Ligte vliegtuig stort naby Germiston neer

Een persoon is dood en twee is beseer toe 'n ligte vliegtuig op 'n gholfbaan naby Germiston se Randse lughawe gister neergestort het.

Woordvoerder Nick Dollman van Netcare 911 het gesê paramediese personeel het die wrak in 'n spruit op die gholfbaan naby die 7de putjie gevind.

Daar was drie insittendes in die vliegtuig ten tye van die ongeluk.

Een persoon is op die toneel dood en die ander het baie ernstige beserings opgedoen.

Die beseerdes is na die Netcare Union-hospitaal geneem.

интернет магазин для младенцевФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae