Skare val buitelanders aan in Alexandra

Image

Beseerdes in Alex

'n Skare in Alexandra, 'n lokasie in die noorde van Johannesburg, het gister 'n groep immigrante aangeval, twee doodgemaak en omtrent 40 beseer, volgens die polisie.

Hierdie voorval volg op ander soortgelyke aanvalle wat 'n maand gelede op buitelanders in lokasies in die Pretoria-omgewing plaasgevind het.

Konstabel Neria Malefetse, 'n woordvoerder van die polisie, sê dat die aanval plaasgevind het weens die misdaadbedrywighede in die lokasie wat aan buitelanders toegeskryf word.

Sekere van die slagoffers was Zimbabwiërs, wat tot die grootste enkele groep immigrante in die land behoort.

купить пуско зарядное устройство для автомобильного аккумуляторалобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae