ANC-provinsiale konferensie eis sy eerste ongeval

'n Bitter stryd tussen partylede voor die provinsiale konferensie wat Dinsdag gaan begin, het sy eerste ongeval veroorsaak.

'n ANC-lid, Victor Kibi, wat tydens 'n streekspartyvergadering in die Noordkaap aangerand is, het oor die naweek beswyk.

Hy was een van die mense wat hospitaal toe gejaag is.

Die prominente ANC-lid Ngoako Ramathlode moes van die toneel wegvlug toe geweld uitgebreek het.

LUR'e David Malusi en Yolanda Botha het ligte beserings opgedoen.

Verlede week is die LUR vir plaaslike regering, Boeboe van Wyk, by 'n ANC-takvergadering in die Kalahari-substreek aangerand. Sy motor is later beskadig.

промышленный светильникФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae