Verder is Zille insgelyks gekant teen 'n toekomstige president Jacob Zuma. Volgens haar het Zuma en sy vennote reeds hul minagting vir die grondwet getoon.
Die DA eis dat die nasionale vergadering ontbind en dat daar 'n nuwe verkiesing gehou word.
Helen Zille, leier van die DA, het gister geëis dat Thabo Mbeki bedank as gevolg van sy inmenging met staatsinstellings soos die SAUK en die nasionale vervolgingsgesag. Sy hou hom ook verantwoordelik vir die huidige elektrisiteitskrisis.