Ligte vliegtuig stort naby Germiston neer

Een persoon is dood en twee is beseer toe 'n ligte vliegtuig op 'n gholfbaan naby Germiston se Randse lughawe gister neergestort het.

Woordvoerder Nick Dollman van Netcare 911 het gesê paramediese personeel het die wrak in 'n spruit op die gholfbaan naby die 7de putjie gevind.

Daar was drie insittendes in die vliegtuig ten tye van die ongeluk.

Een persoon is op die toneel dood en die ander het baie ernstige beserings opgedoen.

Die beseerdes is na die Netcare Union-hospitaal geneem.

интернет магазин для младенцевФільчаков прокурор

Barack Obama se broer gevind

ImageBarack Obama se broer leef in 'n rowwe krotbuurt aan die buitewyke van Nairobi.

George Hussein Onyango Obama, 26, die jongste van senator Obama se halfbroers, sê niemand weet wie hy is nie.

Omdat hy so arm is, is hy skaam om te sê dat hy familie van die beroemde Obama is.

Hy sê dat hy op minder as 'n dollar per maand leef.

Hy het nog net twee keer sy beroemde broer ontmoet.

Eenkeer toe hy vyf was en die laaste keer toe Barack Obama in 2006 Nairobi besoek het.

купить детские комбинезоны для девочекФильчаков прокурор харьков

ANC-provinsiale konferensie eis sy eerste ongeval

'n Bitter stryd tussen partylede voor die provinsiale konferensie wat Dinsdag gaan begin, het sy eerste ongeval veroorsaak.

'n ANC-lid, Victor Kibi, wat tydens 'n streekspartyvergadering in die Noordkaap aangerand is, het oor die naweek beswyk.

Hy was een van die mense wat hospitaal toe gejaag is.

Die prominente ANC-lid Ngoako Ramathlode moes van die toneel wegvlug toe geweld uitgebreek het.

LUR'e David Malusi en Yolanda Botha het ligte beserings opgedoen.

Verlede week is die LUR vir plaaslike regering, Boeboe van Wyk, by 'n ANC-takvergadering in die Kalahari-substreek aangerand. Sy motor is later beskadig.

промышленный светильникФильчаков прокурор харькова

Nog ‘n Zuma

ImageEn steeds by Zuma…

Popkunstenaar Gwen Stefanie het verlede week in Los Angeles aan haar tweede kind geboorte gegee.

Die seuntjie sal Zuma genoem word.

Stefani en haar baba is gelukkig en gesond.

Zuma Nesta Rock Rossdale het net oor die 3kg by geboorte geweeg.

Haar blitsverkoperalbums sluit die treffers Just a Girl en Don't Speak in.оборудованиеФильчаков прокуратура харьков

Sadou vra vir staking ter ondersteuning van Zuma

Die Demokratiese Onderwysersunie, Sadou, het 'n oproep om 'n algemene staking ter ondersteuning van Jacob Zuma gedoen.

Sadou sê daar is toenemende bewerings rondom die multimiljardrandwapentransaksi
e wat toppolitici betrek, waaronder Thabo Mbeki verstaan moet word.

Hulle sê die uitsondering van kameraad Zuma is polities gemotiveer.

Die unie se uitvoerende bestuur vra vir alle aanklagte teen Zuma om onmiddellik teruggetrek te word, asook 'n geregtelike ondersoek an die wapentransaksie.

Sadou is die grootste unie in die staatsdiens met 235 000 lede.

полиграф принцип работыданильченко юрій Харків

Transnet verkoop die Waterfront en die see

ImageTransnet het in die geheim sonder die kabinet se medewete 'n deel van Kaapstad se beste see en grond aan beleggers van Londen en Doebai vir R7 miljard verkoop.
Die Victoria en Alfred-waterfront behoort nou aan Lexshell in Doebai, 'n Britse belegger en 'n plaaslike swartbemagtigingsgroep.

Senior regeringsamptenare sê dat Transnet die volle besonderhede verberg het van die ooreenkoms wat deur die uitvoerende beampte Maria Ramos in 2007 onderteken is.

Indien die Geïntegreerde kusbestuurswet egter goedgekeur word, sal Transnet met 'n potensiële eis van R20 miljoen gekonfronteer word om die maatskappy nie sy kontraktuele verpligtinge nagekom het nie.

Die wetsontwerp, wat deur die minister van omgewingsake en toerisme, Marthinus van Schalkwyk, opgestel is, sal die oordrag van see- en kusgebiede aan Lexshell verhoed.

ANC-parlementslede gaan voort om die wetsontwerp tot 'n volwaardige wet te maak.

Die departement van omgewingsake en toerisme sê dat Transnet hawens, geboue, infrastruktuur en grond binne die hawens wat dit bedryf, besit.

Dit besit egter nie die see, strand en seebodem nie.

play slot onтопкарго отзывы

Swaziland ? land van wese en koninkryk van die armes

Twintig jaar gelede was die lewensverwagting nog 65 jaar, teen die jaar 2000 het dit na 43 gedaal, tans lê dit by ʼn wêreldlaagtepunt van 29. Dit is volgens ʼn Duitse joernalis, Ulrich Werner Schulze, wat die land gedurende Julie 2008 weer besoek het, nadat hy gedurende 2003 en 2004 daar gewerk het.
Daar is tans na raming 120,000 weeskinders, meer as tien persent van die totale bevolking van 1,1 miljoen mense. MIV-Vigs is natuurlik die oorsaak, met byna 40% van Swazi’s wat hieraan lei.

Volgens die Duitse konsulaat is daar egter tekens dat dinge begin beter lyk, na ʼn verwoestende droogte wat die land tussen 2001 en 2003 lamgelê het. Dit kan met ʼn tikkie skeptisisme bejeën word, tensy mens natuurlik verwys na Koning Mswati die derde, wat homself Ngwenyama – “die leeu” noem, en altyd ʼn leeuvel by feestelikhede dra. Hy het naamlik 13 vrouens, waarvan elkeen oor haar eie BMW, chauffeur, huis, kraal en kredietkaart beskik.

Dat die koning nog enigsins geag en vereer word, kan toegeskryf word aan sy uitgesproke vriendelikheid,  sy uitmuntende optrede en gedrag, dalk vanweë sy skoolopleiding wat hy in Engeland gekry het, en die feit dat hy elke jaar op 19 April, sy geboortedag, ʼn volksfees van vleis, pap en mielies aanbied waaraan die hele land kan deel. Maar dalk het dit meer te doen met die onoorwinbare soeke na harmonie en letargie wat onder die Swazi’s heers.

Die Europese Unie het in 2004 uit Swaziland onttrek, en hul antwoord op die vraag wat mens te doen staan in die katastrofale situasie, was: “Niks”. Volgens hulle heers daar geen noodtoestand nie, dit handel veel meer rondom ʼn huishoudelike probleem.  Die oorsaak vir hierdie probleem verskyn soos skrif aan die muur – Koning Mswati.

Meer as twee derdes van MIV-Vigs-gevalle leef in Afrika suid van die ewenaar. Stehanie Nolen, ʼn Kanadese skryfster, het ʼn aangrypende boek daaroor geskryf: “28: Stories of Aids in Africa”, waarin sy onder andere die lewensverhaal van Siphiwe Hlope en haar familie skets, wat in ʼn hut in die noorde van die land geleef het, en deur Vigs uitgewis is. Die 28 in die titel dui op die 28 miljoen mense wat in die volgende vyf jaar aan Vigs gaan sterf. Sy noem dit die “Volksmoord deur onverskilligheid”

Volgens die “Times van Swaziland” het koning Mswati onlangs vrywiliglik ʼn vigstoets ondergaan. Die Swazi’s glimlag tevrede en fluister onderlangs.

веник фотоДанильченко Юрий отзывы

Springbokke – spelerontleding

Hier is hoe die Bokke gevaar het: 

Beast – 7 uit 10. Een van die beter spelers in die Bokspan. Het Mat Dunning harde bene laat kou.

Bismarck du Plessis – 8 uit 10. Saam met Adi Jacobs die beste speler in die Suid-Afrikaanse span. Is die enigste Springbok wat kan meeding by die breekpunte en balle steel van die oposisie.

CJ van der Linde –  2 uit 10. Hy kan baie bly wees dat hy die volle wedstryd gespeel het. Die skeidsregter moes hom die trekpas gegee het ná min of meer 10 minute se spel toe hy kop verloor het en een van die Aussies met die kop bygekom het. Hy spandeer ook hopeloos te veel tyd in die agterlyn.

Andries Bekker –  5 uit 10. Het end-uit prober, maar het net nie die fisiese teenwoordigheid wat van ‘n internasionale slot verwag word nie.

Victor Matfield – 3 uit 10. Beïnvloed die kapteinskap sy spel? Hy is op die oomblik nie ‘n skadu van die speler wat hy laasjaar was nie. Suid Afrika het 3 lynstane op hulle eie ingooi verloor, iets wat ondenkbaar was verlede jaar. Verder het Matfield met sy gewoonlik baie betroubare hande weer‘n afskop verbrou. Met die skrum wat daarna gevolg het, het Mortlock onder die pale gaan druk.

Schalk Burger – 4 uit 10. Schalk Burger lyk baie prominent, want sy witkop is orals, maar as oopkant flank staan hy baie vêr agter Richi McCaw en George Smith. Suid-Afrika sal ernstig moet dink om ‘n baljagter in die span in te sluit, en die enigste baljagter in Suid-Afrika na waarde is Baywatch Grobbelaar.

Juan Smit – 4 uit 10. Juan was nog nooit op dreef dié jaar nie en in ‘n lostrio wat sukkel, rig hy maar min uit.

Pierre Spies – 4 uit 10. Spies moes nooit in die Drienasies gespeel het nie. Hy is duidelik kort aan wedstrydoefening ná meer as 12 maande op die kantlyn. Miskien kan hy oorweeg word op vleuel as Habanna nie herstel het teen volgende week nie.

Fourie du Preez – 6 uit 10. Fourie du Preez verbeter elke wedstryd en behalwe vir die blaps op verdediging, kan hy redelik tevrede voel met sy wedstryd.

Butch James – 6 uit 10. Butch het ‘n wipplankwedstryd gehad. Het baie goed verdedig en mens kon sien hy het iets gehad om te bewys. Sy beste wedstryd van die jaar. Het Fourie du Preez se beter diens iets daarmee te doen?

Jongi Nokwe – 1 uit 10. Het nie rêrig iets verkeerd gedoen nie, maar ook nie rêrig iets gedoen nie. ‘n Internasionale vleuel wat sy sout werd is, soek werk. Nokwe was anoniem op die veld.

Jean De Villiers –  7 uit 10. Jean beleef die beste seisoen van sy loopbaan, en het die lyn ‘n hele paar keer gebreek.

Adi Jacobs – 8 uit 10. Die Bokke se ligpunt. Sy insluiting in die Springbokgroep die jaar het die wenkbroue laat lig maar hy het met goeie vertonings week in en uit rugbykenners en opposisie laat kennis neem van hom.

 JP Pietersen – 2 uit 10. Soos Nokwe het hy nie sy wedstrydgeld verdien nie. Soek glad nie werk nie en baie basiese vaardighede ontbreek om op dié vlak ‘n bedreiging in te hou vir ander spanne.

Conrad Jantjes – 5 uit 10. Die beste van die agterste driehoek en sy bes probeer saam met twee vleuels wat min ondersteuning bied.

Plaasvervangers:

Luke Watson – 0 uit 10. Wat sy funksie in die span is, weet nugter alleen. Alhoewel hy as losvoorspelerreserwe sy verksyning op die veld maak, staan hy heeltyd in die agterlyn. Sy verdedigingspoging op Mortlock sou ‘n laerskoolkind laat skaam kry het.

Percy Motgomery – 3 uit 10. Miskien is dit nou tyd vir Percy om uit te tree.

Die ander reserwes het ook nie rêrig enige impak gemaak nie. Peter de Villiers sal hierdie week moet kopkrap oor die samestelling van sy span. Buiten een of twee spelers is bogenoemde span min of meer die beste wat tot Suid-Afrika se beskikking is en ook die span wat die wêreldbeker gewen het.

Dit laat die vraag oor Peter de Villiers se afrigtingsmetodes opkom; of daar enige afrigting plaasvind, sal net hy weet.

дом игрушек киевФильчаков прокурор харьков

Is Peter de Villiers uit sy diepte?

Een uit vyf, lees Peter de Villiers se rekord in vanjaar se Drienasies, en dit wil voorkom asof Suid-Afrikaanse rugby met elke toets ‘n treetjie agtertuit boer. Die All Black-span is die swakste in jare nadat baie van hul top pelers groener weivelde in Europa gaan soek het, en die Wallabies in ‘n herbou-fase na die vertrek van George Gregan, Larkham en Latham verkeer.

Die Bokke aan die ander kant is die huidige wêreldkampioene, en die span waarmee hulle die William Web Ellis-trofee gewen het, is min of meer dieselfde as die een wat Peter de Villiers probeer afrig. Suid-Afrika moes om dié rede die gunsteling gewees het om met die Drienasie-trofee weg te stap, nou suig ons aan die agterste speen.

Hierdie wêreldkampioenspan lyk op die oomblik soos ‘n klomp afkophoenders. Die vaste vyf spandeer meer tyd in die agterlyn as in die losskrums en ons agterspelers word gelos om te stoei vir die losbal. Ná elke wedstryd was ons gebreke duidelik: te min spelers by die afbreekpunte, en te min spelers wat ondersteun. Vyf wedstryde later is nog niks gedoen om hierdie leemte aan te spreek nie. Selfs die dronkste dronkie agter in die kroeg kan sien dat dit is waar die bokke te kort skiet, maar nie Peter de Villiers nie. Volgende week sal hy seker met allerhande verskonings vorendag kom, die skeidsregter blameer en sommer ook die spelers. Ongelukkig, meneer De Villiers, lyk die spelers onafgerig en wys alle vingers na jou. Sterkte vir volgende week, jy gaan dit nodig hê!  

выбрать хороший генераторtopcargo развод

ZB du Toit ? dood van ‘n vriend

Vanoggend vroeg is ZB du Toit, assistent-redakteur van Rapport, in 'n Pretoriase hospitaal oorlede. Hy het 'n harde geveg teen kanker aangeknoop, 'n rare buikkanker waarvoor chemoterapie nie gebruik kon word nie. Hy het verlede week vir my reguit gesê hy wil nou huis toe gaan. Hy het gesterf soos hy geleef het: 'n vegter, 'n realis, 'n briljante denker wat nog tot op die laaste oor die VSA-verkiesing wou praat, 'n méns, 'n kameraad.
Saam met Chris Karsten, Bokkie Gerber, Herman Jansen, Piet Muller en Annemarie Mischke het ZB die kern van my bestuurspan by Rapport gevorm. Mischke het hom die eerste maal genooi om vir Rapport te skryf toe hy nog redakteur van Die Patriot was. Hy het aandag getrek met sy fyn redenasies. Toe die KP en Patriot hom sonder waarskuwing in die pad gesteek het, het hy by Rapport aangeklop. Hy is aangestel en het onmiddellik deel van die span geword, soveel so dat toe ek hom die hoofskap van die Pretoria-kantoor aangebied het, hy dit geweier het "om liewer te bly waar die aksie is." Dieselfde toe ek hom Politieke Beriggewer wou maak. Hy was uiters lojaal, 'n harde werker, 'n knap joernalis, vakman van die woord met 'n gawe vir vriendskap en jovialiteit. Ek het hom na die moord op Chris Hani Pole toe gestuur met die opdrag: "Gaan soek die Walus-familie en skryf 'n berig. En as jy dit nie kry nie, gaan dan sommer reguit Kazakstan toe en moenie terugkom nie!" Hy het gelag en die Walus-familie opgespoor.

Hy kon verbete argumenteer. Ten onregte is hy as "regs" getjap, veral deur ander politieke beriggewers. Ek en hy het nog steeds 'n weddenskap aan vir R1000. Hy het gesê Obama gaan in die VSA wen. Daarby was hy teen die oorlog in Irak en vir die Palestyne. Hy was 'n ondersteuner van Gordon Brown as "eerlike man". Dit was soos ZB self was: 'n werklik eerlike man, in sy lewe en oortuigings. En hy het altyd hoop gehad vir hierdie land.

ZB sou die ideale buitelandse korrespondent gewees het. Hy het oral, letterlik oral, vriende gehad: in die VSA, in die VK, in Duitsland, selfs tot in die kabinet van Mugabe én ook die MDC. Hy kon net die foon optel en praat. Dan het hy die storie gehad, al het hy nie altyd saamgestem nie. En hier in elke politieke party.

Hy was 'n Afrikaner deur en deur. Baiemaal, soos ons almal, ook verkeerd in sy standpunt, maar eerlik genoeg om te erken dat hy verkeerd was. Hy het my onlangs die kompliment gemaak dat sy beste jare in die pers saam met my was. Hy het die respek gehad van Tim du Plessis. Maar in die tyd toe ek daar weg is en voor Tim gekom het, het hy uitgestoot gevoel. Toe het hy in die aandelemark begin belangstel en kon ewe goed sakeredakteur geword het. Dankie, Tim, dat jy hom waardeer het.

Ek self verloor 'n groot vriend. Ons het gereeld gepraat oor die foon en gekuier. Onlangs nog het ons saam oor ons kaal koppe gelag toe ons saam in Pretoria geëet het.

Ek sal jou mis, my kameraad.

Ich hatt einen Kameraden,
Einen bessern findst du nicht …

"Kann dir die Hand nicht geben,
Bleibst du im ew'gen Leben
Mein guter Kamerad!"

люстры италия брендылобановский александр дети