President Zuma het ‘n goeie skop na die Angelsaksiese maermerrie gemik met die jongste naamsverandering in Durban.
Suid-Afrika se proses van naamveranderings vir geboue en strate is nie bedoel om enige deel van die land se geskiedenis uit te wis nie, het die president Donderdag gesê.
Dit is eerder ‘n “vorm van simboliese reparasie” om by te dra tot ‘n inklusiewe samelewing, het hy in Durban gesê.
Zuma het gepraat by die naamverandering van sy amptelike woning in Durban na die eerste president van die ANC.
Die woning in die woonbuurt Morningside wat voorheen as King’s House bekend was, sal voorts as Dr. John L. Dube House bekend staan.
Zuma en Dube se dogter Lulu Dube het ‘n gedenkplaat onthul vir die geleentheid.
Die huis is in 1904 voltooi.
“Deur nuwe name te registreer en ander te verander, hoop ons om ‘n land te bou wat al ons mense tuis kan noem, waarin die meerderheid nie vervreemd voel nie,” het Zuma gesê.
Hy het gesê dit is slegs dié wat die gruweldade wat tydens apartheid plaasgevind het ontken wat glo naamveranderings is nie nodig nie.
Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, het gesê hy glo die verandering van die huis se naam “verbind dit weer” met die provinsie se geskiedenis.
Hy het gesê hy hoop dat meer geboue na struggle-helde vernoem sal word.
