Sadou sê daar is toenemende bewerings rondom die multimiljardrandwapentransaksi
e wat toppolitici betrek, waaronder Thabo Mbeki verstaan moet word.
Hulle sê die uitsondering van kameraad Zuma is polities gemotiveer.
Die unie se uitvoerende bestuur vra vir alle aanklagte teen Zuma om onmiddellik teruggetrek te word, asook 'n geregtelike ondersoek an die wapentransaksie.
Sadou is die grootste unie in die staatsdiens met 235 000 lede.
