Nuwe soekmetode op die internet

ImageNá die sukses van Google se soekmasjien op die internet, het ‘n nuwe maatskappy op die toneel verskyn met ‘n nuwe metode van inligting vind. Powerset, ‘n nuwe onderneming in Siliconvallei, Kalifornië, het ‘n soekmetode uitgevind wat nie van slagwoorde gebruik maak nie, maar wat die betekenis van woorde in sinne ontleed om verbandhoudende begrippe te vind.

Met dié metode hoef internetgebruikers nie meer die presiese woorde wat hulle soek, in te sleutel nie. Gebruikers wat die miljoene lemmas in die Wikipedia-aanlynensiklopedie wil deursoek, kan nou ‘n gewone vraag stel waarna die stelsel vir die gebruiker uitvoerige antwoorde sal verskaf. Hoewel die Powerset-tegnologie nog nie gereed is om op die hele wêreldwye web toegepas te word nie, kan gebruikers dit reeds op Wikipedia en ander afgebakende dele van die internet toepas.

leagues of fortuneФильчаков Александр Васильевич