IN WEERWIL van volgehoue protes en besware daarteen, volhard die SAUK met sy ge-“tshwane” op die kassie, sowel as oor die radio. Mnr. André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) het reeds 90 000 handtekeninge teen die gebruik van “Tshwane” deur die SAUK ingesamel en sy organisasie het ook R18 000 bewillig vir ’n protesveldtog teen dié uittartende miskenning van die wettige naam Pretoria deur die staatsuitsaaier (sien sy brief hieronder).
Op Erfenisdag 24 September 2007 gaan daar ’n betoging deur die Pretoria bly Pretoria-aksiegroep voor die SAUK plaasvind waartydens die petisie met die 90 000 handtekeninge aan die uitsaaier oorhandig sal word. Hierdie aksie deur Pretoria bly Pretoria verdien die heelhartige steun van elke Afrikaanse organisasie en elke Afrikaner.
Lees verder: ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?

ONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.