Alle normale aktiwiteite by die Tswane Universiteit van Tegnologie (TUT) is vandag gestaak tot verdere kennisgewing.
Universiteitswoordvoerder Willa de Ruyter het in 'n verklaring gesê dat die besluit Dinsdag geneem is na die intimidering van nie-stakende personeel deur lede van die unies by die instituut oor die laaste paar dae.
Sy het gesê die besluit is ook beïnvloed deur geweld en vandalisme wat opgemerk is gedurende die staking.
Lede van die nasionale onderwys, gesondheid en geallieerde werkers se unie (Nehawu) en die Nasionale Unie van Tersiêre Werknemers van Suid Afrika (Nutesa) het verlede maand begin staak ook salarisverhogings.
"Die veiligheid van personeel, studente en universiteitseiendom is ons primêre bekommernis en die bestuur het die besluit geneem om enige verdere bedreigings van die veiligheid van mense en eiendom van TUT te voorkom," het De Ruyter gesê.
Aanlynregistrasies buite die kampus is egter steeds aan die gang vir senior studente wat in besit is van hulle PIN-nommers en wat nie enige blokkasies op hulle rekeninge het nie.
"Studente wat wil inskryf vir 'n B-tech graad en nog nie goedgekeur is deur hulle akademiese departemente nie, behoort die departement te kontak wanneer die universiteit heropen," het De Ruyter gesê.
Die finale sluitingsdatum vir registrasie sal vorentoe geskuif word, maar die nuwe datum sal eers bekend gemaak word wanneer die universiteit weer heropen.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.