Sjinese aardbewing dood 10 000 mense

Image

Puin in Sjina

Bykans 10 000 mense is deur die aardbewing gedood wat suidwestelike Sjina getref het. Reddingswerkers sukkel tans om by die gebiede te kom wat die ergste getref is en veel meer mense mag gesterf het.

Deur die nag het reddingswerkers naarstig gewerk om lyke uit skole, huise, fabrieke en hospitale te haal wat deur die aardbewing vernietig is. Die skudding het 7,8 op die Richterskaal aangeteken en het gistermiddag vanaf die bergagtige Sietsjoean-provinsie oor die grootste deel van Sjina getrek.

Die eerste minister, Wen Jiabao, het drie keer as roubetuiging gebuig voor 50 liggame van tieners wat in 'n skoolgebou vergruis is. Altesame 900 jongmense is by die skool onder die puin begrawe.

палатки купить киевФільчаков прокурор