Die mense wat nie kon inkom nie, glo dat die konferensie nie verteenwoordigend is nie. Sondagaand het die polisie 40 mense hardhandig uit die luukse oord verwyder nadat hulle aan die konferensie wou deelneem.
Die mense wat nie kon inkom nie, glo dat die konferensie nie verteenwoordigend is nie. Sondagaand het die polisie 40 mense hardhandig uit die luukse oord verwyder nadat hulle aan die konferensie wou deelneem.
'n Lid van die Skoolraad en onderwysspesialis sê dat hulle besig was om skole in die mees stabiele swart woonbuurte in die stad te sluit as gevolg van die busse en dat iets met die prentjie geskort het.
Kennelik is skooldesegregasie in Milwaukee iets wat tot die verlede behoort soos die bekende 1945 hofuitspraak van Brown v. Board of Education, om nie van ware integrasie te praat nie.
Sloering met oordragte en gebrekkige ondersteuning van opkomende boere het voedselproduksie drasties verminder en het bygedra tot hemelhoë kospryse.
In Limpopo se Levubu-vallei, bekend as die vrugtemandjie van landbou, waar al die plase grondeise in die gesig staar, het produksie dramaties afgeneem die afgelope drie jaar vanaf 300 ton tot 60 ton.
Met dié metode hoef internetgebruikers nie meer die presiese woorde wat hulle soek, in te sleutel nie. Gebruikers wat die miljoene lemmas in die Wikipedia-aanlynensiklopedie wil deursoek, kan nou ‘n gewone vraag stel waarna die stelsel vir die gebruiker uitvoerige antwoorde sal verskaf. Hoewel die Powerset-tegnologie nog nie gereed is om op die hele wêreldwye web toegepas te word nie, kan gebruikers dit reeds op Wikipedia en ander afgebakende dele van die internet toepas.
Die ander kandidaat vir die pos was mnr. Ton Vosloo, die voorsitter van Naspers.
Die voorsitter van die kieskollege en huidige rektor van die US, prof. Russel Botman, het laat blyk dat daar geen debat gevoer is oor die ras van die kandidate nie. Daar was net een beswaar dat albei blanke mans was.
Die vorige kanselier van Stellenbosch was 'n vrou, prof. Elize Botha, wat op 16 November verlede jaar oorlede is.
Hierdie voorval volg op ander soortgelyke aanvalle wat 'n maand gelede op buitelanders in lokasies in die Pretoria-omgewing plaasgevind het.
Konstabel Neria Malefetse, 'n woordvoerder van die polisie, sê dat die aanval plaasgevind het weens die misdaadbedrywighede in die lokasie wat aan buitelanders toegeskryf word.
Sekere van die slagoffers was Zimbabwiërs, wat tot die grootste enkele groep immigrante in die land behoort.
Deur die nag het reddingswerkers naarstig gewerk om lyke uit skole, huise, fabrieke en hospitale te haal wat deur die aardbewing vernietig is. Die skudding het 7,8 op die Richterskaal aangeteken en het gistermiddag vanaf die bergagtige Sietsjoean-provinsie oor die grootste deel van Sjina getrek.
Die eerste minister, Wen Jiabao, het drie keer as roubetuiging gebuig voor 50 liggame van tieners wat in 'n skoolgebou vergruis is. Altesame 900 jongmense is by die skool onder die puin begrawe.
Hulle móés van Harvard kom, jy sien, Harvard en nêrens anders nie, en die bendeleier kon nie net nóg 'n ekonoom, nóg 'n akademikus, maar net nóg 'n syferkrakende statistikus wees nie. Hy moes, hy moes eenvoudig 'n Harvardman wees. As jy iemand 'n bloedige som geld betaal vir 'n jarelange studie waaruit:
-A- Jy 'n hoop dinge leer wat jy reeds weet;
-B- 'n Paar dinge uitvind wat jy nie wou weet nie en
-C- niks te wete kom wat jy móés nie,
dan beter hy van Harvard kom.
Yale is goed maar nie goed genoeg nie en Oxford, wie steur hulle deesdae aan wat uit Oxford kom? Daarom, toe dit tyd geword het, het die pyprokende, Shakespeare-prewelende president hom na die akademiese grofgeskut gewend. Hy het die Harvardman laat kom. Die president het 'n oud-kameraad wie se gedienstige politieke onttrekking met 'n paar miljard rand gekoop is. Die ander dag koop hy vir hom 'n Maybach-limousine, 'n soort van 'n peperduur über-Mercedes Benz. Hy doen dit volgens die stelreël dat as jy dit kan bekostig, is daar geen rede om 'n ander motor as 'n Maybach te koop nie. Dit hét nie styl nie. Dit ís styl.
Net so, as jy die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die wêreld is, en jy soek 'n groep internasionale deskundiges om die regering te adviseer, is daar geen rede om iemand anders as 'n Harvardman te kry nie. Hy hét nie styl nie. Hy ís styl. Sy elke beweging, sy presiese denke, sy algehele uitsprake, dit is alles so, so Harvard.
Kyk net na hom: Die Harvardman dra 'n wit hemp en polkakolletjiestrikdas saam met 'n tweed-baadjie met leerwerk oor die elmboë, langbroeke met hondetandweef en skoene wat nooit bloot as skoene bekend staan nie. Hulle is altyd “brogues” of “loafers” of iets ewe uitlands. Die Harvardman ry niks so selfbewus ernstigs soos 'n BMW-sedan of 'n Cadillac nie. Hy ry 'n sestigs-SL-klas Benz of 'n pre-’67-Alfa Romeo Spyder – afslaankap natuurlik – en as hy tussen die boomryke kronkellane van die kampus deurswiep, wapper 'n wolserp om sy nek.
Terwyl hy ry en oplossings vir die wêreld bedink, trommel sy vingers op die diepverniste houtstuurwiel terwyl hy na 'n Bach-klawesimbelkonsert luister. Maar in die aande, in sy woonkamer, wanneer die ernstige slaphaar-, kweperlatlyfiedames en ander intense studente na sy dicta profunda – effe geskakeer met 'n poleerlagie ironie – luister, sit hy plat op die diep mat, een been effe onder hom ingekrul en die ander een reguit langs die sofa af, sy elmboog op die sitplek, sy kop in sy handpalm gestut terwyl hy sy Cognac – nooit brandewyn nie! – in 'n knoetsige kristalglas stadig teenkloksgewys roteer. Dan speel die Bang en Olufsen-hoëtroustel die twaalftonale musiek van Arnold Schönberg. En al klink dit vir jou soos 'n meubeltrok met 'n vrag klaviere wat teen 'n berg afrol, sal jy dit nie sê nie. Want jy is by die Harvardman.
Kan ons hierdie gestalte op vandag se Harvardman afdruk? Is vandag se weergawe nog steeds 'n tweed-en-brogues-tipe wat 'n Pagodadak-Benz ry en belangrike uitsprake met 'n Cognac-asem op die begeleiding van Schönberg maak? Ja, nee, miskien, dít is nie wat belangrik is nie. Dit is die status wat Harvard in vandag se wêreld het, wat belangrik is. Die heersende Westerse staatsfilosofie is grotendeels 'n maaksel van Harvard. As sosiale liberalisme 'n godsdiens is, is politieke liberalisme die liturgie daarvan en die Harvardakademici die hoëpriesters. Geen ander opvoedkundige stelsel het soveel bygedra om die vryemarkstelsel te balanseer met onbesonne, selfdienende filantropie nie. Levi-jeans en MacDonald-burgers is toe na alles nie Amerika se invloedrykste kulturele uitvoerprodukte nie.
Hy hoef nie 'n Alfa of 'n Jag te ry nie. Hy hoef nie tweed en brogues te dra nie en hy doen dit ook nie. Swier vir Hausmann is die Wall Straat-uniform van 'n donker snyerspak en 'n smal das met abstrakte patrone daarop. Sy musieksmaak is nie ter sprake nie – hy kan Achy Breaky Heart luister vir al wat ons omgee. Wat saak maak, is dat hy 'n akademiese pos by Harvard Universiteit beklee. By die inboorlinge van die intellektuele oerwoud en vlakte wat vir 'n regering in ons land deurgaan, is daar min gedaantes wat meer ontsag afdwing. Vandag se Afrikaan in landsregering het vir die liberale akademikus, veral die ekonoom, dieselfde wanhopige en bygelowige respek as wat sy voorsate eeue gelede gehad het vir die bwana met sy khaki-helm, rybroek, lang stewels en 'n stok wat vuur spoeg.
Om in hierdie akademiese toordokters – die Harvardmanne – se atmosfeer te wentel, om menings met hulle te wissel, om deur hulle ernstig opgeneem te word — hierdie is die tipe ding wat jou skoon duiselig laat word as jy enkele jare tevore nog oehoeroeslagspreuke op die looppas gedreunsing het met verflenterde kamerade in losflappende hemde en broeke wat met sisallyne vasgemaak is. Of as jy – en dié kloof is nog groter vanweë die voorstedelike glansloosheid daarvan – jou bannelingjare uitgedien het in voorstedelike Engeland. En as jy nou 'n Shakespeare-prewelende, pyprokende landspresident met 'n Blue Label-whiskey-reputasie is, dan is jy veral vatbaar vir een of ander hygende, wimperwapperende tipe politieke kalwerliefde.
Al is jy 'n kalm, selfs stugge, president, jy kan dit nie help nie. Harvardman laat jou terselfdertyd opgewonde en neerslagtig voel. As Harvardman maar net met jou eerlik wil wees. As hy maar net vir jou wil sê of hy dink julle vriendskap sal tot iets meer lei.
O ja, jy loop die Harvardmanne raak wanneer jy in dieselfde bane as hulle wentel by sulke spitsgeleenthede soos ekonomiese berade by Davos of 'n VN-georganiseerde kongres oor volhoubare ontwikkeling of wanneer jy jou jaarlikse uitstappie, fluweelbedelbakkie in die hand, na die G-8 beraad se buitewyke neem. A! vat dit kalm my trommelende hart!
Maar. Dis net. Dis net, as die president se infatuasie tog net tot 'n volgende vlak geneem kan word; as daar meer wederkerigheid is as die fatiese kommunie wat gepleeg word by dié skouerskuurdery. O, hulle is ernstig en gedienstig en eerbiedig in die presidensiële teenwoordigheid, maar dit is nou nie omdat sy akademies-liberale kentekens soveel ontsag afdwing nie. Hy het 'n nederige M. van die Universiteit van Sussex in Brittanje. 'n M! Sussex! Sussex is niks anders as 'n Harvard-wil-maar-wees nie. As jy – en die president is bitter maar eerlik hieroor – as jý van Harvard was, sou jy regtig geglo het dat daar enige iets goeds uit Sussex kan kom?
Maar, vervlaks!, jy ís iets wat húlle nie is nie. Jy is die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die wêreld en dit moet vir íéts tel, moet dit nie! En as hulle jou nie vir jou intellektuele slaankrag ag nie, sal hulle jou respekteer wanneer jy opdragte uitdeel; o ja, hulle sal! Jy moet hulle net in 'n posisie onderdanig aan joune kry. En dan, maak nie saak hoe slim of hoe van Harvard hulle is nie, dan moet hulle aan jou rapporteer.
Hoekom nie? Wel, hy gaan nie sommer net ja sê nie, gaan Harvardman?
Akademici, vir al hulle ongeduld met mense in die praktyk, is heeltemal gerieflik ingeskrop in die onbesoedelde atmosfeer van hulle omgewings. Hulle is gewoond daaraan om met die sekerhede van teorieë en hulle eie ongetoetste opvattings te werk. Na alles, as hulle kon dóén, het hulle. Nou onderrig hulle maar.
Daar is soms uitsonderinge en Ricardo Hausmann was wel, kortstondiglik, een van hulle. Hy het die akademiese nes in 'n vlaag van idealistiese ywer verlaat en was selfs 'n kabinetsminister, in die Perez-regering van Venezuela. Hy is juis getaak om 'n plan vir die land se ekonomiese groei te ontwerp. Wat sy bydrae, of gebrek daaraan, ook al was, sy politieke loopbaan is verkool in die inferno van regeringskorrupsie en populêre anargisme wat die land getref het. Toe dat hy gaan nesskrop het in die klimopliga-uithoek in Boston.
Tog is dit by verre nie die enigste rede hoekom ons nie vir Hausmann bel en aanstel nie. Die waarheid is, hy sal as amptenaar op meer as een manier 'n vreemdeling in 'n vreemde land wees. Hy sal eenvoudig nie opgewasse wees vir die deurlopende politieke maneuvrering wat Afrikapolitiek aandryf nie. Die Harvardman, vir al sy netjiese akademiese politieke aanvoeling, het geen benul van die kultuur van Afrika nie.
Dié realiteite was ontmoedigend maar, vervlaks!, wat help dit as jy die president van die vier-en-twintigste grootste ekonomie in die wêreld is as jy nie jou Harvardman kan kry as jy jou Harvardman wil hê nie! So, as hy nie voltyds kan inval nie, miskien kan ons hom kry as ad hoc-adviseur. Nou praat jy! Laat hy 'n paneel saamstel, en laat hulle kom navorsing doen, en met mense praat, en met mekaar breinskrum, en syfers versamel, invoeg, buig, knars en deur formules pers en… hier’s die beste deel… dat hulle kom rapportéér. Hoe mooi is dit dan nie? Harvardman kom klop saggies aan die president se deur, maak sy keel beleefd skoon en… doen verslag.
Verslag, verslag… waaroor sal hy en sy paneel verslag doen? Dalk oor… of wag, sal dit nie beter wees as dit… of dalk…
En toe is daar… AsgiSA.
(word vervolg)
Die minister het aangedui dat sy egter nog geen terugvoering van Mpofu ontvang het om haar siening meer gebalanseerd te maak nie.
Sy het die publiek gemaan om kalm te bly en om spekulasie te vermy sodat verdere skade aan die beeld van die openbare uitsaaier wat aan almal behoort, kan beëindig word.