Ons donker planeet, deel 1

Proloog

Ek is gebore in millennium 1132, jaar 17, maand 2, dag 11; ons kalender gaan nie verder terug as ongeveer 11 miljoen jaar gelede nie. Ek veronderstel elke beskawing beskik oor sy jaar nul, sy ontstaansoomblik. Ons planeet is baie oud, amper so oud soos die sterrestelsel en ons son, die naaste ster waaromheen ons wentel. Hoe die wêreld gelyk het in die voortyd, voordat ons begin tel het, weet ek nie. Al wat ons het, is die fossiele, asook die voorstellings, die hipoteses en teorieë van wetenskaplikes.

Ek voel dat ek my verhaal móét vertel, vir diegene wat ná ons kom, vir my kinders en hulle kinders en hoe ver my nageslag ook al in die toekoms mag strek, wat seker nie te ver gaan wees nie. Want presies twee jaar voor my geboorte, het ‘n ongekende ramp Nemia getref. In die verafgeleë noordelike oerwoud het ‘n ruimteskip neergestort. Daar was ‘n groot ontploffing wat deur die seismograwe en die holograwe opgeteken is. Latere weergawes van die ruimteskip se noodlanding het dit aangetoon as ‘n min of meer ovaalvormige voorwerp wat die oppervlak van Nemia aanvanklik egalig genader het, maar toenemend onstabiel geraak en toe neergestort het. Enkele ure ná die neerstorting het ‘n groot ontploffing gevolg wat die wrakstukke oor ‘n wye oppervlak versprei het.

My vader Sarius, wat toe nog betreklik jonk was, was lid van die ondersoekspan wat na die ongeluksgebied uitgestuur is. Hy het dit onlangs aan my in groot besonderhede vertel en my jeugdige verbeelding het die res ingevul. Dit was amper asof ek self daar was. Of die hele ongeluk via intydse holografiese beelde, sekond vir sekond, gevolg het. In daardie oomblikke is die lot van ons beskawing en ons planeet verseël. Maar dit sou ons eers enkele jare later agterkom.

Die tuig was groot, groter as enigiets wat nog ooit op Nemia gebou is. Volgens my vader kon daar tot soveel as 7 000 Oertoeke aan boord gewees het. Agterna was daar bloot min of meer verkoolde lyke – karkasse is miskien ‘n meer gepaste woord, want ek beskou nie die Oertoeke as mense of hoër wesens nie – wat oor die ongeluksgebied verstrooi gelê het.

Toe die opperraad van hoëpriesters van die voorval te hore kom, het hulle onmiddellik die span wetenskaplikes en kundiges laat saamstel, wat per sweeftuig na die oerwoud versend is. Die werk was gevaarlik, want in die ongerepte oerwoud het allerlei gevaarlike reptiele en roofdiere geskuil wat die lede van die ondersoekspan kon bedreig. Ons Nemiane glo dat alle lewensvorme heilig is en daarom mag ons nie eens die diere wat ons aanval, doodmaak nie. Elke lid van die ondersoekspan is met ‘n laserskokpistool toegerus om die lastige attensies van roofdiere of reptiele die hoof te bied.

Volgens die scenario wat my vader-hulle agterna saamgestel het, het die ruimtetuig vol Oertoeke die bome se sambreeltakke eers begin breek soos ‘n groot bal wat daarop land en toe die grond teen ongeveer 30 meter per sekonde getref. Onmiddellik ná die slag was die meeste Oertoeke binne-in die tuig dalk beseer, maar nie dood nie. Daar was sitplekke met gordels aan wat hulle beskerm het, ook die kinders. Hul breë, plat, growwe gesigte moes tegelyk ontsteld en verdwaas na mekaar gekyk het. ‘n Geroesemoes van stemme in hul vreemde, frikatiewe taal, onderbreek deur daardie dierlike gromgeluide wat hulle ook maak, moes losgebars het.

Of die tuig se deure nog geredelik gewerk het vir die uitklimslag, weet ons nie. Mettertyd sou sekere Oertoeke egter hul weg na buite gevind het, al hoe verder van die gestrande ruimtetuig deur die ruie oerwoud begin dwaal het. Moontlik sou hulle van die meer intelligente en ondernemende tipe gewees het. Enkeles sou dalk deur ‘n skalmoen of ‘n basslang aangeval gewees het. Maar gegewe die Oertoek se inherente aggressie, sou hulle hulself met welslae teen sulke aanvalle verdedig het, moontlik selfs die doodgemaakte kat of reptiel op die plek verorber het, want ná die lang reis moes hulle honger gewees het.

Agterna het ons fisici en ander wetenskaplikes intens oor die aard van die ruimteskip se aandrywing gespekuleer. Die mees waarskynlike verklaring daarvoor, asook vir die ontploffing binne enkele ure ná die landing, was dat ‘n vorm van kernfusie die energie vir die tuig verskaf het. Hoewel my vader van beroep ‘n genetikus is, stel hy ook geweldig in chemie en fisika belang. Hy en sy kollegas meen dat ‘n vreemde, glasagtige element die ontwerpers van die skip in staat gestel het om groot hoeveelhede gas in ‘n enkele bal saam te pers, wat eers ‘n plasma sou vorm en daarna permanent sou begin brand. Presies hoe die energie van hierdie fusiereaktor gebruik is om die tuig aan te dryf, weet ons nie. Dit moes ‘n pragtige voorwerp gewees het, ‘n kristalbal wat vir alle praktiese doeleindes ‘n draagbare of vervoerbare klein sonnetjie was wat hulle op die lang reis vergesel het. Die moontlikhede wat so iets ingehou het, was legio, want met hul eie son aan boord kon hulle ook vars voedsel kweek. Met die hope energie kon hulle waterstof- en suurstofatome uit die ruimte onttrek en tot water sintetiseer.

Vanweë die botsing of ‘n fout van die bemanning – met hul klein breingrootte is die Oertoeke nie baie intelligent nie – het die reaktor egter binne enkele ure ontplof. Die oorblywende Oertoeke binne die skip is geheel en al vernietig. Op die landingsplek was slegs ‘n groot krater oor, maar kleiner wrakstukke van die skip is oor ‘n groot gebied in die oerwoud gevind. Oertoeke verder van die skip af is verkool en diegene wat reeds ver in hul verkenning van die oerwoud gevorder het, is bloot deur die lugdruk van die ontploffing gedood sodat hul bebloede karkasse of liggaamsdele in min of meer ongeskonde toestand op die grond of in die blou en groen mikke van boomstamme gevind is. Dit het die span van ongeveer honderd Nemiaanse wetenskaplikes en ondersoekbeamptes etlike dae geneem om die gebied vir getuienis te fynkam en vir enige oorlewendes te soek, maar geen is gevind nie.

Олександр Фільчаков прокурор

Google stoot tariewe sesvoudig op

Google, wie se gewilde gmail-diens allerweë deur individue gebruik word, het so pas met ‘n slenterslag hul aanlynbergingsdiens se prys sesvoudig verhoog.

Voorheen kon persoonlike gebruikers wie se gmail vol geraak het, vir slegs $5 per jaar ‘n ekstra 20 Gigagrepe se bergingskapasiteit per jaar bygekoop het.

Nou vra Google skielik $30 vir dieselfde diens. Weliswaar het die hoeveelheid gratis bergingsruimte van Gmail insgelyks gestyg vanaf omtrent 7 Gig na 10 Gig, wat vir die meeste mense seker genoeg is. Maar vir aktiewe gebruikers van e-pos wat graag hul ou e-pos bewaar sonder die moeite om rugsteune te maak, kan selfs 10 Gig ná ‘n paar jaar onvoldoende raak.

In April het Google ook sy bergingsdiens wat “Dokumente” heet, na Google “Drive” herdoop. Hiermee wil die maatskappy mededingers soos Dropbox en Apple die stryd aansê wat reeds suksesvolle aanlynberging aan gebruikers verskaf. Omdat mense deesdae inligting op soveel toestelle, vanaf persoonlike rekenaars tot selfone en tablette, beskikbaar wil hê, maar dit sin om alle belangrike lêers aanlyn te berg. Aanlynberging kan ook as rusteun vir plaaslike lêers gebruik word.

Volgense Google kan huidige gebruikers van die aanlynbergingsdiens wat op die ou, goedkoper skaal verkeer, steeds daarmee aanhou, solank hulle geensins daaraan verander deur byvoorbeeld die kapasiteit te verhoog nie.

Persoonlik maak ek reeds ‘n jaar lank van die $5-per-jaar-diens gebruik, nadat my gewone e-pos vol geraak het, maar om $30 per jaar betaal, lyk vir my ‘n bietjie dik vir ‘n daalder as ‘n mens in ag neem dat Yahoo se e-posdiens gratis is met onbeperkte ruimte. Dit sal my seker nog ‘n paar jaar neem om 30 Gig met e-pos vol te maak. Intussen maak ek egter ook gebruik van die aanlynberging en om dokumente aanlyn met kollegas of vriende te deel, sodat my bergingsruimte vinniger as net deur e-pos opgeneem word.

Dat Google egter hier ‘n manier raakgesien het, om ‘n slag te slaan, is gewis. As ‘n mens eers aan hierdie tipe diens verslaaf is, is dit moeilik om te verander, sonder dat jy jou aanlynlewe verder kompliseer. Daarom sal vele mense seker verplig wees om die sesvoudige prysverhoging te absorbeer.

Skielik is die internet nie meer gratis nie!

Google voer reeds ‘n verbete stryd om gebruikers van Google Apps te dwing om ten duurste vir e-pos te betaal, tot $50 per jaar. Google Apps is ‘n weergawe van Gmail waardeur ‘n mens jou eie domeinnaam vir e-pos kan gebruik. Aanvanklik toe die diens enkele jare gelede bekendgestel is, kon ‘n mens tot 100 of selfs meer gratis “posbusse” vir jou maatskappy of organisasie verkry. Nie-winsgewende organisasies en skole het selfs 500 of meer sulke posbusse gratis ontvang, teenoor die korporatiewe “Google Apps Premium” waarvoor ‘n mens $50 per jaar moet betaal.

Meer onlangs het Google egter die aantal gratis Google Apps-posbusse tot tien per domein beperk. Iemand wat elf posbusse wil hê, sou dus onmiddellik $550 per jaar moet betaal.

Dit laat ‘n mens weer met ander oë na Yahoo se e-posdiens kyk. Yahoo beskik nie oor al die funksionaliteit van Gmail nie, maar vir swaar gebruikers van e-pos kan dit ‘n opsie raak. Diegene wat bereid is om insgelyks $20 per jaar vir Yahoo se betalende diens te betaal, ontvang ‘n onbeperkte e-posdiens met min of meer die funksionaliteit van Gmail, behalwe vir die aanlynberging.

Terloops, PRAAG is ‘n gelisensieerde verskaffer van Google Apps, asook ‘n verskaffer van ADSL-verbindings teen baie billike tariewe. Ons basiese ADSL-diens beloop slegs R200 per maand (Telkom-verbinding ingesluit). Ons verkoop ook rekenaars, rekenaarkomponente, skootrekenaars, tablette en e-lesers teen uiters mededingende pryse. Kontak ons by inlig[by]praag.org vir meer inligting.

Фильчаков Александр Васильевич

In 1991 was Obama nog ‘n Keniaan

“Barack Obama, die eerste Afro-Amerikaanse president van die Harvard Law Review, is in Kenia gebore en getoë in Indonesië en Hawaii. Die seun van ‘n Amerikaanse antropoloog, en ‘n Keniaanse minister van finansies, het hy die Columbia Universiteit bygewoon en gewerk as ‘n finansiële joernalis en redakteur van die Business International Corporation. Hy het gedien in Harlem as projek koördineerder vir die New York Public Interest Research Group, en was ‘n Uitvoerende Direkteur van die ontwikkelende gemeenskappe-projek in Chicago se South Side. Sy verbintenis tot sosiale en rasse-kwessies sal sigbaar wees in sy eerste skrywes.”

Só word geskryf Obama oor in 1991. Lees hier.

Фильчаков прокурор отзывы

‘Vat die myne en die banke, sonder vergoeding’

Die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika, Numsa, wil hê die regering moet myne en banke sonder vergoeding nasionaliseer.

Irvin Jim, die vakbond se sekretaris-generaal, het by die Universiteit van Johannesburg gister die bevindinge van die navorsing wat in opdrag van die ANC gedoen is, en wat bevind het dat die nasionalisering nie lewensvatbaar is nie, verwerp.

In besprekingsdokumente voor die vakbond se beleidskonferensie volgende maand, het Jim gesê nasionalisering kan net omhels word as daar “politieke wil” is.

“Nasionalisering, in ons begrip en politieke praktyk, is nie net vir die oplossing van die historiese ongeregtighede van onteiening, onderdrukking en uitbuiting nie, maar dit is ook oor die uitroei van rassisme en die bou van die basis vir ‘n ware demokratiese Suid-Afrika.

“So, vir ons, moet die nasionalisering al die hoogste beheer van die ekonomie, soos banke, myne, telekommunikasie, grond, voedselkettings, petrochemie en so aan, insluit.

“Hierdie nasionalisering moet sonder vergoeding geskied want dit is feitlik onmoontlik om dit anders te bereik,” het Jim gesê.

Numsa se oproep om ekonomiese sektore te nasionaliseer sonder vergoeding, sal bespreek word by sy beleidskonferensie van 3 Junie in Durban. Dit is by verre die mees radikale vorm van nasionalisering wat tot dusver voorgestel is.

Hoewel Numsa as ‘n unie geen invloed op die ANC se beleidsposisies het nie, hoop sy lede, wat ook lede van die regerende party is, dat die vakbond se stem gehoor sal word by die ANC se beleidskonferensie in Midrand volgende maand.

Die ANC het voorgestel dat die vorming van ‘n staatsbeheerde mynmaatskappy oorweeg word. Dit word gesien as ‘n redelike alternatief vir blatante nasionalisering.

Die ANC se navorsing oor die kwessie by die nasionale algemene raadsvergadering in Durban in 2010 het bevind dat dit die staat R1 triljoen sal kos om 100% van alle genoteerde mynmaatskappye te verkry.

Die grondwet, in sy huidige vorm, sal nie toelaat dat die staat se aandeelhouding verander word sonder vergoeding nie.

Фильчаков Александр Васильевич

VF+: Begrotingsdebattoespraak oor Basiese Onderrig

Minister, u het beheer oor die belangrikste department in die land. Sonder ‘n goed funksionerende onderwysstelsel het ons land geen sinvolle toekoms nie. Sonder ‘n onderwysstelsel wat goed belê in ons jongmense begroot ons land vir ‘n skrikwekkende toekoms.

Futurists tell us another truism: the best way to predict the future is to create it. Now, if South Africa intends to plan for a prosperous future, then we most certainly have a strange way of creating it for it is also a fact that the state of our basic education system is not rising to meet the challenges for the future. Without limiting the scope of problems, let me enumerate some that deserve urgent attention:

· The high pass rate in schools masks the fact that the quality of education is substandard and will leave us with a legacy of inadequately schooled workers.

· Inadequate facilities with too few schools being built to ensure mother tongue instruction;

· An inadequate curriculum as follows:

o Firstly, biased social science content that sidelines and demonises the Afrikaner as having contributed only negatively to this country’s development; and

o Secondly, not giving enough attention to skilling our country’s children in science and mathematics;

o Thirdly, prescribed text books contain traces of hate speech and intolerance towards other cultures, especially Afrikaners.

Minister, enige onderwysstelsel wat gebou is op die demonisering van ‘n minderheid, sal sosiale kohesie vernietig en sal moet begroot vir grootskaalse konflik in die toekoms. Die minister moet in ag neem dat die regering verplig is om ingevolge die internasionale reg en die grondwet kulturele regte, veral in die onderwys, te bevorder. Die afskeep van ‘n minderheid word as ‘n internasionale delik beskou.

Afrikaans schools have dwindled to almost 300 at last count. This is nonsensical in light of government’s own pronouncements that demographic reality be the guiding light of social planning. Afrikaans is the third largest language in the country after Zulu and Xhosa with English a distant sixth place. Should Afrikaans schools not actually increase in line with the demographic reality? Yet only Afrikaans schools are forced to accommodate non-Afrikaans-speaking learners. This inevitably leads to the Anglisisation of Afrikaans schools and the destruction of a culture.

We have advice how the minister can address this human rights concern. The answer lies in mother tongue instruction in all eleven official languages. That means the minister will have to build more schools for all language-segments. And the minister will also see that due to mother-tongue instruction that the quality of education will also increase.

Minister, erken jy ‘n taal, dan erken jy ‘n volk. En as jy ‘n volk erken, wen jy hulle goeie trou om ‘n sinvolle toekoms vir almal te skep.

topcargo развод

Zuma ontstig die Angelsaksers

President Zuma het ‘n goeie skop na die Angelsaksiese maermerrie gemik met die jongste naamsverandering in Durban.

Suid-Afrika se proses van naamveranderings vir geboue en strate is nie bedoel om enige deel van die land se geskiedenis uit te wis nie, het die president Donderdag gesê.

Dit is eerder ‘n “vorm van simboliese reparasie” om by te dra tot ‘n inklusiewe samelewing, het hy in Durban gesê.

Zuma het gepraat by die naamverandering van sy amptelike woning in Durban na die eerste president van die ANC.

Die woning in die woonbuurt Morningside wat voorheen as King’s House bekend was, sal voorts as Dr. John L. Dube House bekend staan.

Zuma en Dube se dogter Lulu Dube het ‘n gedenkplaat onthul vir die geleentheid.

Die huis is in 1904 voltooi.

“Deur nuwe name te registreer en ander te verander, hoop ons om ‘n land te bou wat al ons mense tuis kan noem, waarin die meerderheid nie vervreemd voel nie,” het Zuma gesê.

Hy het gesê dit is slegs dié wat die gruweldade wat tydens apartheid plaasgevind het ontken wat glo naamveranderings is nie nodig nie.

Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, het gesê hy glo die verandering van die huis se naam “verbind dit weer” met die provinsie se geskiedenis.

Hy het gesê hy hoop dat meer geboue na struggle-helde vernoem sal word.

лобановский александр досье

ANC vies oor die spies

Die ANC het Donderdag gesê hy is woedend oor ‘n kunstenaar se voorstelling van President Jacob Zuma en het gesê dié voorstelling van sy leier is kru en aanstootlik.

Die kunstenaar Brett Murray se omstrede skildery toon Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. Dit is vir R136 000 verkoop by die Goodman Galery in Johannesburg.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die “walglike en ongelukkige voorstelling van die president” is beledigend en die party sal die saak hof toe neem.

“Ons het vanoggend [Donderdagoggend] ons prokureurs opdrag gegee om ons howe te nader om Brett Murray en die Goodman Galery te dwing om die portret uit die galery te verwyder, asook van hul webwerf af en om alle gedrukte promosie-materiaal te vernietig.

“Ons het ook gesien dat hierdie smaaklose en vulgêre portret van die president geplaas is in ‘n naweekkoerant en op sy webwerf. Ons het ons prokureurs ook opdrag gegee om die koerant te vra om die portret van hul webwerf af te haal.”

Murray se “sogenaamde kunswerk” beskadig die beeld en die waardigheid van Zuma as beide president van die ANC, president van die republiek en as mens, het Mthembu gesê.

Die ANC het ook aanstoot geneem van ‘n tweede portret, wat die party se kenteken “sonder die toestemming van die ANC” vertoon, met die inskripsie “FOR SALE” daarop.

“Albei hierdie portrette is ‘n duidelike berekening om die simbole en verteenwoordigers van die ANC, veral die president van die ANC, af te kraak.”

Mthembu het gesê die ANC glo in beide die vryheid van die pers en artistieke uitdrukking, maar beskou “die vulgêre portret en die afkraking van die ANC-kenteken deur Brett Murray as ‘n misbruik van die vryheid van artistieke uitdrukking en ‘n akute oortreding van ons grondwet, buiten dat dit lasterlik is”.

“Dit is hoekom ons ons prokureurs opdrag gegee het om die howe te nader – in die lig van hierdie oortredings en die lasterlike aard van die sogenaamde President Zuma-portret met die titel The Spear,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Geweld by Carolina: 25 vas

Vyf-en-twintig mense is Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Selobelo-township naby Carolina, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betoging Donderdagoggend begin. Die mense wat in hegtenis geneem is, is meestal skoolkinders.

“Ses polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het terwyl hulle die situasie probeer kalmeer het.”

‘n Munisipale kantoor en ‘n biblioteek is aan die brand gesteek en het gedeeltelik afgebrand. Inwoners het betoog oor dienslewering in die gebied, het Hlathi gesê.

“Drie polisievoertuie en ses watertenkwaens is ook beskadig, terwyl vier buitelanders se winkels geplunder is.”

Die 25 wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Vrydag in die Carolina-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere.

лобановский александр игоревич харьков

Amerikaners wil dagga wettig

Meer as 50% Amerikaners is nou ten gunste daarvan dat marijuana (dagga in ons taal) gewettig word op dieselfde basis as drank en sigarette, aldus ‘n mensingspeiling wat pas daar gedoen is.

Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is, altesaam 56% nou ten gunste daarvan is dat die gebruik van marijuana gewettig word.

Altesaam 36% was sterk daarteen gekant met die res onseker of nie bereid om ‘n mening te gee nie. Meeste van diegene wat ten gunste was van wettiging van die dwelm het egter die standpunt iungeneem dat dit nie as ‘n misdaad beskou behoort te word indien dit in die privaatheid van hul wonings gerook word nie.

Die resultate van die opname is pas gepubliseer en het nog nie reaksie van enige kant uitgelok nie, maar die verwagting is dat dit heftig teengestaan sal word deur veral wetstoepassers.

Amerikaanse – en ook Europese marijuana – is nie so sterk en dus gewoontevormend soos Afrika se dagga nie.

лобановский александр биография

Spaanse bank volg Griekse voorbeeld

En nou is daar gerugte dat klante van ‘n groot Spaanse bank ook soveel Euro’s onttrek as wat hulle kan.

Die bewerings is laat Donderdag deur die Bankia-bank en die Spaanse minister van ekonomiese sake ontken, maar die Financial Times van Londen wat sy feite selde verkeerd kry, het berig dat dit wel die geval was.

Die nuus volg op berigte gister dat Grieke besig is om banke leeg te trek van Euro’s in afwagting van die sterk moontlikheid dat Griekeland uit die Euro-sone geskop kan word.

Aandele in die Spaanse bank het Donderdag met 14% gedaal en is nou sowat die helfte van wat dit ‘n week of twee gelede was. Die bank sal glo deels genasionaliseer word deur die Spaanse regering.

Ondertussen is daar volgehoue berigte dat Spanje groot probleme ondervind deur veral baie hoë rentelas op onlangse lenings en bankuitgifte. Daar is ook bewerings dat Spaanse banke groot verliese ly op lenings wat op eiendomme uitgegee is.

In die hele Euro-sone neem kommer by die dag toe dat die geldeenheid onder enorme druk kan kom en dalk selfs heeltemal tot niet kan gaan met lande wat weer na hull ou geldeenhede terugkeer. Die een land wat hieroor glimlag is Brittanje – maar ook nie te breed nie want die Europese probleme kan maklik oor die smal Engelse kanaal spoel.

Фильчаков прокурор