Merkel in Washington

Donderdagaand, op die verhoog by die Library of Congress, was daar net een lid van die Huis van Verteenwoordigers – uit 'n moontlike 435 lede – wat opgedaag het om die Duitse kanselier Angela Merkel se toespraak te hoor.

Belangstelling in 'n land soos Duitsland is lankal nie meer 'n manier om 'n loopbaan in Washington te verseker nie. Diegene wat in Amerikaanse buitelandse politiek belangstel, konsentreer op Asië.

Die enigte ander persoon met matige invloed wat die byeenkoms bygewoon het was Alan Greenspan, 83, wat reeds afgetree is. Die ander lede wat in die gehoor was, dra weinig gewig in die huidge Obama-administrasie.

Die bywoning was 'n uitstekende aanduiding van die huidige stand van trans-Atlantiese verhoudinge. Terwyl Duitsland na Amerika kyk vir leierskap, is Amerika se blik elders gerig. Die gedagte van 'n G-2 is besig om opgang te maak in Washington, 'n wêreldorde waarin China en die VSA die leiding neem met Europa op die kantlyn.

Merkel se toespraak het tewens erkenning gegee aan die verskuiwing en sy het dit met 'n sekere gelatenheid oorgedra. Sy het byna nooit in haar toespraak na Duitsland verwys nie en deurentyd van Europa gepraat. Sy het gesê die EU staan toenemend saam en verteenwoordig 500 miljoen mense, "'n gewig wat nie geïgnoreer kan word nie".

Sy het dadelik bygevoeg dat dit nie beteken dat Amerikaners net na Brussel moet reis nie, maar ook na Duitsland moet kom. Kritiek teen die VSA se ekonomiese beleid is volop in Duitsland, maar die kanselier het haarself daarvan weerhou om die Amerikaners nogmaals fel te kritiseer.

палатка купитьОлександр Васильович Фільчаков