Rassisme en laster

In vandag se Rapport verskyn daar ‘n artikel deur ene Henry Cloete in Kaapstad wat beweer dat ek “die laaste rassis in Suid-Afrika” sou wees. Dít, na aanleiding van die Amerikaanse TV-program The Daily Show wat onlangs ‘n onderhoud met my kom voer het.

Die onderhoudvoerder van The Daily Show was John Oliver. Hulle het omtrent die heel dag hier by my deurgebring en ons het seker maklik tussen vier en ses uur se videomateriaal geskiet. Hiervan is slegs ses minute uitgesaai en is dit so geredigeer dat dit lyk asof ek ‘n pleidooi lewer dat “rassiste in Suid-Afrika vir die nageslag bewaar moet bly”.

Intussen het die meeste van die vrae wat daar aan my gevra is, glad nie oor “rassiste” gehandel nie, maar oor Afrikaners. Waar ons praat oor “mense soos ek” wat moontlik bestem is om in Suid-Afrika uit te sterf, het dit gegaan oor die etno-kulturele groep van Afrikaners wie se taal, kultuur en voortbestaan om die volgende redes bedreig word.

  • Daar word teen ons gediskrimineer op grond van taal en ras;
  • ons word ekonomies uitgerangeer;
  • ons grond word onteien;
  • ons kinders word met propaganda op skool bestook;
  • ons word op gruwelike maniere aangeval, verkrag, gemartel en vermoor;
  • en les bes, ons word in die plaaslike en internasionale media verguis.

Hoe meer die multikulturele projek van die “reënboognasie” – ‘n misleidende term as daar al ooit een was – misluk, hoe desperater word sommige joernaliste en propagandiste om die Afrikaner by te kom.

Eers was daar Mandela en toe sokker om “nasiebou” te verseker. Môre gaan die vlaggies gebêre word en leef ons steeds in die land van Malema en “Skiet die Boer!”

Een van die vele boeke wat ek nog wil skryf indien ek net die tyd kan vind, sou iets wees in die trant van: Ras – die Suid-Afrikaanse dilemma. Daar was nog nooit so ‘n groot paradoks in die geskiedenis soos die huidige grondwet wat trots in sy eerste artikel verklaar dat die Republiek van Suid-Afrika op “die beginsels van… nie-rassigheid en nie-seksisme” gegrond is.

Wanneer sedert 1994 was Suid-Afrika al ooit “nie-rassig”? Deur wetgewing, ideologie, propaganda en die algemene kultuur, word elke faset van ons lewens op een of ander manier deur ras bepaal. Suid-Afrikaanse “transformasie” verteenwoordig een van die mees radikale programme van sosiogeniëring sedert kommunisme.

Eie aan elke totalitêre samelewing is ‘n ideologiese vyand. Onder die Katolieke heerskappy en die Spaanse Inkwisisie is hulle ketters genoem. In die voormalige Sowjetunie is daar van “fasciste” of “vyande van die staat” gepraat. En in Suid-Afrika is die grootste ketter van almal: die “rassis”. Selfs moordenaars en verkragters verdien ons begrip, want omdat hulle meesal swart is, verseker die sosioloë en kriminoloë ons dat hulle ook iewers “slagoffers van blanke rassisme” is.

Is daar iewers ook blanke slagoffers van swart rassisme? Diegene wat ‘n pos geweier word omdat hulle wit is, wat op universiteit aan ander toelatingsvereistes moet voldoen omdat hulle tot die minderheidsras behoort, blanke vroue wat as “wit tewe” uitgeskel word alvorens hulle verkrag word? Hieroor swyg ons skoothondjiekoerante in alle tale, maar wee Dozi of enigiemand anders wat die K-woord gebruik.

Enigeen wat die anomalieë, onregte en afstootlike geweld van hierdie samelewing uitwys, word met die teerkwas van “rassisme” bygekom. Ek het reeds voorheen al geskryf dat die term “rassis” semanties leeg of sinloos is. ‘n Stellings soos: “99% van alle geweldsmisdaad in Suid-Afrika word deur jong swart of bruin mans gepleeg” is “rassisties”, maar ook waar. Volgens Henry Cloete van Rapport sou dit egter ‘n “rasfilosofie” wees, want volgens amptelike “nie-rassigheid” is dit kleurlose mense wat geweldsmisdaad of gruweldade teen ander kleurlose mense pleeg. Ons is “almal saam” skuldig.

Is die waarheid “rassisties”? Is die natuur en evolusie, wat verskillende rasse van homo sapiens geskep het, “rassisties”? Is die globale ekonomie waarin Afrika suid van die Sahara met sy enorme bevolking van 600 miljoen mense so ‘n geringe rol speel “rassisties”? Volgens die gangbare definisies van “rassisme” moet ons ongetwyfeld “ja” op al hierdie vrae antwoord. Die waarheid, natuur, evolusie en die globale ekonomie is “rassisties”. In die gevleuelde woorde van Mbeki tydens die Durbanse Wêreldkonferensie teen rassisme in 2001, “word mense volgens ras in poste en woonbuurte geplaas, met swartmense onder en witmense bo”.

‘n Hele klompie jare gelede het ek ‘n artikel in die Mail & Guardian gepubliseer, in antwoord op Malegapuru Makgoba se siening dat “blanke mans nou vir swart mans moet plek maak” omdat hulle deur natuurlike evolusie te lig bevind is. Ek het die nogal amusante – binne die konteks – Engelse titel gekies, wat net so deur die Mail & Guardian gebruik is: “You can’t have your banana and eat it”.

Feit is dat die swartman in Suid-Afrika op alle gebiede oorheers. Suiwer op grond van sy demografiese voorsprong en in ‘n politieke stelsel waar demografie en demokrasie blykbaar uitruilbare begrippe is, verdien hy om ons te regeer, te administreer, te reguleer, te intimideer, te breinspoel en op die duur te verdryf en te vernietig. As daar vandag rassisme in Suid-Afrika bestaan, is dit teen blankes gemik. Ons as Afrikaners, lede van die minderheidsras en die minderheidskultuur, is die slagoffers van hierdie groteske rassestelsel wat in die naam van demokrasie en menseregte op ons afgedwing word. Terselfdertyd word ons, wat oor geen politieke mag of invloed in die land meer beskik nie, verantwoordelik gehou vir alles wat skeefloop. Dis om jou piesang te hê en om hom te wil eet.

In die VSA is daar in ‘n wetenskaplike opname bevind dat 60% van alle sielkundiges en akademici wat professioneel met die meting van IK gemoeid is, glo dat daar meetbare verskille in gemiddelde intelligensie tussen rasse bestaan. Hierteenoor glo slegs 30% van joernaliste dat dit die geval is. Die waarheid is “rassisties”, daarom moet dit onderdruk word. Soos wat die pous vir Galileo aangesê het om sy teorie dat die aarde om die son te draai te verwerp, anders gaan hy brandstapel toe, net so moet ons alle getuienis van swart wanprestasie in Suid-Afrika, of dit nou in die matriekuitslae of die bestuur van munisipaliteite manifesteer, as sintuiglike bedrog afmaak.

Of die gewraakte gevolge van apartheid, wat altyd met ons sal wees.

Verskeie joernaliste en rubriekskrywers van Nasionale Pers-publikasies, onder ander Leopold Scholtz, het my al ‘n “rassis” genoem. Binne ons konteks is dit suiwer laster, waarvoor ek dan ook ‘n hofaansoek teen Die Burger, Leopold Scholtz en verwante instellings en individue gebring het.

Op 5 Oktober vanjaar sal Die Burger en Leopold Scholtz in die hof moet verduidelik wat hulle onder die term “rassis” verstaan en waarom dié teerkwas en belediging op my van toepassing sou wees.

Gedurende my hele lewe het ek nog nooit enigiemand op grond van ras benadeel nie. Wel is ek al verskeie kere benadeel omdat ek ‘n blanke is. Insgelyks het ek nog nooit enigiets kwetsends oor lede van ander rasse kwytgeraak nie, behalwe om ooglopende feite en verskynsels uit te wys wat daagliks in die koerante  en in misdaadverslae geverifieer kan word. Vele swart intellektuele en meningsvormers het al presies dieselfde gesê.

Waarom word ek van alle mense, wat nie eens die vorige bewind en sy segregasiebeleid ondersteun het nie, dan deur joernaliste van Nasionale Pers as “rassis” verguis? In die geval van die “Today Show” het dit bloot gegaan om Afrikaners en blanke Suid-Afrikaners volgens die heersende stereotipe as “rassiste” voor te stel en deur die onderhoud met my selektief saam te flans, het hulle daarin geslaag om dit te laat voorkom asof ek besorg is oor die bewaring van die blanke rassistiese tradisie, pleks van die Afrikanertradisie waaroor die vrae meesal gegaan het.

Myns insiens spruit die verwronge denke en interpretasies van die anti-rassiste uit ‘n grondliggende onverdraagsaamheid en fundamentalistiese ontkenning van die werklikheid. Pleks van beskaafd en akademies oor ras te redeneer, word dit enersyds as ‘n “sosiale konstruk” ontken en andersyds gebruik as ‘n stok om die toenemend verdrukte blankes en Afrikaners mee te slaan.

Die vader van swart nasionalisme, W.E.B. Dubois, het binne die Amerikaanse konteks gesê dat “die probleem van die twintigste eeu die probleem van die kleurskeidslyn is”. Met die afskaffing van apartheid en stamverdelings in die land, het ras ook in Suid-Afrika die vernaamste politieke en maatskaplike merker en probleem geword. Vir elke mislukking of tekortkoming van die heersersras in ons land, sal daar ‘n sondebok by die minderheidsras gesoek word. Selfs die teoretici van “rassisme”, soos Albert Memmi, is baie helder hieroor.

Terloops, volgens Memmi en ander spruit ‘n rassistiese houding uit ‘n gevoel van mag. Per definisie kan die magteloses – dis nou ons blanke Afrikaners – nie rassisties wees nie.

Ek praat gedurig met buitelandse joernaliste van regoor die wêreld en ek het geen beheer oor die samestelling of inhoud van hul uiteindelike berigte nie. Nou die dag was Dominique Derda van die tweede Franse TV-kanaal (France 2) hier by my en het ons ‘n baie interessante gesprek oor die verhouding tussen Afrikaners en Nederland n.a.v. die sokkerwêreldbeker gehad. Die onderhoud sou op die hoofnuus in Frankryk uitgesaai word. In die onderhoud het ek baie redelik en selfs polities korrek oorgekom, suiwer uit hoofde van die feit dat Derda ‘n eerlike joernalis is en nie oor bymotiewe beskik het om met my te praat nie.

Joernaliste van die “Today Show”-tipe of van Die Burger wat my en alle Afrikaners wil verguis en belaster, sal egter altyd met ons wees. Dis waarom lasterwette bestaan en ons sal moet sorg dat om iemand sonder rede ‘n “rassis” te noem strafbaar gemaak word.

Om hierdie mense en die magtige mediagroepe wat hul vuige boodskappe uitdra, aan te vat, gaan egter heelwat moed en baie geld kos.

Dus vra ek al my lesers om, hetsy by Praag aan te sluit, hetsy ‘n donasie te maak sodat ons met mening onder hierdie gewetenlose propagandiste kan inklim.

Die stryd om vryheid van spraak in hierdie land is nog lank nie gewen nie, terwyl die waarheid toenemend daar uitsien soos ‘n meisie wat onder ‘n tipies Suid-Afrikaanse groepsverkragting deurgeloop het.

Sluit hier by Praag aan.

Bankbesonderhede vir ‘n donasie vir my lastersaak teen Die Burger en Nasionale Pers: ABSA Fourways, takkode 632905, tjekrekeningnr. 4052326604. Gebruik u van as verwysing.

Vanuit die buiteland via Paypal, klik hier.

жакет для девочки и описаниелобановский супермаркет класс

Misdaad minder? Dink weer!

Beeld berig dat misdaad met ‘n verblydende tot 70% afgeneem het tydens die SWB, luidens ‘n veiligheidsmaatskappy.  Natuurlik is laasgenoemde goeie nuus, maar dit verteenwoordig andersyds ‘n raaisel. Mens sou presies die teenoorgestelde verwag het, siende hoe heelwat van die polisie ontplooi is om die stadia en die besoekers aan die SWB te beveilig. 

In die afwesgheid van die polisie wat diens doen by die stadia en in toeriste-gebiede, sou mens immers verwag dat die polisie se beskermingsnet vir gewone woonbuurte, weg van die stadia, dunner gespan sou wees. As die polisie-kat weg is, is die misdaad-muis baas, sou jy dink. Maar nee, presies die teenoorgestelde gebeur. Misdaad neem in der waarheid af tydens die SWB, en nie toe nie, in sommige gevalle met tot 70%. Hoe is dit moontlik? Ek kan aan ‘n paar verklarings dink. Hier is twee:

1. In die gees van ubuntu het die misdadigers ‘n soort amnestie verklaar, en besluit hulle sou gaaf wees met hul slagoffers tydens die SWB, al bied die afwesigheid van die polisie ‘n goeie geleentheid om te plunder.

2. Die misdadigers is almal sokkergeesdriftiges en is te besig om hetsy sokker te kyk, hetsy die uitslae te vier, om te steel.

Almiskie.

Ek bied egter ‘n derde verklaring hiervoor aan: Wie was afwesig of dan minder teenwoordig in ons woonbuurte tydens die SWB? Presies. Die polisie self!

Ek sal van meet af aan toegee dat daar goeie, hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarmee ek al persoonlik te make gehad het. Ek hoef nie vir die leser te skryf wie daardie toegewyde polisiemanne is nie. Daar het egter helaas sedert 1994 ‘n groot element van ongedissiplineerdheid en misdadigheid in die getransformeerde polisie ingesluip. Indien die getransformeerde polisie nie self skuldig is aan misdaad nie, is baie van hulle minstens kop in een mus met die misdadigers.

‘n Skrikwekkende persentasie van die polisiemag is ongeletterd. Swak dissipline en traak-my-nie-agtigheid vier hoogty. Hoeveel berigte lees mens nie van polisiemanne en metropolisie-lede wat vasgetrek word vir misdaad nie? Daar is selfs onlangs polisielede wat aangekeer is agv hul betrokkenheid by ‘n plaasaanval. Dis nie ‘n nuwe verskynsel nie. Enkele jare gelede, tydens die staking van veiligheidswagte, het misdaad by winkelsentrums wat hierdie karakters veronderstel is om te beveilig, eweneens afgeneem.

Sommiges sou aanvoer dat die betrokkenheid van die SAPD by misdaad deel is van ‘n doelbewuste veldtog deur agente van die ANC-bewind om wet en orde af te breek en veral blankes te terroriseer. Ek is nie bewus van enige bewyse daarvoor nie, alhoewel dit nie onmoontlik is nie. Dit lyk wel moontlik dat ‘n groot persentasie van die misdadigers stellig diegene is wat blou uniforms dra en in motors met ‘n B-registrasienommer ry.

wedding necklacesалександр лобановский класс

Brasiliaanse sokkerster voer opgekapte meisie aan honde

Bruno, die swart Brasiliaanse sokkerster, het glo sy eksmeisie Eliza Samudio wreed vermoor, haar liggaam in stukke opgekap en aan honde gevoer, berig die BBC. 

Hy is die doelwagter van ‘n Brasiliaanse ligasokkerspan wat ook die land se verdedigende kampioenspan is. Die Flamengo’s is tans die gewilde sokkerklub in Rio de Janeiro.

Samudio is vermoedelik in Belo Horizonte verwurg en daarna opgekap. Stukke van die 25-jarige model is daarna aan honde gevoer.

Die meisie was glo swanger en wou nie die swangerskap beëindig nie. Dit het glo aanleiding tot die struweling gegee.

Bruno het vroeër die week van owerhede gevlug toe die polisie sy huis omsingel het.

Hy het homself egter later gaan oorgee aan die polisie.

Hy het nie vanjaar deelgeneem aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie.

универсальный набор инструментовФильчаков прокуратура харьков

Polisielede geskors na seks met gevangene

Twee senior beamptes van Durban se Westville-gevangenis is geskors nadat ‘n polisieman klaarblyklik seks gehad het met ‘n vroulike gevangene. 

Die betrokke polisieman is in hegtenis geneem, het Manelis Wolesa, woordvoerder vir die Westville-gevangenes, gesê.

Die tronk se gebiedskommissaris sowel as die hoof van Westville se vroue-afdeling is die 23ste Junie geskors.

“Hulle is geskors sodat die ondersoek van onwettige seksuele omgang tussen ‘n polisieman van Pietermaritzburg en ‘n vroulike verhoorafwagtende, onbelemmerd kan voortgaan.

“Die departement neem hul onderneming om kwesbare groepe se veiligheid te verseker, baie ernstig op,” het Wolesa gesê.

Gerugte dat die verhoorafwagtende swanger is, kon nie bevestig word nie.

насосного оборудованияtopcargo кидалы

Mugabe, Mswati by WB-eindstryd

Nagenoeg 14 presidente uit Afrika, ‘n koning, koningin en ‘n prins sal na verwagting Sondag se Wêreldbeker-finaal tussen Spanje en Nederland bywoon, het Fifa Saterdag in ‘n verklaring gesê. 

Die gastelys sal koningin Sofia van Spanje en die uittredende eerste minister van Nederland, Jan Peter Balkenende, insluit wat die twee boonste spanne kom ondersteun.

Robert Mugabe sal ook die geleentheid bywoon. 

Die groot vraag bly steeds of voormalige president Nelson Mandela die finaal sal bywoon nadat hy die openingswedstryd op 11 Junie gemis het as gevolg van die dood van sy 13-jarige agterkleindogter in n motorongeluk.

Sepp Blatter, die president van Fifa, het sy hoop uitgespreek dat Mandela die finaal sal kan bywoon.

Volgens Fifa sal president John Atta Mills van Ghana, die enigste van ses Afrika-lande wat tot by die kwarteindronde deurgedring het, ook by dié laaste wedstryd teenwoordig wees.

Die lys kan nog verander, maar die volgende belangrike persone sal ook na verwagting by die finaal wees: President Robert Mugabe van Zimbabwe, Monaco se prins Albert, Sjeik Hamad bin Khalifa al-Thani van Katar, Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu en Spanje se Wimbledon kampioen, Rafael Nadal.

Koning Mswati van Swaziland sal na verwagting insgelyks teenwoordig wees.

Die Suid-Afrikaanse polisie het gewaarsku dat streng veiligheidsmaatreëls sal geld en paaie op die hoofpad wat na die Soccer City stadion lei, sal Sondagmiddag gesluit wees.

Die wedstryd begin om 20:30.

гидроаккумулятор минсклобановский александр

Deutschland Jawohl, Uruguay Eisj

Thomas MullerGietende reën en ‘n sopnat veld in Port Elisabeth was waarskynlik die vernaamste rede hoekom Duitsland en Uruguay nie die tipiese vrye spel gelewer het wat tradisioneel in die uitspeelwedstryd uitgestal word om die wêreldbeker se derde en vierde plekke te bepaal nie.

Maar dan was daar ook die Duitsers se vasbeslotenheid om met ‘n titseltjie eer uit die toernooi te tree (en Paul die seekat van ‘n calamari-einde te red), en Diego Forlàn, Uruguay se besielende kaptein.

Forlàn het soos ‘n Trojaan gespeel, self ‘n doel aangeteken en in die doodsnikke byna die telling gelykop gemaak toe hy Jabulani die tokkelossiebal teen die doelhok se bokant vasgeskop, en die bal oorgeseil het.

Die eindtelling van 3 – 2 in die Duitsers se guns was ‘n getroue weergawe van die wedstryd.

Nou lê die grote voor. Met ‘n alles-of-niks-situasie sal vanaand se wedstryd waarskynlik ‘n toffietaai affêre wees. Niemand, behalwe Paul, sal die uitslag met oortuiging voorspel nie.

Мильстрималександр лобановский харьков класс

ET-moordverdagte verskyn vlugtig

Die 15-jarige verdagte wat van die moord op Eugene Terre’Blanche aangekla word, het dié week in die landdroshof op Ventersdorp verskyn, het die nasionale vervolgingsgesag gesê. 

“Daar is niks belangriks in die hof gesê nie. Die seun was net in die hof vir sy 30-dae opvolg en die landdros het bevind dat sy toestand bevredigend is,” het Mthunzi Mhaga, ‘n woordvoerder gesê.

Die saak is tot 6 Augustus uitgestel.

Volgens Mhaga was daar ‘n maatskaplike werker in die hof om die seun by te staan. Hy het egter nie enige klagtes gehad nie en is terug na die jeugsentrum gestuur.

Ná die seun se inhegtenisname is hy in ‘n plek van veilige bewaring geplaas, waar hy drie maaltye per dag kry, en vir die eerste keer op ‘n bed slaap.

Hy en sy medebeskuldigde, Chris Mahlangu het Terre’Blanche na bewering op 3 April in sy kamer op sy plaas doodgeslaan.

можжевельник веник фотопрокурор Фильчаков

Rowers vermom as polisielede beroof huis

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het om toegang tot ‘n huis in Vanderbijlpark te verkry, het die polisie Donderdag in Gauteng gesê. 

Volgens kapt. Noxolo Kweza, polisiewoordvoerder, was die vier mans deel van ‘n groep van tien verdagtes wat ‘n man van Vanderbijlpark Maandag in sy huis beroof het.

“Die mans was in polisie-uniforms geklee en het sodoende toegang tot die slagoffer se huis verkry. Hulle het die slagoffer met vuurwapens aangehou,” het Kweza gesê.

Die verdagtes het met R2000 en ‘n Chrysler Voyager van die toneel gevlug.

“Danksy knap speurwerk is vier van die verdagtes in Katlehong vasgetrek. Die polisie het die motor en vuurwapens in hulle besit gevind.”

Verskeie polisie- en weermag-uniforms is ook gevind.

сколько стоит поставить брекеты ребенкуФильчаков прокурор

Ander sy van afname in misdaad

Ongeveer ‘n week na die polisie in Bloemfontein aanspraak gemaak het daarop dat misdaad vir die duur van die wêreldbeker-sokkertoernooi skerp gedaal het, is soortgelyke aansprake vir Johannesburg en Pretoria gemaak.

Die interessante is dat dit nou ‘n veiligheidsmaatskappy is wat hierdie jongste aansprake maak. Misdaad is veiligheidsmaatskappye se brood en botter.

In elke geval is die verskerpte polisieoptrede gedurende die toernooi as die hoofrede aangetoon oor waarom daar ‘n daling aangemeld word.

Ongelukkig lyk dit of hierdie munt ‘n ander sy het.

Op dieselfde dag as wat oor die laer misdaad in Bloemfontein berig is, is ook berig van ‘n bankroof kort voor die toernooi wat weens die toernooi verswyg is.

Huishulpe maak daarop aansprake dat hul woongebiede swaar onder misdaad deurgeloop het terwyl die sokker aan die gang was. Tekens van xenefobie steek weer kop uit.

Ongelukkig het die regering oor jare nie juis ‘n reputasie opgebou van in alle gevalle besonder akkuraat met die waarheid omgaan nie. Daarom word inligting nou dikwels met ‘n knippie sout geneem.

Sou dit egter blyk dat misdaad wel afgedwing is, is die ongelukkige werklikheid dat die Instituut vir Sekerheidstudies meen die vlakke van polisie-optrede is nie volhoubaar nie.

Vanuit regeringskringe kom ook net te veel losbekkigheid voor wat as aanhitsend tot geweldsmisdaad beskou kan word. Die regeringsgekoesterde Julius Malema het juis ’n klag van aanhitsing tot volksmoord in die Internasionale Strafhof op die lyf geloop.

Om laer vlakke van misdaad te bewerkstellig verg nie net ‘n hoër vlak van polisiëring nie, dit verg ‘n meer onomwonde standpunt-inname deur die regering.

En die voorbeeld moet ook daar gestel word. Die persoon wat om den brode steel, sal nie juis geïnspireer word om dit te staak as die ringkoppe in die regering mildelik skep en daarmee wegkom nie.

насосного оборудованияФильчаков прокуратура харьков

Misdaad neem merkbaar af tydens WB

Die besturende direkteur van die veiligheidsmaatskappy ADT in Pretoria, Clive Humphrey, het Donderdag gesê geweldsmisdaad in Pretoria het oral afgeneem.

Dié verskynsel is ook waarneembaar in Johannesburg. In sommige gevalle het misdaad met soveel as 70% afgeneem, berig Beeld.

Humphrey sê die suide van Pretoria en Centurion is merkbaar veiliger.

Die polisie het egter nog nie hulle misdaadstatistiek vir die duur van die Wêreldbeker vrygestel nie.

Sowat 55 000 bykomende permanente polisiebeamptes is aangestel in in aanloop tot 2010 en die reservistemag is ook versterk.

Volgens Roy Rawlins, ADT-hoof in Johannesburg, het misdaadvoorvalle met 70% in die weste van die stad afgeneem en in Johannesburg-Oos met 60%.

Rawlins skryf die verbetering toe aan die toename in sigbare polisiëring wat gepaard gegaan het met strategiese ontplooiing van hulpbronne vir die sokkertoernooi.

Dit is nie seker of verbeterde veiligheidstoestand gaan voortduur na afloop van die Wêreldbekersokkertoernooi nie.

куплю свитер на мальчика берегите белыхФильчаков прокуратура харьков