Disinvestering in Suid-Afrika neem toe

Disinvestering in die land het verlede jaar sewevoudig toegeneem en kan op meer as R34 miljard beraam word. Hierdie inligting word vervat in ’n verslag van Ernst & Young wat gister vrygestel is.

Die disinvestering was hoofsaaklik in die mynbousektor waarneembaar met Barrick wat hul South Deep-aandele vir R10 miljard verkoop het en die Russiese groep Polyus wat 20% van hul Gold Fields-aandele vir R20 miljard van die hand gesit het.

Deskundiges is verdeeld in hulle opinie oor hierdie daling in investering. Sommige meen dit is bloot ’n eenmalige gebeurtenis meegebring deur die spesifieke behoeftes van die twee oorsese maatskappye, maar ander glo dat buitelandse beleggers nie hou van die regering se inmenging in die mynbousektor nie.

Tussen 2002 en 2004 was daar 78 swart ekonomiese bemagtingstransaksies ter waarde van altesaam R25 miljard in die plaaslike mynbousektor. In 2005 het die Ponahalo-transaksie plaasgevind, toe De Beers 26% van hulle operasies in Suid-Afrika aan hierdie SEB-maatskappy verkoop het. Die transaksiewaarde is op R3,8 miljard geraam. In dieselfde jaar het Impala Platinum 9% van hul maatskappy (R3,4 biljoen werd) aan die Bafokeng-stam oorgedra.

велосипеды ценаФильчаков прокурор харьков

Suid-Afrika se ‘skandelike’ verklaring oor Zimbabwe

Image

Aziz Pahad

Suid-Afrikaanse vakbonde en kerkleiers het die regering se verklaring oor die onlangse onrus in Zimbabwe skerp veroordeel.

Die Europese Unie (EU), die Verenigde Nasies (VN), asook Condoleeza Rice, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het almal die geweld waarmee die Zimbabwiese regering onluste van die afgelope paar dae onderdruk het, veroordeel. Rice het ’n beroep op Zimbabwe se buurlande gedoen om meer te doen om Robert Mugabe in toom te hou.

Adjunkminister Aziz Pahad het egter Maandag ’n verklaring uitgereik waarin hy beklemtoon dat Zimbabwe self sy probleme moet oplos. Hy het ’n beroep op die Mugabe-regering gedoen om die landswette te respekteer en die opposisie aangeraai om te werk aan die skepping van “’n klimaat wat bevorderlik is vir ’n blywende oplossing vir die huidige uitdagings wat Zimbabwe in die gesig staar.” Hierdie verklaring vorm deel van die regering se beleid van “stille diplomasie” teenoor sy buurland.

Cosatu het die regering se verklaring as “skandelik swak” bestempel. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) meen soos volg: “Die stilte van die Suid-Afrikaanse regering vererger die situasie. Ons leiers moet wys dat hulle werklik die mense van Zimbabwe wil help om vinnige oplossings vir die vele probleme wat hulle ondervind, te kry.” Volgens Eddie Makue, algemene sekretaris van die SARK, kan die situasie in Zimbabwe die hele streek destabiliseer.

Gister het die Amerikaanse ambassadeur in Zimbabwe, Christopher Dell, ook die gebrek aan optrede deur die land se buurstate betreur.

Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake, meen egter oproepe dat die Suid-Afrikaanse regering Zimbabwe moet veroordeel, is “misplaas.”

Steven Friedman van Idasa is van mening dat die Suid-Afrikaanse regering lugtig is om die indruk te skep dat hy hom aan die kant van die blanke boere in Zimbabwe skaar, téén die swart regering van die land. Hy meen Suid-Afrika is besig om sy reputasie as ’n land met ’n sterk rekord ten opsigte van menseregte te benadeel.

трековых светильниковФільчаков Олександр Васильович

Radikale nuwe grondbeleid

Image

Glen Thomas

Die direkteur-generaal van grondsake, mnr. Glen Thomas, het gister ’n radikale nuwe grondbeleid aangekondig in terme waarvan die staat eerste opsie op aankope van alle grond – ook in stedelike gebiede – verkry. Die Wet op Grondvoorsiening en –bystand (wet 126 van 1993) gaan binnekort hiervoor gewysig word.

Alle eiendomsverkopers sal verplig word om eers hul eiendom aan die staat aan te bied wat sal besluit of hy dit wil aankoop of nie. Volgens Thomas ondersoek die departement maniere om die skerp styging in eiendomspryse te stuit. Van die maatreëls sluit in die afwyking van die beginsel van “gewillige verkoper, gewillige koper”, asook grondbelasting en perke op grondbesit.

Die staat wil voortaan grootskaalse grondhervorming begin toepas. “Kanse vir grondverkryging gaan verlore omdat die staat nie proaktief aan grondaankope deelneem nie. Die wetwysiging sal alle grondverkopers binne en buite die staat verplig om grond eerste aan die staat te bied,” het Thomas gesê.

Ook die Suid-Afrikaanse grondwet mag vir die doeleindes van grondhervorming gewysig word. Die radikale nuwe planne sal binne die volgende twee tot drie maande geopenbaar word. “Twee dokumente sal gepubliseer word, een oor die gewilligheidsbeginsel en een oor grondbelasting. Onteiening kan ook ter sprake kom,” aldus Thomas.

Tot dusver kon die departement van grondsake weens “’n kapasiteitsgebrek” nie sy grondhervormingsplanne behoorlik deurvoer nie. Daarom word die departement binne die huidige boekjaar geherstruktureer.

Thomas is in 2005 as direkteur-generaal van die departement aangestel. Hy beskik oor ’n B-graad in kommunikasie van die Fort Hare-universiteit en het een jaar van ’n tweejaarhonneurskursus aan die Rhodes voltooi.

Sover dit beleid betref, steun die departement van grondsake blykbaar swaar op ’n publikasie van die RGN wat deur die Harold Wolpe-trust gefinansier is, The land question in South Africa onder redaksie van Lungisile Ntsebeza en Ruth Hall. Harold Wolpe was ’n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty wat tydens die Rivonia-verhoor landuit gevlug het en in 1996 oorlede is.

In die voorwoord tot die boek noem mev. AnnMarie Wolpe, die weduwee van die Suid-Afrikaanse kommunis, dat hul trust in 2004 ’n grondberaad georganiseer het waartydens die betrokke referate gelewer is. Ook die huidige direkteur-generaal van grondsake, Glen Thomas, was daar verteenwoordig en het tot die kongres en boek bygedra. Volgens mev. Wolpe, “bestaan daar algemene konsensus oor die behoefte aan grootskaalse herverspreiding van grond ná eeue van ontvreemding”.

Die uitgangspunt van Glen Thomas, asook die res van die bydraers tot die boek, is dat blankes en Afrikaners “setlaars” is wat hul eiendom op onregmatige wyse verkry het. Die vraag is nie of hulle van hul grond moet afstand doen nie, maar hoe.

Volgens ’n opname vir die Instituut vir Geregtigheid en Versoening deur James Gibson het 85% van swart respondente “stem saam” geantwoord toe hulle gevra is of hulle saamstem of nie saamstem met die volgende stelling nie: “Die meeste grond in Suid-Afrika is onregverdig deur blanke setlaars bekom en het hulle vandag geen reg tot daardie grond nie.”

Ook meen die groep linkse navorsers wat deur die Harold Wolpe-trust gefinansier is dat “grondherverspreiding bowenal ’n saak van billikheid en gelykheid is. Dit sal ons amper altyd terugneem na die geskiedenis as mense voel dat die manier waarop eiendomsregte vroeër tot stand gekom het nie billik was nie. ’n Geskiedenis waartydens boere se grond van hul afgeneem is stem dikwels in mense se denke ooreen met ’n growwe onreg – ’n onreg wat reggestel moet word, ongeag die gevolge.”

Die “geskiedenis” waarna hier verwys word, is die Suid-Afrikaanse geskiedenis soos dit geïnterpreteer word deur Marxistiese en neo-Marxistiese historici soos Colin Bundy en Harold Wolpe self.

Nog ’n navorser en mede-redakteur van The land question wat nou gemoeid is met die beleid van die departement van grondsake, is Ruth Hall van die Universiteit van die Wes-Kaap. Volgens haar was die radikale herverspreiding van grond deel van die skikking van 1994, maar is dit nog nie behoorlik uitgevoer nie. In ’n onlangse meningsartikel in die Mail & Guardian skryf sy, in ’n duidelike verwysing na die komende verliese wat kommersiële boere en grondeienaars gaan lei:

“Ons Suid-Afrikaners skyn lief te wees vir die idee van wen-wen oplossings vir ons baie moeilike probleme. Maar die herverspreiding van grond kan nie altyd tot gevolg hê dat almal wen nie.”

Sy beskou insgelyks vergelykings van die ANC se huidige grondonteieningsprogram met dié van Zimbabwe as “ongegrond” aangesien Suid-Afrika s’n deur wetgewing en die grondwet gereguleer word.

Een van die metodes waarmee huidige eienaars van hul grond af gedwing gaan word, gaan deur grondbelasting wees. Sodanige belasting sal nie op die waarde of verbeteringe op die grond gehef word nie, maar op die "potensiële produksievermoë" van ’n plaas. ’n Eienaar wat dus in die stad bly met ’n wildplaas sal moet belasting betaal asof hy ’n grootskaalse veeboerdery of saaiplaas aanhou.

Dat die radikale en dikwels kommunistiese navorsers waarop die departement van grondsake steun egter nog vir ’n hele revolusie in die land gaan sorg, is gewis. Een aspek van die komende grondrevolusie berus op die linkse navorsers se geloof in die vermoë van kleinboere op klein lappies grond wat hoër opbrengste as kommersiële boere gaan lewer. Dit wil dus voorkom asof kommersiële plase onteien gaan word en onderverdeel gaan word in kleinhoewes waarop ’n vorm van bestaansboerdery gaan plaasvind.

Die navorsers erken ook dat grondhervorming soos dit veral in Suid-Amerika en in Zimbabwe toegepas is dikwels tot geweld en maatskaplike onrus lei, maar sien dit as ’n geringe prys om te betaal ten einde geregtigheid en gelykheid te laat seëvier.

monopoly game logoпрокурор харьковской области

Mugabe bedreig van binne sy party

Image

Hoe lank nog?

Eerder as wat hy die opposisie vrees, kom die werklike bedreiging vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe van sy eie partylede wat ontevrede is met sy voorneme om sy mandaat te verleng, volgens sekere ontleders.

Mugabe wat reeds 83 jaar oud is en Zimbabwe sedert onafhanklikheid in 1980 regeer, is deur die internasionale gemeenskap verdoem weens die brutale onderdrukking verlede Sondag van ’n opposisie-byeenkoms.

Dog as Morgan Tsvangirai, die leier van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC), die vernaamste opposisieparty, die nuus gehaal het omdat hy deur die polisie gearresteer en geslaan is, bestaan ’n groter bedreiging vir Mugabe binne die geledere van sy eie party, die Zimbabwe-Afro-Nasionale Unie-Patriotiese Front (Zanu-PF).

“Mugabe word in die gesig gestaar deur ’n veel groter opposisie as ooit binne die geledere van Zanu-PF,” meen Takavafira Zhou, ontleder en professor in geskiedenis aan die Universiteit van Masvingo in die suide van Zimbabwe.

Die president het dié naweek sy voorneme om hom van nuuts af aan verkiesbaar te stel vir ’n mandaat van ses jaar gedurende aanstaande jaar se presidentsverkiesing aangekondig. Sy stelling is gemaak terwyl die party die gedagte bestudeer om sy huidige mandaat met twee jaar te verleng ten einde die presidentsverkiesing met die parlementêre verkiesing in 2010 te laat saamval.

Die idee het die steun van Mugabe se volgelinge tydens die jaarvergadering van Zanu-PF in Desember ontvang, maar is nog nie deur die sentrale komitee van die party en die parlement goedgekeur nie. Volgens mnr. Zhou word die besluit om hom aanstaande jaar verkiesbaar te stel gemotiveer deur die verwerping deur sekere lede van die idee om die presidentsverkiesing uit te stel.

“Daar is ’n gevoel binne die geledere van Zanu-PF dat hy in 2008 behoort af te tree soos hy gesê het. Daar is ten minste drie faksies wat rondom die opvolging stry, maar die probleem is dat niemand tot dusver die gesag afdwing wat Mugabe wel binne Zanu-PF afdwing nie.”

Elphus Mukonoweshuro, professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Zimbabwe in Harare meen ook dat die party verdeel is sedert Mugabe drie jaar gelede gesuggereer het dat hy aan die einde van sy huidige mandaat sou aftree.

Toe Joyce Mujuru as vise-presidente in Desember 2004 benoem is, het die staatshoof die indruk gewek dat hy haar as sy opvolgster aanwys, veral toe hy verklaar het dat sy tot ’n hoër pos bestem is. “Mugabe het homself in ’n drukgang na aftrede geplaas,” volgens Mukonoweshuro. “Nou poog hy om om te draai. Sy party is verdeel en self lyk hy sonder ’n plan om ’n soliede ondersteuningsbasis te bou.”

“Die faksies het die basis wat Mugabe goedgesind is, verswak. Hy is gereduseer tot ’n verswakte leier wat veg om sy eie onafhanklike faksie byeen te bring.” Sy verhouding met mev. Mujuru blyk ook heelwat koeler te wees en sy het verlede maand tydens Mugabe se verjaardagseremonie in haar afwesigheid geskitter.

Volgens die International Crisis Group (ICG), ’n NRO wat in Brussel gebaseer is, lei die eggenoot van mev. Mujuru, Solomon, “die veldtog om Mugabe te dwing om aan die einde van sy mandaat in 2008 af te tree”. “Sekere figure binne Zanu-PF meen dat die konflik met Mujuru insgelyks bestaan met betrekking tot ander belangrike leiers van die party, hoewel heelwat bang is om openlik Mugabe se voorstel teen te gaan,” het die ICG bygevoeg.

Terwyl Mugabe ’n vlaag openbaresektorstakings moes trotseer weens die slegte ekonomiese situasie met inflasie van meer as 1 700 persent, bly die veiligheidsmagte tot dusver lojaal teenoor hom. Volgens mnr. Zhou is hul ondersteuning krities: “Indien die weermag sy kant kies, sal hy hulle teen die interne opposisie gebruik… Indien die weermag hom aan die kant van een van die faksies sou skaar, kan dit ook teen hom begin optree.”

абразив для пескоструя ценалобановский александр интервью

Betoging in Jhb. teen Mugabe

Image

Betogers in Jhb.

Teenstanders van president Robert Mugabe het op Dinsdag 13 Maart teen die “doodse stilte” van Suid-Afrika oor die situasie in naburige Zimbabwe buite Harare se konsulaat in Johannesburg geprotesteer.

“Die situasie in Zimbabwe is ’n Afrikaprobleem en lande soos ons buurman Suid-Afrika kan nie aanhou swyg terwyl mense in Zimbabwe doodgaan nie,” het die prominente MDC-parlementariër Roy Bennett, wat nou in ballingskap in Suid-Afrika woon, gesê. “Dis betreurenswaardig dat ons bure aanhou stilbly oor die wreedaardige situasie. Hulle behoort juis die beginsels waarin hulle glo, van demokrasie, menseregte en menswaardigheid, te handhaaf.”

“Om te swyg is om Mugabe se wreedaardige bewind goed te keur en… dit is betreurenswaardig dat diegene wat hul uitspreek teen die mishandeling van mense in Zimbabwe nie self Afrikane is nie,” het Bennett aan AFP gesê.

Die beweerde aanrandings en mishandeling van mense het wye kritiek ontlok, onder andere van die Verenigde State en die Verenigde Nasies.

Suid-Afrika se ANC-bewind het hom van enige openlike kritiek weerhou, met ’n segsman van buitelandse sake wat bloot gesê het dat die probleme in Zimbabwe deur Zimbabwiërs opgelos behoort te word.

Roy Bennett het aan die SAUK gesê dat "ons terugkeer na ’n apartheidsituasie met polisiegeweld en menseregteskendings". Dit was nie duidelik of hy bedoel het dat Zimbabwe daarheen terugkeer of Suid-Afrika nie.

Useni Sibanda, ’n lid van die Zimbabwe-Christelike Alliansie het betogers vertel dat die veldtog om die 83-jarige Mugabe omver te werp, sal voortgaan.

“Ons stryd gaan voort,” het Sibanda teenoor die betogers verklaar. “Hierdie is ’n jaar van verandering en niemand gaan dit keer nie.”

бустер зарядное устройствоДанильченко Юрий Брониславович

Terreurverdagtes in SA

Suid-Afrikaanse inligtingsdienste is bekommerd dat persone wat by internasionale terrorisme betrokke is tyd in die land deurbring, het ’n inligtingsbeampte vandag gesê.

Barry Gilder, koördineerder vir die Nasionale Inligtingskoördinasiekomitee (Nikok), het Sapa op Dinsdag 13 Maart vertel dat agente sekere individue en organisasies, waarby buitelandse besoekers ingereken is, dophou wat dalk by internasionale terreur betrokke is.

“Ons is bekommerd dat terroriste tyd hier deurbring… dis iets wat ons baie ernstig opneem,” het Gilder verklaar.

Volgens hom is ’n interdepartementele taakmag uit die Nasionale Inligtingsdiens, die Suid-Afrikaanse Geheime Diens, die polisie, militêre inligting en ander agentskappe by Nikok saamgestel om die ondersoek te monitor.

“Ons is besig om alle inligting bymekaar te sit en om te kyk of ons dié wetstoepassingsagentskappe kan voer,” het hy gesê.

Gilder het gepraat by ’n byeenkoms van direkteurs-generaal van die justisie-, misdaadvoorkoming en veiligheidsgroep van regeringsdepartemente in Pretoria.

Buitelandse amptenare en ontleders het gewaarsku dat Suid-Afrika reeds ’n skuilplek vir internasionale terroriste geword het. Die land se banke en ander instellings word blykbaar vir terroriste-aktiwiteite gebruik.

“Ons is ’n oop samelewing met goeie infrastruktuur. Dit is van die redes waarom hulle hierheen kom,” meen Gilder.

Hy wou nie die omvang van die probleem beskryf nie, maar het gesê dat van die mense op die inligtingsgemeenskap se waarnemingslys skakel met persone in Afghanistan en Irak, en dat sommige bande met Al-Kaida het.

Hy het gesê dat Suid-Afrika nie ’n teater vir terrorisme is nie, maar eerder ’n plek waar diegene wat daarby betrokke is wegkruip. Hy het bygevoeg dat die land waarskynlik nie ’n terroristeteiken is nie. “Ons is van mening dat dit onwaarskynlik is vanweë Suid-Afrika se standpunt oor kwessies betreffende die Moslemgemeenskap.”

Die direkteurs-generaal het gehoor dat verskeie pogings en benaderings gevolg word om kapasiteit op verskeie vlakke in die inligtingsdienste te vergroot. Een daarvan is om ervare beamptes van die spioenasie-agentskappe na die SA Nasionale Inligtingsakademie oor te plaas, asook ’n verbetering in die kurrikulum van die akademie, het Gilder gesê. Om veiligheidsredes het hy verseg om verdere voorbeelde te verskaf.

детский магазин игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Gee terug daardie miljoene

Image

Brett Kebble

Teen gister laatmiddag het die ANC in die Wes-Kaap nog nie gereageer op die eis van Brett Kebble se trustees dat skenkings ter waarde van R2,4 miljoen, wat die mynmagnaat aan die tak gemaak het, terugbetaal moet word nie. Die omstrede sakeman is in September 2005 doodgeskiet.

Indien die party weier om die skenkings terug te betaal, sal die trustees van die Insolvensiewet gebruik maak om hulle geld terug te kry. Die trustees dring daarop aan dat die geld aan hulle terugbetaal word, aangesien dit ingevolge insolvensiewetgewing onwettig is om skenkings te maak terwyl die skenker skuld het.

Volgens die ANC se provinsiale sekretaris in die Wes-Kaap, Mcebisi Skwatsha, gaan die party egter nie die geld teruggee nie. “Ons glo ’n skenking is ’n skenking,” het hy gesê. Volgens hom het die party minder as R1 miljoen van die vrygewige Kebble ontvang en is dit gebruik om die party se elektrisiteit en telefone mee te betaal.

Lunga Ncwana van die ANC se Jeugliga het aan die Sunday Times erken dat hy deel van sy R14 miljoen “donasie” gebruik het om ’n huis van sowat R4.7 miljoen vir homself in Constantia te koop, asook ’n huis van R1,2 miljoen vir sy ma in Newlands. Die res het hy aan die Jeugliga gegee om hulle nasionale konferensie van 2004 mee te befonds.

Die ANC-tak in die Oos-Kaap het R750 000 van die sakeman gekry, die ANC-jeugliga R6 miljoen en Songezo Mjongile, lid van die Jeugliga se uitvoerende komitee, R860 000.

Mjongile en Ncwana weier om die geld terug te gee en beweer dat dit hulle vergoeding was vir “dienste” wat hulle aan JCI gelewer het.

Intussen het die Demokratiese Alliansie (DA) verklaar dat die party die R250 000 wat Kebble aan hulle geskenk het, reeds terugbetaal het.

Al hierdie skenkings is gemaak met geld wat Kebble van aandeelhouers gesteel het.

лепнина из гипса на стенеОлександр Васильович Фільчаков

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes blink uit

Image

Prof. O. de Jager

Suid-Afrikaanse wetenskaplikes se navorsing oor gammastrale het ’n internasionale astronomiespan in staat gestel om ’n gesogte toekenning van die Europese Unie (EU) te wen.

“Ons het eintlik in die skoene gestaan van mense soos Galileo,” het prof Okkie de Jager gister gesê. Hy is ’n professor in fisika verbonde aan die Noordwes-universiteit. Hy, en vier ander wetenskaplikes verbonde aan dieselfde universiteit, maak deel uit van ’n span van sowat 100 deskundiges wat deur die EU befonds word. Die res van die wetenskaplikes is uit EU-lande afkomstig. Hulle is verantwoordelik vir die sogenaamde Hoë Energie Stereoskopiese Stelsel (Hess) van vier teleskope wat in Namibië gebruik word om gammastrale mee te bestudeer.

Dié span het die Descartes-navorsingsprys vir 2006 ingepalm, het die EU verlede week in België bekendgemaak. Die Hess-projek was een van dertien finaliste uit 65 inskrywings afkomstig uit twintig lande. Volgens die EU het die Hess-wetenskaplikes bestaande astronomiese waarnemingstegnieke dramaties verander en ons kennis van die Melkweg uitgebrei.

Wetenskaplikes van die Hess-samewerkingsgroep het daarin geslaag om vir die eerste keer baie hoë energie (BHE) gammastrale deur hulle netwerk van teleskope waar te neem. Die BHE gammastrale (’n miljoen keer sterker as ’n X-straal) is afkomstig van enorme waterstofwolke wat in die middel van die Melkweg geleë is.

Die BHE gammastrale ontstaan heel waarskynlik deur kosmiese strale, wat uiters energieke partikels is, meestal atoomnukleusse of protone (die nukleus van ’n waterstofatoom), se botsings met die gasdeeltjies in die groot gaswolke.

Moontlike verduideliking vir die waargeneemde BHE gammastraling is dat ’n oorvloed kosmiese straalpartikels tydens die ontploffing van ’n massiewe ster, ongeveer 10 000 jaar gelede, geproduseer is.  Dit is dan ook al vir ’n geruime tyd bekend aan wetenskaplikes dat die oorblyfsels van so ’n ontploffing waargeneem kan word naby die middelpunt van die Melkweg. Hierdie ontploffing het reeds die super massiewe swartgat in die middel van die Melkweg bereik.

Die Hess-span se navorsing het heelwat nuttige implikasies. Die tegnologie word gebruik om wiskundige en rekenaarprogramme te ontwikkel. Verder word dit in osoon-wasmasjiene gebruik, wat dit moontlik maak om wasgoed met koue water te was en skoner resultate te verkry. Dit bring aansienlike energiebesparings mee.

Die span werk tans aan Hess 2, ’n teleskoop van sowat 30 meter wat by die vier ander teleskope in Namibië gevoeg sal word. Die 330 000 euro wat die span met die Descartes-prys ontvang het, sal hiervoor aangewend word. Dit sal die wêreld se grootste astronomiese reflektor wees.

купить детский рюкзак для девочкиФильчаков прокурор отзывы

Duisende betoog in China

Duisende ontstoke Chinese boere en afgedankte plaaswerkers het Maandag in die Hunan-provinsie van sentraal-China tot geweld oorgegaan en polisievoertuie bestorm en aan die brand gesteek in ‘n reeks van vele optogte.

Nege polisievoertuie is uitgebrand toe nagenoeg 20 000 mense 1000 gewapende polisielede bestorm het in net een insident, berig Reuters. Blykbaar is korrupsie onder regeringsamptenary een van die vernaamste oorsake van dié spanning.

Op die webblad genaamd www.boxun.com wat op die Chinese vasteland geblokkeer word vanweë die kritiek wat dit bevat, word beweer dat stygende vervoerkoste tot die uitbraak van geweld aanleiding gegee het.

Die Chinese owerhede het egter in ‘n verklaring gesê dat die onrus onder beheer is en dat die aanstigters aangehou word. Volgens dieselfde bron was die aantal “massa-insidente” – dit sluit optogte, petisies en protes in – in die laaste jaar 23 000. Die regering voel himself skynbaar verbind daartoe om die aansienlike verskille in rykdom tussen die 750 miljoen boere op die platteland en stedelinge aan te spreek.

Vroeër die jaar het ‘n deskundige,  Dr. Albert Keidel, voor ‘n Amerikaanse kommissie belas met ‘n oorsig oor ekonomiese en veiligheidsaangeleenthede tussen die VSA en China, getuig dat “spontane” oproer, geweld en sterftes in die wêreld se mees snelgroeiende ekonomie tans algemeen voorkom.

Volgens Joshua Muldavin wat 8 jaar op die Chinese platteland deurgebring het en ook verslag gedoen het, het die Chinese minister van Openbare Veiligheid erken dat daar in 2005 soveel as 87 000 “insidente” was waar meer as 15 mense by betrokke was. Dit verteenwoordig ‘n toename van 6,5% teenoor die vorige jaar.

Prof. Muldavin sê voorts dat die Chinese regering se manier om kleinboere se grond goedsmoeds te konfiskeer vir die oprigting van nywerhede en nuwe ontwikkeling aanleiding gegee het tot die gesegde van ‘n “twee-mond” lappie grond, dws ‘n stukkie grond wat te klein is om vyf monde mee te voed. Hierdie boere word dan noodgedwonge deel van die migrasiestroom van 200 miljoen wat die stede aandurf op soek na ‘n leefbare heenkome.

Trouens, Muldavin meen dat die grondkwessie ‘n “tydbom” kan wees omdat kleinboere nie behoorlik vir hul grond vergoed word nie en ook nie hul griewe na behore gelug kry nie. Hy sê dat dit toenemend lei na die delegitimering van staatsgesag in die armer provinsies.

Verslae wat onlangs oor hierdie aangeleenthede aan die Amerikaanse Kongres voorgelê is, kan by www.uscc.gov. bekom word.

липецк оборудованиелобановский александр дочь

Korrupsie nie so erg, s? Teenkorrupsieforum

Image

Fraser-Moleketi

Openbare persepsies oor korrupsie en die werklike omvang van die probleem verskil geweldig, het ’n studie getoon wat gister aan die Nasionale Teenkorrupsieforum voorgelê is.

Die studie oor korrupsie in die privaatsektor toon dat omkopery slegs by 11,5 persent van maatskappye voorkom wat deel van die opname is, maar dat 74 persent glo dat korrupsie bestaan.

“Dit wys vir ons dat negatiewe persepsies een van die grootste uitdagings in die stryd teen korrupsie is,” sê Geraldine Fraser-Moleketi, die ANC-minister van Staatsdiens en Administrasie.

Die studie wat deur Besigheid teen Misdaad Suid-Afrika onderneem is, het 760 maatskappye in 14 nywerheidsektore regoor Suid-Afrika bestudeer. Dit toon dat die algemeenste vorms van korrupsie plaasvind by die toekenning van tenders, gevolg deur diefstal by maatskappye en “frontpersone” as dit kom by swart bemagtiging.

Terwyl omkoopgeld die algemeenste was, word sogenaamde gunslone en selfs geskenke en gewone gunse gebruik om korrupte verhoudings te bewerkstellig.

Omkoopgeld van onder R1000 oorheers, maar daar is ook baie gevalle waar groter bedrae betaal word en waar selfs meer as R1 miljoen van eienaar verwissel.

Nog ’n dokument wat deur die forum bespreek is, is ’n verslag oor ondersoekende joernalistiek en korrupsie wat deur die SA Nasionale Redakteursforum voorgelê is.

Volgens Fraser-Moleketi toon dit dat die media se fokus op hoëprofielkorrupsiesake tot ’n “negatiewe psigose” bydra dat Suid-Afrika in die algemeen korrup is. Sy het voorbeelde soos adjunk-president Jacob Zuma en die parlementêre reisskandaal gegee.

Die ANC-minister sê dat haar regering trouens in die meeste gevalle korrupsie ontbloot.

Volgens die forum behoort die media verby ondersoekende joernalistiek te streef en ’n meer bemagtigende en opvoedkundige rol te speel. Daarbenewens moet daar meer gereeld oor positiewe verwikkelinge in die stryd teen korrupsie ook berig word.

купить стойки трансмиссионныелобановский класс

Misdaad: ‘n Boer maak ‘n plan

ImageToespraak gelewer by ‘n PRAAG-vergadering oor misdaad in die NG Kerksaal, Lynnwood, Pretoria op 10 Maart 2007, saam met Steve Hofmeyr, TLU-veiligheid en ander belanghebbendes

Dames en here, mede-Afrikaners,

Daar gaan nie ‘n dag verby dat ons nie gruverhale in die koerante lees oor die vlaag misdaad wat die land teister nie. Trouens, “misdaad” het ‘n versamelnaam geword vir die patologiese toestand waarin ons land verkeer. Ons kan dit net sowel oorlog of anargie noem, want nóg die oorlog in Irak nóg die konflik tussen Israeli’s en Palestyne eis soveel slagoffers soos ‘n gewone dag in Suid-Afrika.

Ons mooi land het die swaargewigmisdaadkampioen van die wêreld geword. Die ergste is: niemand in gesagsposisies en veral nie die kamma-regering van die ANC wat polisiehoofde soos Jackie Selebi en Robert McBride insluit, ervaar dit as ‘n skande nie. Inteendeel, nou onlangs het Selebi homself op die skouer geklop dat hy die beste polisiemag ter wêreld het! Hy het sommer ‘n vriend by Interpol gekry om dit te sê ook.

Hierdie ding wat hulle misdaad noem, en wat toenemend meer soos ‘n lae-graadse burgeroorlog lyk, om nou nou dr. Bertie du Plessis se term te gebruik, raak ons almal. Man, vrou en kind word voor die voet aangeval, beroof, verkrag, vermoor. Die polisie of die weermag bied ons geen beskerming nie. Vele van ons betaal ten duurste vir privaatveiligheidsdienste. Volgens dr. Henri Boshoff van die Instituut vir Sekerheidstudies bestee die inwoners van die voorstede wat veronderstel is om deur die Brooklyn-polisiestasie beskerm te word, nege miljoen rand per maand aan privaatveiligheidsdienste. Maar as die koeëls begin klap, dan hardloop baie van hierdie veiligheidswagte eerste weg of kruip hulle in hul hokkies of onder hul lessenaars weg.

Suid-Afrika het drie keer meer privaatveiligheidsbeamptes as polisiemanne. Sommige prys dit aan as ‘n wonderlike voorbeeld van die mark wat reageer op ‘n behoefte wat deur die staat se versuim om ons te beskerm, geskep is. Maar as hulle so doeltreffend was, waarom vrees ons dan nog?

Die tema van hierdie vergadering is “Genoeg!” Ons hoop dat hierdie slagspreuk deur elke inwoner van die land opgeneem sal word, maar veral ook deur elke Afrikaner. Ek gesels nou onlangs met een van ons opposisieleiers wat meen dat Suid-Afrika net sal regkom die dag as Afrikaner-breinkrag weer op alle vlakke van regering verteenwoordig is. As ons egter wag tot daardie dag, mag ons almal uitgemoor wees. Daarom moet ons hier en nou verantwoordelikheid vir ons eie veiligheid neem. Ons moet beheer van ons woonbuurte terugneem van die moordenaars en die rowers wat tans in die strate koning kraai.

Hoeveel minagting ons ook al het vir die LUR vir veiligheid in hierdie provinsie, Firoz Cachalia, met sy politieke speletjies, help dit nie om ons daaroor te verknies nie. Cachalia het mos belowe om oor ses maande te bedank as hy nie misdaad beduidend sou laat verminder nie. Ses maande het gekom en gegaan en agterna was hy verbaas dat enigeen nog kon onthou wat hy gesê het. Sy leë gebaar nou onlangs om die ouers van die vermoorde dogtertjie Sheldean Human voor die TV-kameras te besoek, is tekenend van sy sinisme. Terwyl die lyke opgestapel word, is Cachalia, soos Selebi en daardie grootste nar van almal, Charles Nqakula, besig met politieke speletjies.

Maar ons het oorgenoeg hiervan gehad. Ons het geen vertroue meer in Mbeki, sy bewind en sy amptenare nie.

Verskeie kere in die geskiedenis was ons al by so ‘n krisis waar die Britse koloniale staat in die negentiende eeu nie ons veiligheid kon verseker nie of waar die Voortrekkers ‘n toestand van burgeroorlog en anargie in die binneland aangetref het tydens die Mfekane. Wat is misdaad anders as ‘n hedendaagse Mfekane? Ons voorouers het toe saamgestaan, hulle het kommando’s gevorm en hulle het hulself begin beskerm en sommer ook die orde rondom hulle herstel. Sodoende is hierdie staat, Suid-Afrika, met sy reëls en sy wette, aan die woesteny ontruk.

Soveel mense oor die afgelope jaar het al vir my gesê: die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Wat ons nou beleef, het ons al ‘n hele paar keer vantevore ervaar: aan die Oosgrens in die vroeë 1800’s en tydens die moorde by Bloukrans en Weenen op 17 Februarie 1838 toe 500 mense, hoofsaaklik vroue en kinders, op die wreedste wyse uitgemoor is. Tydens en net na die Tweede Vryheidsoorlog was daar weer anargie en net na die Tweede Wêreldoorlog het wanordelike swart verstedeliking in Sophiatown en elders insgelyks ‘n misdaadprobleem geskep wat destyds opgelos moes word.

Ek glo dat die geskiedenis hom ook in ‘n positiewe sin sal herhaal: as die krisis groot genoeg is, kom ons volk bymekaar en laat hulle geskille en verskille daar om die onmiddellike probleem aan te pak. Ons het dit in die verlede gedoen. Ons kan dit weer doen.

Die hele doel van hierdie vergadering is juis om die vele selfbeskermingsinisiatiewe wat reeds bestaan, onder almal se aandag te bring. As ons egter daarin wil slaag om die foneokrasie oftwel “moordenaarsregering” waaronder ons gebuk gaan, te stuit, het ons groter onderlinge samewerking en koördinasie nodig. Daar is soveel wonderlike inisiatiewe regoor die land reeds aan die gang: mense wat hul tyd en geld en hul gesinslewe opoffer om hul bure te beveilig. Ons gaan nou-nou hoor hoe die buurtwag op Louis Trichardt hul misdaad binne vier maande met 95% laat daal het, hoe die TLU-Veiligheid reeds meer as 2000 boere en stedelinge in huis-en-haardbeveiliging opgelei het en ook patrollies in landelike gebiede doen. Hier is ‘n baie aktiewe Praaglid, mnr. Seef le Roux, wat oor die afgelope weke ‘n buurtwag in die Faerie Glen-omgewing gestig het en reeds, sover ek verstaan, begin patrollie ry het.

Daar is nog vele ander mense hier teenwoordig wat netnou tydens die besprekingsessie met ons gaan deel waarmee hulle besig is.

Ek verstout my om te sê dat daar reeds ‘n hele veiligheidsbeweging onder Afrikaners aan die gang is en wat ons hoop vir die toekoms gee. As ons met mekaar kan begin saamwerk, met al die gesofistikeerde kommunikasietegnologie wat vandag tot ons beskikking is, kan ons binne enkele maande selfs begin om die misdaadsituasie in bepaalde gebiede te stabiliseer. Mnr. Anton Barnard van Praag sal aanstons vir ons verduidelik hoe die Burgerwag-sms-stelsel werk en watter moontlikhede dit aan ons bied, hetsy in noodsituasies, hetsy om akkurater misdaadstatistiek op te stel sodat probleemareas geïdentifiseer kan word.

Ten slotte, jare gelede het ek ‘n Fransman ontmoet met wie ek sedertdien bevriend geraak het. Die heel eerste sin wat hy in Afrikaans geleer het, was: ‘n Boer maak ‘n plan. Dis ‘n eenvoudige spreekwoord en al amper ‘n gemeenplaas. Maar as ons kyk na wat ons volk hier in Afrika op alle gebiede binne so ‘n kort tydjie vermag het, hierdie ongelooflike land wat ons binne ‘n eeu so te sê uit niks uit opgebou het, dan wéét ek diep binne in my dat ons die misdaadprobleem kán aanpak en kán oplos.

Wat die frase ook vir my sê, is: die Afrikaner is ‘n praktiese mens. Ons kan nie vir altyd protesteer of ons met groot ideologiese slagspreuke vermaak totdat daar naderhand, soos in Zimbabwe, niks meer oor is nie.

‘n Boer maak ‘n plan. Kom ons sorg dat ons vandag, voor ons huistoe gaan, gestalte gee aan daardie plan. Dit hoef nie die héle plan te wees nie. Maar dit moet ten minste genoeg inhoud hê om aan die spreekwoord te voldoen. Want die omgekeerde is sekerlik ook waar: ‘n Boer sónder ‘n plan is geen Boer nie.

Wat genoeg is, is genoeg! Ons gaan nie langer misdaad vat nie. Kom ons begin nou werk aan daardie plan.

генератор 30 квт арендаФільчаков Олександр Васильович

Grondeis ontaard in ‘n bakleiery

Image

Xingwana: nog onteienings oppad

Die eerste eiendom wat deur die regering onteien is, naamlik die Lutherse kerk se plaas buite Pniel in die omgewing van Kimberley, is tans ’n twispunt tussen die eisers. Die staat sal gevolglik vir ’n ruk as kurator van die grond optree voordat dit aan die eisers oorhandig word.

Mashile Mokono, grondeisekommissaris in die Limpopo-provinsie, het die Pniel-gemeenskap op 10 Maart toegespreek en verduidelik dat die grond, wat op 26 Januarie vanjaar in die regering se naam geregistreer is, nie dadelik aan die gemeenskap oorhandig gaan word nie.

’n Bakleiery tussen lede van die Gemeenskapseiendomvereniging, wat die eisers verteenwoordig, het tot dié besluit gelei. Die staat sal op 15 Maart fisies besit van die eiendom by die Lutherse kerk oorneem. Volgens Mokono moet die eisverifikasieproses ook nog gefinaliseer word en planne beraam word vir hoe die grond in die toekoms benut gaan word.

Die Lutherse kerk en die regering het vier jaar lank oor die prys van die 25 000 hektaar onderhandel, totdat minister Lulu Xingwana op 13 Februarie vanjaar besluit het die proses het lank genoeg geduur en dat die grond onteien sou word. Die plaas is uiteindelik vir R35.5 miljoen verkoop.

Ses plase in die noorde van die Mpumalanga-provinsie is volgende op die regering se lys van eiendomme wat onteien gaan word. Die regering se spertyd vir die afhandeling van bykans 7 000 grondeise verstrek aan die einde van volgende jaar. Teen 2014 moet 30% van landbougrond in die land in swart hande wees. Dit behels 26 miljoen hektaar grond waarvan 24,6 miljoen hektaar tans in wit besit is.

“Dit beteken ons kan nog 12 000 kommersiële boere verloor,” sê dr Chris Jordaan, bestuurder van eiendomsreg by TLU SA, aldus Rapport op 22 Maart.

In 1993 was daar 57 980 plase wat in 2002 tot 45 818 verminder het. Bykans 200 000 plaaswerkers is in hierdie periode afgedank. Die aantal boere het in dieselfde periode met ’n derde verminder van 68 647 tot 46 027. Volgens Agri SA en TLU SA is daar tans nie meer as 40 000 kommersiële boere in die land oor nie.

циклевка паркета ремонт паркетаданильченко юрій броніславович

PRAAG, Steve, TLU wil anti-misdaadplan uitbrei

Die tema van PRAAG se anti-misdaadvergadering Saterdag 10 Maart in Lynnwood, Pretoria, was Genoeg! Die publiek, en veral die Afrikanergemeenskap, is siek en sat vir misdaad en die moue moet nou opgerol word om iets daadwerkliks daaraan te doen.

Image

‘n Genoeg!-plakkaat by die vergadering

Volgens dr. Phillip Venter, voorsitter van die Louis Trichardtse buurtwag, het hulle daarin geslaag om misdaad op die dorp met 95% binne vier maande te verminder. Hoewel hy ‘n predikant is, ry hy self patrollie en is daar al op hom geskiet. Maar hy het die gehoor van ongeveer 300 mense daaraan herinner dat misdaadvoorkoming ons Christelike plig is. “Misdaad is sonde en indien ons as gelowiges dit toelaat, is ons ewe aandadig as die misdadigers self.”

Soos wat die vergadering gevorder het, was dit duidelik dat daar reeds ‘n plan teen misdaad bestaan wat in sommige dele van die land met sukses toegepas word. Mnr. Anton Barnard het ‘n omvattende aanbieding oor misdaadstatistiek gedoen en aangetoon dat Limpopo die laagste misdaad van al nege provinsies het. Die verklaring mag wees dat die TLU se veiligheidstelsel, asook buurtwagte soos dié op Louis Trichardt, reeds die nodige positiewe resultate toon.

Image

Anton Barnard oor die Burgerwagstelsel

Barnard het ook die mite dat misdaad deur armoede veroorsaak word, die nek ingeslaan. “Toevallig is Limpopo die armste provinsie in die land. Die Wes-Kaap wat die hoogste inkomste per kop in die land het, het die tweede hoogste misdaadsyfer na die Oos-Kaap. Daar is dus geen korrelasie tussen inkomste en misdaad nie,” het hy gesê.

Image

Dr. Dan Roodt: geskiedenis herhaal homself

Dr. Dan Roodt het in sy openingsrede verwys na die bekende spreekwoord, “’n Boer maak ‘n plan” en dat hy oortuig is dat die Afrikaner soos soveel kere in die verlede sal opstaan om die anargie wat tans in die land heers, te stuit. Die elektroniese kommunikasiestelsel wat mnr. Anton Barnard van PRAAG ontwikkel het, is immers vernoem na die “Burgerwag” van die 1790s toe besorgde burgers aan die Kaap saamgestaan het om die strate na donker saans met fakkels te patrolleer omdat voetgangers toe dikwels aangeval is. Ook die kommandostelsel wat die ANC-bewind onlangs afgeskaf het, het in die negentiende eeu onstaan om die veiligheid van die ou Boererepublieke te verseker. Die Afrikaner het dus ‘n lang geskiedenis van “kommando ry” en vandag is daardie geskiedenis bloot besig om homself te herhaal.

Image

Steve Hofmeyr in gesprek agterna

Steve Hofmeyr het verwys na die groot aantal betogings waaraan hy en dr. Dan Roodt van PRAAG reeds saam deelgeneem het, sowel teen misdaad as teen naamsveranderings en die miskenning van Afrikaans. Onlangs was hulle saam by die hof in Randfontein om te protesteer teen die koelbloedige moord op die vyfjarige Danielle Esterhuizen wat vir haar pa langs ‘n dam waar hy besig was om vis te vang, gaan kuier het. Hofmeyr het die doeltreffendheid van protes om die ANC-bewind tot ander insigte te bring, betwyfel. “Ons marsjeer, soms is ons ‘n handjievol, soms is ons vyfduisend, maar hulle steur hulle eenvoudig nie daaraan nie.” Volgens hom trek betogings egter tog die aandag van die media. “Dis omtrent die enigste positiewe element daaraan, dat die media daaroor rapporteer en sodoende groter bewustheid skep.”

Mnr. Gideon Meiring van TLU-Veiligheid het verduidelik watter welslae dié organisasie reeds behaal het om plaasaanvalle te bekamp. Meer as 2000 boere en hulle gesinne, maar ook stedelinge, is reeds in hul kursusse wat maandeliks aangebied word, opgelei. (Enigiemand wat meer oor dié kursusse wil uitvind, kan ‘n epos aan inlig@praag.org rig.) Vir mnr. Meiring gaan dit om weerbaarheid in die breedste sin, om mense met kennis van vuurwapens en ongewapende selfverdedigingstegnieke toe te rus, maar ook hulle geestelik en kultureel weerbaar te maak. Die behoud van ons Christelike en patriotiese etos is ewe belangrik as om fisies paraat te wees, meen hy. As mens se denke nie reg is nie, kan jy nie weerstand teen misdaad bied nie. Vandaar die spanbou-aktiwiteite en konserte wat deel vorm van die TLU se naweekkursusse teen misdaad.

Dr. Dan Roodt het bygevoeg dat die TLU-opleidingskursusse teen R350 met kos en verblyf ingesluit ‘n absolute winskoop is, juis omdat die instrukteurs waarvan tot 32 gebruik word om 40 mense op te lei, vrywillig werk. “Hierdie mense verrig ‘n volksdiens en behoort ondersteun te word,” het hy gesê.

Hoewel daar steeds hier en daar pligsgetroue en hardwerkende polisiemanne en –vroue bestaan, was die algemene gevoel by die vergadering dat die diens so deur regstellende aksie ondermyn is dat mens nie daarop kan staatmaak nie. Tot veertig pesent van polisiebeamptes is elke dag met siekverlof. Tien persent is ongeletterd. Die enigste hoop vir die land is daarom dat Afrikaners beheer oor hul woonbuurte en distrikte van die misdadigers moet terugneem deur self betrokke te raak. “Niemand kan sy veiligheid aan iemand anders delegeer nie”, het mnr. Gideon Meiring gesê.

‘n Vorige offisier in die Weermag, mnr. Jan Malan, het ‘n pleidooi gelewer dat alle groepe en organisasies met mekaar sal saamwerk om ‘n strategiese anti-misdaadplan op te stel en landwyd toe te pas. Dr. Dan Roodt van PRAAG het die versekering gegee dat so ‘n plan reeds in wording is en dat die kwessie verder met alle Afrikaanse organisasies wat tans besig is om in ‘n Afrikanerraad byeen te kom, opgeneem sal word.

Steve Hofmeyr het bygevoeg: “Daar is hoop. Die rol van ‘n leier is om mense hoop te gee.”

 

нужно оборудованиеданильченко юрій броніславович компромат

Lang lemme in die nag

Die Moeder van Moraliteit

Die Nag van die Lang Messe, ook bekend as Red October, Operation White Cleanup, Iron Eagle en, onheildreigend genoeg vir enige Afrika-inwoner, Uhuru, het skielik volksbesit geword. ‘n SMS-veldbrand wat beweer dat Nelson Mandela op sterwe lê, ‘n gebeurtenis wat die voorspel sal wees tot ‘n landswye massa-aanval en –uitdelging van witmense deur swartes, het die nasionale temperatuur ‘n kerf of twee laat styg. En ek, ek erken, ek is bang gepraat.

Image

Gustav Venter

Dit is nie dat ek maklik banggepraat word nie en vir seker nie deur die donker mymeringe dat hierdie volksuitwissing net nog ‘n baken is wat aangetref moes word op die roete wat volks-Nostradamus Siener van Rensburg ‘n driekwart eeu gelede vir die Afrikaner uitgestippel het nie. Ek is nie ‘n Siener-proseliet nie: Ek kan sy amp of sy metode net so min vereenselwig met die Bybelse model van profesie as wat ek die weerklank van hedendaagse Charismatiese uit-die-vuis-uit “profetiese gawes” in die apostel Paulus se aanwysings kan hoor.

Meer vasnaelend as interpretasies van die Siener se voorspellings is die weldeurdagte menings van ontleders en veiligheidskenners soos die TLU se Gideon Meiring, AKSKA se Lukas Swart en dié van die skielik berugte Gustav Müller. Tussen die drie van hierdie onverbonde deskundiges het hulle verskeie dekades se ervaring in militêre intelligensie en elkeen van hulle is bedrewe in die versameling, ordening en verspreiding van inligting. Hierdie is nie stemme wat goedsmoeds geïgnoreer behoort te word nie en veral Swart en Müller is driftig dat daar ‘n landswye komplot is om blanke teenwoordigheid in Suid-Afrika tydens een massiewe bloedige spasma van geweld totaal te beëindig. Dit is heeltemal binne die ruim van moontlikheid. Ons leef na alles in Afrika waar net nog ‘n ongeërgde klein volksmoord minder of meer amper roetine is en nie juis die wêreld se bewussyn gaan prikkel nie. Maar Swart en Müller se alarms berus steeds op interpretasie en die onderskrywing van esoteriese berigte en menings. Dit is nie hulle wat my vrese wakkerpraat nie.

Ek word bang vir onteenseglike, standhoudende, algemene waarhede, soos wanneer ek hoor dat Friedrich Nietzsche sê: “Vrees is die moeder van moraliteit;” woorde wat ‘n eggo het in die profeet Jeremia se verklaring: “Die mens se hart is boos bo alle dinge.” Al wat die mens weerhou van boosheid, so verstaan ek die filosoof en die profeet, is vrees. As jy wil weet hoe om ‘n mens se venietigende selfsug op hok te hou, stel net vas wat dit is waarvoor hy bang is. Wanneer hierdie vrees verval, verander die mens in ‘n verterende monster wat selfs dit wat eens vir hom kosbaar was, sal vernietig.

Hierdie is ‘n refrein van moderne en selfs populêre kultuur. Die teruggrype na ‘n primitiewe self is ‘n tema wat ontstellend ondersoek word in William Golding se grillerige “Lord of the flies” waarin ‘n groepie koorseuns op ‘n eiland gestrand is en hulle self moet versorg en verdedig. Die gewone beperkings van die gemeenskap geld nie meer vir hulle nie en hulle wentel af tot die morele standaard van hondsdol aasdiere. ‘n Meer ligsinnige maar tog geldige demonstrasie is in realiteits-TV se “Survivor” te sien. Wanneer goedgemanierde, welopgevoede, beginselvaste persone sonder vrees vir gemeenskapsverwerping teen mekaar meeding vir ‘n miljoen dollar, is verraad, sluheid en aggressie die terugval lewenstyl van die mens.

Ons het hierdie vlakliggende, oorlewingsgedrewe barbaarsheid van die mens op ‘n baie grootser skaal te siene gekry in die naloop van Orkaan Katrina se verwoesting van die stad New Orleans.  Hierdie was ‘n moderne, polsende stad, weliswaar met ‘n sluwe onderlaag, maar toe die orkaan en die oseaan klaar was met New Orleans het dit nie net die keerwalle uit die pad gespoel nie, dit het die stad ook sonder enige noemenswaardige administrasie gelaat. Die meeste gegoede mense het voor die aankoms van Katrina gereageer op die Afrikaner, Ivor van Heerden, se waarskuwings en na hoër grond onttrek. Die wat agtergebly en die storm oorleef het, meeste van hulle swart en arm, het die volgende oggend opgestaan, deur die water gestrompel en gou besef hulle is soos kinders wat alleen gelos is. Die meeste polisielede en die hele stadsraad het voor die orkaan gewyk. Die agtergeblewenes het skielik geen offisiële sanksie gehad om te vrees nie en alle morele halters het losgespring.

Vir die volgende paar dae het hulle in siedende massa’s deur die stad gespoel, meer vernietigend as die orkaan self. Hulle het winkels geplunder en dit wat deur die water staande gelaat is, beskadig of geplunder. Duisende van hulle het in die sentrale sportstadion ingetrek en daar het die oerwoudreël van die oorwinning van die sterkste op die kruuste moontlike manier gegeld. Die paar oorblywende blankes in die stadion moes in klein groepies laer trek om hulle vrouens van verkragting en hulleself van uitwissing te red. Die swart massa’s kon hulleself ongestoor by hulle vernietigingswerk bepaal: Die polisie was te min en te ongetraak om hulle te keer. Moraliteit het skielik gekwyn want die moeder daarvan – vrees vir amptelike vergelding – het weggeval.

Die drama van New Orleans is ‘n kontinentale verskynsel in Afrika. Die individuele Bantoe is vanweë antropologiese redes, hulle kultuur en tegnologiese gebrekkigheid nie emosioneel betrek by die wyer gemeenskap nie. Hulle belang lê hoofsaaklik by hulle gesinne en uitgebreide families. Tradisioneel is hulle in toom gehou deur stamgesag en meer onlangs deur die kolonis se objektiewe wetstoepassing. Die stamowerhede se invloed is regdeur die twintigste eeu verplaas deur westerse regspraak. Met die onttrekking van die koloniale administrasie is ‘n vakuum gelaat. Die Bantoe het geen strafreaksie op sy optrede oorgehad om te vrees nie. Massamoord, fanatiese vandalisme en algehele verontagsaming van enige morele ingewings het die gemeenskapsvesel van Afrika geword. Die temamusiek van hierdie vastelandwye drama was die eentonige resitering van name wat in oneer sal leef: Zaïre, Ghana, Ivoorkus, Somalië, Ethiopië, Biafra, Nigerië, Sentraal Afrika Republiek, Rwanda, Uganda, Sierra Leone, Liberië, Zambië, Zimbabwe, Mosambiek, Angola, Kongo…

En Suid-Afrika staan gereed om in ingehuldig te word in dié saal van berugtheid.

Ja, hier

Die Afrikaner het die mag in 1994 oorgegee onder die oortuiging dat die ANK die vergrype van Afrika raakgesien en afgekeur het. “Nie híér nie!” was die stelreël van die dag. Suid-Afrika sou die uitsondering wees. Hier sou geen Afrika-styl verval en verdelging plaasvind nie. In hierdie atmosfeer van optimisme was die Afrikaner half verleë oor sy agterdogtigheid oor die ANK se motiewe en ook oor sy lae agting van die Bantoe se administratiewe vermoëns. Die ANK was, so wou dit vir die Afrikaner lyk, toe eintlik ––  in Pik Botha se uitdrukking –– “goeie ouens”; skrander, sensitief, mensliewend en toegewyd. En, het die blankes mekaar herinner, Suid-Afrika is die een land waar daar nie ‘n vakuum gelaat is deur die grootskaalse onttrekking van westerse instellings en vaardighede nie. Die Afrikaner was hier om te bly en dit sou verregaande onnoselheid en onredelikheid geverg het om hulle saam met hulle ervaring en ywer uit te skuif.

Dit sou nie die laaste keer wees wat die Afrikaner die klassieke flater-in-Afrika begaan deur staat te maak op die redelikheid van onredelike mense nie.

Dit is juis hierdie onverantwoordelike vertroue op die ANK se redelikheid wat die Afrikaner houtgerus gemaak het dat daar geen breëfront gewelddadige aanslag teen hom sou wees nie. Die wysheid van die dag was dat die voortekens van so ‘n aanslag te ooglopend sou wees. Daar sou sekere voorbereidings moes wees, afgetrek op ‘n ou bekende Afrika-patroon. Mees prominent sou die verskyning van ‘n gulsige nuwe elite wees wat hulleself sou verryk ten koste selfs van die heel armstes van die land. ‘n Kunsmatige florerende middelklas van ondersteuners sou moes opgerig word. Hulle sou die westerse invloed en beheer in die landsbestuur en die veiligheidsmagte moes aftakel en die administrasie blootlê vir massiewe korrupsie en algehele onbeholpenheid in middel- en hoë bestuursvlakke. Die ANK sou ‘n outokratiese, partygedrewe oorname van die openbare media moes bewimpel wat die veldtog sou moes lei om ‘n minderheidsgroep doelbewus en onverpoos te verkleineer en as onheilig voor te hou. ‘n Messiaanse kultus wat gekonstrueer is om ‘n openbare figuur sou ook help. Die formule vir volksuitwissing se eerste fase is om die regerende party as redders van die nasie voor te hou en ‘n minderheid as die vyande van die land. Daarna moet die regering ‘n paar nasionale krisisse skep wat aan die gehate minderheid toegeskryf word. 

Die Afrikaners se oë het stadig oopgegaan maar een na die ander moes hulle die ANK se vertoning gaan meet teen die program van volksuitwissing. En dit pas! Die Afrikaner  se ontnugtering het verhewig tot afgryse met die ANK se ontplooiing van ‘n uitgebreide program van Swart Ekonomiese Bemagtiging, regstellende aksie, programme om die polisie en die nuwe weermag van blankes te suiwer, die veelbesproke snukifikase van die SABC, wegdoening met Afrikaanse dorpsname en die aanslag op sy skole, die verskynsel van onproduktiewe jong swart middelvlak bestuurders en die algehele vasbranding van die landsbestuur. Die een koortjie wat die openbare media knaend sing is dat dit alles die Afrikaner se skuld is; wat “dit” ook al mag wees. En, heel verstaanbaar, gloei die verontwaardiging in die swart gemoed teen die drie miljoen Jona’s in die land.

Die brandstapel is gepak. Die hout is goed droog. Al wat dit kort is ‘n oop vlam. Die Bybel sê dat die tong ‘n klein vlammetjie is wat groot vure aansteek. En dít maak my bang want ek hoor die presiese woorde, die uitgesoekte mantra’s, die fynontwikkelde slagspreuke, die omvattende netwerk van beskuldigings wat die vereiste bestanddeel is vir ‘n volk om deur die onbeteuelde woede van ‘n ander verbrand te word. 

Daardie soort van ding

Ek kan Siener van Rensburg se vooruit verklarings ignoreer en Swart en Müller se rooi vlae miskyk maar ek voel deurgaans die warm wind van die woorde en dit is woorde wat vlamme maak van die vonke teenaan die droë hout van die brandstapel. Die een boodskap wat deur die regering, die media en die liberale volksmond volgehou en versterk word, is dat die Afrikaner boos, inhalig en gewelddadig is. Die blanke transformeer nie, word daar beskuldig. Hy is steeks en onwillig om vir die onregte van die verlede te vergoed. Soos wat swart frustrasie met hulle eie onbeholpenheid toeneem, word die debiete daarvan onregverdig op die Afrikaner se rekening aangebring. En selfs, teen die bors gestuit deur die duidelike teendeel van hierdie aanklagte, hou die aantygings nie op nie.

Thabo Mbeki het op ‘n televisie onderhoud na sy staatsrede gedemonstreer hoe hierdie veldtog op stoom gehou kan word. Die blanke, het hy betoog, transformeer nie en toe kug en hakkel hy op die vraag hoe hy dit bedoel. Die rede vir sy skielike ongemak is duidelik: Die Afrikaner het, na alles, ‘n ongeëwenaarde nasionale persoonlikheidsomvorming ondergaan. Hy het die rykdom wat hy opgebou het aan die ANK oorgelaat, teruggestaan op leiersgebied, sy werk ter wille van knoeiende swart aanstellings ontruim en met passie deelgeneem aan die fiksie van die Nuwe Suid-Afrika. Die Afrikaner van die Nuwe Suid-Afrika staan toe oë, hand op die bors van die polohemp met die “Trots Suid-Afrikaans” borduurwerk daarop en hy sing “Nkosi Sikele i’Afrika.” Maar volgens die ANK se program kan nie dít of enige iets anders genoeg wees nie. Die Afrikaner se samewerking en omvorming mág nooit aanvaar word nie. “Uhmm, met transformasie,” het die president geproes, “bedoel ek meer gemengde skole, meer gemengde woongebiede… daardie soort van ding.”

“Daardie soort van ding.” Laat daar nooit twyfel wees nie: Die Afrikaner, doen wat hy wil en kan, sal in die media-oog en in die swart bewussyn nooit voldoen aan die onvasstelbare “daardie soort ding nie.”

En wat gemaak met so ‘n onboetvaardige, steekse en bose teenwoordigheid in die land? Geweld teen hierdie ondier is nie meer ‘n onreg is nie, nie eens meer net ‘n toegewing gemaak deur ‘n stilswyende regering nie, maar inderdaad ‘n morele plig op die gemiddelde swart man. Hoe maklik moet dit nie vir hulle wees om te glo dat hulle die regte, die goeie, ding doen om die aarde te bevry van die versurende teenwoordigheid van die Afrikaner nie. En in die nag verskyn die lang lemme.

Ons nag van die lang lemme is nie ‘n verskynsel waarop ons langer wag nie. Dit het – onafgespreek en sonder aankondiging – reeds begin, tans nog gekamoefleer as ‘n misdaadvlaag wat dien as ‘n soort afgryslike eksperiment in volksuitwissing. Ja, sekerlik, dit sal nog in omvang toeneem totdat dit onverbloembaar nie meer net ‘n reeks bloedige moorde is nie maar ‘n volskaalse burgeroorlog; in intensiteit kan dit kwalik verhewig.

Watter sieklike item van ekstreme geweld verskyn nog nie op die spyskaart van wat ons mense elke dag moet verduur nie? Verminking, verkragting, versmoring? Ja, ons het dit. Verbryselde babaskedels? Jip, daar is dit. Oumensvoete wat in kookwater gedompel is nadat die voetsole afgesny is? Het dit. ‘n Barmhartige, skadelose skrywer wat met bloudraad verwurg is? Probeer ons Pieter Pieterse. ‘n Man wat tereggestel is nadat hy gedwing is om toe te kyk hoe sy bruid herhaaldelik gebrutaliseer word? Hoeveel daarvan soek jy? ‘n Dogtertjie wat met groot presiesheid deur die voorkop geskiet is terwyl sy op haar ma se skoot gesit het? Natuurlik… En die maitre d’ waar hierdie ala carte vreetfees van walglike bloedvergieting voorgesit word, is ‘n kalm, bebokbaarde, pyprokende president wat die blanke skuldig hou daarvan dat hy in gebreke is om “daardie soort ding” uit te voer.

Of dit deur weldeurdagte opset of volslae patetiese onbeholpenheid of ‘n kombinasie daarvan is, is oop vir bespiegeling maar die feit staan: Die regering het presies die regte stappe gevolg om die verdelger by te staan in sy bose kruistog. Nie net het die regime ‘n teiken op elke blanke vasgespeld nie, hy het hulle ook ontwapen en gestroop van beskerming en sekuriteit. Vir die lang lemme om bebloed te word in die nag, is dit noodsaaklik dat die kommando’s ontbind moes word, die veiligheidsmagte lamgelê en die gewone burger ontwapen moet word. Die ANK-regering werk mooi saam. Die wrede ironie is die westerse, blanke en selfs Afrikaanse media wat so uit volle bors saam sing aan die lied wat die ANK ingesit het.

Vroeër jare was die struggle-fliek ‘n kortpad vir enige worstelende filmmaker na sukses en roem. Ter aanvulling het ‘n hele teaterindustrie ontstaan op die stryd as tema en het byvoorbeeld van Athol Fugard die suksesvolste dramaturg naas Shakespeare gemaak. In die negentigs het hierdie vermakers ‘n windstilte getref. Die stryd was verby. Wat was daar oor om te sê? Maar die ou struggle-istas het mettertyd besef daar is meer perverse glorie in die stryd as in die veeleisende bestuur van ‘n land. Op die golf van hulle verwronge nostalgie het die struggle-filmmakers ‘n tweede asem gekry. Die formule is eenvoudig: ‘n Skyn-geskiedkundige fliek van ‘n sensitiewe, mensliewende, humoristiese swartmens wat verneder, gemartel en verdruk word deur ‘n siniese, inhalige, vreesdeurdronge Afrikaner. Die fliekmeule pers hierdie films teen ‘n tempo uit: Drum, Country of My Skull, Stander, Forgiveness, Blood Diamond en die nuwe Tim Robinson projek, Catch a Fire, geskryf deur daardie streng objektiewe susters, Gillian en Shaun Slovo, die kinders van die Marxiste Joe Slovo en Ruth First. Selfs in Hotel Rwanda wat die geskiedenis vertel van (swart) Hoetoe’s wat amper ‘n miljoen (swart) Toetsie’s uitgedelg het, word die blaam gelê waar Hollywood so seker is dit behoort: Voor die deur van (blanke) België wat die land gekolonialiseer het en voor die deur van die (blanke) VN amptenare wat hulle magte onttrek het sonder om die slagting te keer.

Hierdie onverskillige omvang met die werklikheid ten spyt, is Hotel Rwanda goeie kykstof vir Afrikaners wat die skouer optrek oor die gedagte van ‘n volksuitwissing. In die Rwanda van die vroeë ’90’s was al die elemente teenwoordig wat ons nou in die Nuwe Suid-Afrika herken: ‘n Verguisde maar intimiderende minderheid wat gevrees is deur die meerderheid, ekonomiese verval wat op die minderheid geblameer kon word en ‘n ononderbroke mediaveldtog wat die minderheid as “kakkerlakke” uitgekryt het.

Natuurlik trap die fliek suutjies om die onderwerp van die geweld. As uitmoordenaars blank was, sou hulle wandade in liefderyke, Schindler’s List-styl detail vertoon gewees het. Maar swart geweld is polities ‘n radio-aktiewe onderwerp en die filmmakers wys net skalkse glimpsies daarvan. Tog ontstel dit genoeg, veral omdat die verloop daarvan afspeel, nie in die platteland nie, maar in die voorstede van die hoofstad Kigali. Dit is die kontras tussen die kil, redelose, masjienagtige geweld teenoor die knus, bekende omgewing van die woning wat ‘n mens aangryp. Want sou die sluise faal en die swart geweldsvloed in Suid-Afrika losbreek, is dit in Rynfield, Benoni; Bothasig, Kaapstad; Garsfontein, Pretoria en Queensburgh, Durban wees waar die slagting gaan plaasvind. Dit is nie die vlakte anderkant Megiddo of ‘n onheilspellende vallei of ‘n stowwerige bergpas nie. Daar is geen padteken wat dit eien as “Die Slagveld” nie. Dit is die huis.

En wanneer hulle jou voordeur oopbreek en jou uitsleep sal jy die klein fraaiings van die lewe sien: Die strooi-advertensie wat skeef gevou langs die telefoon lê, die skoene wat jy nog wou vat om hersool te word, die krapmerke teen die gangmuur waar julle die klavier gestamp het toe julle dit ingedra het. En buite staan die kar waarmee jy elke dag werk toe ry en wat jy moet onthou om vir ‘n diens te vat. Daar is die braaier met verlede Saterdag se as nog daarin, die seuns se geskufde krieketbal onder ‘n struik, ‘n fiets skuins teen die muur, die tuinslang wat moet opgerol word… En vir ‘n oomblik sien jy die bure maar uitroep na hulle is futiel want die swart hande is op hulle en die werf is vol lenige figure in los, flappende hemde, flenterbroeke en uitgetrapte skoene. Jy kan nou in die straat afsien en in al die tuine is dit dieselfde: Die vloed van jillende, snouende manne. En die lang lemme glinster en swiep op, blits af… En die bloed! Die bloed is daar in al die buite-die-liggaam manifestasies daarvan: Vasgepak onder vingernaels, korrels daarvan in die gleufies van kneukels, dowwe spatsels oor klere, krummelrige koeke in natgeswete hare, strepe oor lemme en gloeiende rooi smeersels oor stompgekapte snykante.

Die skielike ondier

Die 1976 Soweto onluste het vir altyd die manier waarop blankes na swart geweld kyk, verander. Die grootste skokelement was hoe vinnig ‘n massa swartes kan opvorm. ‘n Groepie opgeruimde, tergende, spelerige individue kan in ‘n paar oomblikke verander in ‘n grommende, bloedlustige massa. Dit is asof hulle met die karigste aansporing en aanwysings van die alomteenwoordige agitators een dier word; wyd, vloeiend en met ‘n skynbaar onstuitbare momentum; ‘n monster wat van vorm verander en via die weë van minste weerstand indring, omkeer, afbreek, neerwerp, vertrap, verbrand, opkap… Dit is die onbeplande, ongeoefende skielikheid daarvan wat so vreesaanjaend is.

As dit wel geoefen word, kan die onlangse voorval in Motherwell in die Oos-Kaap as ‘n oefening beskou word. ‘n Groep Somali’s het hulleself daar gevestig en besighede opgerig wat blykbaar te mededingend was vir die Xhosas. Na ‘n skietongeluk by ‘n Somali winkel het die swart Suid-Afrikaners hulle kans gesien. Een of meer agitators het verskyn, die winkel is afgebrand. Die monster is gevorm en het begin verteer. Meer as ‘n honderd Somali besighede is vernietig en geplunder terwyl die polisie ongeërg toegekyk het. Meer as vierhonderd Somali’s moes vir hulle lewens vlug.

Hierdie Somalis was ‘n klein eilandjie in ‘n groot swart see. Elke blanke woongebied en plaas is eweneens omring deur swart nedersettings. Terwyl ons ongewapen, onvoorberei en onwaaksaam is, kan ons ewe gemaklik oorval word. Dít weet ons.

Die regering – kolossale onnoselheid uitgesluit – moet dit ook weet en, soos die Motherwell polisie trek hulle die skouers op. Intussen gaan die eksperimente in geweld voort. Dit is soos die proefsteke wat ‘n aanvaller op sy vyand se verdedigingslinies loods om die swakhede daarin te vind. Elke keer wat ‘n blanke plaas of woonhuis in die voorstad suksesvol binnegedring word sonder heftige en besliste teenkanting, word die rampokker net meer kordaat, net meer vasbeslote en bedag op die moontlikheid om hierdie geweld, nou sporadies in klein groepies toegepas, op groot skaal te probeer.

Die ANK se laaste mistasting

Alles is in posisie vir ‘n volksuitwissing om op die Afrikaner losgelaat te word: Die volk word deurlopend en venynig verkleineer en voorgehou as boos en die blanke is gestroop van sy wapens en het karige hoop dat die uitgekalwe en onbeholpe veiligheidsmagte hom sal kan of wíl beskerm. Ek kan nie anders as om skepties te wees oor die ANK se benadering nie. Hulle kan die bom ontlont maar dit wil eerder voorkom asof hulle die vonkie aanblaas. Dit is vir my duidelik dat hulle die Madiba-is-dood SMS-gerug vir hulle eie planne aanwend. ‘n Eenvoudige, kort telefoonoproep van Mandela na enige TV-kanaal sou alle voortydige tydings oor sy dood opgeruim het. Dit is in die ANK se belang dat die blanke van balans af gehou sal word.

Maar uiteindelik is dit die ANK wat gaan mistas. As dit ‘n eeuelange afwyking van die blanke is om die moontlikheid van wye, wrede geweld in Afrika te verontagsaam, is dit ‘n swart gebrek om die blanke se vermoë om te organiseer en homself te beskerm te onderskat. Wanneer sy opponent ‘n baba, ‘n vrou of ‘n ouman is, is vandag se moorddadige sluiper besonder suksesvol. Maar as hy, alleen of in ‘n bende van duisende, deur ‘n vasberade, ingegrawe Afrikaner vanaf agter ‘n slaggeweer gekonfronteer word, sal hy wegsmelt in die duister waarvandaan hy gekom het.

 As die Afrikaner die vooruitsig van lang lemme in die nag verontagsaam, sal duisende van ons volk grusaam met hulle lewens vir dié kortsigtigheid boet. Maar daarna sál ons konsolideer en sál ons onsself beskerm. Daar sal ‘n geweldige konflik wees en omdat oorlog op die onderskeie opponente se bestuursvermoë berus, kan daar net een militêre wenner wees en dit sal die Afrikaner wees. Na die stryd sal die swart mense nog steeds hier wees en die blankes ook. Maar die ANK sal geknak wees.

Dit is elke redelike mens in hierdie land se gebed dat die Nag van die Lang Messe bloot ‘n vooruitkouende stoeplegende sal bly. Maar as dit sou losbreek, sal iets oneindig kosbaar uit die skerwe daarvan kom: ‘n Onafhanklike, vooruitstrewende, veilige Afrikaner Republiek wat in die gees van goeie buurmanskap met sy swart bure in Suid-Afrika sal saamwerk om die land op te hef.

Die ANK hét nou nog die vermoë om die geweld in hierdie land te stuit en, sou hulle ‘n algemene helder oomblik beleef, is dit wat hulle moet doen. Paradoksaal is dit húlle oorlewing, eerder as dié van die Afrikaner wat daarvan afhang.

casino sign upалександр лобановский супермаркет класс