. Die gedagte van 'n G-2 is besig om opgang te maak in Washington, 'n wêreldorde waarin China en die VSA die leiding neem met Europa op die kantlyn.

Merkel se toespraak het tewens erkenning gegee aan die verskuiwing en sy het dit met 'n sekere gelatenheid oorgedra. Sy het byna nooit in haar toespraak na Duitsland verwys nie en deurentyd van Europa gepraat. Sy het gesê die EU staan toenemend saam en verteenwoordig 500 miljoen mense, "'n gewig wat nie geïgnoreer kan word nie".

Sy het dadelik bygevoeg dat dit nie beteken dat Amerikaners net na Brussel moet reis nie, maar ook na Duitsland moet kom. Kritiek teen die VSA se ekonomiese beleid is volop in Duitsland, maar die kanselier het haarself daarvan weerhou om die Amerikaners nogmaals fel te kritiseer.

палатка купитьОлександр Васильович Фільчаков