Tswane Universiteit van Tegnologie sluit sy deure

Alle normale aktiwiteite by die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT) is vandag gestaak tot verdere kennisgewing.

Universiteitswoordvoerder Willa de Ruyter het in 'n verklaring gesê dat die besluit Dinsdag geneem is na die intimidering van nie-stakende personeel deur lede van die unies by die instituut oor die laaste paar dae.

Sy het gesê die besluit is ook beïnvloed deur geweld en vandalisme wat opgemerk is gedurende die staking.

Lede van die nasionale onderwys, gesondheid en geallieerde werkers se unie (Nehawu) en die Nasionale Unie van Tersiêre Werknemers van Suid Afrika (Nutesa) het verlede maand begin staak ook salarisverhogings.

"Die veiligheid van personeel, studente en universiteitseiendom is ons primêre bekommernis en die bestuur het die besluit geneem om enige verdere bedreigings van die veiligheid van mense en eiendom van TUT te voorkom," het De Ruyter gesê.

Aanlynregistrasies buite die kampus is egter steeds aan die gang vir senior studente wat in besit is van hulle PIN-nommers en wat nie enige blokkasies op hulle rekeninge het nie.

"Studente wat wil inskryf vir 'n B-tech graad en nog nie goedgekeur is deur hulle akademiese departemente nie, behoort die departement te kontak wanneer die universiteit heropen," het De Ruyter gesê.

Die finale sluitingsdatum vir registrasie sal vorentoe geskuif word, maar die nuwe datum sal eers bekend gemaak word wanneer die universiteit weer heropen.

дитячі ігри для дівчатокФільчаков прокурор

Baie dankie, oom Tokyo

ImageDit is seker niks nuuts dat mnr. Sexwale op openbare radio gekla het dat hy al weer “verkeerd verstaan” is deur lede van die opposisie nie. Die feit dat die stelling wat ‘n week of wat gelede gemaak het en nou begin om homself te verdedig, dui aan dat hy êrens ‘n flater gemaak het, wat hy nou probeer toesmeer.

En dat die stuk sy betekenis in die vertaling verloor het, is maar net nog ‘n verskoning. Woorde wat eenkeer geuiter is, kan ongelukkig nie teruggetrek word nie, en dit is iets waarmee hy maar moet vrede maak.

Ek wonder waar die “ryk Afrikataal” waarvan hy praat vandaan kom, want indien dit nie was vir die vorige regering se baie harde werk nie, het vele van die plaaslike tale glad nie eers behoorlik op papier gekom nie, en ek sê nie hier dat die swartmense dit neergepen het nie. Dit is die blankes wat maande en jare se werk ingesit het, en hope geld wat as mens so kyk nou in die water gegooi is, om vir al die “ryk” inheemse tale woordeboeke op te stel, en ook die Bybel in hulle onderskeie tale vertaal het. En nou kan ek met reg vra, vir wat?

Indien die Bybel se beginsels enigsins posgevat het, sou daar nie in die Nuwe Suid-Afrika, en selfs in die oue plek wees vir soveel bygelowe dat mens ensiklopedieë sou kon vol skryf met die goed nie. En dit is hier waar die KVP se besware teen die stellings van oom Tokyo heeltemal gegrond is. Siende dat ons weet hoe bygelowig die swartman is, vat dit nie ‘n vuurpylingenieur om uit te werk dat die “ouer dames” wat sogenaamd op televisie rondgeparadeer is se lewens werklik in gevaar kan wees nie, aangesien mens tog van tyd tot tyd lees hoedat swart vroue as hekse verbrand en vermoor word.

Rondom die woord “takhati” wat hy sou gebruik het, uit watter een van die 11 amptelike tale sou dit kom? Ek het in ‘n skoolwoordeboek met so ‘n paar swart tale gaan loer en die beste waarmee ek kon opkom, is die volgende.

Xhosa              Zulu             N-Sotho      S-Sotho       Tswana
Igqwirhakazi   umloyi         moloi           moloi           molôi    (heks,towenares)
-thakhatha       -thakathela  -loya             -loya            -lôa       (betower)

Wat bogaande aandui is dat daar geen definitiewe spelreëls is oor hoe woorde gespel word in ten minste twee van die tale wat hy genoem het in sy verweer teen beskuldigings dat die KVP heksery in hulle veldtog gebruik nie.

En hier kan ek weer die vraag vra, wie is dit wat die moeite gedoen het om die taal in ‘n woordeboek op te neem, want hier sien ek vir die 7 tale, wat Afrikaans en Engels insluit, net een swartman se naam, en wat die res betref, bevat 4 uit die 5 swart tale blankes se name as samestellers van die woordeboek.

Wel wel, mens kan net wonder oor hoekom dit so sou wees. Dalk omdat die swartman maar net nog nooit bekwaam genoeg was om so iets vir homself te kan doen nie of dalk nie omgegee het nie. En dan kom vertel oom Tokyo vir ons dat die swart taal so “ryk” is aan beelde.

Met verwysing na sy beskrywing van Engels as ‘n kombuistaal kan ek net my kop skud. Sover my geheue strek, is daar baie lank terug in ons land se geskiedenis ook verwys na Afrikaans as ‘n kombuistaal, maar nou skielik het die man die reg om Engels ook te noem?

Hokaai mnr. Sexwale! Dit is die taal waarvoor julle klomp swartmense soveel drama veroorsaak het in 1976, omdat julle dit as onderrigtaal wou gehad het. En nou kom beledig jy dit waarvoor jou makkers so hard gestry het? Komaan! Dit werk nie so nie.

Jy en elke “suksesvolle” swarte in die land weet dat julle swart tale julle nie ‘n enkele tree sal help om internasionaal mee te ding nie. Ek kan waarborg dat baie van jou miljoene nie gemaak is deur net in Zoeloe, Xhosa en Sotho te praat nie, maar Engels.

Ons almal weet dat jou Maybach-rydingetjie (wat meer kos as wat baie mense in hulle leeftyd sal verdien) nie in Zoeloe bestel is nie, maar in Engels, sou hou maar op met jou hoogheilige houding.

Ek kan hier byvoeg dat selfs al is dit ‘n kombuistaal, die meeste swart kinders wat voor my huis verbyloop op pad van die skool af, nie eers naastenby ‘n begrip het van die taal nie. Hulle kyk mens met groot oë aan as mens netjies, beskaafd in Engels vra dat hulle nie moet hardloop nie maar net moet stap, omdat die hond hulle dan nie sal wil storm nie (selfs al is hy agter ‘n heining).

Ek wonder of met die sogenaamde “ryk” taal en uitdrukkings waarna daar verwys word, wat so vryelik aan oom Tokyo en kie beskikbaar is, daar ook vergunnings gemaak sal word vir Afrikaans se taalrykdom en kultuur om weer na vore te kom.

Ek bedoel dat ons weer met vrymoedigheid sal kan verwys na nasies, soos dit in die volksmond was vir geslagte lank voordat die ANK en liberale elemente dit alles kom opdons het met hulle politieke geveinsdheid en korrektheid.

Ek kan hier eerlik sê dat in die apartheidsjare ons in die weermag baie minder politieke snert gehad het onder die rasse as wat ons nou het. In die werkswinkel en op tegniese kollege het ons mekaar openlik darkies, kypies en whities genoem, en niemand het aanstoot geneem nie. Sulke aksies vandag sal in alle waarskynlikheid lei tot tugstappe teen van die partye op die minste en meer waarskynlik tot ‘n skietorgie soos wat al in sommige militêre basisse plaasgevind het. Die geval by die lugmagbasis in Pretoria is ‘n sprekende voorbeeld.  

Mens kan ook wonder oor hoekom die man so vasgenael gesit het voor die TV toe die advertensie van die KVP uitgesaai is, maar ek kan verstaan, hy moet darem op hoogte bly van sy vyand se optrede. En rondom die ouvroue wat sogenaamd geparadeer is, kry ek die indruk dat hy wel beïndruk was. Om watter rede weet net hy alleen (dalk het hulle hom betower?).

Haai boet, jy is getroud, en nogal met ‘n wit vrou, so bly maar eerder tuis, want anders as die swart vroue se verdraagsaamheid met hulle mans se rondlopery agter nyatsi’s (meisies) aan, mag dit jou dalk duur te staan kom as jy na groener (ouer?) weivelde sou gaan soek. Praat van betowerende (askies, bekoorlike) “ou” dames.  

Ek vind dit net baie interessant dat ‘n wel opgevoede man soos Tokyo Sexwale so maklik opinies het oor wat ander mense dink, doen en sê, maar dat hy tog in sy wese net soos die res van sy ongeletterde broer en susters is op wie hy so maklik neersien.

Die bygeloof en tradisies onder die swart nasie is ook een van die redes hoekom die land in so groot gemors verkeer dat dit tans voorkom asof niks ooit weer sal herstel nie. Die verspreiding van MIV/Vigs is maar net een voorbeeld, want in baie gevalle “erf” ‘n man wat gesterf het se broer sy vrou, huis en die hele lot, volgens tradisie. As die een persoon dalk Vigs gehad het, gaan dit soos ‘n veldbrand deur die familie versprei. Die gewoonte om eers kinders te hê sodat die vrou haar “vrugbaarheid kan bewys” is nog so ‘n voorbeeld, asook die gewoonte om los meisies te hê waar die mans ook al heen gaan.

Ek wonder wat die kommissie vir geslagsgelykheid veronderstel is om te maak uit die klagte wat die KVP gelê het. Iets wat algemeen bekend is, is dat indien ‘n klagte teen ‘n swartman, en veral een so hoog, magtig en onaantasbaar soos Tokyo Sexwale gelê word, daar ongeveer niks van gaan kom nie. Klaarblyklik het die KVP vergeet dat dit die ANK was wat die liggaam in die eerste plek daargestel het, om hulle te dien, en nie die volk soos wat algemeen geadverteer word nie.

Dieselfde geld ook vir die meeste van die kommissies, komitees en ondersoekrade, wie se woord net aanvaar word wanneer dit die ANK-regering sou pas. Dit het meer as een organisasie al uitgevind, onder andere die DA en die VF+ wat gekla het oor Julius Malema se “ons sal moor vir Zuma”-opmerkings.

Of daar enigsins iets sal gebeur na aanleiding van die advertensies van die KVP en hulle reaksie op Sexwale se kommentaar sal net die tyd ons leer. Intussen, moet ons maar ligloop vir die “takhati”, voordat hulle ons ook bekoor.

компрессор со 7аФильчаков прокурор харьков

Die kosbare ego van Desmond Tutu, en hoeveel dit kos

ImageAfgetrede Aartsbiskop Desmond Tutu se gehawende gesondheid laat my 'n bekommerde man. My vurige hoop is dat sy heksegekekkel nie sal verstil voordat hy die herrysenis van die Afrikaner en ons vestiging in ons eie land onder ons eie regering sal beleef nie. Ek begryp dat hy 'n ewige loon het wat hom toekom, maar 'n mens wil darem voel dat daar geregtigheid in hierdie wêreld ook kan wees.

Die ou lyk deesdae glad nie wel nie. Nie net was daar die baie openbare worsteling met die Siekte Wat Geen Man Toegewens Word nie, maar deesdae word die septuageneriese lyf nog aan die gestrengheid van vas onderwerp. Dis nou nadat hy aangekondig het dat hy vir die verligting van die lot van Zimbabwe se vertraptes gaan vas, een dag per week. Dis nou nie juis 'n Ghandiaanse selfkastyding nie. ('n Vriendin van my, jy kan haar maar die Suid-Afrikaanse Dorothy Parker noem, wys uit dat sy al vir langer ge-detoks het.) Maar nogtans.

Tutu het sy eie onaantasbare plekkie in die rekord van Suid-Afrikaanse politieke prestasies. Hy het weliswaar nie 'n Verwoerdiaanse intellek nie, het nie die politieke slaankrag van 'n Zuma of die werktuiglike kennis van die partypolitieke apparaat soos die geslepe Mbeki nie,  maar daar is een gebied waar hy die dwarslat buite bereik van die mededinging opgestoot het. Want niemand, maar niemand in hierdie land of die buitewêreld, is 'n huigelaar van dieselfde verstommende omvang as ê, ê, ê, Tutu, Desmond Tutu, nie. In die buitewêreld is sy vernaamste kompetisie die vroom profeet van die aardverwarmingskynkrisis, Al Gore. In Suid-Afrika tree net die selfvolprese FW de Klerk aan as enige noemenswaardige kompetisie en dit eers nadat hy verlede jaar in 'n oorsig oor die tragiese Nuwe Suid-Afrika dit as 'n "sukses" verklaar het.

Die Aartsbiskop se huigelprestasie lê veral daarin dat hy skynbaar sonder 'n oogfladdering of 'n handgewriemel die liberale, populêre media se kaatsing van hom glo. Dis die media wat Tutu gegrimeer het as die Primêre Christen in die land, 'n lagwekkende idee, want as daar iets is wat die oud-inwoner van die Pastorie in Bishops nie is nie, dan is dit 'n Christen. Christenskap is uitsluitlik 'n saak van geloof en Tutu glo nie in die grondelemente van die Christelike leer nie. Vir hom is die maagdelike geboorte, opstanding en hemelvaart van Jesus 'n blote bundel mites.

Sulke tegniese besware maak min of geen indruk op die liberale media nie. Hulle was vasbeslote om nóg 'n Afrikanervyand te verhef tot asemhalende heilige. Indien 'n mens nie hulle integriteit kan bewonder nie, moet 'n mens tog jou hande saamslaan oor die mediaheliograwe wat Tutu as 'n soort Suid-Afrikaanse Francesco van Assisi of Moeder Theresa kon kaats. Kyk net na die man – dis meer sy sluwe skuiwerogies as sy haakneus wat hom soos die geslepe, Middeleeuse booswigmarionet, Puncinello, laat lyk. En hoe kan jy die opregtheid van 'n man vertrou wat elke stelling van hom met 'n staccato-"ê, ê, ê…" inlei? En tog het die media daarin geslaag om die algemene Afrikaner se siening van Tutu te verander. Baie het opgehou om hom as 'n grillerige klein emosionele swendelaar te sien. Ek is nie een van hulle nie.

Ek is ook nie te vinde vir die gedagte van Tutu die Groot Filantroop nie. Sy mees frenetiese protesteringe ten spyt, ek sal deurgaans sy voortdurende kampvegtery vir die arm mense verdink. Hy verloor te gereeld sy fokus en wys sy inhalige neuroses. Dit was veral ooglopend toe hy, met die afstootlikste jolige vermakerigheid, Swart Ekonomiese Bemagtiging – daardie proses waarvolgens witmense se geld geplunder en aan swartmense uitgedeel word – as die "vryheidsdividend" beskryf het. "Vryheid," volgens sy definisie is die afwesigheid van gesag wat swartmense sou keer om te vat wat nie aan hulle behoort nie.

As Tutu nie weldeurdag oneerlik is nie, is hy beslis 'n dwaas – en dwaasheid is nie 'n eienskap wat hoog aangeslaan word as 'n Christelike deug nie en word deeglik as leierseienskap afgekeur. Dit is net die mees vasberade oneerlikheid of die allerdigste onnoselheid wat nie kan bepaal wat die redding van die armsaliges in Zimbabwe is nie. Enige persoon met 'n knarsie integriteit, insig en meegevoel sal daarop aandring dat die blanke ras sal terugkeer om die regering, administrasie en ekonomie van daardie vervloekte land weer oor te neem. Elke dag wat dit nie gebeur nie, kan uitgemeet word in hongersnood, cholerasterftes en algemene, nasionale verguising.

'n Eerlike en wyse Tutu sal nou daadwerklik, onophoudelik op die terugkeer van blanke paternalisme aandring. Buiten vir 'n klein kader misdadigers wat deur die teenwoordigheid van die bose Mugabe besoedel is, is daar niemand in Zimbabwe wat nie hunker na die goeie ou dae onder Ian Smith se ferm, intelligente en goedhartige regering nie. Maar Tutu is nóg eerlik, nóg wys en is bereid om die totale selfverdelging van Zimbabwe te sien eerder as om dit te erken.

En dink soos ek daaroor dink, ek kan net een oorsaak vir hierdie halsstarrigheid van hom eien. Hy is doodgewoon te hubristies om die gedagte aan blanke bestuur van 'n Afrikaland te kan uitstaan. En hoogmoed is ook nie 'n gewaardeerde eienskap van 'n opregte Christen nie.

Die "vryheidsdividend" is dan nie net die bevrediging van die swartmens se gulsigheid nie, dit is ook die vertroeteling van die hoogmoed van 'n huigelaar soos Tutu. Maar "vryheid" bevat nie net 'n "dividend" nie. Dit het ook 'n premie; 'n bloedige een wat gehef word in meer as 'n miljoen mense in Zimbabwe wat al onnodig gesterf het, duisende wat ly weens cholera, miljoene meer wat 'n  desperate oorlewingstryd voer as vreemdelinge in 'n vreemde land. En in Suid-Afrika self gaan die prys baie duurder, baie groter en baie bloediger wees.

Daar is 'n botsing van belange. Aan die een kant is daar die verhongering, verdelging en vertrapping van miljoene hulpelose mense. Aan die ander kant is die kosbare ego's van die Tutu's van hierdie wêreld. As hy werklik wil lyk soos die sagmoedige heilige wat die liberale media aan ons voorhou, moet hy nou eenvoudig en reguit erken dat 'n land wat deur Bantoes bestuur word, noodwendig in ellende moet verval. Dit is al.

Maar ons wag tevergeefs vir die Aartsbiskop om tot bekering te kom.

трансформері праймФильчаков Александр Васильевич

Sjina se grootste Afrikaprojek wankel

Sjina se grootste beleggingsooreenkoms in Afrika is besig om te wankel nadat Westerse skenkers begin druk toepas het om 'n minerale-vir-infrastruktuur kontrak in die DRK ter waarde van $9 miljard te heronderhandel.

Volgens die ooreenkoms sal 'n staatsbeheerde konsortium van Sjinese maatskappye paaie, spoorweë, hospitale en universiteite bou in ruil vir die reg om 'n kobalt- en kopermyn te ontwikkel.

Maar druk om die ooreenkoms te verander het gekom van Westerse skenkers wat nie sal skiet gee op historiese skuld van $11 miljard van die regering van president Joseph Kabila indien hy die Sjinese finansiering op kommersiële terme aanvaar nie.

Die Kongo is angstig om voordeel te trek uit die skuldverligtingskema vir arm lande en om toegang te kry tot nuwe vorme van Westerse ontwikkelingshulp, maar dit is tans nie moontlik nie, aangesien die Internasionale Monetêre Fonds 'n nuwe program vir die land moet goedkeur, wat hulle nie reg is om te doen nie.

Die fokus van die kommer, volgens Westerse diplomate in Kinshasa, is dat die ooreenkoms aan die Sjinese konsortium ongekende staatswaarborge kan gee, insluitend teen sommige regeringsbates.

Maar Wu Zexian, Sjina se ambassadeur in die Kongo, het aangedui dit sal nie so maklik wees om die kontrak te heronderhandel nie. "Hulle (Westerse instansies) is verkeerd om die Kongo te vra om die staatwaarborg te verwyder. Dit is afpersing," het hy gesê.

гидро пескоструйОлександр Васильович Фільчаков

Cambridge ondersteun glo slawerny, rassisme en kolonialisme

ImageCambridge-universiteit is gister daarvan beskuldig dat hulle slawerny en rassisme ondersteun deur 'n deftige bal te hou om die uitspattighede van die Britse ryk te vier.

Emmanuelkollege is die gasheer vir die "Ryksbal" ter ere van die "Victoriaanse statebond en al sy dekadensie" teen 'n prys van R1 360 per kop.

Maar daar was woede van anti-rassistiese groepe omdat studente aangemoedig is "om partytjie te hou asof dit 1899 is – die jaar waarin die Boereoorlog begin het en konsentrasiekampe die eerste keer gebruik is."

Plakkate wat die geleentheid adverteer het gelees: "Eens was daar 'n koninkryk wat 'n kwart van die wêreld se bevolking regeer het, wat omtrent dieselfde verhouding van die wêreld se grond oorheers het en byna al die oseane gedomineer het."

"Hulle het gesê dat die son nooit ondergaan op die Britse ryk nie – maar by die ryksbal sal jy wens dat dit nooit opkom nie."

"Reis saam met ons na die Indiese Raj, 'n ontluikende Australië en die Wes-Indiese eilande. Ons nooi jou uit om die Pax Britannica te ervaar en partytjie te hou asof dit 1899 is."

Teenstaanders het die tema as "kwetsend" beskou en die organiseerders beskuldig dat hulle "wit snobiste uit die boonste klasse van die samelewing" is.

'n Groot ongelukkigheid het uitgebreek onder die studente by die kollege – ook bekend as onder studente as "Emma" – op die sosiale netwerk Facebook.

Die Ryksbal, wat plaasvind op 14 Junie, is die jaareindfunksie vir die kollege en daar word van meeste studente verwag om dit by te woon.

Maar dosyne het kommer uitgespreek oor die tema op die Facebook-groep 'Emma against the empire' wat eis dat die tema laat vaar word.

Studente het weersin getoon omdat dit in 1899 was wat Brittanje 'n driejarige-oorlog teen die Boere begin het in wat nou Suid-Afrika is.

Die konflik word gesien as 'n donker hoofstuk in die imperiale geskiedenis, waarin daar massas plaaslike mense bymekaar gemaak is in kampe, wat later Hitler se doodskampe geïnspireer het.

Die Britse ryk, wat lank terug 'n kwart van die wêreld beslaan het, word ook beskuldig dat hy slawerny en uitbuiting in Afrika en Asië laat voortbestaan.

"Kolonialisme word geassosieer met onderdrukking, uitbuiting en slawerny. Ons is nie oorsensitief nie, maar mens moet êrens 'n streep trek. Vir 'n vooraanstaande universiteit soos Cambridge is dit verbasend hoe oningelig sommige mense kan wees."

пробурить артезианскую скважину ценаданильченко юрій Харків

Manuel gaan besteding opstoot

Suid-Afrika gaan na verwagting 'n hele klomp geld spandeer om sy ekonomie te versterk teen die globale afplatting, wanneer die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel Woensdag die begroting bekendmaak, het ekonome gesê.

Met veldtogte sterk aan die gang vir die komende algemene verkiesing, sal Manuel waarskynlik ook die ANK se planne om armoede en werkloosheid teen te werk, bekendmaak, in 'n poging van die regering om die groot maatskaplike gaping te oorbrug.

Ekonome voorspel dat met inkomstes wat afgeneem het en beloftes van spandering wat toegeneem het, die begrotingsoorskryding kan toeneem van 1,6% van die bruto binnelandse produk – teen die laaste skatting in Oktober – tot soveel as 3,5%.

Manuel het lank reeds Suid-Afrika se ortodokse ekonomiese beleid verdedig teen versoeke vir groter maatskaplike besteding en redeneer dat die konserwatiewe beleid sover die land beskerm het teen die ergste van die globale krisis.

Maar in Oktober het hy Suid-Afrika se eerste begrotingstekort aangekondig sedert 2005, as 'n gevolg van verswakking in uitvoere en daling in kommoditeitspryse.

Vier maande gelede het Manuel gewaarsku dat groei in 2009 sal afneem na 3%, na vier jaar van groei teen 5% per jaar, maar ekonome het gesê dat daardie skatting weer verlaag sal moet word.

"Ons eie skatting is iets nader aan1%," het Sanlam se groepsekonoom, Jac Laubscher gesê.

Suid-Afrikaanse maatskappye het reeds begin om duisende poste te sny, met Anglo Platinum wat Maandag gesê het dat 10 000 kontrak- en mynwerkers die jaar hulle werk kan verloor.

free money slotsлобановский александр биография

Olieprys verhandel onder $40 per vat

Oliepryse het Dinsdag in Asië onder $40 per vat rondgespeel selfs na beleggers bewus geraak het van die massiewe Amerikaanse stimulushulppakket as 'n moontlike versterking vir die dalende ru-olie aanvraag.

Ligte ru-olie vir Maartlewering het met 35 sent gestyg tot $39,91 per vat in Singapoer op die New York Merchatile Exchange. Die kontrak het oornag met 61 sent gedaal tot op $39,56.

Die senaat het Maandag 'n $838 miljard ekonomiese stimulus wet in 'n toetsstemming goedgekeur, en die finale goedkeuring vir Dinsdag gelaat. Die plan sal dan gerekonsilieer moet word met 'n $819 miljard pakket deur die huis van verteenwoordigers.

Die maatreël wat nader beweeg aan goedkeuring in die senaat vra vir meer belastingverligting en minder spandering as die wetgewing wat tans voor die huis van verteenwoordigers dien.

летний комбинезон для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

Obama soek opening met Iran

President Barack Obama het gesê sy administrasie soek na geleenthede om direkte gesprekke te open met sy jarelange teenstaander Iran, maar dat daar jare se wantroue is wat moeilik is om te oorkom.

"My nasionale sekuriteitspan kyk tans weer na die bestaande Iranbeleid, om te sien waar daar gebiede is waaroor ons Imagekonstruktiewe dialoog kan voer, waaroor ons direk met hulle kan gesels," het Obama Maandag tydens 'n perskonferensie gesê. "My verwagting is dat ons sal kyk na openinge in die komende maande wat geskep kan word waar ons kan begin om van aangesig tot aangesig by 'n tafel te sit."

In sy eerste spitstydperskonferensie as president, het Obama sy verkiesingsveldtog belofte herhaal om drie dekades van onmin met Iran in oënskou te neem, maar geen voorbeelde gegee van moontlike vennootskappe nie.

"Nou is die tyd aan Iran te suggereer dat hulle anders moet optree en ook om te erken, dat terwyl hulle regte het as lid van die internasionale gemeenskap, verantwoordelikhede saam met die regte kom."

Oor Afghanistan het Obama gesê dat hy die oorlogstrategie heroorweeg, aangesien dit misluk het om terroriste en insurgente uit te roei. Hy het gepraat in die rigting van 'n nuwe fokus, wat meer waarde heg aan die stryd teen terrorisme as die versterking van 'n brose Amerikaansondersteunde demokratiese regering.

"Ek gaan nie toelaat dat Al-Kaïda of Osama bin Laden voortgaan om ongestoord aanvalle te beplan op die Amerikaanse grondgebied nie," het Obama gesê.

Die mees belowende areas vir samewerking is waarskynlik Afghanistan en Irak, beide bure van Iran, waar Amerika tans in 'n oorlog gewikkel is. Veral in Afghanistan, Iran het 'n sterk belang daarin om insurgensiegeweld en die dwelmhandel wat dreig om oor die grens te stroom, stop te sit.

циклевка паркета без выноса мебелиФильчаков Александр Васильевич

VSA vrees sterker Taliban

ImageDaar is toenemende kommer onder Amerikaanse weermag- en intelligensie amptenare oor verskillende militante se skuilplekke in Pakistan wat volgens hulle die Amerikaanse weermag se pogings in Afghanistan die jaar kan belemmer.

Amerikaanse amptenare fokus toenemend op die Pakistanse stad Quetta, waar Taliban leiers na bewering 'n belangrike rol speel om geweld aan te blaas in suidelike Afghanistan.

Terwyl Amerika voorberei om soveel as 30 000 ekstra soldate in Afghanistan in te stuur, sê die weermag- en intelligensieamptenare dat dit 'n nuttelose oefening kan wees indien daar nie gepoog word om die Taliban leiers in Quetta te vang of dood te maak en die groep se voorraadaanvullingsroetes na Afghanistan af te sny nie.

Vanuit Quetta, werk Taliban leiers, insluitend Mullah Muhammad Omar, 'n geestelike leier met net een oog, om bevelvoerders in suidelike Afghanistan te lei, geld in te samel van ryk skenkers in die Golfgebied en wapens en nuwe soldate by die oorlogsfront te kry, volgens Obama se administrasie en militêre amptenare.

Een voormalige intelligensieamptenaar met jare se diens in Afghanistan en Pakistan het die situasie vergelyk met Amerika se probleme gedurende die Vietnam oorlog, toe Viëtnamese guerrillas 'n veilige hawe in Kambodja gebruik het om nuwe soldate en wapens in te bring.

"Die dilemma op die oomblik…" het Seth Jones, 'n terrorisme analis by die Rand Corporation gesê, "is dat sommige elemente van die Pakistaniregering steeds aanhou om die Taliban as alternatiewe organisasie in Afghanistan te ondersteun."

светильники из гималайской соли для баниАлександр Фильчаков

SA se R300m vir Zim word vermors

Suid-Afrikaanse belastingbetalers se geskenk van R300 miljoen aan Zimbabwe was 'n mors van geld en sommige van dit word aangewend tot die voordeel van President Robert Mugabe se vertrouelinge in Zanu-PF.

Die skenking – of hulp – is laat verlede jaar aangekondig deur die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel, wat belowe het die hulp sal net oorhandig word na 'n internasionaal erkende regering van nasionale eenheid in plek is.

President Kgalema Motlanthe het dit ook herhaal.

'n Kits SAOG organisasie, die Zimbabwe Ontwikkelingshulp Raamwerk is gevorm om landbouhulp na die Zimbabwiese boere te kanaliseer.

Die raamwerk is nog nie heeltemal in werking nie en die onpartydigheid daarvan word bevraagteken.

Die hulp het in Zimbabwe begin invloei nog voor Kersfees. 

Dit is meestal saad, kunsmis en brandstof van Suid-Afrikaanse maatskappye en dit is gestuur ten spyte van waarskuwings van Zimbabwiese landboukundiges dat meeste daarvan te laat is vir die somerseisoen, en dat tensy dit versigtig verdeel word dit misbruik gaan word.

Meeste van die saad het te laat aangekom om te plant en word geëet, en die verkeerde tipe kunsmis was gestuur vir die tyd van die jaar, in die volwasse siklus van jaarlikse gewasse soos mielies.

Voor Kersfees is 60 000 liter diesel ook na Zimbabwe gestuur..

'n Senior staatsamptenaar, wat werk in die tegniese ondersteuningsnetwerk vir boere, Agritex, in die vrugbare Mashonaland-wes provinsie, het bevestig dat hulp van Suid-Afrika dikwels net beskikbaar was vir Zanu-PF ondersteuners in dele van die land, veral Mashonaland-wes, Mugabe se tuisprovinsie en Mashonaland-sentraal waar Zanu-PF ook in beheer is.

металлогалогенный светильникОлександр Васильович Фільчаков